rules_for_radicalsDie marxis Saul Alinsky se boek “Rules for Radicals” is al vir ‘n paar dekades die nommer een handboek vir die radikale omverwerping westerse kultuur deur kulturele Marxiste. Hillary Clinton is een van sy grootste akoliete. Sy het as student haar meestersverhandeling oor Saul Alinsky geskryf, en sy metodes nougeset toegepas in haar loopbaan.

Kyk wat sê reël nommer 13

“Pick the target, freeze it, personalize it, and polarize it.” Cut off the support network and isolate the target from sympathy. Go after people and not institutions; people hurt faster than institutions.”

Pick the target: Die Algemene Sinode van 2016 is ‘n gesiglose groep omies. Niemand weet eintlik wie dit was nie. Die moderamen is meer persoonlik. Ons weet wie meeste van hulle se name is. Maar die probleem is, meeste van hulle is aan Bartlett se kant. So kies die een wat NIE saamstem nie, Ds Dirkie van der Spuy.

Freeze it, personalize it: Ds van der Spuy is wel bekend in die NG Kerk. Hy is leraar by die grootste mega-gemeente in die land, Moreletapark. Almal ken hom. Om hom aan te val lok ‘n onmiddelike emosionele respons by die gehoor uit.

Polarize it. Cut off the support network: Sonder Ds van der Spuy uit om aan te val. Kla hom aan by sy kollegas, die ander moderamen lede (Dr Gustav Claassen). Onmiddelik is daar ‘n konflik tussen Ds van der Spuy en sy kollegas. Hy is onmiddelik geisoleer.

Isolate the target from sympathy: Lees maar Bartlett se brief.

Uit sy verwysing na die “geweldige stryd” en die “wonderlike oorwinning vir God en sy Woord” is dit duidelik dat dit hier oor veel meer gaan as persoonlike instemming met die besluit wat deur die sinode geneem is.
Die duidelike implikasie van sy woordkeuse is dat die standpunt van die persone wat tydens die vergadering in die minderheid gestem het, in stryd is met God en met sy Woord. Dit word bevestig deur die feit dat die uitslag van die besluitneming deur hom beskryf word as ‘n bewys dat “die Here self kom oorneem het en ‘n wonderwerk in Sy kerk kom doen het.”
Behalwe dat ons op ‘n baie diep vlak aanstoot neem aan hierdie kwalik bedekte beskuldiging van kettery en/of leerdwaling, dink ons ook dat dit uiters onverantwoordelik van ‘n persoon in ‘n leiersposisie in die NG Kerk is om hom op so manier uit te spreek – veral in hierdie tyd van groot spanning en dreigende skeuring in die kerk waarvoor ons almal lief is.
Ons is ook besorgd oor die verwysing in ds Van der Spuy se skrywe na “Moreletapark se besluit wat goedgekeur is deur die AS.”

Die saak het oor die afgelope paar dae ongekende aandag in die pers gekry, totaal buite verhouding tot die inhoud van Ds van der Spuy se brief wat die gefabriseerde “outrage” ontlok het. Van der Spuy is op sosiale media afgemaak as homofoob en deur die spreekwoordelike bos gesleep.

Go after people and not institutions; people hurt faster than institutions: Heel duidelik!

Ek dink Bartlett se gedrag is onverskoonbaar. Of hy Alinsky gelees het of nie is nie van belang nie. Die feit is, die modus operandi wat hy volg laat mens se hare rys.

Hierstaanek