John MacArthur is verkeerd oor dir doop en die eindtyd. Maar dit is perfere sake. Let op dat van die ander sprekers op die konferensie verbondsdopers is: RC Sproul, Ligon Duncan en Kevin DeYoung.
Ek dink dit is belangrik dat ons onderskei tussen sentrale en perifere sake. Wanneer ons saamstem oor sentrale sake mag ons verskil oor die periferie.
Wat is sentraal? Jesus Christus se Persoon en sy werk. En omdat ons slegs deur die Skrif toegang tot Hom het, die onfeilbaarheid van die Skrif
1 KORINTIËRS 3:9-15 AFR83
Ons is medewerkers in diens van God, en julle is die saailand van God. Julle is ook die gebou van God. Volgens die genade wat God my gegee het, het ek soos ‘n goeie bouer die fondament gelê, en ‘n ander bou daarop. Maar hy moet mooi kyk hoe hy verder bou, want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat reeds gelê is nie. Die fondament is Jesus Christus. Of dit goud, silwer, edelstene, hout, gras of strooi is waarmee iemand op die fondament bou, elkeen se werk sal aan die lig kom. Die dag wanneer Christus kom, sal dit duidelik word. Die dag kom met vuur, en die vuur sal die gehalte van elkeen se werk toets. As iemand se bouwerk bly staan, sal hy beloon word; as iemand se werk verbrand, sal hy nie beloon word nie, en tog sal hy self gered word, maar soos iemand wat uit die vuur geruk is.
Paulus sê hier dat Christus die fondasie van ons leerstelling is; niemand kan ‘n ander fondasie lê nie. Dit is on onderhandelbaar. Maar daar is leerstelling wat ons bo op die fondasie bou wat nie tot die dood lei nie. Ons leerstellings kan waar of vals wees, dit sal op die einde aan die lig kom.
Wat beskou ek as essensiële leerstellings?
1) Die onfeilbaarheid van die Skrif want daarsonder kan ons nie die evangelie glo nie.
2) Jesus se persoon:
–Die Drie-Eenheidsleer. God se almag, alwetendheid en soewereiniteit. God Drie Enig as ontologies totaal apart vvan die skepping.
–Jesus as Skepper en Instandhouer van die heelal.
— Jesus as mens, die perfekte openbaring van God.
3) Jesus se werk
— Die sondeval van die mens wat lei tot totale verdorwenheid.
— Jesus as perfekte offerhande wat betaal het vir die sonde van die uitverkorenes.
— Die maagdelike geboorte.
— Jesus se sondelose lewe en wonderwerke.
— Jesus se sterwe aan die kruis, liggaamlike opstanding en liggaamlike wederkoms.
— Die liggaamlike opstanding en ewige lewe van dié wat in Hom sterf.
Jy sal opmerk dat meeste van hierdie vandag deur sommiges in die NG Kerk ontken word.
Wat beskou ek bo en behalwe dit as essensieel vir samewerking? Die 5 leerstellings van God se soewereine genade
— Totale verdorwenheid
— Onvoorwaardelike roeping
— Spesifieke versoening
— Onweerstaanbare genade
— Absolute sekerheid van saligheid.
Hoewel mense wat bg 5 ontken gered mag wees kan sal ek nie graag met hulle saamwerk nie. Arminianisme is n uiters gevaarlike dwaling, die wat dit leer word soos deur die vuur gered.
Die doop en eskatologie is belangrik maar perifeer. Daarom kan verbondsdopers en die wat dit verwerp saamwerk, solank hulle saamstem oor die 5 leerstellings van soewereine genade.
Baie dankie vir hierdie KOSBARE bydrae wat opnuut bevestig waarom ons glo wat ons glo! Dit is ook wat ons in Gereformeerde kerkverband (en in besonder hier by die Gereformeerde Kerk Randburg) heelhartig glo en VAS by staan in tye waar tekste ‘laat gaan’ word om die mens se redenasies en behoeftes te pas.
Baie dankie vir hierdie tydige bydrae wat opnuut bevestig waarom ons glo wat ons glo. Ook in die Gereformeerde kerkverband en in besonder hier by die Gereformeerde Kerk Randburg. Ons leef in ‘n tyd waar leeraars, professore en teoloë tekste ‘laat gaan’ om die menslike behoeftes, tydsgees en slim redenasies van mense te akkomodeer.
grafted in said:
Wynand, stem jy saam met MacArthur of is jy teen hom? Hy verkondig ‘n groot groot doop – lyn reg met die onfeilbaarheid van die Woord..
hierstaanek said:

Gerda Naudé said: