Hier staan ek!

Ope Brief: Die N.G. Kerk gaan sterf.

Beste Vriend

Die Nederduits Gereformeerde Kerk is in ‘n krisis.

Enigiemand wat die nuus dophou is bewus van al die strominge en konflik in die landswye kerk wat dikwels oorspoel na die sekulere media. En plaaslike gemeentes loop leeg. My eie gemeente is onlangs ge-oudit, en die bevinding was dat ons al die tekens van ‘n sterwende gemeente het – statisties gesproke sal ons gemeente oor ses jaar dood wees.

Waarom gebeur dit?

Christene wat in die NG kerk groot geword het en die Here daar aangeneem het voel deesdae soos vreemdelinge in hulle eie kerk. Ek praat nou die dag met my suster – sy sê sy was maande laas in die kerk. Ek vra versigtig uit hoekom.

Die antwoord? “Ek voel nie meer tuis in die kerk nie. Die dominee het in sy preek verduidelik dat alle mense – ook die in ander gelowe – uiteindelik gered sal word. Dit was die laaste keer dat ek kerk toe gegaan het.”

My persoonlike assistent het ‘n soortgelyke storie. Sy is ‘n diep gelowige Christen maar woon nie meer die dienste by haar plaaslike Baptiste gemeente by nie “omdat hulle oorgeneem is deur die nuwe teologie”.

Ek lees ‘n artikel in die JOY tydskrif oor Rob Bell, ‘n Amerikaanse popteoloog wat die bestaan van die hel en die ewige verdoemenis ontken, en skielik raak ek bewus van nuwe dinge: Die sg Ontluikende Kerk en Nuwe Reformasie.

Dit was vir my aanvanklik moeilik om te verstaan waaroor dit gaan, maar gelukkig kom ek af op ‘n artikel deur Julian Muller, waarin hy ‘n “nuwe wêreldbeeld”, panenteïsme, bepleit omdat die ou teïstiese wêreldbeeld volgens hom nie meer voldoende is vir die post moderne mens nie.

http://www.julianmuller.co.za/panenteïsme-n-nuwe-verstaan-van-god-vir-n-nuwe-tyd.html

Lees hier wat die Bybel sê van panenteïsme.

Eintlik is sy “nuwe wêreldbeeld” stokhoringoud, gewortel in neoplatonisme van Plotinus (204 – 270 na Christus) wat ten spyte van die pogings van verskeie filosowe deur die millenia nie kon deurbreek na die hoofstroom van Christelike denke nie.

Tot nou toe.

Om die “nuwe reformasie” en “ontluikende kerk” te verstaan moet jy hulle wêreldbeeld verstaan. Panenteïsme beteken letterlik “Alles (pan) – in (en) -god (theos) -isme”. Alles is dus in god (en god is in alles.)

Ongelukkig is ‘n wêreldbeeld ‘n moeilike dier om te vang. Dit vorm die fondasie van ‘n persoon se geloof, en is as sodanig onder die grond en buite sig. ‘n Hindu panenteïs sal byvoorbeeld die Apostoliese Geloofsbelydenis kan opsê en werklik elke woord daarvan glo. Hy aanbid egter nie die Drie Enige God van die Bybel nie, maar ‘n Hindu god wat op eerste oogopslag presies soos die God lyk wat ons aanbid. Maar krap jy dieper kom jy agter woorde en simbole het skielik ander betekenis, en die inhoud van die geloofsbelydenis verander totaal, sonder dat dit vir die toevallige toeskouer enigsins sigbaar is.

Daar is baie mense in leiersposisies in die Christelike geloofsgemeenskap wie hulle wêreldbeeld reeds vervang het. En mens kom dit moeilik agter omdat hulle steeds die regte klanke maak en dinge doen. En hulle slaag daarin om hierdie “nuwe” onbybelse teologie bietjie vir bietjie in te bring in ons kerk in om ons wêreldbeeld te verander sonder dat ons dit weet!

Panenteïsme (en ander vorms van liberale teologie) is lynreg in konflik met die Bybel .

Dit vernietig geloof.

Die kerk sterf omdat die wat daardeur meegesleur word uiteindelik hulle geloof verloor, en dan ophou kerk toe kom. Die wie nie meegesleur word nie voel ontuis, en vind ander geestelike tuistes. En al is ‘n plaaslike gemeente se leiers en kerkraad nog vry van die dwaalleer verloor gemeentelede hulle vertroue in die kerk, as gevolg van wat op nasionale vlak gebeur.

Dit is tyd dat die kinders van God in die NG Kerk wie glo in die Bybel standpunt inneem.

Die NG Kerk is nie sonder foute nie. Ons is almal nog steeds intens bewus van die sonde van Apartheid. Maar die NG Kerk is steeds die geestelike tuiste van derduisende mense, wat smag daarna en daarop gerigtig is om die Evangelie van God van die kansel te hoor.

Ek het Jesus aangeneem in die NG Kerk. Watter ander denominasie in ons land verwoord my geloof so klinkklaar soos die Heidelbergse Kategismes? Watter ander denominasie in ons land glo saam met my in God se ongelooflike verbond wat hy met my kinders sluit en beseël met die sakrament van die verbondsdoop? Waarheen anders kan ons gaan?

Kyk bietjie met hoeveel van die onderstaande jy saamstem:

  1. God is die Skepper. God is nie die skepping nie en die skepping is nie God nie. God is absoluut soewerein, almagtig, alwetend en alomteenwoordig.
  2. Die Bybel is die onfeilbare Woord van God.
  3. Die mensdom is perfek en goed geskape, maar het deur Adam en Eva se sonde totaal verdorwe geraak.
  4. Christus is God. Hy het mens geword deur die maagdelike geboorte. Hy het ‘n heilige en sondelose lewe op aarde gelei. Hy is gekruisig, het gesterf en het liggaamlik op die derde dag opgestaan uit die dood.
  5. Satan is ‘n persoon en nie net ‘n idee nie of metafoor nie. Die bewuste ewige verdoemenis is ‘n werklikheid.
  6. Geen mens kan die saligheid verwerf deur dinge te doen nie. Mense is volkome van God se genade afhanklik om gered te word. Hierdie genade is slegs beskikbaar aan mense deur Christus se dood aan die kruis.
  7. Slegs mense wie Christus aanneem as hulle persoonlike Verlosser en Saligmaker sal die ewige lewe ontvang.

Indien wat hier staan jou geloof verwoord, wil ek jou vra om asseblief hieronder jou geloof bely deur kommentaar op hierdie pos daar te lewer.

Vertel ons wat jy glo.

Gee ons jou persoonlike getuienis van jou vriendskap met Jesus.

Die doel is om ‘n duidelike boodskap na die leiers van ons kerk te stuur dat ons nie langer tevrede is dat die Evangelie van Christus se genade in ons kerk verwater word nie.

Ons eis dat ampsdraers en hoogleraars in ons kerk hulle opnuut verbind tot die Evangelie waartoe hulle geroep is, en dat die wie dit nie kan doen nie, eerlik sal wees, en hulleself aan die kerklike opsig en tug onderwerp. Mense wat hulleself vereenselwig met Julian Muller se panenteisme en ander vorme van liberale teologie kan nie langer onder die vaandel van ons kerk opereer nie.

Hierdie sal net slaag as elkeen opstaan en sê “Hier staan ek! Ek kan nie anders nie.”

In Christus

Wynand Louw


120 thoughts on “Hier staan ek!”

  1. Isabel said:

    Wynand,

    Ek glo dat ons ons besig moet hou met dissipelskap en dissipelskap volgens die insigte wat deur die Heilige Gees in mense se lewens bewerk word. Daar sal nooit ‘n einde kom aan die skryf van boeke nie. Dit sluit in skrywes vanuit die pen van historiese-, modernistiese- of post-modernistiese skrywers. Maklike verstaanbare kennis van die Woord van God is nodig, want dit is slegs deur die “hoor van die Woord” wat mense tot kennis en aanvaarding van die verlossingswerk van Jesus kan kom, waarna hulle dan in ‘n verhouding met die almagtige Hemelse Vader kan staan en geestelike groei kan ervaar. Wanneer die Heilige Gees ‘n persoon se lewe aanraak, gaan dit nie saak maak uit watter groep skrywers ‘n mens kom nie, want Christus self sal sorg dat Sy Woord uitgedra word. Kennis van die Woord is belangrik, want indien ‘n mens op ‘n akademiese “high” beweeg, beteken dit nie dat sodaniges suiwer kennis van die Woord het nie, en indien jyself nie keenis van die Woord het nie, kan ‘n persoon maklik mislei word. Suiwer verkondiging van die Woord bly dus belangrik. Hoe weet ons wat “suiwer kennis” is, want mense verstaan nie dieselfde nie. Akademiese groepe sal spreek en verklaar volgens hulle konstruksie van die “waarheid” oor wat suiwerheid nou eintlik beteken en net so die nie-akademiese persone. Die Woord van God bly ons maatstaf en tot die stadium wat Jesus werklik jou lewe aangeraak het en die Woord vir jou oopgebreek het sodat dit nuwe lewe vir jou openbaar, sal die Woord akademiese kennis bly.

    Ek stem saam met wat jy bely. Ek sal egter net wil byvoeg dat Christus se opstanding uit die dood nie net liggaamlik was nie, maar wel ook geestelik. Dit moet elke leraar/herder van ‘n gemeente se strewe wees om, soos ‘n Paulus van ouds Christus en Sy Evangelie bekend te stel en te verkondig. Dit is dus inderwaarheid so dat kerkleiers hulself opnuut moet verbind tot suiwer verkondiging van die Evangelie.

    • Ben Biggs said:

      Ek groet u, my naam is Ben Biggs en ek deel graag met u en die hele wêreld. Jesus Christus die enigste weg na die Hemel en die Ewige lewe.
      Vraag: “Hemel toe gaan – hoe kan ek my ewige bestemming waarborg?”

      Antwoord: Deur die riglyne soos in die bybel vir ons uiteengesit noukeurig te volg en die Heilige Gees toelaat om ons in die volle waarheid te onderrig. Die dag wanneer elkeen van ons die ewigheid gaan betree mag gouer kom as wat ons dink. Ter voorbereiding vir daardie oomblik, moet ons hierdie waarheid besef—nie almal gaan hemel toe nie. Die Skrif is baie duidelik oor hierdie saak. Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ʼn uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling. John5,28-29 Hoe kan ons verseker weet dat ons een van die gaan wees wat die ewigheid in die hemel gaan deurbring?
      1Petrus1,13 Daarom omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus.
      Ongeveer 2,000 jaar gelede het die apostels gevul met die Heilige Gees en die moed van hul oortuiging, geloof en kennis, die Evangelie van Jesus Christus aan ‘n groot skare in Jerusalem verkondig en die verborgenheid van die Eenheid van God; Vader, Seun en Heilige Gees aan die mense openbaar deur die opdrag van Jesus aan hulle: Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te ondehou wat Ek julle beveel het, tot uitvoering bring Matthéüs28,19
      En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, (kom tot geloof in Jesus Christus) en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Hand2,38
      En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam (Jesus) onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie” (Handelinge 4:12).
      Aangaande Hom(Jesus) getuig al die profete dat elkeen wat in Hom (Jesus) glo, vergifnis van sonde deur sy Naam(Jesus) ontvang. Hand10,43
      Die Naam van Jesus Christus verteenwoordig (let wel nie vervang nie) sy bloed gestort aan die kruis vir jou en my sonde.
      En ons weet dat die Seun van God gekom het, en ons verstand gegee het om die ware God te ken, en ons is in die ware God, in sy Seun Jesus Christus, Hy (Jesus) is die ware God en die ewige lewe. My kinders, bewaar julleself van die afgode.Amen. 1John5,20
      Daar is baie wat dink dat hulle hemel toe sal gaan sonder om Jesus as hul persoonlike verlosser en Saligmaker te aanvaar. Kom ons ondersoek wat dit behels om in Jesus te glo.
      VERKONDIG-1Korinthiers1,21,Want aangesien in die wysheid van God die wêreld deur die wysheid God nie geken het nie, (1John5,20)het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo te red.

      Markus16,15&16 En Hy (Jesus) het vir hulle gesê; Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.
      WEG-Jesus sê,Johannes14,6 Ek is die weg en die waarheid en die lewe, niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
      Johannes10,9 Ek is die deur, as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind
      GLO-Johannes3,16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom (Jesus) glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
      Johannes6,47 Voorwaar, voorwaar Ek (Jesus) sê vir julle, wie in My glo het die ewige lewe.
      Galásiérs3,26-27 Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus;
      AANNEEM –Johannes1,11&12 Hy (Jesus) het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het hom nie aangeneem nie. Maar almal wat Hom (Jesus) aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam (Jesus) glo.
      Handelinge4,12 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander
      Naam (Jesus) onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.
      BEKERING EN DOOP- Handelinge2,38 En Petrus sê vir hulle; Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
      Handelinge19,5 En toe hulle dit hoor is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus.
      Beklee- Galásiërs3,26-27 Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus, want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.
      Matthéüs22,11-14En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ʼn bruilofskleed aan het nie. En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ʼn bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie. Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van tande. Want baie is geroep maar min uitverkies. WEDERGEBOORTE- Johannes3,3,5Jesus antwoord en sê vir hom,Voorwaar voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
      Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
      Titus3,5 nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees.
      Liefde-Galasiërs5,14Want die hele wet word vevul in een woord, naamlik;Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
      Heiligmaking-1Petrus1,15-Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet jul ook in julle hele lewenswandel heilig word.

      Dit in kort is wat van ons verwag word om ʼn ware Christen te word.

      . Baie wil nie vir Jesus as die enigste weg aanvaar nie en is vasbeslote om ‘n ander pad te vind. Maar Jesus Self waarsku ons dat daar geen ander pad bestaan nie, en dat die weiering om hierdie waarheid te aanvaar na die veroordeling lei. Hy sê duidelik vir ons “Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom” (Johannes 3:36).

      Sommige sal argumenteer dat dit uiters bekrompe van God is om slegs een pad na die hemel te voorsien. Maar in werklikheid, in die lig van die mens se rebelse verwerping van God, is dit uiters ruimhartig van Hom om aan ons enige pad hemel toe te gee. Ons verdien veroordeling, maar pleks daarvan bied Hy aan ons uitkomkans deur Sy eniggebore Seun te gee om vir ons sonde te sterf. Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom (Jesus) glo, nie verlore mag gaan nie maar die ewige lewe kan hê.John3,16 Hetsy mens dit sien as bekrompe of ruimhartig, dit is die waarheid, en Christene moet die duidelike, onbesoedelde boodskap dat die enigste weg na die hemel deur Jesus Christus is, handhaaf. Efésiêrs4,5 leer vir ons, ons is geroep tot een hoop van ons roeping; een Here(die Here Jesus Christus) een geloof( die geloof in die Here Jesus Christus om die ewige lewe deelagtig te word) een doop( die doop in die Naam van die Here Jesus Christus tot vergewing van ons sonde.

      Baie mense vandag glo aan ‘n afgewaterde evangelie wat wegdoen met die boodskap dat jy berou moet hê oor jou sonde. Hulle wil glo in ‘n liefdevolle, nie-veroordelende God wat geen berou of verandering in hulle lewensstyl verwag nie. Hulle mag dinge sê soos, “Ek glo in Jesus Christus, maar my God is nie veroordelend nie. My God sal niemand hel toe laat gaan nie.” As ons bely dat ons Christene is, moet ons Christus erken vir wat Hy sê Hy is—die een en enigste weg na die hemel. Om dit te ontken, is om Jesus Self te verloën, want dit is Hy wat verklaar het;
      Johannes8,23-24 En Hy(Jesus) sê vir hulle: Julle is van benede, Ek is van bo: julle is uit hierdie wêreld, Ek is nie uit hierdie wêreld nie. Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe: want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe.
      Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” (Johannes 14:6).
      Die vraag is steeds: wie sal werklik God se koninkryk binnegaan? Hoe kan ek my ewige bestemming waarborg? Die antwoorde op hierdie vrae sien ons in die duidelik afgebakende onderskeid tussen die wat die ewige lewe het en die wat dit nie het nie. “Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie” (1 Johannes 5:12). Die wat in Christus glo, wat Sy offer as betaling vir hulle sonde aanvaar het, en wat Hom in gehoorsaamheid volg, soos in die Skrif vir ons uiteengesit, sal die ewigheid in die hemel deurbring. Die wat Hom verwerp sal nie. “Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam (Jesus) van die eniggebore Seun van God nie” (Johannes 3:18).

      So ontsagwekkend soos die hemel sal wees vir die wat Jesus Christus as Verlosser gekies het, des te meer skrikwekkend sal die hel wees vir die wat Hom verwerp het. Ons boodskap aan die verlorenes sal met groter dringenheid verkondig word as ons kan begryp wat die heiligheid en geregtigheid van God kan doen aan die wat die volledige gawe van vergifnis wat in Sy Seun Jesus Christus is, verwerp het. ’n Mens kan nie die Bybel met erns lees sonder om dit weer en weer te sien nie—die streep is getrek. Die Bybel is baie duidelik hieroor dat daar een en net een weg alleen is na die hemel—deur Jesus Christus. Galásiërs3,29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.
      Hy gee aan ons hierdie waarskuwing: “Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur gaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind” (Mattheus 7:13-14).
      Daar is net een pad na die hemel en die wat dit volg is gewaarborg om daar uit te kom. Maar nie almal volg die pad nie.
      11Thessalonicense3,2 en dat ons verlos mag word van die verkeerde en slegte mense, want die geloof is nie die deel van almal nie.

      Maar God sy dank, wat ons altyd laat triomfeer in Christus, en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei. 11Korinthiërs2,14 Amen.
      Groete, en hoor graag van u. Ben.

  2. Hallo Isabel

    Jy is heeltemal reg oor die feit dat die Heilige Gees die Woord vir ons oopbreek. Tog is dit so dat menslike filosofiese sisteme daarin slaag om mense weg te rokkel van die Evangelie van Christus se genade.

    As jy soos ‘n panenteïs glo jy is in wese god, en jou wil en keuses beperk God se vryheid, stel jy jouself buite die sfeer van God se genade. As jy self god is, en soewerein is in jou wil, waarom sal jy dan glo dat God enigsins aanspraak op jou lewe het? As God nie ‘n aanspraak op jou lewe het nie, waarom sal jy tot bekering kom?

    Panenteïsme is ongelooflik aantreklik vir die natuurlike mens want dit verkondig Satan se oudste pickup line: “Jy sal soos God wees…”

    Jy is natuurlike heeltemal reg met wat jy sê oor die opstandingsligaam.

    In hierdie verband moet ek sê dat enige gedagte dat Christus se liggaam waarmee hy aan sy dissipels verskyn het na sy opstanding een of ander illusie was godslasterlik is, om die blote rede dat dit sou beteken dat Christus bedrog sou pleeg.
    1) Christus se liggaam is ‘n werklike, fisies objek in tyd en ruimte. Thomas het sy hand in sy sy gedruk as bewys dat Hy waarlik opgestaan het. Hy het saam met sy dissipels geëet.
    2) Sy liggaam is egter nie beperk tot tyd en ruimte nie, maar is ook buite tyd en ruimte: Dit is waarom hy kan verskyn en verdwyn soos hy wil, nie beperk word deur die wette van die fisiese wetenskap nie en onsterflik is.

    Christus se opstandings liggaam is dus totaal anders as enigiets anders in die fisiese skepping soos dit nou is. Dit is ‘n voorsmaak van God se herskepping van die heelal. Dit is waarom die apostoliese Geloofsbelydenis sê: “Ek glo in… die opstanding van die vlees…”

    Wynand

  3. Hallo Wynand – ‘n baie belangrike brief, hierdie van jou! Ek is ook in die NG Kerk, en ons gemeente bly op die afdraend, ten spyte van periodiese opflikkerings. ‘n Groot aantal van my uitgebreide familie en vriende het ook die NG Kerk verlaat of bly sommer weg soos jou suster.

    Ek glo ook soos Isabel dat die oplossing lê in die maak van dissipels – is dit nie een van Jesus se laaste opdragte nie? In die Lukas -evangelie se weergawe van Jesus se laaste opdrag, noem Lukas ook die opstanding (juis dit waaroor daar tans in die NG Kerk soveel kontroversie is.

    Die strominge wat jy in jou brief noem val soos onder andere Müller se panenteïsme onder die breë sambreel van die New Age beweging. Vrede vir julle! Henrietta

  4. Hallo Henrietta

    Daar is natuurlik baie raakpunte met die New Age beweging, veral die feit dat panenteïsme inpas by die New Age se soeke na ‘n universiële godsdiens.

    Ek dink egter mens moet nooit uit die oog verloor dat ons hier praat van ‘n spektrum nie: Daar is toegewyde Christene wat sekere aspekte van hulle wêreldbeeld verander het sonder dat hulle dit weet. Die volgende stap is die sg “oop teïsme” wat al amper panenteïsme is maar nog nie heeltemal nie. Dan is daar mense wat eksplisiet panenteïsme aanhang maar steeds dink hulle is Christene, daar is mense wat hulle Christenskap verrruil het vir duidelike oosterse filosofiee maar steeds “Christelike” terminologie gebruik (Soos Abel Pienaar van die “Sentrum vir eietydse spiritualiteit”) en dan is daar mense wat alle geloof oor boord gegooi het.

    Dit lyk vir my dat daar ‘n draad is wat deur die hele spektrum loop, dit begin by die bevraagtekening van die Bybel se outoriteit op sekere punte, en eindig by ongeloof.

    Al die leuens het natuurlik dieselfde pa, daarom lyk hulle vir ons so eenders!

  5. Kruger du Preez said:

    Die oer vraag van christene is nog steeds geldig: Is Christus werklik die “kurios,” die Here van jou lewe? Plaas jy jou onvoorwaardelik onder Sy beheer? Strewe jy om steeds meer aan Hom gelykvormig te wees? Indien wel, is jy my broer of suster al stem ons nie oor alles saam nie , al is jy meer van ‘n fundamentalis en ek nie, al neem jy nie die historiese konteks altyd in ag nie en ek wel. Laat ons nie onnodig met ‘n heksejag na liberales begin nie…

    Die panenteisme se benadering is inklusief en nie ekslusief nie en ek het nie fout daarmee te vind nie – God se genade is inderdaad groter as wat ons dalk dink. Maar daar kom ‘n punt van ekslusiwisme – net hulle wat waaragtig in Jesus glo sal gered word – so se die Bybel en dit is al besondere openbaring wat ons tot dusver oor die onderwerp ontvang het! En al kan die post-moderne mens dit nie lekker aanvaar nie kan ons nie daaroor ‘n kompromie met die waarheid maak nie.

    Kom ons bid maar baie vir ons NG Kerk en sy teoloe – hulle lei die toekomstige predikante op!

    • Hallo Kruger

      Eerstens wil ek graag net die valse veralgemening aanspreek dat “fundamentaliste nie die historiese konteks in ag neem nie.” Dit is jammer dat hierdie liberale dinkvirus posgevat het in ons kerk.

      Baie keer is die vraag nie “Is Christus jou Here nie?” maar “Wie sê JY is Ek?”. Is die Christus van die Bybel jou Here of “Jesus, die buite egtelike kind van Galiliea”? Glo jy in Jesus, wie liggaamlik uit die dood opgestaan het of in Teilhard de Chardin se kosmiese Christus wat eintlik maar net nog ‘n Hindu god is? En wie is jy? Is jy God se skepsel, verdorwe deur jou sonde, wat van God se genade deur Christus se kruisdood afhanklik is om met Hom versoen te word? Of is jy dalk in wese god, soos Jesus, self potenesieel Christus soos Jesus, en kan daarom deur jou medemens aanbid word? (Soos die Dalai Lama deur miljoene wêreldwyd aanbid word?) Is dit wat dalk wat bedoel word met “gelykvormigheid aan Christus”?

      Dit is nodig dat woorde definieer word, anders praat ons Newspeak en mislei ons mense.

      God se genade is inderdaad groter as die heelal. Maar God sê self Hy trek die streep as die mens homself verhef tot god, en dus God se aanspraak op sy lewe verwerp.

      Jy is heeltemal reg. Ons kan nie ‘n kompromie met die Waarheid maak nie. Jesus sê baie duidelik dat ons nie dwaalleeraars in die Kerk kan toelaat nie.

      Hierdie is nie ‘n heksejag nie. Dit is ‘n oproep tot bekering!

  6. Wynand
    Ek onderskryf dit wat jy in jou verklaring skryf ten volle. Ek bely my geloof op presies dieselfde manier en met dieselfde oortuiging en hoop dat hierdie belydenis op die vooraand van die Alg Sinode ook in die sinode ingedra sal word.
    Edward Archer
    Predikant Calvinia-Hantam

  7. Wynand ek stem só saam met jou oor die plasing aangaande WIE is Jesus vir jou? Daar is ‘n groterwordende groep wat hulself Christene noem (verkeerdelik, glo ek) wat net in ‘n historiese Jesus glo en sy Goddelikheid verwerp. Van hierdie mense is Andries van Aarde, ‘n dosent aan Tukkies, wat die boek “Fatherless in Galilee” geskryf het (ek dink dis hierna wat jy verwys as jy skryf van die “buite-egtelike kind van Galilea”). Ek het op ‘n keer ‘n baie kort maar kragtige uitdrukking gehoor: “n Ander Jesus, ‘n ander evangelie”. Vir my is dit GEEN evangelie (goeie nuus) nie, as Jesus nie as Verlosser en Saligmaker, wat in mý plek, vir mý sonde gesterf het, voorgehou word nie.

  8. Wnnand baie dankie vir die epos.
    Ek onderskryf met hart en siel alles wat jy bely en
    glo. Ek is ‘n afgesette NG dominee, in die platteland.
    Ek het ‘n Akte van Demissie ontvang, huur tans ‘n huisie
    in dieselfde dorpie waar ek as dominee gewerk het,
    en doen aansoek vir ‘n nuwe beroep. My gewese
    gemeente raak gereeld van dominees ontslae as
    hulle nie die gemeente (veral boere wat die kerk met
    hulle geld manipuleer) se taal praat nie.
    Ek het net probeer om streng die Woord van God
    te predik, soos die Gees op my hart druk. En vinnig
    agtergekom dat die gemeente nie dit wil hoor nie.
    Ag ek kan baie op hierdie saak uitbrei, nietemin,
    ek bid dat die Here se wil sal geskied, in my eie lewe
    asook die van die ware kerk. Want die gestruktureerde
    kerk is nou ‘n klug. Die NG Kerk is hopeloos te lank
    geregeer deur die Broederbond, en deesdae selfs deur
    die sogenaamde Post Moderniste. Jy sal nie glo dat een
    van my kollegas (ook ‘n Post Modernis) sowaar selfs bely
    en glo dat homoseksueles so gemaak is deur God.hy het
    teenoor my bely dat hy glo dat die NG Kerk ons verkeerd
    geleer het tov hiervan.
    Elk geval, ek dink jys reg, die NG Kerk is tot niet.
    Dank die Liewe Heer daarvoor. Mag die ware kerk
    spoedig opstaan, en skei van die valse kerk.

    • Hallo Piet

      Ek glo beslis nie die NG Kerk is tot niet nie! Die gestruktureerde kerk is ook slegs ‘n klug waar die Evangelie nie verkondig word nie.

      Ek glo die oorgrote meerderheid van ampsdraers en lidmate in die kerk is steeds verbind tot die ware evangelie van Christus.

      Dit is net tyd dat hulle opstaan en sê “Hier staan ek!”

    • Andre said:

      Deur die “broederbond”, ja dit is nou tyd vir die waarheid praat. ek glo egter ook nie dat die kerk dood is nie. hulle moet net weer terug draai na God en die waarheid preek in God se wil.

  9. Fanie Rudolph said:

    Hallo, ek stem saam met die gevaar wat herdoop, getuienis doop of wat jy dit ook al noem, vir die kerk se erkenning van die gendadeleer inhou. Eintlik probeer mense daarmee oordra dat God se genade alleen nie genoeg is nie. Ons het ook nog iets om by te dra. Wat maak ons met tekste soos Romeine 9:13 en 16 wanneer ons dit glo? Het juis vanoggend weer bewus geword van die allesoorheersende genade van God in Jesus Christus toe ek die Woord kon bring uit genoemde tekste. Miskien moet ons weer stil word voor die genade en uitverkiesing van God, sodat ons opnuut oorrompel kan word deur die God van die genadige uitverkiesing, wat ook ons uitgekies het, uit genade, om aan Hom te behoort. En ja, redding kom alleen deur Hom, nie deur Boedha, Allah, of wie ook al anders nie. Hy alleen is immers die Weg en die Waarheid en die Lewe. En Hy leef vir altyd. Gelukkig het ek in my gemeente nog nie enige soortgelyke gevboelens of snaakse idees gehad het nie. Hier word ons nog Sondag na Sondag oorweldig deur die allesoorhersende genade van God.

    Fanie Rudolph

    • Fanie

      Dankie vir jou getuienis!

      Wynand

    • Lindie Dreyer said:

      Ek verstaan nie waaroor die bohaai gaan nie! Het maar eenvoudig grootgeword-soos my pa altyd gese het!
      ek het my “hart vir die Here gegee” op veertienjarige ouderdom, en sedertdien so geleef! As dinge enigsins in my lewe verkeerd geloop het, net weer aan God se belofte vasgehou: My genade is vir jou genoeg!

      Ek behoort ook aan die NG Kerk, en hoor ook dinge waarmee ek nie noodwendig saamstem nie, maar verkies om soos ‘n kind te glo. Wat my wel pla, is dat christene in die algemeen, en predikante in die besonder, se aand- en morepraatjies nie ooreenkom nie-veral sommige se praatjies oor facebook! ‘n Mens het ‘n sekere verantwoordelikheid as jy in ‘n leiersposisie in die Kerk is.

      So al klink ek dalk onnosel, wat ek nie regtig is nie, is hierdie “nuwe teologie” vir my heeltemal irrelevant in my verhouding met God! Ek kan nie verstaan dat so iets eenvoudig, so ingewikkeld gemaak word nie!

      Groete.

      Lindie

      • Hallo Lindie

        Jy is reg, die “nuwe teologie” beïnvloed nie noodwendig JOU verhouding met die Here nie.

        Maar jy mag nie afsydig staan nie. Die Bybel en Christus gee die opdrag baie duidelik: Dat ons teen dwaalleer moet stry.

        Die hel bestaan, en is vir ewig. Jesus noem dwaalleraars wolwe in skaapsklere wat die kudde verskeur, juis omdat hulle mense mislei tot in die hel,

        Ons durf onsself nie Chrsitene noem as ons Sy duidelike opdragte ignoreer nie!

  10. daar is’n beweging aan die gang dat ondermyn . die ware evangelie ,nie alleen in suid afrika nie , maar dat gebeur oor die heele wereld , die duivel is hard aan;t werk om die mense van God af te ly.en sometye gebruik hy juis diegene dat verklaar dat hully christus verteen woordig .. .in 1 timoteus 4;1 waarskuw hierdie apostel paulus ons daaroor . asieblief lees ook 2tim 4;3-6. dar is maar een evangelie soos dat was gepreekt deur Christus en sy apostles galatiers 1;6-9 (8) as ons of;n engel van uit die hemel een ander evangelie verkondig, buiten wat ons aan u alreeds het verkondigt hy sy vervloekt . die ,dat dink hully kan huly eie evangelie formuleer , moet goed heir oor nadink .

  11. André Kritzinger said:

    Ek vereenselwig my 100% met al 7 jou punte. As ‘n mens kernsake soos die maagdelike geboorte, die opstanding, Jesus as enigste weg na die Vader, ontken, hoe besluit ons dan oor die res van die Skrif? Wat geld dan nog?
    Jesus die Here. Ek hou vas aan die sg “solas”.

  12. Sover ek die Christelike inspan van die metaforiese begrip panenteïsme verstaan, is dit net ‘n poging om opnuut die volgende te beklemtoon: God is die Skepper wat groter is as die skepping (teenoor panteïsme), wat enersyds die Skepper is, maar andersinds ook deur die Heilige Gees ORALS EN ALTYD TEENWOORDIG IS, teenoor die deïsme (wat tans die siening onder ons kinders is), wat God as ver-af beskou. Verder beklemtoon ‘n Christelike gebruik van die metafoor God se betrokkenheid by ons in ons menswees en lyding, soos uitgedruk deur Jesus se mens-wording en menswees en persoonlike lyding. So erg dat Hy selfs “Godsverlate” was. Uit hierdie Godsverlatenheid word ons teruggelei na die eerste punt van die metafoor: God het wel in Jesus deel aan ons menswees en lyding, Hy is wel deur Sy Gees betrokke by ons en woon in ons, MAAR – Hy is transendent, groter as Sy Skepping, en is daarom steeds die EEN wat ons meeneem in sy Heilsplan vir hierdie Skepping van Hom. Dit is definitief ‘n gesonder begrip as wat ek tans by tieners aantref: hulle wil en kan nie aanvaar dat God persoonlik by ons betrokke is nie, want hulle dink Hy sit “ver daarbo” en kyk vir ons en “help ons darem in ons nood” – God is dus in hulle verstokte wêreldbeeld “daar bo”, ons is “hier onder” en Hy is eintlik ons dienaar wat ons moet help wanneer daar moeilikheid is. Lg is NIE ‘n gesonde Bybelse siening nie!

    • Veneto

      Weereens dankie vir jou bydrae!

      Lees asb ook my reaksie op jou kommentaar op die panenteïsme artikel. Ek gaan nie alles hier herhaal nie.

      Die Heilige Gees is is oral teenwoordig, behalwe waar Hy hy nie welkom is nie en nie wil wees nie (bv die hel). In panenteïsme is die hel ‘n logiese onmoontlikheid. Panenteïste beweer dus Christus het gelieg toe hy gepraat het oor die hel.

      ‘n Goeie metafoor om die Bybelse idee van God se immanensie te beskryf is alkohol en water. God is in die skepping soos alkohol in water. Die alkohol is nie die water nie en die water is nie die alkohol nie. Die twee kan maklik geskei word deur distillasie.

      Die panenteïstiese god is in die skepping soos water in water. Of soos H-atome en O-atome in water.

      Lees ook asb weer wat ek geskryf het in my artikel oor die Bybelse lering oor die inwoning van die Heilige Gees. Dit is absoluut onverenigbaar met panenteïsme.

      Ek het dit in my ander kommentaar gesê en ek sê dit weer. Ek ken geen Christene, ook nie tieners nie, wat die onbybelse wereldbeeld van deïsme handhaaf nie. Dit is ‘n strooipop.

      Indien die tieners ‘n deïstiese wêreldbeeld het moet ons hulle die Bybelse waarheid leer, en nie vir hulle vertel hulle is self god nie!

      Groete

      Wynand

  13. Flippie said:

    Die Skrif is God se woord en nie die van mense! Laat die Skrif (Jesus self) ons verander en nie ons die Skrif om ons eie swakhede te regverdig nie. God vra dat ons Hom in Gees en in waarheid sal aanbid. Die Gees moet in meer mense se lewens oorneem sodat die waarheid sal oorkom. Dit is waarvoor ons moet bid! Dankie dat stemme nog opgaan om die waarheid te verkondig!

  14. sola Christi
    sola gratia
    sola fide
    sola scriptura

  15. Christo Brümmer said:

    Wynand, ek stem heeltemal saam met die sewe punte, maar nie noodwendig met die presiese bewoording van die res van die boodskap wat jy aan ons gestuur het nie. Ek is self ook maar bekommerd oor ons kerk, hoewel daar nog baie leiers in ons kerk is wat staan by die waarheid van die woord.

  16. Ek stem saam en ek glo, net soos die skrywer, soos wat die Bybel ons leer oor God, en dat die Bybel die onfeilbare Woord van God is. Dat daar beslis probleme is en dat sommige teoloë totaal die pad byster geraak het, is ook geensins te betwyfel nie.
    Ek wil egter in ‘n sekere opsig verskil oor die donker prentjie wat oor die kerk geskilder word. Dit gaan nie oral so sleg nie, en daar is talle gemeentes waar die Woord steeds suiwer verkondig word. In KwaZulu-Natal het ek tot dusver nog nie ‘n predikant van die NG Kerk teëgekom wat dwaalleer verkondig nie, en by elke byeenkoms van die ring van Durban asook Sinode byeenkomste word daar baie tyd afgestaan om juis in diepte om te gaan met die Woord voordat daar met enige sake begin word. God en die Woord is vir ons hier baie kosbaar en in die meeste gemeentes is daar geestelike groei. Daar het ook ‘n wonderlike ding gebeur, waar die ou Durban middestad besig is om geestelik waarlik te herleef, en talle mense saam werk om God se Woord weer suiwer aan duisende mense (dikwels vlugtelinge) te lewer.
    Louis Nel (NG Kerk Noordkus)

    • Hallo Louis

      Dankie vir jou goeie nuus uit Natal!

      Ek glo beslis die meerderheid van die ampsdraers en lidmate in die kerk kleef steeds aan die ware Evangelie. Moet my asb nie misverstaan nie. Maar die liberale teoloë is die mense wie ons toekomstige predikante oplei. Dit is ‘n ongelooflike gevaarlike situasie.

      Dit is tyd dat die Stille Meerderheid nou opstaan en eis dat mense wie nie meer die evangelie glo nie, nie meer leiersposisies in ons kerk mag beklee nie.

      Ons kerk kan eenvoudig nie bekostig om “ruimte te skep” vir dwaalleraars nie.

  17. Pierewiet said:

    Liewe Wynand, vergun my ‘n opmerking of twee oor die Epos wat jy vandag uitgestuur het :

    1. Ek is ook ‘n lidmaat van die NG Kerk en het ‘n heel ander ervaring van die kerk as wat ek by jou hoor. Om te hoor dat die “NG Kerk gaan sterf” vind ek onvanpas en bietjie venynig – en dit maak seer. Ek is nie blind vir die kerk se foute nie en stem self ook nie saam met sommige skakerings van die teologie wat aangebied word nie. Maar te midde van alles hoor en sien en beleef ek dat die meeste predikante en lidmate van die NG Kerk eerlik op soek is na vernuwing. Ek ervaar dat daar ‘n groter openheid in die kerk onstaan het om te luister na wat die Gees vir die gemeentes sê. Ek glo dat Jesus Christus steeds die Hoof is van die kerk en dat Hy met ons op pad is om ons meer te maak soos HY. Dit maak my opgewonde !!
    2. Verskille oor die teologie kan mens nogal besig hou en dit vereis van ons dat ons mooi moet luister voor ons reageer op iemand anders se storie. Soms dink ek moet mens ter wille van die liefde eerder stilbly totdat jy regtig gehoor het presies wat die ander een bedoel. Daarom is dit ook baie onregverdig – dink ek – wanneer mens iemand se standpunt beoordeel op grond van iemand anders se kritiek daarop. Want dan beteken dit ek het nie (eerstehands) goed genoeg geluister wat in die ander een se hart aangaan nie.
    3. Ek stem saam met Vk (hierbo) oor ‘n moontlike verduideliking van die wesenlike verskil wat bedoel word met die terme pan-teisme en pan-en-teisme. Miskien moet ons onsself eers daarvan vergewis voordat die debat daaroor voortgaan. En ja, die tieners moet in ons voorbeeld en getuienis hoor en sien dat God nie na ons kyk “from a distance” nie maar dat dit waar is wat Jesus in Joh 14:20 en 23 sê : Jesus en die Vader is in ons !

    Groetnis

    • Pierewiet

      Dankie vir jou bydrae, ek waardeer dit.

      Ek hoop nie die NG Kerk gaan sterf nie. Maar as mens kyk wat in Europa gebeur het nadat die kerke liberale teologie begin aanhang het is dit nie ‘n verregaande voorspelling nie soos dit op die oog af lyk nie. Ek kan natuurlik nie die toekoms sien nie en ek moet bely dat ek miskien bietjie sensasionalisties was toe ek die titel gekies het. Die waarheid is egter dat ons kerk wel ‘n krisis beleef, en dat indien ons kerk vortgaan om liberale teologie aan te gryp dit gaan vererger.

      Soos ek al verskeie kere hier opgemerk het, die meeste predikante en ampsdraers in die NGK is steeds verbind aan die ware Evangelie. Die probleem is die sterjie wat op die oomblik die hond swaai.

      Ek het panenteïsme ondersoek en my opinie is dat dit nie met die Bybel verenigbaar is nie. Ek glo mens kan slegs ‘n panenteïs wees as jy die outoriteit van die Bybel as onfeilbare Woord van God verwerp. Soos baie reeds doen. My opinie is grootliks, maar nie heeltemal nie, gebasseer op Cooper se boek, wat ek glo ‘n baie ewewigtige opsomming van die saak gee. Ek wil jou ook graag verwys na die video wat op hierdie blog gepos is wat uitsprake van NG teoloë bevat.

      Ek het reeds op VK se pos gereageer – ek wil jou ook verwys na my reaksie op sy kommentaar by die artikel oor panenteïsme waar ek spesifiek na Moltmann se paneneïsme verwys en waarom ek glo die enigste logiese gevolgtrekking van sy teologie is dat die skepping gelyk is – of word – aan Christus.

      En ek noem graag net weer dat deïsme onbybels is, dus behoort panenteïsme nie aangegryp te word omdat dit beter is as deïsme nie. Dit is ‘n drogargument.

      Volgens panenteïsme is god in almal. Dit is duidelik onverenigbaar met die Bybel wat leer dat die Heilige Gees slegs in die is wie verlos word. Verwys asb na my artikel vir die spesifieke teksverwysings.

      Groete

      Wynand

  18. Wynand, die NG Kerk is gedoem, tensy die kerk terugkeer na die Skrifwaarhede – God laat Hom nie bespot nie. Die Bybel is, onder andere, baie duidelik oor die volkere verskeidenheid en die grense wat tussen verskillende volkere behoort te bestaan om sodoende vreedsame naasbestaan te verseker. Hierdie enorme Skrifwaarheid is deur hierdie einste NG Kerk tot “sonde” verklaar. Wat ons huidiglik in Suid-Afrika sien en beleef is die gevolg van die blatante miskenning van die ‘orde’ soos deur God daargestel. Derhalwe beleef ons totale wanorde, ekonomiese en sedelike verval, van die hoogste misdaadsyfers in die wêreld, ongekende bedrog en korrupsie, uiterste vorms van rassisme en helaas die totale miskenning van God en sy gebooie. Is dit die kenmerke van ‘n land wat deur God geseën word? Nee, stellig nie. Watter rol het die NG Kerk gespeel om hierdie goddelose bestel daar te stel? Die misleiding van die Afrikaner deur die NG Kerk in die daarstelling van die Nuwe Suid-Afrika mag nooit onderskat word nie. Ek weet, ek het dit eerstehands beleef.

    Die NG Kerk is besig om te maai wat oor die laaste 30 jaar gesaai is. Tensy die NG Kerk terugkeer na God en Sy Woord en sterk standpunt inneem oor onder andere sabbatsontheiliging en gruwels soos homoseksualiteit en dobbelary, gaan die NG Kerk oor 30 jaar nie meer bestaan nie! Ons kan nie God en Mammon dien nie!!

    • Riaan, ek waardeer jou bydrae.

      Ek moet egter dit hier baie duidelik stel dat ek nie kan saamstem met jou teologie oor volke en die grense tussen volke nie. Dit is eenvoudig ‘n verloëning van Galasiërs 3:26 – 28.

      Gal 3:26 Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God, 27 want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van Christus geword. 28 Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één.

      Groete!

      • Wynand, ek is jammer om dit aan jou te stel dat jy ‘n dwaalleer verkondig. In Galasiërs 3 hanteer Paulus die kwessie van wettisme teenoor geloof. Hy verwys spesifiek in die aangehaalde gedeelte na gelowiges, en gelowiges alleen. As gelowiges, ongeag ras of herkoms, is ons tereg een in Christus. In die verband sê Paulus in Galasiërs 3:26 “Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus”. Duidelik word hier na ‘n geestelike eenheid verwys – dit is tog voor die handliggend. Man en vrou bestaan steeds; Griek en Jood bestaan steeds.

        Die volkere verskeidenheid en die grense tussen volkere is ‘n instelling van God. Ek daag jou om dit uit die Woord te weerlê.

        • Riaan

          Jy is reg, hy verwys na gelowiges en ek het nooit anders beweer nie. Die feit dat die liggaam van Christus alle grense oorskry is egter van deurslaggewende belang in hierdie argument, en kan nie ignoreer word nie.

          Hoe dit ook al sy, dit is nie die onderwerp van hierdie blog nie en ek gaan nie verder gesprek hieroor voer nie – nie omdat ek lelik wil wees nie maar omdat ek op een punt gefokus wil bly. (Ek het ‘n lang pos oor die doop afgekeur. Nie omdat nie belangrik is nie maar oor my blog nie oor die doop handel nie)

          Ek hoop jy verstaan dit so!

      • Wynand, dit is reg so! Die feit bly egter staan dat ons moet terugkeer na die fundamentele Skrifwaarhede. Nooit mag ons aan hierdie wêreld gelykvormig word nie!! God het nie verander nie! Die Bybelse beginsels staan vas, ten spyte van al die pogings om die Bybelse waarhede uit te vertaal.

        God sal Suid-Afrika en die NG Kerk genees, mits ons ons voor Hom verootmoedig, ons sondes bely, terugkeer na Sy weë en Hom alleen en bo alles dien. Indien nie, is die ondergang nie net van Suid-Afrika nie, maar ook van die NG Kerk ‘n gegewe.

        Ons moet aanvaar dat in die tye waarin ons leef “baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei” (Mat. 24:11). Ons het dus ‘n verantwoordelikheid om deur die werking van die Heilige Gees en deur Bybelstudie self tot die waarheid te kom aangesien ons kerke vandag vol is van die “valse profete” waarteen Jesus ons waarsku.

      • Ons moet oppas om nie Galasiërs 3:28 te verdraai om polities korrek te wees nie. Die ou vertaling sê DAAR (in die hemel) is nie meer Jood of Griek nie. Die nuwe vertaling en die liberaliste sê HIER (op die aarde) is nie meer Jood of Griek nie

        • Jan

          Daar is geen kontekstuele gronde vir jou interpretasie dat “daar” verwys na die hemel nie. Vers 26 is in die hede, vers 27 verwys na ons doop in die verlede, vers 28 verwys na die huidige Liggaam van Christus. Die Bybel leer dat “kinisme” sonde is en dit het niks te doen met liberalisme nie. Ek is so konserwatief soos kan kom.

          Ek gaan egter nie verder hieroor gesprek toelaat nie. Dit is nie waarvoor hierdie blog daar is nie.

          Wynand.

  19. tommie gray said:

    George Whitfield het geskrywe:
    “”But he is unworthy the name of a minister of the gospel of peace, who is unwilling, not only to have his name cast out as evil, but also to die for the truths of the Lord Jesus. “”

    Enige predikant wat sy sout werd is geroep om onverskrokke die waarhede van Christus te verkondig – al kos dit sy goeie naam, al kos dit verlies aan reputasie, al kos dit die dood!

    Hoeveel van ons predikante is in die ware sin van die woord geroep om hulle lewens vir die evangelie dan te gee as dit dan moet ?

    Kom ons bid vir:
    1. Manne van die kaliber van ‘n George Whitfield, Andrew Murray, Dr Willie Marais om weer na vore te kom in ons kerk.
    2. ‘n Goddelik verwerkte herlewing en suiwering van die kweekskool, dat die Here die regte manne sal roep om predikante te word, en dat die Here terselfdertyd die kweekskole sal suiwer van dwaalleer en dwaalleerders.
    3. ‘n Goddelik verwerkte herlewing in ons kerk, sodat die woord van God suiwer,onverskrokke, in die krag van die Heilige Gees gepreek sal word.

    Die Here waarsku in Jakobus – “Julle kry nie, omdat julle nie bid nie” MAG DIT NIE VAN ONS WAAR WORD NIE!

    Tommie Gray

  20. Ensie Enslin said:

    Wynand,
    Ek het na die video’s gekyk… en my hart het gehuil! Mag die Here ons oë oopmaak vir die Waarheid volgens Sy Woord! Mag ons ophou om oor God “god” te probeer speel & Hom te wil verstaan, verklaar, dissekteer, alvorens ons Hom & in Hom sal glo! (1 Joh 5:9-13) Mag die Heilige Gees weer ‘n kinderlike geloof in ons wek… “omdat Jesus/God/Sy Woord so sê” en NIE omdat ek dink dit is “geloofwaardig” nie! Kom ons laat God GOD wees en vertrou volkome op Hom; kom ons leef Sy Liefde uit in dade, sowel as deur ons woorde/getuienis – volgens Sy Woord & tot Sy eer; kom ons doen dit belydend – oor ons eie onvolmaaktheid, en nederig, maar ook in ontsettende dankbaarheid dat God se Woord ook vir ons leer dat God dit in gedagte hou dat ons maar net “stof” is…; kom ons hê God lief met ons HELE hart, siel, krag… en OOK met ons VERSTAND – deur ook my sg wysheid/insig/openbaringe/kennis/… te onderwerp aan die Waarheid in SY Woord en Hom toe te laat om dit in lyn te bring met Sy volmaakte wil & waarheid (Rom 12:1-2; 2 Pet 1:20-21).
    Dankie dat jy opgestaan het! Mag die Here jou seën.
    ‘n Mede dienskneg in Christus Jesus.
    Ensie Enslin

  21. Anneke said:

    Ek het met aandag al hierdie kommentare deurgelees. Sommige standpunte is vir my as “gewone” christen moeilik om te verstaan, maar wat ek wel kan se is dat Wynand se hele epos vir my presies weergee wat ek tans in my gemoed ervaar. Als moet skielik verander, in nuwe geskenkpapier toegedraai word want die oue is nie meer mooi (of dan reg) genoeg nie. Ons kinders word nie meer die Bybelse inhoud en geestelike waarhede daarin geleer nie. Hulle kan nie meer self daar na antwoorde gaan soek nie, want hulle weet nie dat daar antwoorde is nie.Hulle “hoor” die “waarheid” by die dwaalleraars, die wereldmedia ens en “sien” dit rondom hulle – dit is die nuwe waarheid. Hoekom moet hulle dus in die NG Kerk bly? Hulle weet nie watter kerk bely wat nie en dus is kerkverband nie belangrik nie. “Ek gaan waar my gevoel my lei” – die grootste gevaar na my mening dat ons so behep is met ons “gevoel” ipv die Waarheid volgens die Skrif. As ek (as Christus se kind)nie soos Wynand kan se hier staan ek ek kan nie anders nie sal die NG Kerk sy stem vir dié Waarheid verloor en glo ek sal Hy vir dié wat oorbly weer ‘n nuwe kerk (die werkwoord en nie naamwoord nie) of dan ware kerkwees gee. Kom ons as Sy kinders wat nog ernstig hieroor bid, aanhou bid dat dit gou mag gebeur!

    • Dankie Anneke

      Ons bid deurentyd.

      Ek ek wil graag vra dat ons vir Nelus Niemandt bid, dat God hom besonders sal salf sodat hy sy roeping waarlik tot God’s eer sal kan uitvoer.

  22. Paulus Frylinck said:

    Wynand, hier staan ek, ek kan nie anders nie.
    Ek glo in God. Ek glo in Jesus Christus, my Here en my Redder. Ek glo in die Heilige Gees. Ek glo eenvoudig, soos ‘n kind glo in die tandemuis. Ek glo dat alles in die Bybel waar is, ek glo in die verhaal van die Rietsee wat oopgegaan het, ek glo in die verhaal van die Rots wat water in die woestyn gegee het vir die Israeliete, ek glo in Elisa se wonderwerk wat die byl op die water laat dryf het, netso glo ek aan die kruisiging, sterwe, begrafnis en opstanding van Jesus en in Sy opvaarding na die regerhand van God, ons Vader. Ek glo ek gaan hemel toe, net soos ek is, met al my foute en sondes, want ek glo Jesus het vir my gesterf aan die kruis. Ek glo nie in onder dompeling of goeie werke nie, want niemand is volmaak voor God nie. Ek glo ek word gered uit Sy genade alleen,nie deur my prestasies, of my slimmigheid of onderdrukking in water nie, ek glo ek staan elke dag kaal voor Hom met my hande vol sonde waarop die bloed van Jesus elke dag drup om my voor God te heilig elke dag van my lewe. Ek glo nie, net omdat ek aan ‘n sekere kerk behoort, en daarom gaan ek hemel toe, nie. Ek glo nie NG kerk, of AGS of PPK of VEK of Roomse Kerk of Rhema Kerk bring my in die hemel nie. Ek glo net Jesus bring my in die hemel, en daarom is ek dankbaar daarvoor, en daarom gaan ek kerk toe, biduur toe, Bybelstudie toe, dien ek in ons gemeente se Diens van Barmhartigheid, en is bedrywig in alles van my gemeente, om vir Hom te wys dat ek Hom lief het met my hele hart. Ek is lief vir my geliefde NG kerk, ek het in hom groot geword en ek bly staan by my kerk al praat soveel mense sleg van my kerk. Ja, my Kerk het foute, net soos ek foute het, daarom kan ek nie oordeel nie, kan ek nie klippe gooi na my kerk soos die mense wou doen met die owerspelige vrou. Ek glo Jesus het ons kerk, ons gemeente ook baie lief, die 26 jaar wat ek as ouderling van ons gemeente dien, is daar vele wonderwerke en vele genade bewyse dat Hy ons gemeente dra en lei. Ek is baie lief vir my Bybel, die Bybel vir Dowes, en ek glo alles wat daar geskryf is, dit maak my hartseer dat daar mense is wat my Bybel sleg sê en verkleineer. Ek glo lidmate van ons gemeente gaan hemel toe, al is hulle kennis van die Bybel so baie baie min, al bid hulle so eenvoudig en sing eenvoudige liedjies in die erediens, want Jesus oordeel ons nie omdat ons wonderlike slim mense is nie, maar omdat God ons onvoorwaardelik lief het soos in Johannes 3:16.
    Paulus Frylinck, Ouderling NG Gemeente Effata vir Dowes.

  23. Paulus, jou getuienis raak my diep, BAIE diep! Alle heil en seën toegebid!

  24. Afgesien daarvan dat ek my uit oortuiging laat ‘groot doop’ het, al het ek opgegroei en tot bekering gekom binne die NG, het ek nog altyd heel tuis gevoel in die NG Kerk en kon ek my met feitlik alles vereenselwig indien die preke skrifgesentreerd was.

    Na ‘n paar jaar in die buiteland het ek uiteindelik ‘n internetswerwende lidmaat geword wat my geloofsgemeenskap vind in gelowiges met wie my pad kruis en wat my sending- en barmhartigheidsveld gevind het in diegene met wie ek elke dag skouers skuur. Ongelukkig is die paar dienste (oor ‘n tydperk van 4 jaar) wat ek intussen in die NG Kerk beleef het, my totaal verdryf.

    Dis baie bedroewend as ‘n mens op ‘n klein plekkie beland (met letterlik net een kerk) en die dominee wat al eintlik moes aftree is baie ‘with it’ en preek tydens Opstandingsondag oor ‘Moedertjie Aarde’ en die preke is deurspek met humanisme/New Age Predikings…. Na die soveelste keer wat ‘n mens dreig om uit te loop omdat kerk en wereld een geword het, raak dit net soveel makliker om internetpreke te luister ten einde Liberale Teologie wat verkondig word, te systap. Dis hartseer om op RSG op Sondae tydens ‘geestelike’ programme te sien hoe daar geflikflooi word met ander godsdienste en teoloe wat Jesus misken. Die wolwe is in die skaapkraal en so sal dit seker bly. Ons sal moet uitkom.

    • Beste Riet

      Dankie vir jou getuienis. Ek dink daar is duisende wat voel soos jy, “Dat ons moet uitkom”. Ek wil net noem dat ek glo God gaan die NG Kerk omdop. As genoeg mense wat soos jy voel drukgroepe in hulle plaaslike gemeentes en ringe vorm, sal dit spoedig nie meer nodig wees om so te voel nie!

      Ek wil jou dus aanmoedig om aktief te word in jou plaaslike gemeente: Het God jou nie dalk na die verdwaalde leraar met sy New Age geloof geroep as getuie nie? Het God jou nie dalk geroep om seker te maak dat die Evangelie in die gemeente se sondagskool verkondig word nie? Dalk het Hy jou geroep om die gebedsaksie in jou gemeente van die grond te kry!

      Gaan bid daaroor, en luister na God, hoor wat Hy wil hê jy moet doen!

  25. Fokus said:

    Beste Wynand

    Wanneer ‘n mens die Here toelaat om in jou te werk, kan snaakse dinge gebeur. Botsende/opponerende dinge! Soos dat een persoon oortuig raak dat hy nie ‘n druppel alkoholiese drank mag drink nie en ‘n ander dat hy dit letterlik tot eer van God kan drink (natuurlik nie oormatig tot die punt van dronkenskap nie!). En by beide persone is hierdie persoonlike geloofsoortuiging so sterk dat hulle twee skynbaar botsende werklikhede aan ander aanbied as die enigste “waarheid” (suiwer leer).

    Dís immers die essensie van die verskille rondom die doop. Die Here oortuig een persoon van die rykdom van sy genade en liefdesinisiatief wat ingebed lê in die doop van kinders. Die ander word oortuig van die onkeerbare werklikheid dat sy geloof gedemonstreer moet word in ‘n handeling (groot doop) wat getuig van God se wonderlike vernuwingswerk in sy lewe. Dit alles doen dieselfde Here.

    Wanneer ons dan probeer vasstel by watter geleentheid die Here nou eintlik reg was (soos deur te probeer besluit watter doop nou eintlik reg is) dompel ons onsself ietwat in die moeilikheid. Selfs Paulus erken dat dit nie nodig is om te probeer vasstel wie nou eintlik reg was as een afgodsoffers vermy en die ander dit gebruik tot God se eer nie. Paulus reken dat ons na die wind jaag as ons dit doen. En dat ons sommer ook God se unieke werk in elke unieke mens miskyk.

    Daarom moet daar altyd in die kerk ruimte wees vir verskille – veral wanneer dit oor praktiese gestaltes van die uitlewing van ons geloof gaan. Of wanneer dit oor minder sentrale waarhede (waarhede wat nie ons redding in gedrang bring nie) gaan. Paulus sê juis in sy brief aan die mense van Korinte dat hulle moet kan onderskei wanneer dit so ‘n saak is. En dat ons dan die verskille, en mekaar, in liefde moet aavaar – selfs al lyk dit of dit oppenerende werklikhede is.

    Wat egter soos ‘n paal bo water staan, is dat ons nie met dieselfde gemak kernwaarhede van die geloof (soos die aard en effek van Jesus se dood en opstanding, die werklikheid van sy Koningskap, die sonde as oorsaak van ons nood aan verlossing, ens.) op soortgelyke wyse kan hanteer nie. Dis juis op die punt van kernwaarhede (in besonder oor Jesus Christus en sy werk) dat die Nuwe Testament duidelik afwysend oor dwaalleraars praat. En dan sê dat ons alle bande met hulle moet sny. Hulle selfs aan die duiwel moet oorgee (OOps… ek het vergeet dat die duiwel volgens die NG Kerk se nuutste besluite mos nie rerig bestaan nie! Sorry vir die “glips”)

    Maar terug by die implikasies van wat die Bybel (nie die NG kerk nie!) sê:

    Dit is dus verskriklik belangrik (ook in jou eie nadenke en in gesprekke op hierdie blog) om die randwaarhede van die kernwaarhede te onderskei. En dan op die kernwaarhede te fokus. In enige gesprek hieroor moet die geopenbaarde waarheid (soos ons dit in die Woord kry en saam met mekaar ontdek) dan die basis bly van enige beoordeling van enige enige standpunt.

    Ek glo dat hierdie gesprek nodig is – nie soseer om dwaalleraars uit te wys en aan die groot klok te hang nie. Maar om weer vir onsself helderheid te kry oor kernwaarhede van die geloof waarin ons glo en wat ons almal met mekaar deel. Want dan sal ons die dwaallering aan ander gelowiges kan verduidelik – asook die waarheid waarin ons glo!

    Sterkte vir die rol wat jy in hierdie gesprek speel.

    • Andre Kritzinger said:

      Ek hou van wat “Fokus” sê oor ruimte maak vir verskille en sy onderskeid tussen minder sentrale waarhede (randwaarhede) en kernwaarhede (sentrale waarhede). Dis net nie so maklik om presies te weet wát is wat nie. Ja, dat Jesus die Christus, die Seun van God is, is ‘n kernwaarheid. “1Jn 4:2 Hiéraan ken julle die Gees van God: elkeen wat bely dat Jesus werklik die Christus is wat mens geword het, het die Gees wat van God afkomstig is. :3 En elkeen wat dit nie van Jesus bely nie, het nie die Gees wat van God afkomstig is nie. Hy het die gees van die antichris, die gees van wie julle gehoor het dat hy kom en wat nou reeds in die wêreld is.”

      Is die bestaan van ‘n duiwel as “werklike persoonlik wese”, ‘n kernwaarheid? Die NG Kerk se nuutste besluit maak ruimte vir verskille oor die saak (soos jy in jou brief oor ander sake meld). “daar is ruimte vir lidmate wat aan die werklike en persoonlike aard van die duiwel en demone glo, en daar is ruimte vir lidmate wat die Bybelse spreke oor die bose en duiwels anders interpreteer.”

      Die sinode het hul belydenis afgesluit met: “Net die Bybel. Alleen deur genade. Slegs deur geloof . Uitsluitlik Christus. Aan God die eer.”

      • Hallo Andre

        Die bestaan van die duiwel is wel ‘n kernwaarheid.

        Dit gaan nie soseer oor die duiwel nie, maar oor Jesus se integriteit.

        Jesus het beweer hy het met die duiwel gepraat, soos ek vanoggend met die meisie in die kafee gepraat het. Jesus noem hom die vader van die leuen, ‘n moordenaar, in konflik met die waarheid.

        As die duiwel nie bestaan nie is Jesus of ‘n leuenaar of ‘n skisofreen. Die hele evangelie stort dan in duie.

        Dus moet jy maar besluit wie jy gaan glo. Daar is nie ‘n middeweg nie.

  26. Dawie de Wet said:

    Beste Wynand
    Dankie vir jou Bybelse inisiatief. Al sou ek sekere punte dalk effens anders formuleer, stem ek ten volle saam met jou protes teen veral die ruggraatlose sinodebesluit oor die “moontlike” bestaan van die duiwel. Soos dit daar staan, sê die sinode elkeen kan maar glo soos hy/sy wil oor hierdie saak. Wat ‘n duiwelse klug!

    Ek het deur al bognoemde briewe gelees en is hartseer oor soveel kinders van die Here wat getuig van seerkry omdat sekere ampsdraers – saam met jou glo ek ook dis slegs ‘n minderheid – op die panteïstise wa geklim het of net bloot soos Demas die teenswoordige wêreld liefgekry het en nie meer erg daaraan het om Evangelie waartoe hulle geroep is, suiwer te verkondig nie.

    Dankie dat jy die klem lê dat elke lidmaat ‘n roeping het om hierdie dinge aan die kaak te stel, eerder as om bloot te onttrek.. Die een probleem is dat ons tradisioneel ‘n domineeskerk geword het, en elke lidmaat wat dit stilswyend dit laat voortgaan, word aandadig aan die dwaling. Ek glo dat ons baie beter gaan doen as ons nie meer die Evangelieverkondinging gaan uitkontrakteer aan voltydse “geleerde” leraars nie, maar dat ons as lidmate ons roeping nakom en ons ampte uitleef met die gawes wat die Gees aan ons gee. Die voorwaarde is dat ons by die Bybel as basis bly.

    Ek wil saam met jou lidmate oproep om dit wat hulle glo daadwerklik te leef.

  27. Andre said:

    Die NG kerk is besig om te sterf omdat hulle in `n “gatlek” instansie verander het. Hulle is besig om te kompromiseer met alles waarin ons glo, omrede hulle so vas klou aan dit wat eintlik moet verander. Die afgelope algemene senode was so ingestem op die kwessie van die doop dat hulle nie eers in geneem het wat Ben du Toit eintlik gesê het nie. Hy het hulle fokus slegs vir `n klein tydjie gehad en daarna was dit weer terug by die doop.
    Jy sien, die kerk loop leeg omdat die lede nie gevoed word nie. Die Heilige Gees openbaar al hoe meer die waarheid aan die mense. Hulle kom dan agter hoe verkeerd hulle al die jare geleer was. Hoe meer hulle dan in die erediens sit en luister hoe meer hoor hulle die valse teologie. Dit is waarom `n groep voor die algemene senode ge “toi-toi” het om die waarheid te wil hoor. En o wee, die kerk kies weer die verkeerde antwoord en skep ruimte vir vir `n predekant wat openlik herken dat hy nie glo aan die duiwel nie.
    Die kerk is te bang om die waarheid te praat, want dit sal beteken dat hulle op tone sal trap en dat hulle nog lidmate sal verloor. Dit het alles ontaard in `n valse leologie om die lidmate se ore te streel en niemand te na te kom nie. Jesus het die waarheid gepraat en daardeur op baie tone getrap.
    Soos ek vroër gesê het, is die Gees besig om in elk geval die waarheid aan mense te openbaar. Die waarheid oor die doop, die waarheid oor die satan, die waarheid oor die hel, die waarheid oor die wegraping, die waarheid oor die wet, die waarheid oor sonde en nog vele meer. Mense wil die waarheid van die prediker hoor. Mense wil weet wat is sy standpunt aangaande die dinge wat hulle in die koerante lees. Mense wil weet wat is sy standpunt aangaande die uitsprake van dosente en profesore, wat veronderstel is om die nuwe dominees op te ly, maar uitsprake maak teen die bybelse beginsels.
    Die lidmate is ook moeg vir dooie tradisies in die kerk wat nie eers die dominee weet waar dit vandaan kom of die voordeligheid daarvan is nie. Julle sien net mooi alles in die kerk het tradisie geword, selfs die blote feit om kerk toe te kom. Mense is moeg vir tradisie.
    Nou wil ek `n bietjie getuig. Ongeveer vyftien jaar gelede het die Here `n pad van vernuwing met ons gemeente begin stap. Hy het dit op die dominee se hart gelê om `n paar veranderinge te maak en weg te beweeg van die dooie tradisies. Saam met dit het Hy vir hom die eerste van vele beloftes gegee, dat as ons in Sy wil bly Hy ons sal seën en `n groot sterk gemeente maak. Die Here het toe die volgende tradisies oor die daarop volgende paar jaar uit ons gemeente begin verwyder:
    • Die ampte (die naam dominee)
    • Die ampsdrag
    • Die kerkraads banke
    • Die orrel
    • Die kansel
    • Die absoluute roetiene waarmee eredienste gehou was
    • En nog baie meer
    Saam met elk van die bogenoemde het daar ook lidmate na ander gemeentes toe oorgeloop. God was egter so getrou dat Hy ook met elk weer kom by voeg het. Die gemeente is nou sterker as ooit, maar ons wag nog op die voleindiging van God se beloftes, want daar was baie.
    Die verskil in ons gemeente is dat die waarheid gepreek word. Dat die oor nie net gestreel word om die lidmate te behou nie. Dat God se wil gevolg word en dat die gemeente weet hoe die prediker oor die valse teologie voel waarvan hulle in die koerante lees.
    Slegs God kan die NG Kerk red deur in Sy wil te hou.
    Back to basics.

  28. Sjoe,Andre, ek kan nie help om kommentaar te lewer op jou skrywe nie, want dis byna my eie woorde (as ek so “grand” kon skryf)!

    Ek kan net nie saamstem dat ons tradisie dood eenvoudig net kan uitgooi nie. Daar is dinge wat ons maak wie ons is en dit is in tradisie gesetel, MAAR wanneer ons tradisie god maak, is dit ‘n ander saak en ek het dit al vele male beleef, want waar tradisie god is, is daar geen ruimte vir die Heilige Gees nie

    Een van die dinge wat my egter die meeste tref is dat ons mense self nie die Bybel ken nie en dus noodwendig agter hulle moet aanloop wat dit so oortuigend “uitle” en wat uit die aard van die saak soveel meer “geleerd” is as ons. Vandag met internet en die vele boeke beskikbaar, is dit egter nie meer ‘n verskoning nie

    Wynand, jou sewe punte verwoord dit wat ek glo. Wat randwaarhede betref, is dit juis dit wat “hy wat nie bestaan nie” gebruik om ons as ware Christene uitmekaar te hou. Oorlede Louis Malherbe het gese die duiwel “shunt” ons op ‘n syspoor en ons gaan voluit op en af op die syspoor op pad nerens heen nie en voel dan dat ons voluit vir die Here werk !!

    Seen vir jou en wat jy doen en “hier staan ek” saam met jou !!

  29. Pieter said:

    Ek glo:- 1) God is die skepper en almagtige.
    2) Die bybel is ‘n handleiding – God is die Woord.
    Die Bybel kan jou nie die ewige lewe gee nie maar die Bybel kan.
    3) Die mens is vlees (Joh 3 v 6) en God is Gees (Joh 4 v 24)
    Die wat in die vlees is kan God nie behaag nie (Rom 8 v 8)
    God het gese ‘Laat ons mense maak na ons beeld en gelykenis’
    (Gen 1 v 26) Wat God (Woord) se is ‘ Laat daar lig (insig) wees
    by die mense wat die aarde bewoon sodat hulle ook geestelik kan word
    soos God. (Hy wat in die gestalte van God (Gees) was, het dit geen
    roof geag om aan God gelyk te wees nie (Fill 2 v 6)
    Die mens kan soos God (geestelik) wees maar die mens kan nie God
    wees nie.
    4) Christus is nie God nie – God is gees (Joh 4 v 24)
    Hoe sal (Gees) aan ‘n kruis gehang word en daarna begrawe word –
    was God dan nou gekruisig en begrawe?
    5) Satan is nie ‘n persoon nie – die versoeker was alreeds in die paradys
    in die gestalte van ‘n slang en omdat hy nie daar uitgeroei was nie, het
    hierdie onheil gegroei tot ‘n draak ‘met engele’ in die boek van
    (Openbaring 12) ‘Ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie,
    maar teen die bose geeste in die lug. (Ef 6 v 12)
    6) Ek moet seker maar ‘n paar bladsye uit my Bybel skeur want daar staan
    geskrywe:- ‘Die einddoel van jou geloof is die verlossing van siele’
    (1 Pet 1 v 9) Hy wat hoop op die koms van Christus alleen is die
    ellendigste van almal.
    Gaan hierdie siele wat verlos moet word sommer net eendag besluit om
    self kerk toe te kom? Nee man, ons moet hulle gaan haal. Dit sal ‘n
    geveg wees anders sal niemand ‘n kroon van oorwinning kry as daar
    geen stryd was nie. ‘Hy se vir hom, Pas my skape (siele) op’ en Jesus se
    ook ‘Laat my skape wei’ (Joh 21 v 16,17) Dit is die taak wat ons as blye
    boodskap-draers (Engele) moet verrig. Die skrif se tog ‘Daar is vele
    van my skape (lede) in ander krale (kerke, gelowe)
    Na die natuur sal niemand ‘n loon ontvang as hy nie daarvoor gewerk
    nie, hoekom sou ek die ewige lewe ontvang as ek nie daarvoor gewerk
    nie?
    7) Ek stem saam dat die gelowiges die ewige lewe sal beerwe maar dat
    hulle wat nie die waarheid weet nie verdoem is, God is groter as dit.
    Wys dit nie dat daar baie werk is om te doen nie? Ons word gedurig
    vermaan ‘Wandel waardig die roeping waarmee julle geroepe is’
    (Ef 4 v 1) Dit weerspreek ook jou siening dat saligheid nie deur
    werke en dade bekom kan word nie (Dit gaan ook nie verkry word deur
    met gevoude arms te sit nie)
    ‘Nie elkeen wat se Here, Here sal ingaan in die koningkryk van die
    hemele nie’ (Matt 7 v 21)

    • Pieter

      JY glo Christus is nie God nie, dus neem ek aan dat jy nie in die NG Kerk is nie maar lid van ‘n nie-Christelike sekte of ‘n Moslem is.

      Mag ek voorstel dat jy ‘n goeie boek kry oor die basies beginsels van die Chrsitelike geloof, insluitend die Drie-Eenheid van God, en dit lees. Ek bid regtig dat jy tot insig sal kom! Ek kan regtig nie hier vir jou verduidelik hoe die Drie Eenheid werk nie, omdat dit nie is waaroor die blog gaan nie.

      Johannes 1:1 In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God.

      Besluit maar self of jy die Bybel wil glo of nie.

      Ek gaan nie verder hieroor gesprek voer op hierdie blog nie.

      Wynand

  30. Wynand

    Ek het sover moontlik alle insette probeer deurlees. Party is baie geleerd. Daarom is ek bly Jesus het vissermanne geroep. Ook die wat na hart vissermanne is. Paulus het goed saamgevat oor hoe ek ook voel. God Drie-Enig is my God. Hy het my ingedagte gehad voor die grondlegging van die wêreld. Hy het na die sondeval self aksie geneem om my weer met Hom te versoen, deur Sy Seun Jesus vir my sonde te laat word, en daarvoor te betaal aan die kruis. Hy het die dood vir my oorwin deur weer op te staan. Nou is ek ‘n erfgenaam saam met Jesus. Ek het tot die gevolg gekom dat ek alles wat ek hoor en lees aan die Woord te meet. Dat ek aan geen kerk behoort nie, al woon ek die samekomste by. Ek behoort aan Jesus. Net aan Hom. Hy leer my deur Sy Gees. Alles wat teenstrydig is met Sy Woord laat ek gaan en ek leer my kinders wat die waarheid is soos in die Woord, waarvoor hulle moet oppas, en hoe hulle alles moet meet aan die Woord. Wanneer iets die Grootheid en Eer van God, Jesus of die Heilige Gees skade aandoen, moet hulle dit verwerp en weet dit is nie van die Here nie. Ons toekoms is nie op hierdie aarde nie. Volgens die Woord is ons saam met Jesus op ‘n Triomftog na ‘n nuwe Jerusalem. Dit is waar ons toekoms is. Dit is wie Jesus is. Leeu van Juda, aan die regter hand van die Vader, Oorwinnaar op ‘n wit perd. Dan wonder ek soms of die ouens wat Hom so klein ag deur oor Sy egtheid, Sy waardigheid te debateur en probeer minimuseer, regtig weet met Wie hulle te make het. Jesus het gesê Hy oordeel niemand, want die Vader self is die wat oordeel. Hy is die Waarheid en Hy ken die Waarheid. Dalk ken ons Hom nie. Dalk moet ons hoor wat Salomo sê as hy skryf dat Wysheid begin by die kennis van God. Dan sal ons dalk verstom staan oor ons niksseggende argumente, omdat Wie Hy is dit sal oorskadu. Mag Vader hierin vir ons groot genade gee.

  31. Pieter said:

    Ek is regtig jammer dat jy my antwoorde en verduidelikings, op vrae wat jy vra, uitvee. Ek sien dat die meerderheid van die korrespondente nie noodwendig oor spesifiek jou 7 vrae kommentaar lewer nie.
    Ek kan darem bely dat ek ‘n ‘Lewende God’ aanbid en nie ‘ God in verbeelding’ nie’
    Die God wat ‘n woning binne-in my gemaak het en ‘die hart van klip vervang het met ‘n hart van vlees’ sodat Hy met ‘n vinger van Liefde daarop kon skryf.
    God die Woord is aalmagtig en onvergangklik.

    • Pieter

      Ek weet my besluite is ietwat lukraak, ek moet egter die tipe besluite maak anders verloor my blog fokus en ek wil dit nie toelaat nie. Ek loop tussen 2 grense: Om dinge te laat handuit ruk en en ‘n mini kletskerk/swetskerk te ontaard aan die een kant of om soos ‘n fundamentalistiese despoot mense wat van my verskil te sensor aan die ander kant. Wees gerus dat jy nie die enigste een is wat ek uitgevee het nie.

      Wynand

  32. Pieter said:

    Baie dankie vir die voorreg.

    Sorg net dat julle beklee is met die wapenrusting van God (Ef 6 v 10)

    Sterkte !

  33. Elize Swart said:

    Haai broer

    Dit is vir my ‘n voorreg om (uiteindelik) hierstaanek.com te besoek! Ek kan maar net amen sê op jou “Wie is ek”. Jy laat my dink aan ‘n “stem uit die woestyn” wat roep: “Make straight the way for the Lord!” Mag Jesus jou aanhou lei en deur Sy Gees krag gee om te hanteer wat jou kant toe kom,… en jou kragtig gebruik!

    Abbie

  34. Anthonette Bridge said:

    Wynand.
    Ek wil vir jou baie dankie se dat jy bereid is om op te staan vir Jesus en die waarheid. Hierdie kwessies le op baie meer Christene se harte. Ek prys die Vader en Heilige Gees dat Hy jou die moed gegee het om uiteindelik iets daaraan te doen. Ek het al baie soos jy gevoel, maar omdat ek in die kerklike sisteme werk, maar eerder stilgebly omdat ek bang is vir die gevolge. My gebed vir jou is, dat Jesus jou sal sterk hou. Hierdie is nie ‘n maklike stryd nie. Dit is die vervolging waardeer Paulus ook moes gaan toe hy in die tronk gegooi is omdat hy die waarheid verkondig het en nie stilgebly het oor die bestaan van die bose nie!

    Ek sal graag saam jou wil gaan koffie drink.

    Maar weet tot dan, ons bid vir jou! En ek sal opstaan vir wat reg is. Jy het my weer gemotiveer.

  35. Chris Viljoen said:

    Wynand, Ek is ‘n hele paar jaar terug uit die NG Kerk nadat ek by 2 gemeentes in Pretoria met presies dit gekonfronteer was. My belydenis is 100% wat jy geskryf het. Bravo daarvoor! Vanmore het ek Radio kansel geluister oor wat die ringkoppe van die NGK te se het oor jou brief. Ek steun jou dat jy dit van die hand gewys het om deel te neem. Dit was ‘n volstruis gesprek met “wetenskaplike” bewys om hulle standpunt te bewys. Waar is die mense wat net eenvoudig nie meer kerk toe gaan ten spyte daarvan dat hulle lidmaatskap nooit oorgedra word na ander kerke nie? Kyk na die hoeveelheid gemeentes wat nie meer lewensvatbaar raak nie. Kyk na die gemeentes wat opgebreek is deur predikante wat nie die Woord suiwer verkondig nie. Ek het meer as net een voorbeeld wat ek kan noem. Een daarvan is die gemeente waar ek belydenis van geloof afgele het.Jesus se eie woorde is dat ons moet uitgaan en dissipels maak van alle nasies en dit is hier waar my grootste geskil met vandag se predikante le. Hoeveel predikante is betrokke by sy eie gemeente? Hoe kan hierdie opdrag van Jesus uitgevoer word as die gemeente wat smag na die Woord nie eers terug gewen word vir Christus nie? Elke gemeente moet eers sy eie huis in orde kry voor ons kan uitgaan en ons dissipelskap kan uitdra volgens die Woord. Baie van die sogenaamde “New Age” predikers en akedemici wat nie volgens hulle Bybelse mandaat optree nie was op een of ander manier bekend aan my van my kleuter dae selfs tot net voor ek de NG kerk verlaat het. Sommige van hulle was by my of my ouers aan huis en dis mense wat ek veral as kind na opgekyk het.Ek dink dat die meeste akademici die volgende definisie van geleerdheid moet onthou. Geleerdheid is die proses waardeur die student al hoe meer van al hoe minder weet totdat hy/sy later alles van niks af weet nie. Ek is oor na een van die suster kerke en ten spyte daarvan dat ons met ons eiesoortige probleme sit, voel ek elke keer welkom wanneer ek kerk toe gaan en dit is iets wat ek vir 15 jaar nie in die NG kerk gevoel het nie. Wynand, hou aan! Daar is baie,veral ouer predikante sommige alreeds afgetree wat presies so oor die kerk voel, maar hulle is nederige mense wat geroepe is om siele vir Jesus te wen. Ek dink die eerste vraag wat elke predikant hom of haarself moet afvra is – Hoekom is ek ‘n teoloog? Baie predikante wat vandag op die kansel staan, staan nie daar omdat hulle geroepe is daartoe nie, maar om redes wat insluit – status,egosentisme,eie gewin,werksure en nog baie meer. Mega gemeentes vereger net die probleme waarmee die NGK te kampe het en soms lyk dit vir my of dit meer oor “werksekerheid” gaan vir die “uitverkore” teoloe as enige iets anders, want dit is daar waar die meeste van hierdie predikings vandaan kom. Sterkte! Chris

  36. Jaco Oberholzer said:

    Haai Wynand

    Ek is ook ‘n “verstoteling” uit die NG Kerk (ek het nogals in ‘n pastorie groot geword in PE) en ek stem heelhartig saam met al die positiewe kommentaar/bekommernisse wat almal wat geskryf en genoem het. In my ou gemeente se geval was daar nie plek vir die Heilige Gees of Sy werking nie, net tradisie wat deur die ou “bulle” in stand gehou word en ‘n ouer konserwatiewe predikant wat saam stem en ‘n jonger een waaroor getrap/geloop is en ook sy “job” probeer behou het deur nie waves te maak. Die jonger predikant het toe in elk geval bedank en die pad buiteland toe geneem. Die ding wat ek die meeste mis, behalwe die feit dat baie van die ouens die pad byster is met hul “nuwe” sienninge en/of tradisionele opvattings, is die LIEFDE!! Daar is amper niks daarvan oor van leiers se kant af wat van die nuwe rigtings inslaan nie! Wat het van LIEFDE geword?? Sonder die liefde beteken alles mos niks?
    Baie dankbaar vir Louis Trichardt en omliggende gemeentes wat nie bang is om op te staan vir dit wat waar is in God se woord nie! Hoe de “hel” kan hulle meen daar bestaan nie so iets soos Satan nie, die bybel is tog duidelik soos jy genoem het! Hulle moet hulle self die guns doen en een van die Satanistiese rituele gaan bywoon, hulle sal hulle net daar weer bekeer! Ek dink van die ouens het te veel tyd op hande om al die nonsens te sit en uitdink?!
    ‘n Baie belangrike punt wat ek onlangs “raak” geluister het was oor “Geheime Organisasies” van Prof. Walter Feith, die spesifieke DVD is deel van ‘n reeks wat hy aanbied. Ek gaan dit nie in enige detail hier bespreek nie maar enige persoon is welkom om ‘n dame met die naam van Elsie te kontak by 0835886324 om ‘n kopie te bestel, dit is waarlik skrikwekkend en insiggewend. Ons as gesin aanbid nou by ‘n Agapé gemeente, hoekom ek dit noem is dat ek nie wil hê mense moet skrik as hulle hoor Prof. Walter Feith is van die Sewendedag Adventiste nie, die manne is nou éérs gesteld om feitlik reg die woord uit te leef en mense kan gerus sy DVD reeks bestel.
    Die aanslag is waarlik met ons!

    Sterkte Wynand

    Groete
    Jaco

  37. Jurgen Ras said:

    Ek stem saam met alles wat jy së Wynand. Die eintlike probleem is dat die Kerk gebou is op ortodoksie (regte leer) – die apostoliese ortodoksie wat in die Bybel neergeskryf is. Die Katolieke het die Kerk, tradisie, en die Bybel; die Protestante daarinteen het nét die Bybel, maar die meeste glo nie meer werklik daaraan nie. So, daar bly regtig niks oor vir hulle nie. Hulle het min of geen konsep van vroeë kerkse tradisie en gebruike. Hulle dink elkeen het die reg op die Bybel te interpreteer net soos hulle wil. Maar die Bybel is geskryf deur ortodoks-gelowige Christene. Die hele stryd tydens die eerste Kerk eeue was oor ortodoksie, of regte lering, byvoorbeeld teenoor die gnostisie van die tyd – wat weer ‘n sterk terugkeer deesdae maak. ‘n Mens moet vra, hoe het die vroeë Kerk die Bybel verstaan (wat hulle geskryf het) – en daarby bly. Protestantisme se inherente ondergang is sy eie rebelse aard en individualisme. Baie van vandag se dominees is is heeltemaal onortodoks(!) – hulle interpreteer die Bybel net soos dit hulle pas – deur ‘n gevalle verstand! Is dit nie eienaardig dat die Katolieke en Ortodokse kerke vandag meer getrou is aan die vroeë Kerk se lering as die Protestante nie?

    • Hallo Jurgen

      Dankie vir jou kommentaar!

      Ek verskil op twee punte van jou
      1) Jy sê: “Protestantisme se inherente ondergang is sy eie rebelse aard en individualisme.” Dit is beslis nie die protestante se aard om rebels te wees nie. Die protestantse aard is om te staan op die protestantse beginsels: Die Bybel alleen, Geloof alleen, Genade alleen en Christus alleen! Die dominies wat nie meer die Bybel glo nie is in rebellie teen God, dit het niks te doen met die “aard van protestantisme” nie.

      2) Die Roomse kerk is beslis nie meer getrou aan die vroë kerk se lering as die protestante nie. Die reformasie was bloot ‘n terugkeer na die teologie van Augustinus. Kyk watter van hierdie ketterye van die paapiste is Bybelgetrou: Maria was sondeloos. (In die Bybel erken sy dat daar genade aan haar bewys is, dus was sy nie sondeloos nie) Maria was ‘n maagd vir haar hele lewe. (Die Bybel getuig dat Jesus broers gehad het). Maria het nie gesterf nie maar opgevaar na die hemel. (Grote griet, miskien is dit in Harry Potter , maar dit is nie in die Bybel nie). Maria moet aanbid word as die “koningin van die hemel” (Jy mag geen ander gode voor my aangesig he nie.) Die nagmaalkoekie en die krusifiks moet aanbid word. (Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie.) Die sakramente red jou (Deur genade is julle gered.)

      Die Rooms Katolieke kerk is na Vatican ii (in die 1960’s as ek reg onthou) nog meer ketters as voorheen. Die hemelvaart van Maria en die onfeilbaarheid van die pous is ketterye wat met Vatican ii eers amptelike leer geword het.

      Dit is ontstellend om te sien hoeveel van die emergent teoloë begin verfoeilike paapse mistisisme aanhang. Baie mense beskou emergent teologie as ‘n ommekeer van die reformasie, en ‘n aansluiting van die protestante kerk by die ketterye van die paapiste.

      En moet nooit vergeet dat die Hervormers almal die pous beskou het as die antichris. Ek glo met goeie rede: Die Bybel se beskrywing van die “wettelose mens” pas die pous soos ‘n handskoen.

      En as ek dalk liefdeloos klink teenoor die paapiste – ek haat hulle kettery, en bid vuriglik dat hulle Jesus se liefde en genade sal ontdek!

      • Jaco Oberholzer said:

        Die noem van die Katolieke kerk gee my koue rillings, in die reeks wat ek gekyk het van Prof. Walter Veith gaan hy in diepte in ivm die rol wat die katolieke kerk wêreldwyd speel. Dit het my waarlik tot in my fondament geskud. Die beelde wat in die verskillende kerke verskyn wat die algemene toeris so geniet is direk gekoppel aan son en Satan aanbidding! Ek wil julle weereens aanmoedig om sy reeks te bestel genaamd “Wêreld Chaos in Konteks” by Elsie, 0835886324. Die katolieke kerk het meer bloed op sy hande as enige regering of ‘n Adolf Hitler!
        Ek vermoed kan nie iets doen aan die mag van die katolieke kerk nie maar ek voel enige persoon wat erns maak met sy geloof behoort ingelig te wees.

  38. Jurgen Ras said:

    @Wynand – terloops, ek is ‘n Protestant. Die Katolieke voeg baie van hulle eie lering BY die Bybel, maar vandag se liberale meestal Protestantse teoloë vat WEG van die Bybel. As die Protestante nie inherent rebels en skismaties is nie, hoekom is daar dan meer as 33,000 Protestantse kerke wëreldwyd?

  39. Jurgen

    Ek stem saam met jou dat die liberale teoloë die evangelie se hart uitruk. Dit is waaroor hierdie blog gaan! Die ironie is egter dat die liberale toeloë juis nader aan die paapse kerk beweeg!

    Hoekom is daar 33 000 protestantse kerke?

    Ek prys die Here dat Hy mense uit elke volk, taal, vasteland, land en dorp geroep het!

    Prys Hom vir elke kerk waar die ware Evangelie verkondig word, al is daar maar net so min as 33 000 protestantse kerke wêreldwyd!

  40. Bruce said:

    Na aanleiding van wat jy en Jurgen oor gesels het, kan ek nie anders as om met jou saam te stem nie.

    Terloops, jou verwysing na “koningin van die hemel” gaan direk terug na Nimrod en Semiramis en die mooi prentjie van “Maria en jesus”, is niemand anders as Semiramis en Tamus nie. “Toeval” is darem iets wonderliks, ne ?

    Die RK is deurspek met, in besonder, mistisisme en moet nooit vergeet dat hulle meesters is op die gebied van propoganda en manipulasie nie. Daar is nie ‘n enkele aspek van die beelde, die vensters, die “twaalf stasies”, die rituele en die gemeente deelname, wat nie ‘n doel het nie.

    ‘n Ander belangrikke aspek is die feit dat as jy lid is van die RK, dit nie nodig is om tot bekering te kom nie – die kerk is jou ewigheidskaartjie !!

    Dan natuurlik is dit absoluut noodsaaklik vir ‘n een wereld regeringstelsel, dat al die dogma hindernisse oorkom moet word en dat ons almal snoesig saam in ‘n grenslose godsdiensstelsel rond ploeter waar almal almal se oortuigings aanvaar en waardeer. Klink dit nie bekend nie !!

    Ons leef in ongelooflike opwindende tye en ek kan nie wag nie !!

    Maranata – Die Here kom !! Moet asseblief nie ‘n “dwase maagd” wees nie !!

  41. Bruce said:

    Hoe kan dit anders as opwindend wees, as die trompet geskal elke dag nader en nader is

  42. Bruce said:

    Wanneer mens oor al hierdie diverse sienings lees, kan mens maklik ‘n “depro” slaan soos ou Elia in 1Kon.19, maar dan lig jou en Henrietta se reaksies mens weer op !!

    Daar is tog sewe duisend wat nie die knie voor Baal buig nie

    Ad Deo gloria !!!!!!!!

  43. Jurgen Ras said:

    Die probleem met die NG Kerk was nog eintlik altyd ‘n fundamentele teologiese probleeem. Hulle verkondig doopsaligheid, instede om werklik te evangeliseer, hulle doop nie met ‘n Bybelse doop nie, en glo nie aan die vervulling/doop met die Heilige Gees nie – wat Andrew Murray terloops aan geglo het – heens sy groot impak. Die gevolg is dat jy sit met lede waarvan omtrent 50% onbekeerd is. Dit is hierdie selfde onbekeerde lede en teoloë wat dan die Woord van God onderwerp aan hulle eie gevalle verstand en allerhande gemors uitdink en propageer.

    • Hallo Jurgen

      Die NG kerk het nog nooit doopsaligheid verkondig nie. Dit is ontstellend dat mense wat so uitgesproke is oor die doop so totaal oningelig is daaroor. Die NG Kerk het nog altyd die verbondsdoop verkondig, en daar is ‘n ongelooflike groot verskil tussen die twee. Die fokus van hierdie blog is nie die doop nie, so ek gaan nie nou in detail in oor die doop nie, maar die verbondsdoop is die korrekte interpretasie van die Bybel.

      Galasiers 3:26: Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God, 27 want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van Christus geword. 28 Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één. 29 En as julle aan Christus behoort, is julle ook nakomelinge van Abraham en erfgename kragtens die belofte van God.

      Verbind die kolletjies: Die doop is die teken dat jy aan Chrsitus behoort. Omdat jy aan Christus behoort is jy ‘n erfgenaam van Abraham en ‘n erfgenaam van die belofte aan Abraham.

      Dus: Die doop is die teken dat jy deel is van God se verbond met Abraham.

      In die ou testament was die besnydenis daardie teken. Paulus sê hier baie duidelik dit is nou die doop.

      Dit is ontstellend dat al die argumente teen die ware (verbonds) doop reeds eeue gelede beantwoord is, en dat die wederdopers dit nou doodswyg. Ek wonder soms of hulle net oningelig is en of hulle dalk aspris is. There are none so blind as those who do not want to see…

      Hoe dit ookal sy, die doop wat jy aanhang het absoluut niks met jou verlossing uit te waai nie, behalwe as jy dit ‘n vereiste maak vir verlossing of geestelike groei, dan het jy ‘n probleem, want dan verval jy in ‘n werke godsdiens.

      Van my wederdoper vriende vertel my dat die wederdoop ‘n voorvereiste is vir geestelike groei: Dit is ‘n gevaarlike dwaling want dit is werke-godsdiens.

      En dan het ek wederdoper vriende wat suiwer Evangelies is, en besef dat dit gaan oor jou verhouding met die God van die doop en nie die doop nie. Ek het absoluut geen probleem daarmee nie.

      Kortom, as jy dink jou siening van die doop het enige belangrike invloed op jou verhouding met God, het jy ‘n probleem, want dan verstaan jy nie die Evangelie nie.

      Wat vervulling met die Heilige Gees betref: Die NG Kerk het dit nog altyd verkondig.

      Ek wens regtig mense sal uitvind wat die Gereformeerde teologie regtig behels voor hulle dit aanval!

      En die emergent dwaling is nie beperk tot die NG Kerk nie, ek weet van twee Baptiste gemeentes hier in die Kaap waar mense uitgegaan het en huiskerke gestig het omdat hulle pastore emergent teologie verkondig.

      Dit is ‘n kanker wat oor alle denominasionele grense strek. Ek fokus net op die NG kerk want ek is ‘n lidmaat van die NG kerk.

  44. Bruce said:

    Jy’s heeltemal reg, Wynand. Hier is nou een van daardie randwaarhede wat al ons tyd in beslag kan neem. Die Doop is een van daardie kontensieuse onderwerpe wat wedergebore, Geesvervulde gelowiges uitmekaar hou en die energie wat daarin verspul word, maak maak die duiwel baie bly.

    Ek wil dus nie met jou swaarde kruis oor die Doop nie, maar daar is egter een ding wat ek versoek – moenie na die wat nie jou doopoortuiging deel, verwys as “wederdopers” nie. Aanvaar asseblief dat daar diegene is wat net so oortuig is van hulle Doop as wat jy is en glo my, ek respekteer jou oortuiging.

    Groete in die enigste Naam waardeur ons gered kan word

    • Hi Bruce

      Ek stem 100% met jou saam, die duiwel verheug hom in die gestry oor die doop!

      Ek was nie bewus dat die woord “wederdoper” offensief is nie. Ek gebruik dit omdat soveel van hulle al vir my gesê het ek is nie gedoop nie. Hulle ontken dus dat die verbondsdoop enigsins ‘n doop is. Verskoon my dus as ek maar net die geldigheid van die verbondsdoop bevestig deur te getuig en te bely dat ek nie “weder gedoop” hoef te word nie.

      Ek gebruik dus die woord as belydenis, dat die verbondsdoop wel geldig is.

      Ek verheug my daagliks in God se verbondsgenade!

  45. Bruce said:

    Bless you, my brother. Nou’t ons die duiwel so bietjie van sy hel gegee !!

    Laat ons eerder die mense aantree wat met ons medegelowiges se koppe probeer smokkel !!

    Glo my “die ding” is nie net in die meer tradisionele kerke (waaronder ek die Baptiste insluit)nie, want ek kan jou sg. pinkster kerke wys waar dit redelik rof gaan. Alles gaan oor MY ervaring van die gees (“do you feel it !!”)

    Groete in Christus

  46. Jurgen Ras said:

    Skuus, ek wou nie ‘n debat oor die doop begin nie. Ek besef mense het verskillende sienings daaroor. Miskien moet jy ‘n seksie op jou webtuiste begin waar mens oor allerlei teologiese dinge kan praat en redeneer.

  47. Lindie said:

    Ek stem 100% met jou saam! Om diesulkes trompop te loop gaan ook nie regtig help nie-hulle wil nie regtig oortuig word nie! Ons moet maar op ons kniee bly-kan nie die Heilige Gees se werk vir Hom doen nie! Ek bly maar bid.

    • Lindie

      Jesus het die Fariseers (die dwaalleraars van die tyd) tromp op geloop met die woorde: “Addergeslag! Hoe sal julle aan dei oordeel van die hel ontkom?” En dan lees ons van Nikodemus en ander fariseers wat tot bekering gekom het, en ‘n hele GROEP Fariseers wat in die Jerusalem gemeente was in die boek Handelinge. En Paulus gee aan Timoteus die opdrag: 1 Tim. 1:3 Soos by my vertrek na Masedonië toe, dring ek nou weer by jou daarop aan om in Efese te bly. Daar is sekere mense wat vals leerstellings versprei, en jy moet hulle dit verbied.

      Ons kan geen oordeel uitspreek oor wie tot geloof gaan kom, of oor hoe wie ookal tot geloof kan kom nie.

      God se opdrag aan ons is duidelik: Ons moet waak teen dwaalleraars omdat hulle menselewens met hulle leuens vernietig. Ons mag hulle dit nie toelaat nie.

      Ons moet slegs aan God gehoorsaam wees, en Hom vertrou dat Sy woord nie leeg sal terugkeer nie. Ons kan maar net in gehoorsaamheid saai – Dit is God wat laat groei.

      Lindie: As jy ‘n wedergeore kind van God is het JY die opdrag om die dwaling in JOU gemeente (of waar jy dit ook al vind) te beveg!

  48. Lindie said:

    Sjoe! Jy hetnou hard met my gepraat-wat heeltemal reg is! Ek voel maar soms soos Moses, wat vir God gese het hy kan nie praat nie. Ek hoor wat jy se dat ek nie mag stilbly teen dwaalleraars nie-ek vind nie regtig dat ons predikante ‘n dwaalleer verkondig nie, inteendeel! Dis net een van hulle wie onsmaaklike grappies maak-dalk om almal se pel te wees. Om dan met dieselfde mond die Evangelie te verkondig, het my dwars in die krop gesteek! Ek veroordeel hom nie, kies net om nie met hom te assosieer nie!

    Dankie vir jou insetten

  49. gerrie said:

    Dankie Wynand vir jou eerlike opregtheid, doen so voort.

  50. Kobus vd Merwe said:

    Goeie dag.

    Ek het “toevallig” by die bladsy uitgekom.

    My gestoei met die NGK het gekom in 1986 as ‘n eerstejaarstudent aan Tukkies. Gedurende my twee jaar diensplig wat die voorafgegaan het, het ek tedoen gehad met sogenaamde “dwalinge”. Ons was ‘n nuuskierige klomp jongmanne en het na verskeie kerke gegaan op Potchefstroom en dalk nog onheilig gewees deur van die Anglikaanse nagmaal te neem, ek weet nie.

    Wat vir my persoonlik ‘n wroeging was was die een-tot-een bekerings en werwings wat geloods was op die drie suster kerke se ledemate. Eweskielik het mense tot nuwe insigte gekom, die evangelie het ‘n nuwe baadjie gekry, en mees kommerwekkende, jy kon besluit hoe die baadjie moes lyk.

    Ek was maar versigtig gewees, want sien, ek was deur kategese met ‘n “verkrampte” dominee, iemand vir wie ek baie respek het, en Ds Robertse. Sy woorde het in my kop gemaal as ek na die ander ouens se “nuwe” insigte luister, en dit het nie vir my sin gemaak nie. Ek het selfs so ver gegaan om sekere persone (van my eie rang) te beveel om hulle duiwelse aanbidding (sogenaamde spreek in vreemde tale) nie in die kaserne te hou nie.

    Baie sal se ek was militant of ‘n “fundemntalis”. Vir my is geleer, lees die skrif dit sal jou lei jy het nie ‘n guru nodig om die Byble te verstaan nie. As mense dan teen dit wat ek verstaan gepraat het, het ek dit bekend bemaak.

    Om terug te gaan na die eerstejaar, het ons Bybelstudie gedoen in die koshuis (Taaibos). Ek het herhaalde male die kringleier aangevat oor die sieninge wat hy by ons wou inprent en vir hom gemeld dat dit nie Bybelstudie is nie, maar Bybelonderig. Tot hy die dominee genooi het, wat op my kamermaat se bed gesit-le het, en verduideilik het dat ons nie almal kan glo wat ons wil nie maar dat die kerk leiding gee in die verband.

    As ek nie antwoorde vir my vrae het met Byblestudie nie, dan sal ek nie Bybelonderig ontvang nie. Ek het toe gestaak om Bybelstudie by te woon. Dankie ou Julian, jou ondderok het toe al uitgehang.

    Ek het toe nog nie my rug op die Kerk gedraai nie. Nee, ek het dit wel 4 jaar later gedoen toe party politiek van die kansel van Universiteitsoord gedoen was deur al die dominees van die kweekskool. Die dwalinge wat verkondig was was in stryd met wat ek geglo het.

    In 2009 lees ek, en ek lees nie koerant nie, die Beeld toevallig rondom Mei-Junie en lees Julian se artikel oor die “debatsversoek” om die opstanding van Jesus te bespreek – my goeiste – lees die Bybel en basta.

    Ek is oortuig daarvan dat diegene soos Julian met voorbedagterade lankal in die kweekskool geplaas was. Hulle moes stukkie vir stukkie die Evangelie verkrag tot ‘n totale verwarring vir die gemeente – let wel verwarring. Dit was nie en is nie die doel om die NGK te verander in die Katolieke Kerk nie, nee, dit sou te ooglopend wees. Hulle moes net genoeg leerraars en ledemate so beinvloed dat niemand meer die Evangelie duidelik kan verstaan nie.

    Julian en trawante moet geluk gewens word, hulle het goeie mense so besoedel dat dit moeilik raak om die Evangelie te glo sonder om vervloek te word nie.

    Jou poging om die kerk van binne te red is prysingswaardig. Luther het dieselfde dillema beleef, en moes op die ou end uit die kerk.

    Dit sou vir my ‘n besondere oomblik wees as die NGK skoon gemaak is en weer die Evangelie en slegs dit verkondig, ek wil ‘n slag weer nagmaal gebruik.

  51. Ek is baie lief vir die NGK – het ook my redding daar gevind – het wonderlike predikers gehad – van die kragtigste wat ek ken. Daar is nog ‘n klein groep behoudendes, maar hulle raak minder, want die kweekskole is dekades gelede al gekaap. Dit gebeur in al die denominasies. Ek is tans in Evangelies Gereformeerde kerk wat jare gelede afgestig het van NGK presies om hierdie rede, hoewel daar teen ons ook ‘n groeiende aanval geloods word. Ons is op die punt waar God die groter gros van die mensdom oorgee aan die leuen, omdat ons ons sondes verkies. Ons aanbid die geluksgod met ons lotery en gelukkige trekkings, ons verafgod ons sport en ons idols/ popsterre, ons sit in vuil teaters en voor vuil flieks terwyl God gese het: Wees heilig, hou jou skoon van die smet, wees rein. Ons loof die Here terwyl ons rondslaap, en vuil gesprekke voer, en God het gese: nie almal wat vir My se: Here, Here, sal gered word nie, maar hulle wat doen wat Ek se. Dr. Willie Marais het in 1979 vir die eerste minister en kabinet afgekondig dat God Suid-Afrika oorgee oor wat ons met die Sondae maak, oor die dobbelgees in ons land en oor wat ons met die arm mense gedoen het. As jy nie warm is nie, gaan Ek jou uitspoeg Suid-Afrika. Maar as My volk hulle bekeer, sal Ek hulle genees.

  52. Aan almal van julle wat nie meer kerk toe gaan nie, skakel in by http://www.prayerclub.net en by http://www.blyinmy.co.za Hierdie is van die kragtiger predikers wat nog ‘n suiwer boodskap van heiligmaking en waarheid preek. Doen dit, jy sal nie spyt wees nie.

  53. Een ding wat jy dalk miskyk is die mag wat vrymesselary binne die NG kerk het. Kyk maar net na die vrymesselaars simbole op en binne die gebou van die proppenente skool by universiteit van Stellenbosch

  54. Maak dissipels van mense…. moet die predikante nie dalk terug keer na hulle gemeentes en weer soos ouds begin met huisbesoeke nie. Moet daar nie weer diakens en ouderlinge take verrig soos vroeer jare nie. Dat ons op die grond om die kerk aan elke deur gaan klop en dissipels wees in ons eie geledere nie. Werk die sel of omgee groepe regtig?

  55. Dit is verblydend om so n webtuisblad te kry.
    Ek kan net noem dat ek al 15 jaar n webtuiste het, reformedtruth.co.za.
    Ek stem saam, nie net is die nie meer gereformeerd nie, maar net n Nederduitse Kerk wat n vroee dood in Europa gesterf het. Nou is dit Afrika se beurt. Die Nuwe Hervormers, die progresiewe Christene, diegene wat die Skrif lees in lectio Devina as ʼn soort van Zen verligting en mistieke benadering wat deur humanisme gedryf word dra almal by tot die dood van die Kerk. Ons word tog gewaarsku dat die twee getuies sal sterf. Afrika is meer in die Kerk as Christendom, Amerikanisme meer in die Kerk as ons belydenis sonder enige vreemde belydenisse wat aanvaar word.
    Kyk gerus na my webwerf: reformedtruth.co.za Daar is ook 27 Hoofstukke oor die Openbaring van Jesus Christus waaraan ek 14 jaar gewerk het. Dit is natuurlik Reformasie uitleg en nie onlangse populere foefies nie.
    Die antwoord bly maar in Openbaring wat ons in die tye bemoedig dat die kerk nie triomferend is nie.
    Nico Engelbrecht

  56. Francois said:

    Vir Afrikaanse mense, is die enigste ware en volmaakte Woord van ons Vader Almagtig, ons 1933/53 Ou Vertaling Bybel, en vir my is AL DIE NUWE VERTALINGS, insluit die Nuwe Vertaling van 2016(Die Bybel ‘n Direkte Vertaling) , — is AL DIE NUWE VERTALINGS Satanies verdraaide weergawes van ons Vader Almagtig se ware Woord. En wat die droewigste van alles is, is dat ons Afrikaanse Kerkleiers en Teologiese leermeesters ‘n totale gebrek aan kennis het, om die WARE volmaakte Woord van ons Vader Almagtig, van die valse satanies verdraaide weergawes te onderskei. Hierdie toedrag van sake, openbaar al ons kerkleiers en hulle sinodes as valse profete en totaal onbetroubaar. Ons 1933/53 Ou Vertaling Bybel staan reeds bekend as ‘n DIREKTE TEKS VERTALING, dan het ek ‘n vraag: WAT VERSTAAN DIE KERKLEIERS NIE VAN ONS VADER ALMAGTIG SE WOORD, DAT DAAR WEER ‘N DIREKTE VERTALIG DIE LIG MOET SIEN, en dit een waarvan die bronteks nie die oorspronklike tale is nie, maar ‘n bronteks het wat die 4de weergawe is van wat die res van die we’reld se kerke aanvaarbaar vind? Verder, oor dalk 10 jaar, gaan daar dan weer ‘n nuwe vertaling die lig sien, waarvan die bronteks die 50ste weergawe sal wees, sodat daar nie meer onderskeid sal wees tussen WAT WAAR IS EN WAT VERKEERD IS, EN WIE VADER ALMAGTIG IS EN WIE SATAN IS ? So word die Nuwe Satanies-valse leuen Vertalings ‘n weergawe van ‘n weergawe van ‘n weergawe ens. My Here Jesus Christus se van my: “My skape luister na my stem(Woord) , en Ek ken hulle, en hulle volg My(Woord) . En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.” (JOHANNES 10:27-28). My Vader Almagtig leer my ALLES, deur sy Trooster Heilige Gees(Joh14:26) in my(1Kor6:19) , en Hy herinner my aan ALLES wat my Jesus Christus(Woord Joh1:1,14 + 2Tim3:16,17) vir my gese’ het; en my Bybel is die volmaakte gemeente, met Moses en die Profete in die Ou Testament, en die Apostels in die Nuwe Testament. Amen. Daar is dus vir my geen kerklike gebooie en leringe van mense(Kol 2:20-23) meer nie, wat in eiesinnige godsdienste net die vleeslike Satan versadig. Ek neem nou deel in ‘n NG gemeente, om die voordeel van my broers en susters in Christus Jesus te soek. Self, is ek la’nkal nie meer afhanklik van die predikers van hierdie we’reld, om die volmaakte waarheid van my Wonderlike Vader Almagtig te wete te kom nie, want my Vader se Trooster Heilige Gees, leer my, UIT HOMSELF. Amen. So is dit, en so is dit veronderstel om te wees vir alle mense. Amen. Vrede en liefde vir almal.

    • Laurens le Roux said:

      Ek gaan deurgaans akkoord. Bogaanse “stories ” is ook my storie. Groot geword in die NG Kerk [Pastorieseun], Die afgelope 15 jaar gaan ek nie meer kerk toe nie. Ek kan nie!!
      Oor die grootste probleem in die kerk word nie gepraat nie- so lyk dit my. Die grootste probleem is die vals moderne Bybelvertalings. Hierdie Bybels lieg blatant en hieroor moet geleerdheid nie die oordeel vel nie maar die ware Bybel moet self die oordeel vel. Die ware Bybel sal homself verklaar en verduidelik. Dit is nie moeilik om hierdie punt te illustreer nie. Dit kan voorsien word.
      Die NG Kerk sal nie reg kom solank daar vals Bybels op die kansel lê nie. Ek glo egter nie hy sal regkom nie, want dit sal teen 2 Tess. 2 wees. Hierdie is ongetwyfeld die grootste slag wat Satan nog ooit geslaan het.
      Hier staan ek, ek kan nie anders nie.

  57. Liewe vriende, ek volg hierdie gesprek nou al geruime tyd, en ek kry seer elke keer wanneer ‘n sekere Bybelvertaling uitmekaar getrek word. Die feit is dat die Bybel die Woord van God is en dat dit deur die Heilige Gees geïnspireer is, en ek dink daarmee stem ons almal saam. Die Heilige Gees het nie hier opgehou nie, en Hy was aktief betrokke met elke vertaling van die Bybel, of dit nou die 33, 53, 83, Lewende Vertaling, Bybel vir Almal of wat ookal is. Verder is dit die Heilige Gees wat aktief betrokke is elke keer wanneer ek en jy die Bybel lees, en Hy wys vir ons wat Hy vir ons daaruit wil sê.
    Kom ons hou dus op om die Heilige Gees te kritiseer deur gedurig Bybelvertalings af te kraak en dit uit te maak as die werk van die duiwel! Lees die Bybel met ‘n oop gemoed en luister wanneer God daardeur persoonlik met jou wil praat!
    Louis Nel
    Ons Dag se Brood

    • Hi Louis
      Jy is reg. God is soewerein en Sy Gees kan selfs die Jehovagetuie Bybel gebruik om mense te red. Maar daar is goeie en minder goeie vertalings, mens kan dit nie ontken nie.

      • Laurens le Roux said:

        Vriende, in alle liefde, die feit van die saak is dat jy ñ baie kort tydjie op aarde het om jou ewige lotsbestemming te laat verseël. Ek weet, want ek is al ñ ou man en die tydjie is baie kort, moet dit nie verkwis nie. In hierdie kort tydjie is dit absoluut essensieël dat jy die WAARHEID vind en daarvolgens handel. God is die outeur van hierdie WAARHEID. Hy het net EEN WAARHEID geïnspireer. Dit is tog onsinnig dat Hy meer as een waarheid kon geïnspireer het. Al die Bybels op die mark is nie almal die WOORD VAN GOD nie en dus die WAARHEID nie, dit kan tog nie, want hulle is verskillend in inhoud en LEER. Hierdie vals Bybels verkondig ñ ander evangelie en ñ ander Jesus waaraan groot gevare verbonde is. [Gal. 1:8,9] Laat die WAARHEID [ware Bybel] jou lei.
        Die Gees van die WAARHEID [Joh. 16:13] werk net op grond van die WAARHEID [1Petr. 1:22,23]. Om uitsprake te maak dat die Heilige Gees ook op grond van vals Bybels reddend handel is misleidend en onverantwoordelik. Daar is ñ Gees van WAARHEID en ñ gees van dwaling en die Bybel waarsku ons daarteen in 1 Joh. 4:6.
        Ek beloof egter ek sal nie verder aan die debat deelneem nie, want ervaring het my geleer dit is ñ nodelose affêre [1 Tim.6:4,5]. Diegene wat egter nog soekend is kan gerus die skakel wat ek hierbo na verwys het besoek.
        Pasop vir die uitsprake van mense [teoloë ingesluit] en volg die voorbeeld van die Bereane van ouds [ Hand. 17:11]

        • My liewe broer, dit klink alles baie mooi, en jy is reg as jy sê dat ons slegs die waarheid moet nastreef. Die vraag is dan: watter is die korrekte (waarheid) vertaling? Die eenvoudige is dat geen vertaling die oorspronklike kan weergee presies soos wat die Bybelskrywers van ouds dit geskryf het nie. Om die waarheid te sê bestaan nie ‘n enkele een van die oorspronklike geskrifte meer nie, en die geskrifte wat gebruik word vir die Bybelvertalings verskil van mekaar as gevolg van verskeie kere se oorskryf. Watter is die korrekte een?
          Die twee probleem is dat baie woorde in Grieks en Hebreeus verskeie betekenisse het. Wat is die korrekte betekenis?
          Die derde probleem is dat die tale waarin die Bybel oorspronklik geskryf is antiek is en lankal nie meer gebruik word nie. Dit is dus soms bitter moeilik om dit korrek te vertaal.
          My vraag aan jou is dus: watter is die korrekte vertaling? En as jy sê dat dit slegs die 1933/1953 vertaling is, dan kan ek gladnie saamstem nie.
          Jy is dalk wel reg as jy sê dat nie al die vertalings die Woord van God is nie, want sommige vertalings is parafrases, waar die vertalers hulle eie interpretasies ingeskryf het. Dit dien egter ook ‘n doel, maar moet eintlik eerder as ‘n kommentaar gesien word.
          Ek is nie ‘n teoloog nie, maar dit is soos ek dit verstaan. En ek is seker dat die Bybelvertalers dalk met my sal saamstem.
          Louis Nel

          • Laurens le Roux said:

            Môre Louis,
            Soos ek gesê het wil ek nie graag in debatte betrokke raak nie, want dit lei eintlik nêrens heen nie. Elkeen moet maar vir hom/haarself die saak uitklaar deur studie en veral intense Bybelstudie. Jy het my egter ñ direkte vraag gevra en ek wil nie graag hê dat dit in die lug moet hang nie. Die antwoord is dat die Bybel self die antwoord moet verskaf. Neem ñ geestelike vraagstuk van jou keuse en gaan kry die antwoord in enige Bybel, maar let op dat die Bybel self die antwoord moet verskaf. Die Bybel wat deurgaans en konsekwent vir jou ñ ondubbelsinnige antwoord gee is die ware Bybel en dus waarlik die Woord van God. Louis ek het regtig sedert 2000 baie sulke “toetse” gedoen. Die Bybel wat na my mening die mees geloofwaardige is, is die oorspronklike King James vertaling en dan in Afrikaans die 1933/53 vertaling.
            Maar Louis ek dink nie ons gaan mekaar op hierdie wyse beïnvloed nie. Die stellings wat jy maak het ek al baie gehoor oor die jare heen en ek het myself oortuig dit is alles maar ñ intellektuele gebrabbel. Gaan dan asb. en gaan soek vir jouself die antwoorde in die Bybel self. Moenie jou verlaat op die opinies van mense nie!
            Laurens.

  58. johan potgieter said:

    Die duiwel doen wat hy kan om my(ons) van God te vervreem soos om my kerk gedurig deur sy inmegging te vernuwe en my te laat vreemd voel in my kerk.van my God sal hy my nie vervreem.ek voel dis tyd dat ek(ons), ons kleure moet wys en nie net te brom en onderlangs te mompel nie.wat van “bumper sticker of T hemp wat se,ek en my ds is nie gay

  59. Rudolph Buhrmann said:

    Dankie Wynand. Ek het lank gewonder oor: Mat 24:34 “Verily I say unto you, This generation shall not pass, till all these things be fulfilled.” (KJV).

    Eers nou verstaan ek dat Jesus bedoel het dat hierdie verlammende gif van gnostisisme alreeds tydens die dissipels se tyd sou begin inwerk. Vandaar die waarskuwing daarteen in Openbaring.

    Mag die Here jou voete sterk om in Sy genade te bly staan in hierdie donker tyd van ons volk se geskiedenis.

    Stuur asb vir my epos. Ek dink daaraan om ‘n ope brief aan elke NG dominee te stuur maar benodig iemand soos jy om dit “waterdig” te maak.

    Liefde in Christus

  60. Marlene said:

    Hallo Wynand,, baie ontstellende dinge wat nou reg oor die wereld gebeur. Sien Dave Hunt se boeke en op You Tube, hy verduidelik dit in diepte ens.

    Wil weet of jy dalk weet wie is die Ds wie jare gelede saam met Louis Malherbe bedien het. Kan nie sy naam onthou nie.

    Voorspoed,
    Marlene

  61. Ewald said:

    Dankie vir die wekroep Wynand. Dank aan God dat die gemeentes waaraan ek behoort het nog nooit afgewyk het van die Gereformeerde Geloofsbeleidenis nie.
    Ek wonder soms waarom ons kerk nie lidmate betrek by gevaar van die populêre leerstellings van splintergroepe en ook dié wat die Eindtyd tema so holrug ry en selfs hul kerk se naam daaraan verbind nie. Mense se nuuskierigheid oor Openbaring word ooglopend benut om lidmate te werf.
    As ek verder daaroor peins dan is ek verheug dat ons kerk hom bepaal by die verkondiging van die Evangelie en nie onnodig betrokke raak met nuttelose geslagsregisters en ander twisvrae wat so oorvloedig by splintergroepe teenwoordig is nie.

    Doen so voort om ons lidmate bewus te maak van God se NG kerk.

    Ewald, Langebaan.

  62. Dawie Swart said:

    Tydens my oggend tyd met die Here besef ek weer, soos so dikwels die afgelope jare, dat ek nie meer n geestelike tuiste het, wat ons “kerk” noem nie.
    As afgetrede predikant van die NG kerk hoor ek nie meer die appel en Woord lering in dienste wat ek Sondae bywoon nie, en gaan leeg huis toe, steeds met n begeerte na gemeenskap met die Heer.
    Ja, die geluide wat vanuit sogenaamde teoloë van die “kerk” gehoor word is skreiend sekulêr. Maar waar sal ek gaan – ek weet nie. En boodskappe wat ek hoor is gewoonweg vlak – indien die Woord nog gehoor word.
    Misleiding – die eeuoue strategie van die bose, ís besig om die ‘kerk’ te kelder. Ja, van al die sogenaamde denominasies is die leer van die NG kerk die naaste aan die regte – maar soos ander- gebrekkig.
    Miskien is hierdie skrywe net n noodkreet. Waar sal ek n oor kry om te luister.

  63. Henrietta Klaasing said:

    Dawie daar is baie wat soos jy voel, ek ook. Behou jou mooi verhouding met die Here, en glo dat Hy aan jou sal wys waarheen om te gaan as hierdie inperkings verby is.

Praat saam!