Dwaalleer in die NG Kerk

Ek het die artikel by hierdie skakel in Oktober verlede jaar aan die SDK van Hoëveld  Sinode voorgelê. (Kliek hier) Ek glo dit is ‘n redelike volledige beskrywing van die dwaalleer in die NG Kerk vandag.

Ek glo ook dit is ‘n belangrike rede waarom 29 000 mense ons kerk in die laaste jaar verlaat het.

(En dit is beslis nie omdat die NG Kerk nie meer apartheid duld, soos Dr Kobus Gerber beweer nie.)

Die inleiding volg hieronder:

Daar is mense wat dwaalleer verkondig in die NG Kerk.

Hierdie dwaalleer behels drie punte

1. Die aanvaarding van ‘n onbybelse, anti-evangeliese, postmoderne epistemologie.
2. Die verwerping van die Goddelike inspirasie van die Bybel op modernistiese gronde, en die
relativering van die Bybel op postmodernistiese gronde.
3. Die aanvaarding van Panenteïsme, ‘n heidense wêreldbeeld wat onverenigbaar is met die Gereformeerde Christelike geloof.

Panenteïsme is niks nuuts nie. (Moenie mislei word deur die feit dat die woord eers redelik onlangs geskep is nie.) Dit het begin in die 4e eeu na Christus met Plotinus. Die Katolieke kerk het al in die 1200’s vir Meister Eckart ekskommunikeer as gevolg van sy panenteïsme. Calvyn het sterk daarteen gestry in sy “Institusies van dieChristelike Geloof”. In die verlede was dit maklik om panenteïsme uit die hoofstroom van die Christelike godsdiens te hou omdat dit duidelik onverenigbaar met die Bybel is. Modernisme en postmodernisme maak dit egter vandag vir hierdie dwaalleraars moontlik om die Bybel eerstens van sy Goddelike inspirasie te stroop (modernisme) en tweedens te relativeer (postmodernisme) tot op die punt waar ‘n mens hulle nie meer op Bybels gronde kan weerlê nie.

Ongelukkig het modernisme en postmodernisme ons teologiese institusies so infiltreer en lamgelê dat ons teoloë eenvoudig nie meer die gereedskap en Bybelse insig het om die dwaalleer die hoof te bied nie. Dit word weerspieel in die ongekende persentasie kwekelinge wat hulle geloof tydens opleiding verloor.

In vandag se postmoderne wêreld is dit dus vir panenteïste baie makliker as in die verlede om hulle heidense gif aan Christene te verkoop.

Die volgende lys is afgeleides van panenteïsme:

1. God is nie net goed nie omdat boosheid in sy wese plaasvind.
2. Die immanente god is nie alwetend en almagtig nie, omdat hy vasgevang is in die skepping.
3. Die sondeval word verwerp.
4. Die bestaan van die duiwel word verwerp.
5. Die ewige verdoemenis word verwerp.
6. Christus se verlossingswerk aan die kruis word herdefinieer.
7. Christus se uniekheid word ontken.
8. Christus se liggaamlike opstanding word ontken.

Al hierdie dwalings kom in ‘n mindere of meerdere mate in die NG Kerk voor op die oomblik. Dwaalleer onteer God. Omdat dit God onteer, verheerlik dit die mens en die mens se sonde. Dit vernietig huwelike. Dit vernietig verhoudings, dit vernietig lewens.

En mense gaan hel toe omdat hulle dwaalleer aanhang en so God se genade in Jesus Christus verwerp.

Die doel van hierdie skrywe is eerstens om die kerk se aandag te vestig op die basiese dwalings en die afgeleide dwalings. Dit help nie daar word gestry oor bv, die bestaan van die duiwel, as die onderliggende probleem nl. ‘n heidense epistemologie en wêreldbeeld nie aangespreek word nie.

Die bestaan van die duiwel is wel belangrik omdat die ontkenning van die bestaan van die duiwel ‘n verwerping van Christus se outoriteit is (Hy het gesê dat die duiwel bestaan) en ‘n verwerping van die Gereformeerde belydenis is. Daar moet egter altyd daarop gelet word waarom mense glo wat hulle glo: Wat die onderliggende wêreldbeeld en epistemologie is.

Tweedens is die doel van die skrywe om die kerk daarop te wys dat enigiemand wat gelegitimeer is in die NG Kerk, die belydenisskrifte verwerp, maar steeds aanbly in die kerk en salaris trek by die kerk bedrog pleeg.

Die plegtige legitimasie verklaring lui onder andere:

1. dat ek glo dat die leer soos vervat in die drie algemene belydenisskrifte en die drie Formuliere van Eenheid – naamlik die Nederlandse Geloofsbelydenis (Confessio Belgica), die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls, ooreenkom met die Woord van God;
2. dat ek hierdie leer getrou sal verkondig en uitleef;
3. dat ek alle dwalinge wat met hierdie leer in stryd is, sal weerlê en alles in my vermoë sal doen om dit uit die Kerk te weer.

Die legitimasie verklaring maak deel uit van elke predikant in die NG Kerk se dienskontrak met sy plaaslike gemeente. Iemand wat die Gereformeerde belydenis bewustelik verwerp en steeds in diens van die NG Kerk aanbly pleeg kontrakbreuk en bedrog. Hy is ‘n bedrieër.

Die feit dat hulle hierdie bedrog wegredeneer op grond van hulle postmoderne epistemologie maak hulle nie minder skuldig aan bedrog nie. Die aanvaarding van die postmoderne epistemologie is in sigself ‘n verwerping van die Gereformeerde belydenis (en daarom ‘n verbreking van die legitimasie verklaring), en kan dus nie gebruik word in die rasionalisasie of regverdiging van die bedrog nie!

Ek het lank nagedink oor of ek mense se name moet noem, en woorde soos “lieg” en “bedrog” moet gebruik. My gevolgtrekking was dat dit God sou onteer as ek mense probeer tevrede stel. Mense sal in ek geval sê ek maak my skuldig aan liefdelose verdagmaking en aanstootlike leuenagtigheid, ongeag van wat ek sê.

As ek in hierdie skrywe sê iemand lieg, of verkondig leuens, of pleeg bedrog, is daar grondige bewyse en redes voor. Indien iemand kan bewys, en my daarvan kan oortuig, dat ek ‘n fout gemaak het belowe ek om in die openbaar om verskoning te vra en ‘n regstelling te maak. Maar wees gewaarsku: So ‘n bewys sal gegrond moet wees in regte grootmenswêreld epistemologie waar die werkliheid waar is, en nie in Alice-in-Wonderland postmodernistiese doublespeak fantasie nie, soos NG Kerk teoloë deesdae in uitblink nie.

Jesus het gesê dwaalleraars is wolwe in skaapsklere wat die kudde verkeur.
Ek het al genoeg verskeurde lewens gesien as gevolg van vals teologie. Daarom sal ek aanhou stry tot eer van God en tot redding van die wat verlore gaan.

Hier staan ek. Ek kan nie anders nie. Mag God my help.

Wynand Louw

Die volledige artikel is hier:

157 thoughts on “Dwaalleer in die NG Kerk”

  1. Melané de Villiers said:

    Hi Wynand,

    Baie dankie vir jou e-pos. Eerstens, ek behoort nie aan die NG Kerk nie. Ek is ‘n leraar by ‘n Charismatiese Kerk en is tans besig met my Doktoraal deur Calvary University, UK. (Ek skryf oor “Renewing the Mind” – Rom 12:2).

    Ek kan aflei van jou skrywe hierbo dat jy baie lief is vir Vader en dat jy dit ernstig bedoel in jou lewens wandel met Hom. En ek stem nogal met jou saam in die breë aspek van jou skrywe dat daar werklik leraars is wat hul kudde op ‘n dwaal spoor laat. Vandaar al die ongelukkigheid en skeuringe in ons samelewing.

    Indien die waarheid en slegs die waarheid van God se allesoorheersende liefde gepreek word, sal daar geen armoede wees nie, daar sal geen skeuringe wees nie, daar sal geen twyfel wees nie, daar sal geen vrees wees nie – daar sal vrede, vreugde, hoop en liefde oor hierdie wêreld heers.

    Joh 10:10 “I came that you may have and enjoy life, and have it in abundance (to the full, until it overflows)”.

    En ja, God is liefde. Hy kan net liefde gee omdat Hy liefde is. En deur die waarheid te verkondig gee ons liefde aan mekaar. Ons as Christene se doel is om Christus op aarde te manifesteer sodat die ganse mensdom Sy heerlikheid deur ons kan sien en daardeur tot bekering kan kom.

    Ek wil verskoning vra omdat ek slegs ‘n gedeelte van die vorige skrywe gelees het, en vandaar my antwoord (rakende die vernieting van die duiwel in my vorige skrywe). Mense verkondig meer die werke van die duiwel as dit wat God reeds vir ons afgehandel en oorwin het. Instede daarvan dat hul die fokus op Jesus Christus (die begin en voleinder van ons geloof) plaas.

    Ek besef jou erns oor die saak en ek vertrou en bid saam met jou dat Heilige Gees die leiers van die NG Kerk sal lei om hierdie probleme uit die weg te ruim sodat slegs Vader God, Jesus Christus en Heilige Gees verkondig sal word. Hy is die waarheid – daar is GEEN ander waarheid buiten Hom nie. Joh 14:6

    Ek is baie opgewonde as ek van iemand weet wat dit ernstig bedoel in sy wandel met Vader. My hele wese roep uit na Hom. Hy is in my en ek in Hom. God is my hele lewe. Ek het wonderlike tye saam met Vader veral in die nagtelike ure, en dan kry ek soveel nuwe openbaringe van Heilige Gees af (sommige net vir myself en ander wat ek weer met my gemeente kan deel). Dis kosbaar en lekker om met ‘n mede-broer in Christus te kan praat.

    Ek hoop om gou weer van jou te hoor en mag jy oorvloedige seeninge beleef in elke aspek van jou lewe!

    Melané de Villiers

    • Dawie said:

      Melanie

      Een van die grootste probleme vandag is die verdraaing van God se woord en die minagting van God se woord deur die sogenaamde persoonlike openbarings aan sekers. Dit gaan selfs sover dat sekere groepe hulle self as apposts aanmatig om die fondasie vqn die kerk te le (NAR).

      Die belangrikste beroep vandag is sonder enige twyfel die van n pastoor of predikant wat God se kinders sonder vrees moet lei in die waarheid, soos opgevat in God se woord en nie n populistiese en moderne relevante benadering moet volg nie.
      Alles begin en eindig by die Goeie Nuus- die Evangelie- wat deesdae erg verwater word en soms totaal geignoreer word ter wille van menslike verheerlikking.
      In liefde wys ek jou tereg op jou intrepritasie van Joh10:10. Dit het geen verwysing na ons aardse lewe nie, maar is God se belofte aan ons wanneer ons aardse lewe tot n einde kom en ons verewig in God se glorie kan leef. Dit is die belofte definitief nie aardse rykdom soos die sogenaamde predikers van veral TBN ons wil laat glo nie.
      Satan is slinks en gaan baie mense met klein verdraaings van God se woord weg lei van God

      Ek bid dat God jou sal lei en die Heilige Gees jou insig sal gee in die akkurate intrepritasie van God se woord

      Liefde in Christus

      • Ben Biggs said:

        Ek groet u, my naam is Ben Biggs en ek deel graag met u en die hele wêreld oor die vraag wat by gelowiges ontstaan wat Jesus Christus as hul Verlosser en Saligmaker aangeneem het.
        Groete,en hoor graag van u.

        Wat moet ons doen broeders?

        Die groot opdrag van Jesus Christus aan sy dissipels, en aan elkeen wat Hom aangeneem het en in Hom glo vandag nog, vind ons op twee plekke in die bybel aangeteken.
        Ons lees in Mattheüs28,19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
        En dan lees ons in Markus16,15@16 En Hy het vir hulle gesê. Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom, hy wat glo en hom laat doop sal gered word, maar hy wat nie glo nie sal veroordeel word.
        Die evangelie wat verkondig moet word en die belofte van God aan die mense is saamgevat in Johannes 3,16; Want so lief het God die wêreld (mense) gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom(Jesus) glo (hier volg die belofte) nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
        Galásiërs3,22 Maar die Skrif het alles ingesluit onder die sonde, sodat die belofte uit die geloof in Jesus Christus aan die gelowiges gegee kon word
        Galásiërs3,29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename..
        —————
        Nou moet ons egter op ʼn baie belangrike aspek van Jesus se opdrag let nl, Jesus sê, gaan en verkondig- vertel vir almal die goeie tyding dat hulle gered kan word. Hy(Jesus) sê nie gaan vra die wetenskaplikes-die wyses- die goddeloses-die redetwisters van ons tyd, wat hulle dink en hoe hulle oor hierdie aangeleentheid voel nie,”Nee”, Hy sê, vertel hulle net en maak seker hulle hoor en verstaan die boodskap, en beklemtoon die alternatief vir die wat nie wil glo nie, hulle sal veroordeel word.
        Veroordeel kan beste verstaan word deur,( Vertoon sy of haar lewe; gedagtes, woorde, en dade.)

        Die opdrag van Jesus aan sy volgelinge is twee-ledig.
        Die een deel van die opdrag is om die blye boodskap van verlossing en redding wat in Jesus Christus is, aan alle mense te verkondig.
        Die ander deel van die opdrag is om vir die mense wat die boodskap glo en aanneem te kan sê wat hulle nou te doen staan.

        Voorbeeld.
        In Handelinge2 lees ons hoe die apostels die Heilige Gees ontvang en die opdrag van Jesus om die evangelie aan alle mense te verkondig uitvoer.In vers37 lees ons die mense word diep in die hart deur Petrus se boodskap getref, hulle glo en verstaan dit maar besef terselfdertyd hulle moet iets doen maar weet nie reg wat nie. Ons lees hulle rig hul nood tot Petrus en die ander apostels en vra. Wat moet ons doen broeders? Hierdie vraag geld ook vir elke persoon 2000 jaar later wat Jesus Christus as sy of haar persoonlike saligmaker aangeneem het.
        Nou het Petrus gevul met die Heilige Gees die moed van sy oortuiging, geloof en kennis om vir hulle, en ook vir ons vandag te antwoord. Handelinge2,38;En Petrus sê vir hulle. Bekeer julle,(kom tot geloof in Christus) en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus (waarom in die Naam van Jesus) tot vergewing van sondes en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
        Handelinge 10,43; Aangaande Hom(Jesus) getuig al die profete dat elkeen wat in Hom(Jesus) glo, vergifnis van sonde deur sy Naam(Jesus) ontvang.
        Handelinge 19,5; En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus.

        Die Naam van Jesus Christus verteenwoordig (let wel nie vervang nie) sy bloed gestort aan die kruis vir ons sonde. Amen.

        Wat antwoord U vandag vir mense wat tot geloof in Jesus Christus kom en vra .Wat moet ons doen broeders?
        E-pos biggs.ben7@gmail.com

        .

      • Anita said:

        Dawie: Ek druk sommer jou terugvoering op Melane se srywe uit op pamflette en deel dit uit by die AGS kerke! Friend of God Family kerk innie Kaap VERAL!

    • Rudolph said:

      Wynand, julle sal werklik moet kyk na julle eie manier van optrede, want dit skaad julle geloofwaardigheid. Julle baklei vir suiwer godsdiens, maar tree terselfdertyd uiters oneties op. Is dit nie maar wat die Fariseers ook gedoen het nie?

      Nie net is dit teen die wet nie, maar geweldig onbedagsaam om mense se eposadresse met eposse waarvoor hulle nie gevra het nie te oorlaai.

      • Waarvan praat jy, mens Rudolph? Hier is een van DIE grootste aanslae teen die Christelike geloof en jy vind dit waardig genoeg om hierdie fundamentele stryd as “oneties” af te maak? Teen watter wet is hierdie stryd dan? Of mis ek iets?

    • Anita said:

      Melane: Jy basseer duidelik jou geloof op jou eie gevoelens. Stel jou voor jy is n Christen in Nigerie- jou kind is gesteel, verkrag en vermoor deur muslims. Gaan jy vas hou aan jou lewe in oorvloed delussie (wat jy oneerlik uit konteks geneem het) of gaan jy jou vertroos aan die waarheid van die Lewende Water.

    • Francois said:

      Melane’ , kan ek ‘n getuienis aan jou stuur via e.pos ?

      • johanernst16 said:

        Hi Francois, jou epos het by my uitgekom my naam is Johan Ernst moontlik het jy my skrywe gelees oor Melane, ek glo nie Wynand het op haar brief gereageer nie ek dink jou epos was bedoel op my reaksie. Francois ek sal baie graag die getuienis wil lees wat jy het sal jy dit asseblief vir my epos ek sal dit regtig waardeer. Ek heg vir jou n studie aan wat ek van Mat 29: 19 geskryf het, sal jy so goed wees om daarop kommentaar te lewer asseblief. Ek is ook in n karismatiese kerk in Krugersdorp Gauteng die Pastoor daar is Kallie Venter. Op die oomblik sit ek stil by die huis maar dien nog die Here, die rede is dat ek hierdie jaar 70 word die liggaam wil nie meer so mooi saamwerk nie maar deur die genade van die Here Jesus gaan dit goed, Francois ek is opgewonde om te hoor jy studeer vir jou Doktoraal mag God jou seen met insig en wysheid met dit wat jy doen. Ek bid dat die Here jou en jou gade sal seen met groot liefde en genade sodat dit goed kan gaan in jou gemeente. Daar is drie dinge wat ek die Here gevra het toe ek nog n jong man was en tot vandag toe het God dit nog nooit van my af weggevat nie hier is dit. 1. Dat die Here my sal seen met n gebedsgees. 2. Dat die Here Sy Heilige Gees nooit van my af sal wegvat nie. 3 Dat God my sal seen met n sagte gees. Ek wil kan huil voor my God nie van verdriet nie maar van blydskap oor die groot liefde van die Here in my hart. Daar is n koortjie wat ek voor lief is om te sing; (Dit is genoeg vir my om te weet dat Jesus het my lief) Jammer oor die lang antwoord maar as dit by die dinge van die Here kom wil ek net aanhou en aanhou praat daar is so baie om oor te praat jy kan jou hele lewe van God praat dan het jy nog genoeg gepraat nie. Dit is net soos dit gaan met enige prediker hy wil graag n sekere boodskap bring maar kom nie so ver nie en raak seker baie frusteerd daaroor. Maar dit is nie die prediker se skuld nie dit is die Gees van God wat keer want dit is nog nie die regte tyd vir die boodskap nie. Nou moet ek regtig afsluit met die geklets dit is amper drie uur in die more en het nog nie n voet in die bed gesit nie ek gaan nou maar groet Francois baie liefde van my kant af. Vrede vir julle in Jesus naam.

        Johan

        2015-07-29 0:57 GMT+02:00 hier staan ek :

        > Francois commented: “Melane’ , kan ek ‘n getuienis aan jou stuur via > e.pos ?”

    • Wynand dankie.vir jou skrywe oor panenteïsme. Ek stem volmondig saam en is erg bekommerd oor die dwalinge wat in alle gedaantes ons geliefde NG kerk oorstroom. Dit is veral die meditatiewe of kompletatiewe stroom wat die kerk se leiers tans betower wat my besorgd maak. Aan die wortel van hierdie benadering bespeur ek ‘n panenteïtiese wêreld- en Godsbeeld. LvH

  2. Ansie VdMerwe said:

    Myns insiens moet die wolwe in skaapklere uit die kerk verwyder te word, vanaf die profesore tot predikante, kerkraadslede in lidmate wat vir die skyn en bederf en verderf van die kudde kan lei. Ja, Christus se boodskap is ‘n boodskap van liefde, maar hierdie wolwe is nie vir Christus nie maar teen Hom. Paulus het vir Timotius gesê: Bly in wat jy geleer het. Daarom as diè kerk nie hierdie mense verwyder nie, sal die gelowiges vir hulle ‘n ander geestelike tuiste moet soek. GOD SAL VOORSIEN!

    • In die tyd van Jesus het die Skrifgeleerdes en Fariseërs op elke hoek en draai die Here verkeerd probeer bewys en hom op allerlei maniere probeer belaster omdat Hy nou nie gemaak het soos hulle tradisies was nie, en het hulle die skrif en die wette gebruik om Jesus te vermaan. Vir my gaan die NG Kerk vandag nog aan net soos die Skrifgeleerdes en Fariseërs van ouds. Die Bybel is daar as riglyn vir elkeen van ons, en as ons byvoorbeeld glo en ons laat doop, sal ons gered word en SAL ons die Heilige Gees ontvang wie ons in ALLE WAARHEID sal lei. Hoekom moet alles wat in die Bybel staan waaroor die een of ander slimjan nie mee saamstem nie, altyd verwys word na die NG Kerk “Parlement” waar hierdie klomp slimjanne om ‘n tafel sit en stry vir maande om dit wat die Here kort en kragtig gestel het, tot niet of kragteloos te probeer maak…. net soos wat daar met die nuwe vertaling Bybel probeer word om die Godheid van Jesus af te breek, of waar die klomp stry en baklei om te besluit of gays en lesbians sondaars is of nie. Ook oor die groot en kleindoop word teen die Bybel gestry vir die vale, terwyl hulle allerhande verse soek en aannames maak soos dit hulle pas om nie in te val met die Bybel nie. Dit staan tog duidelik geskrywe dat hy wat glo en hom laat doop gered sal word. Watter baba kan glo? Daar is tog net die twee vereistes nl. glo en laat jou doop…so simpel soos dit. Vergelyk dit met “as jy die sleutel in die slot druk en dit draai, sal die deur oopsluit. Ek is seker dat as Jesus op ‘n Sondag by die kerk instap, die Evangelie begin preek en die siekes genees, sal Hy uitgejaag word, want daar vind mos nie genesings in NG Kerke plaas nie en regte Evangeliepreke is ongepas. Daar moet mos net mooi woordjie oor die gemeentes uitgepreek word! Daar is so baie waaroor ek nog wil mond uitspoel, maar ons los dit vir later, en o ja, ek gebruik nie onverstaanbare hoë woorde om myself uit te druk nie want ek was nie op Universiteit waar ek Teologie geswot het nie…….Jesus ook nie. NB..Ek behoort nie meer aan die NG Kerk of enige ander kerk nie. Ek glo in God die Vader, die Seun Jesus Christus en die Heilige Gees en staan onder geen vloeke of bindings van ‘n kerk nie, Ek is ‘n vrygekoopte deur die bloed van Christus en ek verkondig Sy woord aan wie en waar ek die geleenheid kry! Vrede!

      • Hallo Allen

        Dankie vir jou getuienis dat jy aan Jesus behoort.

        Dit blyk egter uit jou brief dat jy met die Gereformeerde belydenis ‘n probleem het, net so veel as wat jy met die NG Kerk ‘n probleem het. Ek verwys spesifiek na jou siening van die doop – en maak (moontik verkeerde?) aannames oor die res.

        Vir hierstaanek gaan dit JUIS oor die behoud van die Gereformeerde belydenis, wat die Verbondsdoop insluit. Ja, dit IS Bybels om verbondskinders te doop!

        Ons baklei dat die NGK moet terugkeer na die Drie Formuliere van Eenheid.

        • Dawie said:

          @hierstaanek Ek is n lidmaat van die NG kerk, maar meer belangrik n lidmaat in die gemeente van Jesus. Ek wil nie in onnodige debatte betrokke raak oor kwelpunte wat alreeds eeue on opgelos is nie, maar in my wandel met die Here het juis die vraag oor die doop by my opgekom. Ek het n werklike behoefte om gedoop te word, alhoewel ek reeds as kind gedoop was en ook geloofsbelydenis afgele het.

          Ek dink dit is n geldige vraag waar in God se woord word kleindoop voorgeskryf. Ek kon dit nie kry nie. Wat ek wel kon kry is verwysing na grootdoop.

          Miskien moet ons begin weg beweeg van die verskillende dokumente, wat ons kerk so formalisties maak en doodeenvoudig ons bepaal by God se Woord en dit as ons enigste riglyn aanwend.

          Ek moet ook met Allen saamstem dat die werklike Evangelie baie selde van die preekstoel gehoor word, miskien is dit dalk dat ons dit nie wil hoor nie, maar eerder verkies om die mensrelevante weergawe aka Joel Osteen te hoor.

          Ek sal graag jou komentaar oor die aspek van die doop met verwysing na relevante tekse in die Woord wil hoor.

          Hierdie komentaar is geensins bedoel om op enige manier aanstoot te gee nie, maar om in liefde kwelvrae te debatteer.

          Liefde in Jesus

          • DAwie, ek het vir jou ‘n lang brief geskryf en het dit toe in ‘n rekenaar ongeluk verloor. Jammer.

            Weet maar dat Christene vir 2000 jaar al hulle kinders doop en dat die verbondsdoop maar eers sedert ‘n paar honderd jaar deur minderhede verwerp word, en dat dit nou maar eers ‘n paar dekades gelede die meerderheidsiening in die westerse kerk geword het. Miskien sal ek later tyd he om weer die hele relaas te tik. Ek stuur vir jou my telefoonnommer per private epos, jy kan my bel oor die naweek dan kan ons dit bespreek. Lees maar intussen Romeine 4 en 9 en Galasiers 3 ter voorbereiding. 🙂

            • Dawie Badenhorst said:

              Dankie Wynand

              Ek het inderdaad met die leiding van die Gees uitsluitsel gekry oor die doop kwessie. Ek sal dit weldra met ju bespreek. Ek kan net noem dat ek rustigheid het dat ek klein gedoop is en ook my kinders laat kleindoop het.

              Groete

          • Eerstens dankie vir die terugvoering. Vriende, ek soek nie baklei of redenasie nie, nie oor die doop of enigiets anders nie, ek soek net die Here. Ek wil graag vandag ‘n nederige beroep doen op alle kinders van God om asseblief die Bybel in alle nederigheid en erns te bestudeer, nie net te lees nie. Voor jy begin lees, bid dat die Heilige Gees die skrif vir jou sal oopbreek sodat jy dit kan verstaan en dit in jou hart en verstand sal graveer sodat jy dit nooit sal vergeet nie, sodat jy dit in jou daaglikse lewe kan toepas en dit vir ander daarvan kan leer. Jou grootste doel is om die Heilige Gees te vra om aan jou alles te verduidelik waarvoor Jesus aan die kruis gesterf het. Mens verstaan nie die Bybel as jy nie alles en presies weet waarvoor Hy bereid was om vir ons te sterf nie. Wanneer dit aan jou geopenbaar word sal die waarheid jou soos weerlig tref, want dit is die KENNIS van die waarheid wat jou sal vrymaak. Alle hoogmoed en kamtige groot wysheid wat deur mense aan ons geleer word, sal verdwyn en eers dan ondervind mens die vrede wat Jesus jou gee en waarvan Hy gepraat het. Die vrede van die wereld kan Sy vrede glad in geheel nie oortref nie. Jesus het gekom om ons vry te maak van ENIGE binding en las. Hy dra dit vir jou (ja ook van bindings wat jou denominasie op jou plaas). Indien jy nog steeds vasklou aan die Verbond en nog nie deel is van die Testament nie en steeds deur tempels en Joodse (en romeinse) wette en regulasies gereguleer word, tas jy mis en moet jy asb. bid. ‘n Christen wie sy lewe vir die Here gegee het, doen nie elke Sondag geloofsbelydenis nie. Hy is vir ewig aan die Here verbind. Die gees wat opdrag gee om gereeld geloofsbelydenis te doen, kan nie van God wees nie, want Hy sê NIKS sal jou uit my hand kan wegruk nie. Van die “prosperity” predikers en meeste van hulle op TBN en ander kanale wil ek nie praat nie, want dan oordeel ek. Moenie saam met die kerk waar jy aanbid sink nie, kom liewer onder hom uit voor dit sink! Vrede

            • Allen, ek gaan nie met jou hier in gesprek gaan oor die doop en die verbond nie, dit is nie die doel van hierdie blad nie.

              Maar net dit: Jy sê, “Indien jy nog steeds vasklou aan die Verbond en nog nie deel is van die Testament nie en steeds deur tempels en Joodse (en romeinse) wette en regulasies gereguleer word, tas jy mis en moet jy asb. bid”

              God het gesê sy verbond met Abraham is vir ewig. Weerspreek jy dit deur te sê ons moet nnie wasklou aan die verbond nie? En Paulus het gesê die wie in Christus is is nageslag van Abraham en erfgename volgens die beloftes wat God aan hom gemaak het. Sê jy Paulus was verkeerd?

              Ek dink jy moet baie mooi dink voordat jy beweer ons moet nie vasklou aan die verbond nie. Jy beweeg op dun ys omdat jy God tot leuenaar maak omdat hy aan Abraham belowe het dat dit ‘n ewige verbond is.

              • Relax vriend, ek is baie jammer ek het jou bloeddruk opgejaag, maar ek het in plaas van om na die Ou Testament te verwys per abuis die woord Verbond getik. Baie jammer daar oor en vra om verskoning. Ek het geen rede om God ‘n leunaar te probeer maak nie, want ek weet Hy kan nie lieg nie. Lees net die res van die sin weer dan sal jy begrip hê want dit gaan oor die Joodse wette en regulasies. (ek sien jy maak ook tikfoute). Wat ek in kort probeer sê is dat ons deur Jesus vrygekoop is van al die wette en regulasies in die OU TESTAMENT en dis waarom ek Jesus se kruisdood so beklemtoon het. Abrahm is ‘n ander topic, maar dis nie waaroor dit gegaan het nie.

          • Ben Biggs said:

            Die nuwe Testament vertaal in Hedendaagse Afrikaans uit die oorspronklike Grieks;- deur Prof Jan van der Watt & Prof Stephan Joubert.
            Die Boodskap.
            Beskrywende tekste met betrekking tot die doop; Markus 16,15-16 Hy sê vir hulle; Gaan vertel vir al die mense die goeie nuus oor My. Almal moet dit hoor. Elkeen wat julle boodskap glo en by julle as Christene aansluit deur gedoop te word, sal gered Die Nuwe Testament Vertaal uit die oorspronklike Grieks in word. Iemand wat dit nie wil glo nie, kan maar vergeet; God sal hom of haar straf.
            Handelinge 2,38 Hou dadelik op met julle sondes. Kom terug na God toe, het Petrus geantwoord. Laat julle ook doop in die Naam van Jesus Christus. Dit is die sigbare bewys dat God julle sondes vergewe het.
            Handelinge8,8-16 Filippus moes omtrent bontstaan om almal te doop wat in Jesus begin glo het. Die apostels in Jerusalem het intussen gehoor dat God besig was om mense oral in Samaria met sy goedheid aan te raak. Hulle het daarom vir Petrus en Johannes soontoe gestuur. Hulle twee moes gaan bid dat hierdie mense ook die krag van die Heilige Gees in hulle lewe ontvang, want op daardie tydstip was hulle nog nie met sy krag vervul nie. Hulle was nog net in die Naam van die Here Jesus gedoop.
            Handelinge10,48 Petrus het daarop gereël dat almal in Kornelius se huis gedoop moet word in die Naam van Jesus Christus.
            Handelinge 19,4&5 Johannes het ook vir elkeen wat hy gedoop het, gesê dat hulle moes glo in die Een wat na hom op die toneel sou verskyn. Daardie Een is natuurlik Jesus. Daarom geld Johannes se doop nou nie meer nie. Jesus het dit met n nuwe doop kom vervang. Toe die gelowiges hoor wat Paulus sê, was hulle vuur en vlam om in die Naam van die Here Jesus gedoop te word. Paulus het dit toe ook gedoen.
            Handelinge 22,16 Noudat jy Hom persoonlik ontmoed het, moet jy vir almal gaan vertel wat met jou gebeur het. Moenie langer tyd verspil nie. Staan gou op sodat jy gedoop kan word. Al jou sondes sal dan afgewas word omdat jy in die Here glo.
            1Petrus 3,21 Hierdie dinge is eintlik vir ons ʼn voorbeeld van wat op geestelike gebied by die doop gebeur. Daar skei die paaie van die mense wat gered word en die wat nie gered word nie. Dit gaan nie oor vuilgoed wat die water van jou liggaam afwas nie. Dit gaan eerder oor dit wat binne in jou gebeur. Dit gaan daaroor dat jy God opreg vra om alles weg te vat wat jou skuldig laat voel.
            Kolossense2,12 Toe julle gedoop is, het daar ʼn geestelike begrafnis plaas gevind; geestelik is julle saam met Christus begrawe.Dit het nie vir julle die einde beteken nie,maar dit was eintlik vir julle ʼn nuwe begin.God het Christus immers uit die dood en die graf laat opstaan. Gelasiers3, 27 Weet julle daardie dag toe julle gedoop is, het julle ook ten volle van bo tot onder deel gekry in Christus se redding. Julle doop was soos ʼn stel splinter nuwe klere. By julle doop het julle Christus aangetrek soos mens ʼn stel nuwe klere aantrek. Nou behoort julle heeltemal aan Hom. Omdat julle aan Christus behoort , is julle nou ook deel van sy nuwe familie.
            Romeine 6,2-4 Julle onthou wat by die doop gebeur het, of hoe? Toe ons in die Naam van Jesus Christus gedoop is, het ons deel geword van alles wat met Hom by die kruis gebeur het, van sy dood af tot by sy opstanding. Toe ons gedoop is, is ons saam met Hom in sy graf begrawe. Daarna het God vir Jesus uit die dood laat opstaan om sy eie mag en heerlikheid te wys. Dieselfde het toe ook met ons gebeur. By die doop het God ons uit die doodsgreep van die sonde laat opstaan. Daarom kan ons nou op n nuwe manier leef.

            As dit waar is dat ons saam met Jesus die dood binne gestap het, is dit net so waar dat ons saam met Hom lewendig anderkant uitgekom het. Daardie sondige mens wat ons eenmaal was, is immers saam met Jesus gekruisig.
            Titus 3,3,4 God het ons heeltemal nuutgemaak. Ons is as’t ware ʼn tweede keer gebore toe ons sy kinders geword het. Die doop is die bewys daarvan. Dit sê vir ons dat ons ou, sondige mens dood en begrawe is en dat God ons ʼn tweede keer oorgemaak het.
            Opsomming.
            (1) Verskillende persone wat getuig.
            (2)Verskillende tye & omstandighede.
            (3)Verskillende plekke waar dit plaasvind.
            (4) Maar altyd dieselfde eenheids boodskap.
            (5) In die Naam van Jesus. Amen. E-pos biggs.ben7@gmail.com

          • Dawie, ek het nie Wynand se antwoord op jou siening oor die kinderdoop gesoek nie, maar net kortliks, as jou uitgangspunt is dat daar nêrens in die Bybel ‘n opdrag is wat ons lei om kinders te doop nie, dan moet jy ook nie aan die drie-enige God glo nie, want dit staan ook nie pertinent in die Bybel nie.

            DIe punt is dat ons aanbid ‘n smart God wat die Bybel vir ons op hierdie wyse gegee het sodat dit nie vervals kon word nie, dit is in beelde, sketse, tekens, tipes en ander wyses van skrywe. Dit is ook in beelde en gelykenisse waarin Jesus met die mense gepraat het omdat die ewige nie in tydelike terme weergegee kan word nie.

            Jesus se dissipels het Hom toe gevra waarom praat Hy in gelykenisse. Kyk maar wat antwoord Jesus in Mat 13:10 en verder.

            Jesus het niks in die NT “uitgevind” nie, alles wat Hy gedoen het is ‘n voortsetting van die plan van God dwarsdeur die OT, selfs met die praat in gelykenisse. Eseg 20:49, Hos 12:10 ens.

            • Kobus van der Merwe said:

              Hallo americanuniverse

              Jy se “… dan moet jy ook nie aan die drie-enige God glo nie, want dit staan ook nie pertinent in die Bybel nie.”

              Wat van 1 Johannes 5 : 7.

              Dit lyk vir my redelik pertinent.

              Groete

              • Dagsê, Kobus.

                Daardie deel van Johannes se brief verskyn nie in die oudste tekse nie. Ek wil nie nou in ‘n debat betrokke raak oor wat in die moderne Bybel moet en nie moet verskyn nie, behalwe om te meld dat daar op ‘n stadium gelowiges was wat oortuig was van die drie-enige God sonder daardie teks. So, die oortuiging van drie-enigheid moet desnoods op baie ander gronde staan as net hierdie teks. Omstands getuienis, as jy wil.

                Vir presies dieselfde rede staan pedobaptism op baie ander gronde en kan nie val bloot net omdat ‘n pertinente stelling wat dit gebied afwesig is nie. Dit is op daardie gronde wat ons met dieselfde vaste oortuiging, as die waarop die drie-enigheid staan, ons kinders laat doop. Dit sal eerder ‘n pertinente Skriftelike stelling verg wat die kinderdoop verbied, om ons kinders van die doop te weerhou.

                Groot-dopers (naam met respek) is verplig om sekere fundamentele waarhede oor die Christelike geloof te ignoreer om die kinderdoop te kan ontken.

                Dieselfde sal van iemand, wie die drie-enigheid van God ontken, gesê kan word.

                • Kobus van der Merwe said:

                  americanuniverse

                  Dankie vir die antwoord.

                  Jy is reg, ‘n debat oor wat in die Woord van God moet staan is in beginsel nie eers aanvaarbaar nie, en sal ek dit ook nie eens wil waag nie.

                  Intussen moet ek my beroep of Skrif wat ek blykbaar net kan vermoed dalk genoegsaam en dalk akkuraat kan wees. Dit kan ek ook nie.

                  Dit is of die Bybel soos dit blyk, of geen Bybel nie, want hoe sal ek nou weet watter dele om dood te krap en watter om by te voeg. Wie sal my help om dit te weet? Slegs die Heilige Gees.

                  Vir sover ek kon (by gebreke) vasstel, is die OAV (KJV, Statenvertaling) die akkurate Woord van God en sal ek my daarby berus. So ver ek mag, dan wil dit vir my blyk dat dit ook my verstaan is mbv die Heilige Gees.

                  Redelik arbitrer of redelik duidelik.

                  Met my vorige pos het ek geensins probeer om die doop aan te spreek nie en het dus slegs na die drie-eenheid van God verwys.

                  Wat vir my wel aanspreek is die stelling dat geredde siele deur Jesus se dood gedoop word. En dan is dit interresant dat 1 Johannes 5 verwys na die water, bloed en gees wat op aarde getuig.

                  Sonder om in ‘n debat te gaan, wil dit voorkom asof daar baie simboliek is wat ooglopend gebruik kan word, maar deur gevalle mense dalk met alle goeie bedoelinge verkeerd toegepas word.

                  Dit is slegs die Woord van God wat ons kan lei om “ware optrede en waarheid” na te volg. As daar twyfel bestaan of ons werklik die akkurate weergawe van die Woord van God het, dan laat dit ons toe om allerhande dinge te glo of te verwerp.

                  Ek kan nie anders as om te glo dat God die Woord wat mense moet voed laat behoue bly deur die eeue, maar dat in die selfde tyd, sommige tekste wel korrup is. Wie sal oordeel daaroor?

                  Dankie nogmaals vir die terugvoer.

                  Groete

                  • Sakkie said:

                    Hallo Kobus.
                    In verband met die regte Bybel wil ek jou verwys na n webblad http://www.2peter3.com
                    Van Kent Hovind hy is regtig fantasties en n opregte kind van God.
                    Hy andwoord graag vrae en gee Skrftelike bewyse vir al sy and woorde.
                    Meeste nuwe Bybels het al n fout in die eerste sin.
                    Hulle het” hemel “verander na” hemele ” huge mistake, as jy met ongelowiges en spotters moet argumenteer oor die skepping en die vloed en die toekomstige oordeel, lees gerus 2 Petrus 3
                    Groette hoop dit help

                • Chris Pienaar said:

                  Hello Americanuniverse,
                  Hierdie blog gaan eintlik oor dwalinge in die NG kerk, die kinderdoop en besprinkelings doop is egter nie dwalinge nie maar besprinkeling is in werklikheid die enigste Skrif gefundeerde vorm van doop en die doop van kinders van gelowiges (selfs babas) is ook `n Bybelse opdrag. Omdat ek `n besonderse belangstelling het in die doop, kom verwysings op hierdie blog daarna by my uit. Ek wil egter net kortliks die belangrikste skrif gedeeltes waarop ek bostaande stellings grond aanhaal. Die doop met water wat deur Johannes die doper begin is word deur Jesus se dissipels voortgesit vandat Jesus se bediening begin (Joh. 4: 1+2) terwyl Johannes nog self gedoop het (Joh. 3: 25+26).
                  Die hoof element van die waterdoop se simboliek is reiniging, spesifiek die reiniging van sondes,; In Mat.3:6, Mark.1:4 en Luk.3:3 verbind Johannes dit direk met die vergifnis van sonde, en ook in Handelinge 22:16 (laat jou doop en jou sondes afwas), en Titus 3: 5 [… wedergeboorte wat die sonde afwas ( 54 vert. – bad van die wedergeboorte)] Verder kom die reinigings element by die doop ook nog voor in Johannes 3:25 (Daar het toe tussen Johannes se volgelinge en `n Jood `n woordewisseling ontstaan oor die REINIGING. Hulle het na Johannes toe gekom en vir Hom gesê: “Rabbi, Hy wat oorkant die Jordaan by u was, van wie u getuig het, weet u, Hy DOOP ook,…”) + Johannes 13:10 (Hy wat gewas is …. is heeltemal REIN; en julle is REIN, maar nie almal nie. Jesus verwys hier na die dissipels se doop deur Johannes), Efesiërs 5: 26 (met die water en die woord GEREINIG), 1 Petrus 3:21 (…. Die doop is nie ‘n afwassing van die vuilheid van die liggaam nie, maar ‘n bede tot God om ‘n skoon gewete…) en Hebreërs 10: 22 (54 vert.) (die harte deur besprenkeling GEREINIG van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met REIN water.). Altesaam tien keer, vyf keer word sonde genoem en vyf keer net reiniging, en vyf keer in die Evangelies en vyf keer in die sendbriewe. Geen ander aspek van die doop met water word so baie genoem nie.
                  In die Ou Testament Voorspel ten minste vyf profete `n reiniging van die volk of gemeente wat saam sou val met die koms van die Mesias, die uitstorting van die Heilige Gees en die nuwe verbond. Jeremia en Esegiël noem die terugkeer, die nuwe verbond en die volksreiniging (Jer. 32: 36 – 41; 33: 7 + 8, Eseg. 37: 21 – 28). Esegiël en Joël praat albei van ‘n volksreiniging voor die uitstorting van die Heilige Gees (Eseg. 36: 24 – 28, Joël 2: 16 + 28). Jesaja praat van die oorblyfsel in Sion wat gereinig sal word en noem die Heilige Gees en Sagaria praat van `n fontein wat reinig met die koms van die Mesias (Sag.13: 1, Jesaja 4: 3 + 4). Hierdie profesieë van die doop sê ook hoe dit sou plaasvind, uitgooi oor (ryklik besprinkel) Eseg. 36:24-28, en Joël 2: 16 sluit kinders en babas in by die reiniging en vers 28 sê die Gees kom op alle mense (kyk ook Hand. 2:17) dus die kinders en babas ook.
                  Heb. 9:13 +14 vergelyk die sprinkel van bloed en as oor mense as simboliese reiniging met besprinkeling met die bloed van Jesus tot reiniging van sonde, hierdie bloed en as is in vars water gegooi voor dit gesprinkel is, (Num. 19: 17+18, Lev. 14:5-7) Numeri 19 se rooi koei het ook nog ander ooreenkomste met Jesus gehad, Soos die paaslam was dit sonder gebrek (Num.19:2), is buite die kamp geslag (Num.19:3; Heb. 13:11+12) en was `n sondoffer (Num. 19:9+17).
                  Ek het `n redelike lang gesprek gevoer oor die doop op Ettienne se Blog : Wat sê die Bybel oor die doop, as jy sou belanstel, en hy dit nog nie afgehaal het nie, wat sy volste reg is, (Ettienne en ten minste twee ander skrywers op sy blog verskil skerp met my siening oor die doop).
                  Chris Pienaar

          • grafted in said:

            In hierdie geval is daar ‘n paar dinge way genoem kan word;
            1. Kleindoop
            2. Vroue wat vir mans preek
            3. Dominees wat skei

            En nie noodwendig in enige orde van belangrikheid nie.

            • 1) Klein doop (die verbondsdoop) is absoluut Bybels. Maar dit is perifeer.
              2) Jy is reg oor vroue in die amp en enigiemand wat skei.

              Dit beteken egter nie omdat die kerk op een plek verkeerd is ons moet ander probleme ook vrypas gee nie.

      • Allen, Dis bemoedigend om met ‘n Christen die moeilike vrae te deel en ‘n oplossing te soek. Dankie daarvoor. Ek verduidelik die doop, groot vs klein, deur by die verbond te begin. Alleen as die band tussen die evangelie en die verbond gebreek of ge-ignoreer word is dit moontlik om die kinderdoop te bevraagteken. As mens kyk dat die Here die uitverkorenes se name in die boek van die lewe reeds voor die grondlegging van die aarde neergeskryf het, dan word dit duidelik dat die verbond ‘n eenheid met die heilsleer, met die evangelie, vorm.

  3. Ansie VdMerwe said:

    Die NG kerk sal van hierdie dwaalleeraars ontslae moet raak om sodoende as Kerk van Christus te funksioneer. Die Woord is ‘n tweesnydende swaard! Diè kerk het ‘n kruispad bereik! Wie nie vir Christus is nie is teen Hom!

  4. Kobus said:

    Ek will graag van Melané de Villiers hoor of daar ‘n spesifieke rede is hoekom sy nie praat van die Vader en die Heilige Gees nie maar verwys na Vader en Heilige Gees sonder ‘die’.
    Ek gaan al vir baie jare nie kerk toe a.g.v. al die leuens en bedrieëry wat in die NG Kerk plaasvind. Mynsinsiens is die beste om aan geen kerk te behoort nie want elkeen het sy eie versteekte agenda.
    Ek hoop net nie die vers wat Melané aangehaal het is wat die meeste ‘pastore’ gebruik om hulle ongekende rykdom te regverdig nie. Ek is oortuig daarvan dat baie kerke slegs tot stand gebring is om sekere individue materieël te verryk. Die vals profete waarvan ons in die Bybel lees.

    Groete

  5. David said:

    Ek reageer net op hierdie sinnetjie in Kobus se brief:
    ” Ek gaan al vir baie jare nie kerk toe a.g.v. al die leuens en bedrieëry wat in die NG Kerk plaasvind. Mynsinsiens is die beste om aan geen kerk te behoort nie want elkeen het sy eie versteekte agenda.”

    Kobus, jy raak ‘n baie belangrike punt aan deur die volgende vraag indirek aan die orde te stel: Hoe moet ek optree wanneer dinge in die kerk waaraan ek behoort, vir my verkeerd voorkom?

    Daar is minstens drie moontlike reaksies:
    1. Jy kan doen wat volgens die inleidingsartikel reeds deur duisende gelowige NG lidmate gedoen is: gaan soek ‘n ander kerk waar ek kan inskakel waar ek tuis voel.
    2. Jy loop die tweede myl soos wat Wynand, wat hierdie Webblad begin het, gedoen het: Hy poog hiermee om die dwaalleer in die kerk op ‘n Bybelse en kerklike wyse aan te vat deur hom op die kerk se belydenisskrifte te beroep. En hy skroom nie om duidelik aan te toon dat verskeie kerkleiers in die NG Kerk vandag oneerlik is want hulle uitsprake bewys dat hulle nie meer by die belydenis van die kerk staan nie.
    3. Jy het ‘n derde moontlikheid gekies: jy verklaar dat jy nie meer kerk toe gaan nie, “want elkeen het sy eie agenda” Jy onttrek jou dus van die kerk en alle gelowiges.
    Die eerste reaksie is Bybels regvedigbaar, die tweede is m.i. die mees korrekte, terwyl ek die derde nie kan aanvaar nie:

    Ja, jy is enersyds reg, geen kerk is volmaak nie, want alle mense is sondaar. Maar om eenvoudig almal van ‘n “eie agenda” te beskuldig, is bloot nie waar is nie. Daar is tog talle ware gelowiges, selfs in die NG kerk, wat beslis nie daar is vir hulle eie agendas nie en met hulle hele hart die liefde vna Jesus teenoor almal uitlewe. Daardie mense is die enigste rede hoekom ek nog nie die eerste opsie gekies het nie, en Wynand ten volle ondersteun waar hy die tweede opsie uitoefen.

    Die norm wat Wynand tereg gebruik, is die Woord volgens die Gereformeerde belydenisskifte soos dit oor die jare in die Gereformeerde kerke geleer word. Die hart van hierdie belydenis is eenvoudig: “My enigste troos in lewe en dood is dat ek nie aan myself nie, maar aan my verlosser Jesus Christus behoort, wat sy lewe aan die kruis afgelê het om vir my sondes te betaal. Om seker te wees dat ek hierdie troos en saligheid het, moet ek besef dat ek, soos elke mens, verlore is tensy ek besef Christus se dood en opstanding het ook vir my met God versoen, en dan uit dankbaarheid elke aspek van my lewe aan Hom toewy.

    In alle liefde: as jy nie hiermee saamstem nie, is ons nie op dieselfde bladsy nie. As jy wel hiermee saamstem, kan jy nou nie van ander gelowiges onttrek nie. Iemand wat hom/haarself van ander gelowiges onttrek, onttrek hom/haarself van die liggaam van Chistus, en as ‘n mens, om watter rede ook al jouself van die liggam van Christus distansieer, distansieer jy jouself van Christus , want Hy is die hoof van die liggaam (Kol 2:18,19).

    Al wat ek hermee wil bereik is dat diegene wat dit lees, biddend daaroor sal dink en uiteindelik verby die menslike foute die liefde van Jeus saam met ander gelowiges sal beleef.

    Seën daarmee!

    • Dankie David

      Ek is nie die Bruid van Christus nie. Nog minder is ek die Liggaam van Christus, die Tempel van God, die uitverkore nasie, die koninklike priesterdom.

      Die Kerk is al hierdie dinge; ek moet toelaat dat die Gees my soos ‘n lewende steen in die Kerk inbou.

      Geen Christen kan beweer hy is in Christus as hy nie ook in die Kerk is nie.

      Die NG Kerk is ook nie een van die dinge nie, maar dit is een van die maniere waarop die Liggaam, die Bruid, die Tempel, die uitverkore nasie en die koninklike priesterdom in hierdie wëreld uiting vind.

      Ja, daar is baie in die sigbare kerk, ook die NG Kerk wat nie gered is nie. En daar is vir seker wolwe in skaapsklere wat uit is om die kudde te verskeur. Ons het direkte en duidelik opdrag van Christus om die wolwe van die kudde weg te hou. En ek kan dit maar net in die NG Kerk doen, ek het geen ander geestelike tuiste nie.

      Hier gaan dit om niks anders as die lof van die heerlikheid van Sy genade nie. As enigiemand die idee kry dat dit hier om enigiets anders gaan as die verheerliking van Christus die Gekruisigde se Genade, vergewe my dan asseblief.

  6. Al wat konstant dink as ek hierdie goed lees is:
    1. Sou Jesus nie genade gehad het nie?
    2. Sou Jesus nie met liefde te werk gegaan het sonder om mense hof toe te sleep ens nie?
    3. Sou Jesus nie na mense se harte gekyk het nie

    In hierdie is daar geen liefde…

    “Gaan wys vir almal hoe verkeerd hulle is en hoe hulle nie met jou saam stem nie, en dan vat jy hulle hoef nie, en dan verneder jy hulle, en dan maak jy asof jy als weet nie” #goedWatJesusNooitGesêHetNie

    • Walton

      God (Jesus) se genade kom met ‘n bewys: “Bekeer julle en glo want die koningkryk van die Hemel het naby gekom.” Glo in Jesus as die Christus. Daar is dus so iets soos reddende geloof en geloof wat eindig in die hel. Dr Du Toit ontken dat bekering of geloof nodig is. Nie dat hy dit prontuit sê nie, maar kyk maar wat hy sê van mense wat nie in Jesus glo nie: “God se genade is groter as enigiets anders.” Hy weerspreek hiermee Jesus se uitsprake oor God se genade direk: God se genade gaan altyd gepaard met bekering en geloof.

      Jesus se liefde: Jesus het mense lief genoeg gehad om hulle die waarheid te vertel. “Addergeslag! Hoe sal julle aan die vuur van die hel ontsnap?” “Gaan weg agter my, satan!”, “Julle deurkruis see en land om een bekeerling te maak, en dan maak julle hom gereed vir die hel!” “Pas op vir vals profete. Hulle is wolwe in skaapsklere wat die kudde verskeur!”

      Ja, Jesus kyk na mense se harte, maar hy het ons beveel om na hulle vrugte te kyk: “Moenie verwag dat dorings en distels vye sal voortbring nie. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken!”

      Dr Ben du Toit se vrugte is dat hy Jesus tot leuenaar verklaar deur te beweer dat die duiwel nie bestaan nie.

      Walton, Jesus se genade is nie gratis nie. Dit is duur gekoop met sy bloed. Dit is ‘n gratis geskenk aan die wat Hom aangeneem het. En dit is verseker nie vanselfsprekend nie.

      Wat my erg ontstel van jou opmerking is: As Jesus dan na mense se harte kyk, op grond waarvan oordeel hy wat hy sien? Beweer jy dat as ek ‘n goeie hart het, Jesus my dan genadig sal wees, en as ek ‘n slegte hart het, hy my nie genadig sal wees nie? Besef jy nie dat jy ‘n streep deur die Evangelie van Genade trek met hierdie stelling nie? As die genade wat ek ontvang afhanklik is van wat God in my hart sien, dan het ek nie ‘n kat se kans nie! (En dan is dit ook nie genade nie, maar verdienste.)

      Dank die Vader Hy kyk NIE na iets in my voor Hy besluit om genadig te wees nie, Hy kyk net na die kruis van sy Seun

      Almal wie geoordeel word op grond van hulle harte gaan hel toe.

      Ek bid regtig dat jy ook eendag sy genade sal verstaan. Dat jy Hom sal loof dat hy NIE na jou hart gekyk het voor Hy jou genade gee nie!

      Ek wonder (in liefde) of jy ooit oor Jesus in die Bybel gelees het – jou Jesus lyk vir my heel anders as die een wat in Matteus, Markus Lukas en Johannes beskryf word.

      Groete.

      Wynand.

      • Wynand, ek lees hierdie en volg almal se kommentaar ens en ek het gesê ek gaan nie antwoord nie.

        Ek wens jou alle sterkte toe in hierdie ding wat jy probeer doen, watookal dit is.

        Ek hoop dat jy eendag in DIE God, die God van liefde, deernis, aanvaarding en genade sal vasloop.
        Jou God wat jy verkondig het my geskep en my verdoem hel toe…tensy ek aan ‘n paar goed voldoen…en jy en ‘n klomp ander lyk my PRESIES te weet wat daardie goed is…in detail.
        Jou God sê ook een ding in ‘n Bybel, maar volgens jou “kennis” beteken dit eintlik iets heeltemal anders.

        T.o.v jou aanmerking: ‘Walton, Jesus se genade is nie gratis nie”

        Wynand…dit is…dit is die punt, jy hoef NIKS te doen om dit te kry nie. Self ‘n kleuter sal dit vir jou kan sê.

        Vat maar nog ‘n klomp Bybelverse uit konteks om al jou persoonlike vendettas te staaf.

        Ek besef ook dat jy konstant geloof word deur baie ander mense, en ek glo jou ego word mooi gestreel.

        Ek weet niks wat ek skryf of doen sal jou verander om te sien hoe ONGELOOFLIK baie skade jy doen in die naam van Jesus nie.

        • Hallo Walton

          Dankie dat jy die tyd geneem het om hierdie nota te skryf.

          Dit is jammer dat jy my so verkeerd verstaan. Ek het God se genade ontvang sonder om iets daarvoor te doen, sonder om iets te wees, sonder om daarna te vra, en selfs sonder dat ek vooraf daarvan geweet het. Om die waarheid te sê, die Bybel sê ek het Sy genade ontvang voor Hy die wêreld geskep het… Dit is dus vir my moeilik om te verstaan waaraan jy dink ek dink mens moet “voldoen” om God se genade te ontvang. Dit is die hele punt van genade: Dit is onverdiend!

          En ja, God se genade is nie gratis nie maar ongelooflik duur: Die prys was Jesus se lewe. Dit is wat Jesus bedoel het met:

          MARKUS 10:45 (AFR83) Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.”

          Waarom sê jy ek doen skade? Ek sal graag wil hoor.

          Groete

          Wynand

          • Ons As Christene is Vissers van Mense, Diensbaar tot God in Leiding van die Heilige Gees en die Liefdes Geskenk van Jesus “Sy Lewe” n Belofte tot n Ewige Lewe. Ons Moet in Liefde Lewe, nie werelds maar tot Sy Eer, Ons Moet God se Wapenrusting Dra ( Efesiers 10 – 20) Ons veg nie teen Vlees, maar teen die Bose Magte . Ons Moet rein Leef, Niks op Aarde maak vir God saak, net die Mens God is lief vir ons.
            As Christene moet ons bereid wees om te sterf vir Hom, Jesus het vir ons Gesterf (Openbaring 6:9) “Die Vyfde Seel…”

    • sakkie said:

      Daar staan ook geskrywe: verskruklik is dit om te val in die hande van ń lewende God.
      Om mense op ń dwaal te lei ? Mmmmmmmum

  7. Dawie Badenhorst said:

    Hi Wynand

    Dankie vir jou moeite om die waarheid te openbaar. Iemand het eendag gese dat: “In a age of deceit, the truth will always be radical”.

    @Walton: Mens se hart is nie ‘n maatstaf nie, doodeenvoudig omrede alle mense se harte inherent sondig is en nie God se genade verdien nie.

    n Menslike maatstaf om na iemand se hart te kyk sal natuurlik tot gevolg he dat die grootste atteiste ook gered word ten spyte daarvan dat hulle nie in God glo nie,

    Ons enigste redding is die goeie nuus van die Evangelie en natuurlik is die goeie nuus nie vir almal ewe goeie nuus nie vir party is dit natuurlik die slegste nuus denkbaar.

    By beskouing van al die uiteenlopende teologiese benaderinge (wat in wese maar filosofiee is) kom die volgende telkens op: wat op dees aarde het dit met die evangelie te make, is dit tot verheerlikking van Jesus, of is dit eenvoudig om mense te verheerlik en om ”hedendaags relevant” te wees.

    Myns insiens sien al hierdie verskillende filosofie die lig uitsluitlik om die kerk en/of teoloe meer ”hedendaags relevant” te maak en gaan dit oor die behoud van ‘n instelling en nie oor die ware gemeente van God nie.

    Jy sal ook merk dat hierdie nuwe filosofie nie so nuut is nie en alreeds deur verskeie voorgangers al geopper was en met reg verwerp was.

    Hierdie toedrag van sake en die verwarring wat dit veroorsaak is egter nie ‘n unieke gebeurtenis nie, maar wel deel van God se plan. Ons word immers in elke boek in die nuwe testament gewaarsku teen vals profete en hierdie gebeure. Dit in opsig self is aanduidend dat ons moet krities wees, alles toets teen God se Woord en nie alles wat aan ons verkondig word bloot moet aanvaar nie.

    As wat verkondig word natuurlik verskil met die Woord van God is dit ons plig om dit uit te wys. Die probleem vandag is egter dat ons nie meer die waarheid wil hoor nie, aangesien die waarheid nie tot verheerlikking van die mens is nie, maar uitsluitlik tot verheerlikking van God is en daarom hang miljoene mense die mensgesentreerde christendom aan.

    Groete

  8. Hallo

    Ek wil net se dat in Galasiers 1 vers 7 staan Daar is geen ander evangelie nie! Tog is daar mense wat die evangelie van Christus probeer verdraai, en dit is hulle wat vir julle in verwarring bring. Gaan lees vanaf vers 6-9 en besluit self waar moet julle staan.

    Jesus liefde
    Frieda

  9. doktor willem said:

    Eerstens… Die skrywe se doel is nie om te kritiseer of the veroordeel nie. Die doop of mikvah in Hebreeus het niks met verbond uit te waai nie…. Waar kom die susters kerke aan dit? Doop is ‘n repentance aksie . ‘N kind kan NIE gedoop word nie. Die enigste verbond wat ons kan he is deur Jesus se bloed. Daar is geen verbond deur water nie nie. In die okkult wereld waarvandaan ek kom is daar water verbonde.

    Niemand wil dit se nie maar …. Ek sal my bybel met tamatie sous op eet as enige iemand vir my kan wys waar kinders gedoop moet word in die bybel. (So bietjie lig hartig)

    Wanneer ‘n mens kan onderskei tussen goed en kwaad moet die mens self die besluit neem om gedoop te word.

    Dis die doop van die gelowige.. Nie kinder of groot doop nie. Dis omdat die ng kerke hierdie onbybelse praktyk doen en hulle self verhard dat die satan “n plek gegun word. Mens word gered deur geloof alleenlik, maar die doop het ‘n kragtige effek in geestelike dimensie.

    Die besnydenis het ook niks met die doop te doen gehad nie soos ek een dominee hoor preek het nie.

    Mens volg NIE tradisie nie! Mens volg Jesus.

  10. doktor willem said:

    Daar bestaan nie ‘n ding soos Die kinder doop of groot doop nie. Dit is totaal onbybels. Daar bestaan we’ll die doop van bekering oftewel die doop van die gelowige. Die doop of mikvah in hebreeus is ‘n repentance (metanoia) aksie. Niks met verbond uit te waai nie. Daar bestaan in Christus net die bleod verbond en nie water verbonde nie. Water verbonde bestaan in die okkult wereld waar ek vandaan kom.

    Ek was in Israel en het die mikvah gesien. As iemand my in die bybel die kinder doop kan wys sal ek my bybel met tamatie sous opeet. So bietjie humor, maar die kinder doop Is nie bybels nie. En die ng kerk hou hulle self hardkoppig op die een. So dis geen wonder dat hulle dwaalleer toelaat nie. Hierdie is nie in kritiek gese nie. Ons almal word deur Die Woorde beoordeel.

    • Ben Biggs said:

      Hallo Ben

      Ek delete jou hele ensiklopediese preek hier, jammer daaroor maar ek moet iewers ‘n lyn trek om by die doel van hierdie bolg te bly. Hoop jy verstaan.

      Wynand

      • willem said:

        Kyk, dit het niks te make met regverdiging nie. Natuurlik het Jesus als gedoen.

        Die mens moet steeds antwoord gee op dit soos die heilige Gees hom oortuig.

        Die doop is ,n keuse.

        So om net ‘n babatjie te doop, sonder dat die babatjie werklik verstaan wat aangaan is nie bybels nie.

        Niks met teologie uit te waai nie.

        Jesus is groot gedoop. En die doop vervang nie die bloed verbond soos die een vorige man gese het nie.

        Niks vervang die bloedverbond nie.

        Doop red jou ook nie. Doop is vereenselwiging met die dood en opstanding van Jesus deur ‘n keuse. Jy kan dit nie vir iemand doen nie.

        Mens kan wel babas toewy aan God. Dis korrek ja, maar as die persoon kan begin onderskei is dit steeds daardie persoon se keuse.

        Doop is ‘n stap van gehoorsaamheid. Want Jesus se vir Johannes toe Johannes se Jesus moet hom eintlik doop, dat Johannes wel vir Jesujs moet doop sodat alle gehoorsaamheid vervul mag word.

        En in die gees dimensie is dit kragtig. Die demone weet dit.

        • Willem

          Hierdie blog gaan nie oor die doop nie, ek wil dus REGTIG nie hier daaroor praat nie.

          Net dit: Die doop van Johannes en die doop van die Apostels (in die Naam van Jesus) was twee verskillende goed.

          Die bewys:

          Handeling 19:1Terwyl Apollos in Korinte was, het Paulus deur die binneland gereis en in Efese gekom. Daar het hy ‘n groepie gelowiges gekry 2vir wie hy gevra het: “Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het?”
          “Ons het nog nie eens gehoor of die Heilige Gees al gekom het nie,” het hulle geantwoord.
          3“Watter soort doop het julle dan ontvang?” vra hy toe.
          “Die doop van Johannes,” antwoord hulle.
          4Daarop sê Paulus: “Johannes het die mense gedoop as hulle hulle bekeer het. Maar hy het vir die volk gesê dat hulle in die Een moet glo wat ná hom kom, dit is in Jesus.”
          5Toe hulle dit hoor, het hulle hulle in die Naam van die Here Jesus laat doop.

          Die ouens is deur Apollos met die doop van Johannes gedoop. Paulus het gesê dit is nie voldoende nie, en het hulle toe WEER gedoop maar dié keer in die Naam van Jesus. Dus het die doop van Johannes VERVAL en is dit VERVANG deur die apostoliese doop.

          Jesus is deur Johannes gedoop. ONS word indie naam van Jesus gedoop. Paulus het gesê dit is nie die selfde doop nie. Jy kan dus nie Jesus se doop ekstrapoleer na die doop van die Apostels (die doop in die NAAM van Jesus) nie.

          Ongelukkig is dit standaard vir mense wat die verbondsdoop verwerp om die Bybel so oppervlakkig uit te lê – ek sê dit in liefde want hulle is my broers en susters.

          En daar is GEEN Bybelse presedent vir die seremoniëe inseëning van babas nie. Jesus is op die agste dag besny. Toe Hy die kindertjies geseën het was dit sommer so ‘n Ad Hoc affêre. Ongelooflike genade maar beslis nie die instelling van ‘n derde sakrament nie!

          Asseblief, moet nie verder hier debat voer oor die doop nie. Veral nie as jy die Bybel so ooglopend verkeerd uitlê nie! 🙂

          • willem said:

            Jy kan nie babas doop nie. Dis die doop van die gelowige. Ek verstaan wat jy bedoel met ou testament en nuwe testament. Ek debateer nie. Ek respondeer net op wat gese word. En doen dit op baie vredevolle wyse.

            Dis al. Lol. Anders is daar geem probleem nie. Ek geniet die blog baie. En ek geniet julle baie.

  11. Willem said:

    Doop het niks met verbond te doen nie. Dis ‘n repentence aksie. mikvah in hebreeus. Daar is net een verbond en dis deur Jesus se bloed. Doop is ‘n keuse. Kinder doop is vals. Dis nie bybels nie. dis ook nie groot doop nie. Dis die doop van die gelowige. Dis nie gekryf om aan te val nie. As iemand vir my babatjie doop in die bybel kan wys, kan julle my met seepsoda was. lol

    • Charmaine said:

      Ek stem Willem. Dit is ‘n saak van “bekeer jou en laat jou doop” bring vir my die babatjie wat hom of haar self kan bekeer van hul verkeerde weë (diepe berou kan toon)en dan die keuse kan uitoefen om hulle te laat doop. Wat baie mense mense dalk “vergeet” is dat die doopbad ‘n simbool is van die graf. Om die ou mens te laat “sterf” en In Christus nuut gebore te wees > ‘n Nuwe mens.

      Terloops vir die suigeling doop, moet jy terugkyk, nie net tot by die Roomse Katolieke Kerk wat dieselfde ding doen nie, maar tot waar die priester/priesteres van die sonaanbiddings-geloof ‘n kind ook besprinkel het…

      • willem said:

        Beslis Charmaine. Meeste van die onbybelse beskouinge kom van die okkult wereld af. Sons aanbidding was niks anders as ‘n vroee form van satanisme. Baal aanbidding het die gruwelikse human sacrifices gehad. So al die pagans en natuur aanbiddings ouens is deel van dieselfde kant onder die dekmantel van “we only do good magic”. Ek hou nog minder van paganism as satanisme… as ek dit so kan se… want hulle lieg. lol. Hulle almal lieg.

  12. Hi Willem

    Hou maar vir Jefta in gedagte voor jy beloftes maak wat jy nie noodwendig kan nakom nie. 🙂

    De doel van hierdie blad is nie om debat te voer oor die doop nie, en ek het eenvoudig nie die energie nie.

    Ek maak dus net gou ‘n opmerking of twee oor die Mikveh en die doop:

    Hebr: 9:10 omdat dit net bestaan het in spys en drank en verskillende wassinge en vleeslike verordeninge wat opgelê is tot op die tyd van herstelling.

    Let op dat die woord wat hier met “wassinge” vertaal is in Grieks “baptizmoi” (dope) is. En die wassings aksies waarvan die Bybel praat was almal besprenkelings met bloed.

    Hebr 9: 18 Daarom is ook die eerste testament nie sonder bloed ingewy nie want toe elke gebod volgens die wet deur Moses aan die hele volk aangekondig is, het hy die bloed van die kalwers en bokke saam met water en skarlakenrooi wol en hisop geneem en die boek self en die hele volk besprinkel 20en gesê: Dit is die bloed van die testament wat God met die oog op julle verorden het. 21En hy het ook die tabernakel en al die gereedskap van die diens net so met die bloed besprinkel.22En byna alles word met bloed gereinig volgens die wet, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie.

    Dus: Volgens Hebreers is reiniging van sonde altyd deur besprenkeling met bloed.

    In die Ou Testament kan jy maar gaan lees: ‘n Bad van die hele lyf is slegs voorgeskryf as daar regtig ‘n probleem met higiene was: Nadat ‘n melaatse gesond geword het. na menstruasie. Na geslagsgemeenskap. Nadat ‘n priester ‘n hele bul tot as verbrand het.

    Reiniging van sonde in die Ou Testament is sonder uitsondering gedoen met bloed besprenkeling (Of somtyds is ‘n offerdier as in water gemeng en dan besprinkel)

    Ek kan net so vir jou uit die Bybel bewys dat die doop die besnydenis vervang het as verbondsteken, maar ek is bang ek dwing jou om ‘n heel goeie kopie van die Bybel te vernietig.

    Vrede!

    Wynand

  13. Dit is die rede hoekom 14 gemeentes uit die Hervormde Kerk is. Dit is tyd dat mense wat ernstig is oor hul Geloofslewe nou sal saamspan en dat dit nie by praat sal bly nie. Ons het ‘n gemeenskaplike vyand.

  14. Willem said:

    Sonder die krag werking van die Heilige Gees is ons GEEN match vir die satan nie….

  15. Wynand, ek weet nie wie jy is nie – lyk my jy is naamloos en stuur eposse met noreply aan my sodat ek nie kan reageer nie. Jy is lyk my ook bang en papbroekerig want jy los nie ‘n nr daar nie. EK stel niebelang in jou “rooi gevaar” naamlose eposse nie. Haal my asb af van jou eposlys. Stef Bothma

    • Hallo Stef

      Dankie dat jy hier kommentaar lewer.

      Ek wil nie persoonlike korrespondensie genereer nie. (Dit het my voorheen weke gevat om deur alles te werk.) Ek wil openbare debat stimuleer.

      En jy het jou pad hierheen gekry, het jy nie? So nou is jy deel van die debat wat ek probeer stimuleer!

      Sê my Stef, glo jy die duiwel bestaan, en indien nie, waarom nie?

      Groete

      Wynand

      • Rudolph said:

        Ek stem met Stef saam. Die wet maak dit baie duidelik dat jy nie bemarkingseposse aan mense mag stuur wat nie daarvoor gevra het nie. In elk geval, dis gewoon onbedagsaam en hoegenaamd nie liefdevol om mense met n spul ongevraagde eposse te bestook oor jou eie idees nie. Deur julle optrede skiet julle julleself in die voet, want as jy Christus verkondig moet jy Hom ook leef.

        • Hallo Rudolph

          Die wet is baie duidelik dat slegs ekonomies gemotiveerde elektroniese kommunikasie onder die wet val.

          Ons almal wat in die geveg betrokke is probeer dit so liefdevol as moontlik doen. Nie een van ons het al iemand met ‘n sweep geslaan of hulle tafels omgeskop nie. Om “Jesus te leef” laat dus nog moontlikhede toe wat ons nog nie uitgeleef het nie. Maar wie weet, dalk het iemand nog die sweep nodig? 🙂

          Meer ernstig: Rudolph, verstaan my mooi: Daar is geen liefde moontlik sonder waarheid nie. As ek nie vir ‘n pasient sê hy het kanker nie omdat em bang is ek maak sy gevoelens seer lieg ek deur my tande as ek beweer ek het hom lief.

          Net so sal iemand wat nie die leiers in ons kerk aanspreek oor dwaalleer nie DEUR SY TANDE LIEG as hy beweer hy het hulle lief. Jesus het gesê ons moenie dit vrees wat ons liggame kan doodmaak nie (soos vervolging en kanker) maar ons moet Hom vrees wat die mag het om ons in die hel te werp.

          Dus: Dwaalleer is ‘n duisend maal erger as kanker.

          • Rudolph said:

            Julle bewerings van dwaalleer gaan nou al vir jare aan en daar is niks bewys nie. Dinge gaan steeds aan en die kerk probeer steeds in opregtheid die Here dien. Julle is daarop uit om die kerk by te kom omdat die kerkleiers nie in alle opsigte die Bybel presies verstaan soos julle nie. Julle glo julle siening en NET julle siening is reg. Hê bietjie nederigheid!

            En hou ASB op om mense se tyd met ongevraagde eposse te mors.

            • Rudolph said:

              Julle hou julle in elk geval blind vir die waarheid. Se my eerlik: as daar more n manuskrip van Lukas ontdek word wat bewys word as ouer as enige ander en meer oorspronklik en dit verskil met dit wat ons tans het, sal julle se dis dwaalleer of sal julle oop wees om te erken dat julle en die kerk oor eeue n verkeerde teks gelees het?

              • Dawie said:

                Hi Rudolf

                Die Woord is tog duidelik daaroor. Paulus het dit in geen onsekere terme gestel; dat al sou selfs hy persoonlik of selfs n engel kom en n ander evangelie verkondig moet ons dit verwerp.

                Hierdie argumente van n moontlike ander interpretasie van die Woord gaan eenvoudig nie op nie.

                Ek dink die ander reformiste genaamd die Zwaike-profete het togdieselfde probeer doen sonder sukses, doodeenvoudig omdat hulle sogenaamde “revelations” nie op die Woord gegrond was nie.

                Wat tans gebeur in die kerk, en dit sluit alle denominasies in, is n terugkeer na die leeringe van die eerste eeu se gnostics. Dit word slegs nou in n ander baadjie beklee.

                Mens hoef net na die resultate van hierdie denkskole te kyk om te besef dat dit slegs ten doel het om die Waarheid, op plekke baie subtiel en ander openhartig te verdraai en ons weg te lei van die Waarheid.

                Om maar net enkele voorbeelde te noem Abel Pienaar, Sakkie Spangenberg ens.

                Alhoewel die dwaalleer tans, by wyse van subjektiewe benadering ongegrond is, is ons nou op baie glibberige grond sonder die fondasie van die Woord.

                Jy sal seer sekerlik met my saamstem dat as jy vanmiddag dors raak jy nie uit die toilet jou dors gaan les nie.

                Waarom moet die NG kerk dan sy rigting wysers by onbybelse mense en/of instellings kry.

                So ja vir n ligte “intelektuele gesprek” is dit seker aanvaarbaar, maar om die NG kerk daarvolgens te verander, NEE.

                Teoloe hoort hul doodeenvoudig nie daarmee op te hou nie. Dit is doodeenvoudig nie hul opdrag van God nie, maar moet hulle hul beywer om die evangelie te verkondig, en dan bedoel ek die Ware Evangelie volgens die Skrif.

                Groete

                • Rudolph said:

                  Feit van die saak is Ben du Toit is onskuldig bevind en net so baie ander wat julle aangeval het. Maar julle sal dit nie aanvaar nie, want julle het julle eie agendas en die waarheid pla julle min. Julle toon geen insig in die lang ontstaansgeskiedenis van die Bybel nie. Julle glo dat omdat iets nog altyd so gesien is dit noodwendig waar moet wees. Ek het nuus vir julle: julle oupas en oumas kon ook verkeerd gewees het in hulle verstaan. Maar julle is nie oop vir verheldering nie. Dis julle siening of niks. Totsiens.

                  En hou tog asb op om vir my gemorspos aan te stuur.

                  • Rudolph, as jy weer van my pos kry, gebruik tog die “unsubscribe” fasiliteit!!!

                    En dis nie ons siening nie, dit is die Woord van God.

                    Groete

              • Rudolph, as jy verwys na die Thomas evangelie, dit is nonsens.

                As is verbrande hout en sênou is ‘n lekker sê.

                As jy kan bewys dat Jesus nie uit die dood opgestaan het nie is my godsdiens vals. Wow, dan het ek Sandae af! 🙂

                Groetnis

                Wynand

        • Rudloph, ek het jou op ‘n ander pos geantwoord. Lees asseblief die wet voor jy daaroor kommentaar lewer. Onthou jou opinie is net so goed soos jou inligting!

      • Rudolph said:

        Wynand, julle liefdelose optrede is vir my kommerwekkend. Julle wil he mense moet in Jesus glo, maar julle tree dan self totaal anders op as wat Hy gese het ons moet. Hoe werk dit? Is jou geloof dan vir jou ook net n Sondag-saak? Dit moenie inmeng met jou regte lewe nie.

      • Rudolph said:

        En wat op aarde het die duiwel met Steff se versoek om hom van jou adreslys te verwyder te doen?!

  16. Johan Eerhardt said:

    Ons moet almal eendag verantwoording doen voor die enigste Regter. Sterkte vir jou daarmee.
    En: skaam jou vir jou swak insig, gebrekkige kennis, hoogmoed, verdagmakery en skindery.
    Dis agv ouens soos jy dat die evangelie onverstaanbaar geraak het vir die moderne mens. Uiteindelik sit ons met onversoenbare uitsprake in die Bybel, ‘n verspotte wêreldbeeld en godsbeeld en kan ons nie meer Jesus as die gekruisigde in sy volle Grootheid verkondig nie, maar sit ons met ‘n gereduseerde godsbeeld wat veroorsaak dat geloof in ‘n individualistiese piëtisme verval.
    Daarom sit ons kinders met ‘n “moralistiese teïsme” wat hulle al verder van die Waarheid van volle versoening wegneem.

    • Hallo Johan
      Dankie vir jou deelname aan die debat hier.
      Natuurlik sit ons met ‘n Evangelie wat onverstaanbaar is vir moderne mense, “onversoenbare” (onversoenbaar met wat? Ek neem aan die “moderne wetenskap”) uitsprake van die Bybel, ‘n verspotte wêreldbeeld en godsbeeld.

      1 Korinthiers 1:18 Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. 19Daar staan tog geskrywe:
      “Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig,
      en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak.”
      20Waar is die wysgeer van hierdie wêreld nou? Waar die skrifgeleerde? Waar die slim woordvoerder? Het God nie die wysheid van die wêreld tot onsin gemaak nie? 21Dit was die bedoeling van God in sy wysheid dat die wêreld nie deur geleerdheid tot kennis van God sou kom nie. Daarom het God in sy goedheid besluit om deur die prediking wat vir die wêreld onsin is, dié te red wat glo. 22Die Jode vra wondertekens en die Grieke soek wysheid, 23maar ons verkondig Christus wat gekruisig is. Vir die Jode is dit ‘n aanstoot en vir die ander is dit onsin, 24maar vir dié wat deur God geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God. 25Wat vir die wêreld die onsin van God is, is groter wysheid as die wysheid van mense, en wat vir die wêreld die swakheid van God is, is groter krag as die krag van mense.

  17. Johan Eerhardt said:

    Wynand, ek sien jy sit klaar hierbo in die tameletjie van jou “teo”-logie. Vergeet maar daarvan om sake soos die doop te beredeneer en relevant te maak as jy met jou idee van “Skrifgesag” (wat jy op watter filosofie, epistemologie, en voorveronderstellings baseer?) en jou beperkte teologie oor God se Grootheid, die grootheid van genade, en verkleinde idee van Jesus se mensheid en Sy Verlossingskap na die tafel wil kom.
    Die gevolg daarvan sal jou na niks meer as arme “dr” Willem se beperkte paradigma lei nie.

  18. Wimpie Mubi said:

    Ek wil graag hierdie kommentaar en versoek rig aan alle persone wat die bestaan van Jesus as bloot histories afmaak of selfs beweer dat Hy net `n gewone – of selfs denkbeeldige mens was.

    Wat my verstom is die feit dat mense die basis van die Christen geloof, te wete Jesus Christus, “wegwens/ wegpraat”. As Jesus nie daar was nie, is al ons Christene mos ketters en dan bestaan ons geloof eintlik net uit feëverhaaltjies. Ons as Christene is gemaklik daarmee dat julle so voel. Los ons dan uit, maaaaar, neem kennis daarvan dat jy dan seker die Joodse -, Islamietiese -, Gnostiese- of ander tipe geloof moet aanhang, want jy kan tog seker nie `n lidmaat, diaken, ouderling, predikant of selfs dosent van `n geloof wees wat eintlik nie bestaan nie. Jy kan tog sekerlik nie verwag iemand moet jou ernstig opneem as jy byvoorbeeld vir `n skool vir weeskinders werk en dan `n ouer-aand wil reël nie, dit strook tog nie. Ons Christene is gemaklik om die Jesus “feëverhaaltjie” te glo en selfs te aanvaar as ons hoop en vertroosting. Soveel so dat ons selfs vir jou sal bid. Dit kan tog sekerlik nie skade doen nie. As ons geloof wel eg is, het iemand ten minste vir jou gebid. As ons geloof net `n ou feëverhaaltjie is, het jy ook niks om te verloor nie, want feetjies sal jou sekerlik nie skade aandoen nie, hulle bestaan mos nie.

    So gaan nou voort en gaan soek iets groter en interessanter om jou tyd mee te verwyl, as ons ou mensies met ons ou feëverhaaltjies. Onthou die gesegde “small things amuse small minds”. Netnou dink mense jy het `n “small mind”. Dit wil mens mos nou nie hê nie, nè? So, gaan nou. Gaan bevestig jou superieure kennis op hoër gronde en los ons ou klomp kettertjies uit om in ons ellende voort te ploeter. Gaan in vrede.

    Wimpie

    • Dr. Willem said:

      feetjies bestaan wel, baie van die fee-verhale was gegrond op werklike belewenisse. Die geestes realm bestaan. Jesus bestaan. Mens is of aan satan se kant met sy feetjies of aan God se kant. Dis al. Of jy nou ‘n “pagan” is of ‘n satanis of ‘n paddavis of ‘n oosterse godsdiens aanhanger is… daars net twee kante. Lig en duisternis.

  19. Dr. Willem said:

    hierstaanek

  20. Wimpie Mubi said:

    Stem saam met Dr. Willem oor Jesus se bestaan en oor die lig en duisternis gedeelte. Dis net ontstellend hoe sommige akademici binne sekere van die protestantse (lees ook in sommige gevalle “susterskerke”) die Jesus-bestaan wil afmaak as net `n “ou storietjie”. Ek glo saam met Dr. Willem, en seker miljoene ander, dat daar wel `n geestelike realm bestaan en dat ons nie anders kan as om aan God se kant te moet wees nie.

    Jesus Christus is my persoonlike Verlosser en Saligmaker en die Bybel sê Hy het gesê dat mense hul moet laat doop (hierdie is niks te doen met die doop kwessie supra nie) in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Daarom is ek ook `n Drie-eenheid gelowige, omrede Jesus die drie entiteite genoem het, nl. Vader, Seun en Heilige Gees. Dit is die basis van my geloof.

    As akademici anders wil leer, is dit seker hul goeie reg. As hul my onverbiddelike geloof in ons almagtige God wil marginaliseer, is dit seker ook hulle reg. As dit dan klaar is, kan hulle seker regtig iets anders begin navors en my en my God uitlos. As ek dwaal deur te glo in God die Vader, Jesus as sy eniggebore Seun en die Heilige Gees, dan is dit seker ook my reg. So, aan die “slim” mense wat my Christen geloof wil afmaak as iets wat sommer so as `n akademiese verhaaltjie met morele waardes wil afmaak, kom ons los mekaar se glo en hoop uit. As jy glo soos ek glo kan ons saam bid en glo. As jy dit nie doen nie, is ek heeltemal tevrede om dit so te aanvaar. Ek bly egter by my Christelike geloof.

    Hierstaanek, ek admireer jou pogings om vir die Here se saak op te staan. Ek bid dat God jou sal onderskraag en sterk in jou roeping. Jy veg vir die regte saak, want jy is besig om die gesprekke sekere kerk/e/groepe, wat soms grens aan Godslastering, aan te vat en nie net te gaan lê nie. Jy is, wat my betref soos die Bybelse klein Dawid wat, met sy geloof in God, die magtige Goliat aangevat het. Ons almal weet wat met Goliat gebeur het. Sterkte.

    Wimpie

  21. Pastor JW WEPENER. said:

    I Can only. Pray for them. What are they thinking. Our God is Sovereign.

  22. Ferdi Gerstner said:

    In Jak 5:19-20 staan: “(19) My broers, as een van julle van die waarheid afdwaal en iemand sou hom terugbring, (20) weet dan dat hy wat ‘n sondaar van sy dwaalweg terugbring, hom uit die dood red en maak dat ‘n menigte sondes vergewe word.” En in Eseg. 3:17-21 stel God wagters aan wat Israel namens Hom moet waarsku. Om te sê dat God ons as wagters aangestel het, klink voorbarig. Kom ons sê eerder dat ons dit op ons hart het om die kerk te waarsku van dwalings wat in die lang termyn God se Koninkryk skade sal aandoen.
    Baie mense ontken of onderskat die probleem of dink maar dat ander mense hierdie probleem moet oplos. Ons wil mense inlig oor hoe groot die probleem van liberale teologie werklik is en aanmoedig om saam met ons te veg om die leer suiwer te hou.
    Om teologiese studente se oë oop te maak en hulle te laat besef dat daar ‘n ander kant is as wat by die teologiese fakulteite aan hulle geleer word.
    Om mense wat sinodes/ringe bywoon, attent te maak op die gevaar van liberale teologie sodat hulle met hulle stem die regte invloed kan uitoefen.
    Kerkrade, wie se taak dit is om dwaling te bestry, moet die regte aanstellings kan maak.
    Mense moet hulle kinders van vroeë ouderdom inlig oor hierdie gevare, veral evolusie, wat vandag op skool geleer moet word. Ferdi Gerstner.

  23. Jaco Oberholzer said:

    Hi julle, verwysing na boonste gesprek oor die doop, indien iemand van julle belangstel in ‘n boek wat baie goed nagevors en saamgestel is deur ‘n plattelandse predikant, kan julle my kontak by joberholzer@pentatoro.co.za
    Jaco Oberholzer

  24. Ek wonder of die mense van die NG-kerk bewus is daarvan dat die propenente skool in Stellenbosch Universiteit oortrek is met vrymesselaar simbole. Hoe dan anders kan ‘n mens verwag dat die NG kerk se predikante en lidmate seker is watter god hulle aanbid nie

    • Rudolph said:

      NG mense is nie bygelowig nie. n Simbool of teken wat iewers is maak mos geen verskil aan wat in jou hart aangaan nie.

      • willem said:

        Dit maak nie ‘n verskil wat in jou hart aangaan nie, maar.. mense onderskat die krag van simbole… ook die ander ding is…. die simbole maak dalk nie aan jou saak nie… maar as die plek toegewy is aan vrymesselary, lok en trek dit definitief demone en bose geeste en hulle mag daar wees want hulle verkry ‘n wettige reg deur die simboliek om daar te wees, en dan word dit ‘n disturbance en hindernis en daar kom oppressie in die onmiddelike omgewing. Dis hoe dit werk.

        • celia tjaden said:

          Ek was onlangs na n lang in n NG Kerk diens.Skoon verbaas,die word ritueel op die skerm gesien- en verstom n ritueel met kerse anskou. Is dit nie katolieke invloed nie? Verder, is dit Bybels korrek dat babas gedoop word? Ek is as baba gedoop- ek voel glad nie gedoop nie en soek tans waar ek gedoop kan word (onderdompeling) ( ek is 59) Na my mening het die doop van babas met besprinkeling oorgekom van Katolieke Kerk. Dit is inderdaad nie DOOP nie. So word n mens eintlik van die ware doop ontneem omdat mens dink, wel jy is dan ”gedoop” toe jy n baba was. Jesus is nie besprinkelnie maar GEDOOP, Hy het die vb. geste. Dan nie?
          Celia Tjaden

          • Willem said:

            rituele het niks met Christenskap uit te waai nie. Weereens het rituele te doen met “iets wat jy moet don” om by God uit te kom, en daars net een “geen-god” waarby mens sal uitkom met rituele, so enige tyd wanneer jy hoor van initiasies en ritueel het jy met satanisme te doen. Ek gee nie om of dit godsdienstige praktyk vir party is, of
            dat dit paganism is of wicca of wat nie. Dit behoort als aan satan in elk geval.

            En die kinderdoop is soos jy se, dit ontneem jou van die ware doop. In die gees dimensie is dit baie baie kragtig om gedoop te word.

            En dis ‘n bekerings aksie. Dit het niks te doen met ‘n verbond nie. n’ baba kan nie besluit nie. Anders kon ons maar almal gebore wees in ‘n kerk en dan ‘n chisten word.

            Dan kan mens ook bly wees jy is nie gebore in ‘n bakkery nie, anders was jy dalk ‘n brood. lol.

            Net soos om in ‘n garage te slaap jou nie ‘n kar maak nie.

            Its a choice.

            • Willem, ek wil nie hier in gesprek gaan oor die doop nie. Maar wat jy oor die doop verkondig hier is op so baie vlakke onwaar en in stryd met die Bybel. As ek hier oor die doop gesprek wou voer sou ek jou uitnooi om sulke uitlatings hier te maak. Maar omdat ek nie hier daaroor gesprek wil voer nie versoek ek jou asb om by die punt van hierdie webwerf te bly.

              Laat weet as jy in privaat gesprek oor die doop wil gaan, ons kan dit reel. (Jou probleem is egter nie primêr met die doop nie, jou probleem is dat jy nie in God se soewereine genade glo nie. So ons sal die gesprek daar moet begin.)

              Groete! 🙂

              Wynand

          • Celia, dit is absoluut Bybels korrek om kinders te doop Of jy gedoop “voel” of nie, is van geen belang vir God nie. (Of jy gered “voel” of nie het ook niks met jou redding uit te waai nie.) Die doop deur besprenkeling is baie ouer as die dwalings van die katolieke kerk. Onthou, die katolieke kerk was aanvanklik die ware kerk maar het afgedwaal van die geloof. En dit is DOOP: Die woord “baptismoi” (“dopings”) word in Hebreers SPESIFIEK vir reiniging deur besprenkeling gebruik.

            Dit gesê, hierdie webwerf gaan nie oor die doop nie. As jy wil kan ons ‘n privaat gesprek daaroor voer. Laat my maar weet.

            • Christian said:

              Ek wil ‘n vraag vra. As iemand nooit gedoop was toe hy of sy klein was nie, maar wel op een tydstap in hulle lewe Jesus Christus aan neem as hulle Redder en Koning. Besluit die individu dis tyd om gedoop te word. Op pad na die doop is daar n ongeluk en die persoon kom om (gaan dood). Sal daardie betrokke persoon deur God hel toe gestuur word?

              • Hi Christian

                Ons glo nie in regeneratiewe doop nie. Dit wil sê die doop het geen waarde om jou te red nie. Die doop is egter die teken van die gelowige se insluiting in God se verbond met Abraham (Galasiers 3:26 en aan). En as teken is die doel van die doop om jou geloof te versterk.
                Met ander woorde: Of jy gedoop is of nie het niks met jou saligheid uit te waai nie. Wat belangrik is, is of jy Christus aangeneem het as jou Verlosser. (Joh 1:12)

                • Christian said:

                  Wel dit is my punt. Die debat oor doop is nutteloos. By grace Alone, in Faith Alone through Christ Alone. Niks wat ons doen gaan ons as Gelowiges red as ons nie die regte vrugte dra nie. Volgens my kan jy groot of klein gedoop word, dronk raak aan die nagmaal wyn as, maar jy nie Christus as redder aanvaar het nie en regtig glo Hy het gesterf en opgestaan nie is dit nutteloos (Nog aanhou leef soos ‘n heiden). So waarom stry ons nog daaroor? My geloof word net versterk deur skrif en konstante gebed.

                  Wat my bekommer is die “nuwe gospel” daar buite. Die name it and claim it, Prosperity Joel Osteen en Joyce Meyer tipe gospel waaraan almal begin vasklou. Soveel van ons broer en susters val daarvoor. Dit word selfs op bekende radio stasies (soos Radio Tygerberg) uitgebeeld as die waarheid.

                  Ons stry oor sakramente wat in die groot prentjie NIKS bring nie en hier is die Rooms Katolieke kerk met die hulp van biskop Tony Palmer (‘n Suid Afrikaner) besig om ‘n meer diaboliese een wereld geloof op die been te bring. Hulle se die protes van Luther is verby en hier is ons ( as protestante) besig om te baklei oor sakramente (wat ons nie eintlik gaan red nie). Was dit nie juis die punt van Luther se lewe nie. Om die boodskap van verlossing vir almal eenvoudig beskikbaar te maak nie? By gace alone, in faith alone, through Christ alone? Geen akademiese debat gaan ons in die hemel kry nie.

                  Nog erger is ons as die NG kerk probeer so hard om in te pas by die wereld dat ek bang is ons gaan in die toekoms alles wat die Bybel vir ons daarstel minnag (Sola scriptura word dan totaal en al geignoreer) en deel word van hierdie aborsie wat besig is om plaas te vind tussen die rooms katolieke kerk en Kennith Copeland plus 40 ander top charismatiese kerk leiers.

                  As ek na al die dinge kyk: Hoe kan ons die feit vermy dat Satan nie bestaan nie en nie van hierdie dinge orkestreer nie?

                  Ons moet mense om ons waarsku en weer die ware evangelie na hulle bring. DIT kan nie net in ‘n kerk gebou gedoen word nie. Dit kan ook nie met die afgewaterde prekies gebeur waarna ons elke Sondag luister nie. Hoe kan ons na die huidige politiek en wereld gebeure kyk en terug staan en nie vir mense die parallelle tussen wat die Bybel se en waarnatoe ons op pad is nie. Baie van my broers en susters is besig om hulle rug op die kerk te draai, want die kerk vervul nie hulle behoeftes nie. Min weet hulle dit is nie waaroor die groter prentjie gaan nie. Vir jare al word dit nie meer vir hulle vertel nie: ons is verdoem na die hel en God is ons enigste redder. Nee ons broers en suster stap direk na ‘n kerk wat vir hulle se hulle kan God vir hulle behoeftes gebruik (soos die kar vir hulle gee wat hulle nog altyd wou he) en hulle vergeet dat God soverein is oor alles en Hy sal doen wat Hy wil, nie wat ons wil he Hy moet doen nie.

                  So ja ek weet nie. Ons kan debateer oor al die dinge, of ons kan ‘n slag in die straate gaan soos Ray Comfort en daai manne en ‘n slag weer die goeie nuus uit dra aan mense buite die geboue wat ons so belangrik ag. Wat my skok is die manier waarop predikante en senior gemeente lede nie meer huis besoek doen nie, nie meer by gemeente bedrywighede ensovoorts opdaag nie, want hulle het werksure. So dit is nie meer ‘n roeping nie, maar ‘n werk. As dit nie gebeur nie, hoe moet ons dan verwag dat die ware nuus na almal toe gaan (ander tale en kulture (ons is ook te verkramp in ons Afrikaans)).

                  Ek weet ek het baie geskryf, maar ek kan soveel meer skryf, want my hart is seer en gebroke as ek kyk na die stand van sake, nie net in ons kerk nie, maar die res van die wereld. So moet ons seker maar net vashou aan die beloftes van Christus, want Hy het immers die verval van die kerk ook voorspel.

              • Allen said:

                Wys asb net een vers in die hele Bybel waar dit spesefiek staan dat kinders (babas) gedoop was. Dit sluit die doop van Cornelius en sy hele huisgesin uit, want sou jy beweer daar was kinders by sy huisgesin moet jy verduidelik hoe n baba vroom kan wees, godvresend en kan glo. Hand. 10:2

                • willem said:

                  Hier staan ons … Alweer. ..

                  • Baie dankie vir die insiggewende antwoord van “hier staan ons…… alweer. Mense sou baie uit jou antwoord kon leer, maar nou ja, die fariseërs en skrifgeleerdes wou ook nie die kennis van die waarheid inneem nie.

  25. naude said:

    Mense moet wakker skrik. Ons God en Sy Seun Jesus Christus die Heilige Gees is n werklikheid. Ek was in n NG kerk en is vinniger uit as in daai kerk. Maar hulle wat vals verkondig sal verantwoording doen voor God. Jesus Christus die Here het die dood oorwin. Hy is my persoonlike verlosser. Alle Eer en Lof kom Hom toe. Hy het mense talente gegee wat hulle vir self gewin gebruik. Die oordeelsdag kom nader.

  26. Wynand, ek beny nie jou taak nie. Jy het begin om op dwaalleringe in die N G Kerk te wys. Nou het mense van alle kante af gekom en buite jou bedoeling hulle idees op jou webwerf kom stort sodat jy uiteindelik van dwaalleer beskuldig word. Daar is n duisternis van standpunte oor die Bybel en wat dit meedeel.
    n Ongelowige wat die hele kaboedel aanskou, sal nie in hierdie “twisappelboek” belang stel nie. By die lees van al die standpunte besef n mens dat die Christendom in n ernstige krisis van n Babelse verwarring verkeer. Ek is daarvan oortuig dat die bree raamwerk waarbinne ons die Bybel moet verstaan, die een is wat deur die vroee Kerkvaders soos Augustinus en die latere Hervormers soos Luther en Calvyn in navolging van Jesus opgestel is. Hulle het maar net saamgevat wat Hy geleer het. Dit is hierdie Gereformeerde leer wat God in sy voorsienigheid deur die Nederlanders in Suid-Afrika geplant het. Dit is ons Goddelike Jesus Christus-erfenis. Dit word saamgevat in die Gereformeerde Belydenisskrifte. Enige ander lering is indringerplante soos die wat jou webwerf probeer toegroei. As almal by die ware Bybelse leer bly, sal daar weer n goed gefundeerde, standvastige en regsinnige getuienis na die wereld kan uitgaan.

  27. aubrey said:

    Hallo daar.ek van die 7de dag adventiste kerk.ek het die artikel gelees oor die dwaal leer ini NG kerk.ja dit is so,ook moet ons weet dat die christlike charismatiese beweging ook dwaal leer bevat.ini charismatiese beweging word daar vir mense gebid en dan val hul bewusteloos.met respek gese,daai is ni die heilige gees nie.want (1) ini bybel word daar niks gese oor die apostels of Jesus wat mense bewusteloos laat val het ni. (2) in die charismatise beweging word daar beweer dat die mense “goue flokkies” sien en Hul se dis van God.nerens ini bybel staan daar iets van “goue Flokkies” nie. Als die is satanies van aard.

    • Geen kerk is 100% reg nie, tog dien almal erns ‘n doel in die liggaam van Christus. mense val onder die Heilige Gees, maar nie bewusteloos nie. Bybel bevat genoeg voorbeelde dat mense val wanneer die Gees oor hulle kom. Tog gebeur dit wel dat mense val net omdat ‘val’ val is. Net soos daar mense is wat kerk toe gaan omdat ‘kerk’ kerk is.
      Die ‘goue flokkies’ storie was ‘n werklikheid. Daar was ‘n vrou wat, wanneer sy bedien het en die Heilige Gees oorneem, het goue flokkies uit haar hare geval. Tog het dit opgehou op ‘n stadium en omdat sy bang was sy verloor haar ‘popularity’ het sy begin om die goue flokkies te ‘fabricate’. As ek dit nie mis het nie het Ps Nevil Norden van Lewende Woord bedieninge haar uitgevang.

      Een kerk fokus op wet, ander op die werkinge van die Heilige Gees, ander op evangelisasie, ander op onderrig, ens. Tog glo ek in elke kerk kan doktrines gevind word wat regtig gevaarlik is en wat aandag nodig het tot verandering.

      Kruks van die Christen geloof is: Glo dat Jesus vir jou gesterf het sodat jy die ewige lewe mag he. Jesus het nie gese “glo en laat jou doop” of “glo en bid 7 keer per dag” of “glo en deel 100 traktatjies uit’. Nee, ons moet net glo in wat Hy reeds gedoen het. Met ons oe gevestig op Hom en ‘n commitment tot intieme verhouding met Hom leer ons die waarheid, ken ons die waarheid. Jesus is die weg, waarheid en lewe. Daar is net een pad.

  28. DIE NUWE VERTALING BYBELSE BYBEL VERSE WORD VERWYDER HOEKOM? VALSLEERRAARS. VERSKONINGS OM JULLE GEWETE TE STIL OM VIR MENSE KAMTIG TE HELP OM DIE BYBEL BETER TE VERSTAAN, JULLE WAT DR EN PROF IS WAT DIT VERANDER ,EK SE DIS DUIWELS EN VALS , EN MENSE VERLEI NA LEUNS.

  29. Dankie vir jou artikel Wynand. Ek save dit vir moontlike toekomstige verwysing. Ek is besig met my studies in theologie en vind jou verwysings van baat.

  30. Chris Pienaar said:

    Ek sien dit is lanklaas dat iemand iets hier gese het, ek is `n ouderling in die NG kerk en diep bekommerd oor wat aan die gang is in die gereformeerde kerke, want wat in die NG kerk gebeur raak al die gereformeerde denominasies in ons land en uiteindelik wereldwyd want ons is almal deel van die liggaam van Christus.Wat my die meeste bekommer is dat daar van sinodale kant `n oproep was om nie hierdie sake en spesifiek Belhar te bespreek nie, wat absuluut teen ons Bybelse opdrag om dwaalleer te beveg indruis. Ek wil ook graag die aanhoudende vraag oor waar die Bybel se dat kinders gedoop moet word beantwoord: Joel 2:16 se duidelik dat die gemeente wat gereinig moet word (Johannes 3: 25 + 26) suigelinge insluit.

  31. Trix du Plessis said:

    Ek is so bly dat jy opstaan as kind van God met die waarheid.Ek dink dit is waarom mense bang is om kerk toe te gaan,want hulle word verwar en weet nie wat en wie om te glo nie.Duins dan weg na dit waarheen God hul roep.Sterkte kind van God.God Bless.

  32. Naldo Ferreira said:

    As oud NG lidmaat wil ek graag my bekommernis uitspreek. Ons ds het gerook, ander het ek gesien drink en dans en selfs grappe vertel. ‘n Ander het na pornografie gekyk en gese dit is mooi. Natuurlik skeer ek nie almal onder dieselfde kam nie, want daar is pragtige kinders van die Here in die NG kerk. Op Radio Kansel ‘n paar jaar gelede het ‘n dame vertel van haar br wat in sy 4de jaar teologie tot bekering gekom het en ds is. Wat daarvan as hy nie tot bekering gekom het nie? Wat sou hy die gemeente geleer het? Hoeveel is daar dalk wat op kansels staan wat nog nooit die pad van bekering gestap het nie? Of is bekering in ons moderne eeu nie meer nodig nie? Ek vermoed dat vir baie predikante het die bediening ‘n beroep geword en nie meer ‘n roeping nie.

    Groete

    • Hi Naldo.
      Jy is reg. In elke denominasie is daar predikante of pastore wat nie weer gebore is nie. Dit is waarom ons belydenisskrifte as kontrak so belangrik is: wanneer iemand dit nie glo nie mag hy nie preek nie. Ongelukkig word ons kweekskole beheer deur ongeredde mense. Hulle studente glo nie die belydenis van ons kerk nie en onderekening van die belydenis is bloot n tradisie en leë ritueel.

  33. elsie nolan said:

    goeie dag mense dit is baie hartseer om te sien hoe die kerke opgemeet word,kerk is in jou hart dit is n persoonlike verhouding met Jesus. Ek was n weeskind van die ouderdom van 3 maande op gegroei in die apartheid era.In die kerk was dit gese jy moet jou naaste lief he soos jouself maar daar buite die kerk gebou was dit haat en moord. opdie ouderdom van 11 jaar het ek my rug op God gedraai want die Godsdiens was n besoedelde inligting en die dade was vals, so ek het Godeloos op gegroei ek was maar net n goewerment nommer op die sisteem. Ek het baie,baie groot verkeerde besluite geneem. ek was met n man getrou wat my fiesie en gesteestelik vir 17 jaar aangerand het , My man het n 5 hart omleining gehaat en sy hoof aorta was vervang met n plastiek een , ek was gevorseer om prosuties werk te doen.Ek weet hoe dit voel om in die donker te lewe jy verloor jou identieteit,daar is eensaamheid.bitternis,haat,verwerping,ken geen liefde van kleins af nie, en my lewe met my man was n groot nagmerie. Ek het n groot gat in my siel gehad dit het gevoel of blood daar uit loop ,maar ek kon nie by die seer uit kom om salf aan te sit nie. OP 25 Desember 2005 kersaand is my man oorlede vir die eerste keer het ek in my binnekamer gegaan en die bybel op getel en dit het oop gegaan MY OE HET by Openbaring 2;4 Maar ek het dit teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het. .In my diep pyn en hartseer klap ek die bybel toe. lEk het op my bed gele en huil ek was so verlore,Ek het toe weer die bybel gevat en dit het oop gemaak by Hebreers 4;12 Die woord van God is lewend en kragtig ek het op my kniee geval en hard op uit geroep hoe kan die bybel lewendig en kragtig wees., my woorde was skaars koud toe my hand palms begin brang soos vuur en palms het gepyn so erg dat ek dit moes blaas en voor die fan moes hou net om verligting te kon kry van die brand en pyn na omtrent 3 uur het dit op gehou daar het n gevoel van vrede oor my siel gekom n rustig heid wat tot vandag nog by my is. Ek het net daar by die kersboom my hart vir die Here gegee. Die bybel was my rehab en die kerk my platvorm om te leer hoe om in die lig te lewe, die woord van God was die enigste salf wat my groot wond in my siel gesond gemaak het .van n weeskind tot straatkind tot wenkind die bybel is my stille vriend en in sy rehab hou HY nie boek van my verlede nie Dankie God dat ek daardie swaar pad moes loop om by U uit te gekom het want nou is my oe reg in gestel want ek het nou liefde, self vertroue, en in U OE WAS EK WAARDEVOL WANT U HET VIR MY GESTERF DANKIE VIR U BLOOD

    • Johan said:

      My hart het uit gegaan na Elsie Nolan se brief, is dit nie miskien wat ons almal werklik nodig het nie, as om by Jesus uit te kom en opreg met God reg te maak nie. Ek het n studie van Math. 28: 19 gedoen en glo my daar is n baie groot openbaring in die woord van God oor die bevel wat Jesus aan Sy apostels nagelaat het. Ons het die reg om te weet wie ons God is, wie die Seun is, en wie die heilige Gees is??? Ons het ook die reg om te weet wat die regte rede was waarom Jesus aan die kruis vir ons sondes moes sterf??? Het u al boodskappe gehoor oor wie God werklik is? Wie die Seun werklik is? Wie die Heilige Gees werklik is? As iemand u sou vra wat is die naam van jou God? wat sal jou antwoord wees? Hoeveel name het God? God het Sy name aaan sy volk bekend gemaak. Dit is werklik nodig dat ons die kennis moet opdoen oor wie God werklik is. Hierdie openbaring van God begin by Genesis en eindig by openbaring. As u belangstel kan ek n eksemplaar vir u epos kontak my per epos. johanernst16@gmail.com

  34. watse Skriftuurlike foute is in d Belhar Belydenis volgns jou?

    • Hi John

      Dankie vir die vraag. Ek bespreek dit volledig in die brief by hierdie skakel:

      Click to access belhar-brief.pdf

      Indien jy met my Bybeluitleg verskil gaan ek graag in gesprek met jou!

      Wynand

      • johanernst16 said:

        Hi Wynand

        Ek is nie n lidmaat van die gereformeerde kerk nie maar stel baie belang in wie my God is en op welke manier Hy gedien moet word. Kom ons kyk eerstens na wat God Sy volk wou leer in die begin van die skepping, want alles gaan oor God en wie Hy is? Aangeheg vind my studie oor Math 28: 19 oor wie die Vader, Seun en Heilige Gees werklik is. Die Belhar Belydenis kan vir sommige mense aanvaarbaar wees en vir sommige onaanvaarbaar, maar ek glo nie dit is spesifiek hierin waar die fout is nie. Julle soek op die verkeerde plek na n oplossing om mense na die kerk te lok. Die kerke het geestelik dood geraak veral op geestelike musiek. musiek is baie opbouend vir die siel veral as dit bietjie lewendig is. Doen weg met die ou pyporrels in die kerk dit is genoeg om enige mens depresief te maak. Daar moet ook orde in die kerk wees maar die gees van God moet ook nie gedemp word met swaar musiek nie. Maak gebruik van gewone orrel, akostiek kitare, en vele meer pragtige musiek instumente wat n groot bydrae sal maak met die opbouing van die gees van God in die kerk. Gaan besoek van die pinkster kerke wat u weet wat baie mense trek en kyk wat hierdie mense doen om baie siele te trek. Moet nie oordeel en praat van sektes nie, gaan besoek en kyk wat doen die mense. Begin iets nuuts moet nie altyd by mense wette bly nie, gee die Gees van God n kans om te werk in die gemeente. Wat my bekommer is die Predikers, preek hulle regtig onder die leiding van die Heilige Gees van God? Of preek hulle uit n geskrewe boodskap sonder die salwing van die Heilige Gees: U moet my nie verkeerd verstaan nie ek oordeel niemand nie maar dit gaan om siele vir die koninkryk van God te wen. Ek kan in n kerk instap en na n boodskap luister en geen seen ontvang nie of ek kan met n groot seen daar uitstap wat my hele lewe sal verander. Die vraag is aan die kerk dwing ons nie te veel kerk orde af wat dit moeilik maak vir mense om te aanvaar nie. Word daar na n diens mense uitgenooi om voor die kansel of in n bidkamer hulle hart vir die Here te gee, waar die prediker en die ouderlinge saam met hulle bid om hulle na die Here te lei. Wanneer sulke persone dan tot bekering kom gaan dit gepaard met opbreking en baie trane en oorgawe aan God, dit is ware bekering. Die vraag is wanneer laas was daar so n uitnodiging in u kerk, By hoeveel mense het ons as mens al saam met so iemand gebid om hom of haar na die Here te lei of staan ek nog met geskrewe wette in die hand. Hoe lank gaan ons nog die Gees van n lewende God ontstel met ons kerk wette. Het dit nie tyd geraak vir werklike bekering en die Gees van ons God terug kry in die kerk nie.

        Liefde groete in die Naam van onse Here Jesus

        Johan Ernst

        • Hallo Johan.
          Die Heilige Gees praat met ons deur die Woord van God. Alle wedergebore Christene is gesalf met die Heilige Gees. Die vorm en genre van die aanbiddingsmusiek bepaal nie of die Heilige Gees teenwoordig is of nie – ons is nie towenaars wat die Gees met aanbiddingstegnieke kan optower nie. Of die Gees teenwoordig is of nie hang af van Sy soewereine besluit. Laastens sê die Bybel dat die hart verleidelik bo alle dinge is. Emosie is belangrik omdat ons emosionele wesens is, maar omdat die hart verleidelik is, is emosie absoluut geen standaard vir die teenwoordigheid van die Gees of die waarheid nie. Daar is slegs een standaard van waarheid, en dit is die geskrewe Woord van God.

          • johanernst16 said:

            Hello Wynand

            Jy het my baie mooi geantwoord so het God baie pragtige skape in ander krale wat ons nie ken nie maar wel bekend is by Hom. Ek het weer vandag iets by jou geleer. Die volgende verse beskryf jou antwoord korrek uit. Baie dankie en hou aan met die goeie werk wat jy doen. My gebed is dat God julle as die NG Kerk sal help met antwoorde op die probleme waarmee julle sit. Ek wil sommer van die geleentheid gebruik maak om almal te nooi wat hierdie sal lees om ons gevoelens eenkant te skuif en saam vir die NG Kerk te bid dat God hulle sal help om te groei in die werk wat hulle doen. Lees die onderstaande skrif en kom tot die besef u bid nie vir n kerk nie maar vir die werk van God hier op aarde. Mag God u almal reiklik seen.

            Sterkte vorentoe Wynand

            Mar 9:38 Toe antwoord Johannes Hom en sê: Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam duiwels uitdryf en wat ons nie volg nie; en ons het hom belet, omdat hy ons nie volg nie.
            Mar 9:39 Maar Jesus sê: Moet hom nie belet nie, want daar is niemand wat ‘n krag in my Naam sal doen en gou van My sal kan kwaadspreek nie;
            Mar 9:40 want wie nie teen ons is nie, is vir ons.

  35. ek glo dat jesus vir ons klaar gedoop is en gesterf het. ek glo dat jesus ons geleer het wat wedergeboorte is. joh 3:5 waarom moet ons nog gedoop word as jesus dan alle geregtigheid volbring het. as jesus nie gesterf het nie, ja dan stem ek saam dat ons nog gedoop moet word deur water. maar jesus het dit alles klaar deur gegaan,.

    terloops ek sien dat elke kerk nog met water doop.

    wedergeboorte is iets heeltemal anderste as water doop.

    lees maar joh 3:5 baie dankie

    genade vir julle almal wat in jesus glo.

  36. As ek reg onthou, was dit die sogenaamde “Luister-geleentheid” wat die Hoëveld Sinode ‘n groepie van ons na uitgenooi het. Ek was ook daar, saam met ‘n klompie ander ook. Dit was alles om net om ons te paai, net soos hulle met die sogenaamde uitnodiging na ‘n byeenkoms in die Kaap RE die voorgenome homoseksuele debat (en ons weet NOU hoe dit afgeloop het!) mense probeer paai het. Ek voel verraai deur leiers wat net soos die huidige regering, VOOR die tyd reeds besluit HOE ‘n saak gaan verloop, maar mense dan uitnooi om hul menings te lug SONDER om uiteindelik na hulle te luister of ag te slaan op wat gesê word. Hier is ‘n skakel ( en aan die regterkant in ‘n blokkie, nog skakels) oor Ellison Mouton se Bybelse inset RE SGV:
    http://www.glodiebybel.co.za/component/content/article/946-brief-aan-ngk-taakspan-oor-homoseksualiteit-e-mouton-2015-02

  37. Christo Grobler said:

    Op hoogte bly aub

  38. Ai, wanneer ek hier lees is daar mense wat skryf met ‘n pragtige gees – ander miskien bietjie stekelrig, maar nogtans in eerlike eie oortuiging, glo ek.

    Daar is baie dinge waaroor ons nie saamstem nie en ook nie sal saamstem duskant die ewigheid nie. Een ding is ek baie seker van, en dit is dat my DOOP nie my redding bepaal nie, maar genoeg daarvan

    Ek het na baie jare weer, weens omstandighede, in ‘n NG Kerk geland op ‘n Sondag omdat ek ‘n begeerte gehad het om die Woord te hoor. Die Gesange en Psalms was so geseend vir my (ten spyte van orrel en ‘n bietjie trekkerigheid) dat ek meeste van die tyd met nat oe gestaan het en die Woord bediening was verkwikkend

    Die slotsom waartoe ek gekom het was; indien die Gees, my gees en my wil in harmonie is met mekaar kan ek net daar uitstap met voedsel vir my gees, my wil en my emosies en soos Dawid gese het, dit was goed om in die huis van die Here te wees

    Soli Deo gloria !!

  39. Hi Almal.

    Jesus se genade is baie groot maar as ons dink dat ons die Hemel sal bereik om net Jesus as ons Verlosser te aanvaar en dan dit daar laat, is ons gedoem:

    Almal war Hom aanneem het Hy die mag gegee om kinders van God te word. Let op ‘te word’ Joh 1:12

    Net hy wat die WIL van God doen sal in die Hemel kom. Matt 7:21

    Word nie aan hierdie wereld gelyk nie….sodat julle kan beproef wat die volmaakte wil van God is. Rom 12:2

    Maar as jy die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie. Matt 19:17

    Wat is die gebooie? God liefhe asook jou naaste. Matt 22:37-40

    Hoe kan ek God liefhe? Bewaar Sy gebooie. Joh 14:15,21

    Wie is jou naaste? Enigiemand! Maak nie saak watter velkeur nie! Lees weer die Barmhartige Samaritaan gelykenis

    Salig is die wat Sy gebooie doen….. Op 22:14

    Sè maar net…….

    Liefde in Jesus!

  40. Amen ek weet god gaan jou help als wat jy noem staan in oopenbaring en die ng preekers preek nie eers uit oopenbaring nie soos jy se hul se dit is u toe boek en verstaan dit nie en hul is kamtag so geleert ‘ja jy is reg dit is al duisende jaare wat hul die mens wat die ware woord van jeuses graag wil hoor en leer word misly “wat gaan ons maak net god kan ons help ja die r,kato is van die duiwel

  41. Jannie said:

    Melanie lees David Pawson se boek oor “Leadership is male” vir die hele Christendom vandag baie kan beteken! Dit kan op internet bestel word.

  42. DIE NG KERK MOET STERF..
    Hy kan nie langer so voortbestaan nie..
    Ek het die volgende sms aan Beeld gestuur vir hul sms rubriek:
    “Die NGKerk moet sterf in sy huidige vorm. Lig & duisternis kan nie saam bestaan nie.”

    • Die NGK het aan sy beserings beswyk toe die kerklike tug die eerste maal verruil is vir dieselfde “insig” wat Satan aan Eva gegee het, wat vir haar soos ‘n bron van wysheid voorgekom het.

      Al wat na tekens van lewe gelyk het, was die hoop van duisende gelowiges wie biddend op hulle knieë gesmeek het dat die kunsmatige asemhalingsapparate van hulle geliefde geloofstuiste nie te gou afgeskakel moet word nie. Uiteindelik moes hulle, droewig en verslae, die kop knik dat die masjiene maar afgeskakel moet word, want die pyn om die lyding verder te aanskou is te groot.

      Die kanker van misleiding en vals leringe het sy loop geneem en uiteindelik geseevier en die lewe geneem.

      Ons is almal bedroef oor die groot liggaam wat van binne uitgekalwe was deur slinkse en vaardige slenteraars en die gemeentelede, wie opgesien het na hulle leiers vir insig en leiding, was en is die slagoffers. Die gelowiges se vertroue was misbruik om hulle grootste goed onder hulle uit te ruk, sodat oor hulle val gejubel en gespot kon word.

      Die NGK is oorlede. Begrawe die dooie nou en staan op en word ‘n nuwe gemeente, ‘n bruid van Christus. En moet nooit ooit weer die suiwer prediking van die evangelie, die wettige viering van die sakramente en die liefdevolle toepassing van die kerklike tug onderskat nie.

      Dis ons bede.

  43. hertindorrestreke said:

    Niks wat ek kan sê hierop gaan nie melodramaties klink nie. Ek is naar op my maag. Hoe nou gemaak? Waarheen draai mens sonder agterdog? Hoe gemaak met ons groen koring wat ons moet leer en [behoede my] laat leer?
    Al hierdie dinge voel so oorweldigend. Ek meen, die Katolieke kerk is eers 1500 na Christus aangespreek deur die Luthers en Calvyns. Ek wonder soms hoekom God sy Kerk vir so lank so kon laat aangaan. Mis mens iets? Moet ons voor begin? Wat jy in die artikel bespreek beskryf iets wat ek al hoe meer ondervind by mede Christene. ‘n Blasé houding teenoor aborsie, egskeiding en hertrou [ek kom self uit so ‘n huwelik], gayseks, transgender, ens.
    Môre oormôre gaan iemand die Kerk uitdaag met ‘n huwelik tussen een man en een vrou, maar een/albei is nie so gebore nie.
    Mag God ons help. Hy sal, natuurlik. Maar die duiwel gaan sorg dat die fallout onbeskryflik gaan wees.

    • Jy is reg, maar onthou God is soewerein, Hy triomfeer.

      (Dit beteken, moenie worrie nie, watch net.)

      • hertindorrestreke said:

        Bepaald. Tog het jy hierdie blog begin. Omdat jy iets wou doen/sê. En hopelik ‘n resultaat terug na objektiewe werklikheid wou begin. Ek sou baie graag wou verneem watter vrugte dit afwerp. Ek vermoed my eie gemeente is al ver ingetrek. Hoe vind mens ‘n ander gemeente, as die sinode se aard is wat hy is? Ek bedoel, daar is ‘n paar dinge waarop hulle al afgewend het van wat die belydenisskrifte sê. Hoe beweeg die NG Kerk terug? Kan sy?

        • Dis my krisis – om n waarlik Gerformeerde gemeente te kry om by te aanbid.

          • hertindorrestreke said:

            Voel jy dus jy het nou gesê wat jy wou sê en gaan nou soek vir die regte gemeente? En dit daar laat? Is daar dan NIEMAND in die geledere vd sinode wat verandering kan bring nie?

          • Soek ‘n gemeente wat aan die drie merke van ‘n ware kerk voldoen: 1. Die Woord van God word suiwer en sonder vooroordeel verkondig en gepraktiseer. 2. Die twee sakramente (doop en nagmaal) word wettig gevier. 3. Die derde teken, die een waaroor die NGK eerste gestruikel het, is die liefdevolle toepassing van die kerklike tug (Mat 18).

            Na my mening kan hierdie soort van gemeentes nog in die GKSA gevind word, maar dit moet na deeglike oorweging en gesprekvoering met die predikant(e) en kerkraad geskied. Die kerkverband as sodanig is nie meer die enigste maatstaf nie.

            Met voorbidding en seenwense,
            Nico van Niekerk

  44. hertindorrestreke said:

    Goeie dag – ek merk daar is nie ‘n contact skakel vir e-posse nie, so nou moet ek noodwendig hierdie kanaal gebruik vir my vraag. Verskoon my onkunde: is enige een wat hier gesels ‘n kundige op katolisisme? Ek is beslis nie, daarom my vraag. Ek het wel 3 katolieke vriende op 3 verskillende kontinente. Al wat ek van hulle elkeen kan sê is dit: hulle wil graag die Here dien. [Snaaks genoeg is nie een baie beïndruk met die nuwe pous nie. En terloops: die pous is nie onfeilbaar nie, m.a.w. sondeloos, nie. Blykbaar is slegs sekere geskrifte onder sekere omstandighede wat deur die pous gelewer word “infallible”. Selfs nie eens ‘n “encyclical” nie.] Ons gesels nie geloof/denominasie as ons kommunikeer nie. Dis waarom ek onkundig is, en vrae vra. Aan hopelik persone wat ‘n studie gemaak het – ek ook dan nie net kontemporêr gewilde studies nie.
    Terloops, ek is streng NGKerk grootgemaak [is steeds ‘n lid, en ook ontsteld oor bogenoemde skrywe; sekerlik is gewone lidmate nie bewus van wat aangaan nie?!]. Met ‘n heilige en liefdevolle vrees vir God. Glo my, ek is TEEN: homoseks, aborsie, egskeiding, en ‘n klomp ander dinge, maar ek het GROOT deernis met mense [aka sondaars]. Daar is ‘n woeste stryd aan die gang – en nie teen vlees nie – wat ALLE gelowiges/Godvresendes raak. Moet ons nie ‘n common ground probeer vind nie? Is dit onmoontlik? Dit kan tog nie?

    • S. Strydom said:

      Eerstens moet ons besef dat ons n Almagtige God aanbid.
      Daarna moet ons glo soos Hy vir ons sê in
      Ps 12:6-7 12:6 The words of the LORD are pure words: as silver tried in a furnace of earth, purified seven times.12:7 Thou shalt keep them, O LORD, thou shalt preserve them from this generation for ever.
      Let op God sal dit bewaar nie mense nie.
      Na baie jare se studies het ek tot volle oortuiging gekom dat die KJV 1611 die Woord van God is en dat ek dit letter like woord vir woord kan glo.
      Die roomse katolieke gebruik die Alexandrian text. Nie die texus reseptus nie. So word alle nuwe bybels ook vertaal uit die Alexandrian tex wat korrup is.
      Die geskiedenis vertel ons meer van die Alexandrians , hulle wou nie herken dat Jesus God is nie.
      Self in Stephanus se geval waar hulle hom stenig omdat hy vir hulle Jesus verkondig. (Hand 6:9)
      Nee manne as ons een fout in n (Bybel ) kan kry kan ons maar daai Bybel weg gooi of ons geloof op gee.
      Net vir intresantheid die nuwe Bybel het slegs 64000 foute in.
      Ek kon nog geen foute opspoor in die 1611 nie.
      En ek soek nou al n paar jaar.
      Groette Sakkie

      • Chris Pienaar said:

        Sakkie ek moes jou net op `n paar feite foute wys in jou skrywe;
        Die grondteks wat gebruik is vir die 83 Afrikaanse vertaling (en die meeste nuwe vertalings) word die UBS teks genoem en dit stem ooreen met die Vatikaan se grondteks vir die vulgaat, maar dit is saamgestel uit ander manuskripte wat eers in die laat 19de en vroeë tot mid 20ste eeu gepubliseer is, (as foto`s of fotostate) en almal dateer vroeër as die vyfde eeu. Nie een van hierdie manuskripte was beskikbaar vir die saamstel van die grondteks vir die vulgaat nie en ook nie vir die Erasmus teks nie (Textus Receptus die grondteks vir die KJV 1611 en die 33 en 53 Afrikaanse vertalings) en 11 van hulle ook nie vir die RSV nie- onder hulle is die oudste manuskripte van Lukas, Johannes en die Judas- en Petrus briewe circa 175 – 225.
        Van die bykans 6000 griekse manuskripte van die Nuwe Testament is nie twee identies nie, daar is meer as 400 000 variasies reeds gevind, ( Daarteenoor lyk vele van die Hebreeuse Ou testamentiese manuskripte soos fotostate van mekaar) tog stem die Griekse manuskripte wat inhoud betref 99.5% ooreen, en die klompie wat gebruik is vir die nuwe grondteks stem 99.9% ooreen wat inhoud aanbetref. Die Verenigde Bybelgenoodskappe (UBS) bestaan uit akademici vanuit al die christen denominasies, geen enkele denominasie kan die nuwe standaardteks as hulle alleen eiendom voorhou nie. Onder toesig van verskeie akedemiese instellings en met behulp van beproefde wetenskaplik gefundeerde forensiese metodes het hulle probeer om `n grondteks daar te stel wat so na as moontlik aan die oorspronklike kom. Die feit dat die nuwe grondteks ooreenkom met die van die vulgaat en nie al die byvoegings van die Erasmus teks in het nie en die feit dat geen van hierdie byvoegings in enige manuskrip wat ouer as die vyfde eeu dateer, voorkom nie, dui op korupsie van die Erasmus teks. Dit is suiwer forensiese wetenskap en het absuluut niks te doen met `n spesifike denominale siening nie. Erasmus het self erken dat hy uit haastigeid om die eerste te wees wat `n gedrukte griekse grondteks publiseer sommer dele waarvoor hy nie griekse manuskripte gehad het nie uit die latynse Vulgaat terug vertaal het na grieks.
        Die duisende foute waarvan u praat is dus eintlik in die Textus Receptus en dus die 1611 KJV, dit is hoofsaaklik kant inskrywings wat met kopieëring deel van die teks geword het. Die 1611 KJV het nie net al hierdie byvoegings in die Nuwe Testament nie, maar ook growwe vertaal foute. Daar is nie eers `n Hebreeuse woord vir bottels (of glas) nie – Ps 119:83, Jer 13:12, Jos 9:13, 1 Sam 1:24, 10:3, 16:20, 2Sam 16: 1, Job 32:19, Hos 7:5. Bottels was selfs nie eers in Jesus se tyd gebruik vir wyn nie, wyn is van die vroegste tye af in leersakke gehou: – Mat 9:17, Mark 2:22, Luk 5:37+38. Daar is ook nie `n Hebreeuse woord vir “unicorn” nie, eenhorings is in elkgeval `n mite :- Num 23:22, 24:8,Deut 33:17, Job 39:9+10, Ps 22:21, 29:6, 92:10, Jes (Is) 34: 7. Daar is ook sulke growwe vertaal foute in die 1611 KJV in die Nuwe Testament bv die liefde van Christus word bloot “charity”:- 1Cor 8:1,!3: 1,2,3,4,8,13; 14:1; 16:14; Col 3:14 – en nog vele plekke meer. Ek verstaan regtig nie hoe u hierdie ooglopende foute nooit raak gesien het nie, ek meen regtig “Unicorns”?? en “:but the greatest of these is charity”??
        Die byvoegings van die Textus recepticus kom ook nie voor in die vroegste vertalings van die Nuwe Testament nie soos bv: Kopties(300AD), Goties (360AD), Latyn (405AD), Siries (430AD), Armenies (436AD) en Arabies (867 AD) ook kom dit nie voor in die vroë kerkvaders se skrywes nie (190 – 450 AD) en meer as 90% van die Bybel kom as aanhalings daarin voor. Een van die kerkvaders, Tertolianus (circa 200 AD) is nie net die vroegste duidelike bevestiging wat ons het vir die kinderdoop en besprinkelings doop nie maar word ook beskuldig daarvan dat hy 1Joh. 5:7-8 aanhaal, maar sy afleiding was eerder die oorsprong van die kantskrif (op 5 manuskripte) wat later deel van die drie manuskripte waarvan ons weet geword het. Ek haal `n engelse vertaling van sy afleiding (oorspronklik Latyn) aan om te verduidelik.
        {Thus the link with the Father in the Son and of the Son in the Paraclete makes three cleaving together, each to his neighbour, ” These three are one thing,” not one person, as it is put : “I and the Father are one thing,” in respect to unity of nature, not as regards the singular number.} (Paraclete = Voorspraak/Trooster)
        “These three are one thing” is `n afleiding, `n gevolgtrekking en die skrifgedeelte wat hy aanhaal om sy gevolgtrekking te bevestig is nie 1Joh.5:7-8 nie maarJoh.10:30 waar Jesus sê “Ek en die Vader is een”. Dit maak glad nie sin dat hy nie `n teks sal aanhaal wat presies dit sê nie, (en hierdie drie is een) en hy was beslis bekend met 1Joh. 5 soos wat die volgende aanhaling wat net `n entjie verder in sy betoog voorkom duidelik wys;
        { We believe “God’s testimony ” in which He gave evidence concerning His Son : “He who hath not the Son, hath not life either.”} (1Joh. 5 :9-12)
        Die 1611 KJV is ook nie eers geskryf in `n moedertaal of spreektaal soos wat die Heilige Gees ons wys (Hand 2:8-11) vertalings van God se Woord gedoen moet word nie, die taal en idoom van die 1611 KJV is geskep, niemand het ooit so gepraat nie.
        Vandag se Bybel vertalers het nie net `n gesuiwerde grondteks vir die Nuwe Testament nie, hulle het ook `n magdom meer manuskripte en kennis van die Nuwe Testamentiese Grieks en ook die Ou Testamentiese Hebreeus wat moderne vertalings van die Bybel veel nader aan die oorspronklike bring as wat die 1611 KJV Bybel skrywers sou kon doen of selfs probeer het.
        Chris Pienaar

        • Chris, baie dankie vir hierdie uiteensetting. James White gee ‘n baie goeie oorsig van tekstuele kritiek in sy boek “The King James Only Controversy” (Sakkie ek stel voor jy kry dit op Kindle)

          King James Onlyism is ‘n dwaling.

          My persoonlike opinie is as volg: Ons glo nie net in organiese Inspirasie van die Bybelteks nie, ons glo ook in organiese oordrag van die teks. Die proses van organiese oordrag (in teenstelling met meganiese oordrag) laat mense ongemaklik voel, en gee afvalliges soos Bart Ehrman verskoning vir hulle ongeloof. King James Onlyiste ontken die proses van organiese oordrag van die teks, en gryp na die doktrine van die geinspireerde KJV om geloofsekerheid te kan hê.

          Ek die die wetenskap van tekstuele kritiek is opwindend. God se hand in die preservering van die oorspronklike teks deur die veelvuldige strome van manuskripte is so duidelik sigbaar. En ons leef waarlik in ‘n opwindende tyd. Ons het nou toegang tot meer manuskripgetuienis as ooit tevore in die geskiedenis, ons rekonstruksie van die oorspronklike teks is nou beter as ooit.

          Dit is egter steeds belangrik om n goeie vertaling te vind. Daar is baie vertalings wat deur ongelowiges gemaak word. Die nuutste Afrikaanse vertaling wat in proses is bekommer my, omdat van die medewerkers bekende afvalliges is. Die stroping van Jesus uit die Ou Testament is nie n vertalingskeuse nie, dit is ‘n teologiese keuse.

          Ek voel bitter ongemaklik daarmee, en sal wasrskynlik nie die vertaling gebruik nie.

    • Hi
      Ek stel voor jy kry hierdie boek, dit is beskikbaar op Kindle, dan lees jy dit sommer op jou selfoon.

  45. hertindorrestreke said:

    So watter vertaling kan ‘n gewone sterfling wat God wil volg lees sonder om te wonder of dit wat hy lees nie dalk verkeerd vertaal is nie.. In Afrikaans..?

    • Ek glo die 53 vertaling is die beste want dit is ‘n letterlike vertaling. Die 53 vertaling se probleem is dat dit ‘n ouer bronteks gebruik, ons het nou beter brontekste beskikbaar. Die taal is ook redelik verouderd.

      Die 83 vertaling is ‘n interpreterende vertaling en dus makliker verstaanbaar, maar jy is afhanklik van die vertalers se interpretasie van die teks. (In ‘n baie groter mate as met ‘n letterlike vertaling) ‘n Voorbeeld hiervan is die foutiewe vertaling van “glossa” in 1 Kor 14 as “ongewone tale of klanke”. ‘n Fout wat Afrikaanse charismatiese kerke drasties laat groei het omdat dit die vals leer van “spreek in tale” verkondig.

      So ek gebruik beide vertalings met altwee se tekortkomings in ag genome.

      Een van die komersiele vertalings (ek het nou vergeet watter een, ek dink dit is die NLV), het Marita vd Vyfer, n bekende Afrikaanse sagte pornografie skrywer gebruik as taalversorger. Hoe kan jy n pornoskrywer kry om die Bybel te redigeer???

      Die engelse vertaling wat ek gebruik is die ESV (English Standard Version) Dit gebruik die beste bronteks en is n letterlike vertaling. Dit lees ook maklik.

  46. Christiaan said:

    Weet nie of ek dit dalk gemis het nie, maar hoekom skryf jy nie bietjie oor die groot dwaling van meditasie wat besig is om die NG Kerk oral te beset en te besoedel nie. Veral met mense soos Willem Nicol en andere wat dit landswyd propageer. Mense bid nie regtig meer nie, dit is nou te minderwaardig, hulle mediteer nou! Die vorm wat nou oral voorgehou word is egter net “gedoopte TM” (transendentale meditasie). Maar dit bly vreemd aan die ware Christelike geloof.

    • Jy is reg, daar is infiltrasie van New Age gebruike in die kerk: gebrdslabarinte, mandalas, lectio divina, “ingaan in die stilte” en sulke twak.
      Ek het dit aangeraak oa in my resensie van Jaap Durand se boek oor Teilhard en verskeie ander artikels, maar nie spesifiek op een plek nie.

  47. Ek dank jesus dat daar nog ware knegte van hom is…

  48. Fanie van Jaarsveld said:

  49. TOMMIE said:

    DIE GROOT WOORDE SE NIKS WANT EK VERSTAAN DIT NIE. EK WEET DAT GOD LEEF EN EK HET NIE N UNIVERSITEITSGRAAD NODIG OM VOOR HOM TE BUIG NIE. HY LEEF EN HY LEEF IN MY EN EK IS IN SY HAND. EK IS LIEF VIR HOM EN EK GLO HOM EN EK GLO IN HOM.

  50. Chris Pienaar said:

    Sedert die reformasie was ons Bybelvertalers bewus dat die griekse grondteks wat hulle gebruik het (Erasmus teks) so `n bietjie opgeblaas is. Dit het hulle bykans vyf eeue geneem om dit reg te stel. Nou het forensiese getuienis `n ander saak waaroor daar veel langer bespiegel word bevestig en dit is dat die hele Nuwe Testament oorspronklik in Aramees geskryf was en nog in die tyd van die oorspronklike skrywers maar ook later in Grieks vertaal is. Die Kerk Vaders bevestig dit vir ten minste Mattheus en Hebreërs. Yosefus, die Joodse geskiedskrywer bevestig ook dat soos hyself die Joodse skrywers eers in Aramees geskryf het en dan laat vertaal het of soos Yosefus self vertaal het. Alhowel meertaligheid nie aangemoedig was onder die Jode nie, was veral Grieks belangrik om met die owerheid te kon komunikeer, Joodse skrywers wat goed in Grieks kon skryf was egter skaars, ons weet dat Lukas was een en volgens die Kerkvader Clement van Alexandria (ca 185 AD) het Paulus Hebreërs in Aramees geskryf en Lukas dit in Grieks vertaal. Wanneer die oudste Griekse manuskripte met die aramese Peshita vergelyk word lyk dit soos `n interliniêr vir die Peshita. Dit word dan ook duidelik waar baie van die variante lesings in die Grieks vandaan kom, dit is bloot verskillende betekenisse vir dieselfde Aramese woord. Daar is ook goeie getuienis dat die Peshita Jesus se eie woorde in die dialek wat Hy gepraat het bevat.
    Ek hoop nou net dat ons eie vertalers nie nog honderd jaar gaan vat om met `n goed akademies nageforsde Afrikaanse vertaling uit die Aramees te voorskyn te kom nie, veral `n interliniêr soos die Grieks Afrikaans interliniêr van vd Watt, Barkhuizen en du Toit, dan nou net met die Aramese woorde ook getranslitreer sodat ons gewone siele ook kan slim klink as ons die Aramees kan aanhaal. Ek het nie veel van `n probleem met Gerrie C. Coetzee se PWL nie behalwe dat dit moeilik lees, en ek soek `n AFRIKAANSE interliniêr, sodat ek self kan sien.
    Chris Pienaar

Praat saam!