Nelis Janse van Rensburg word vanoggend deur Rapport aangehaal:

Twee dae nadat die NG Kerk se buitengewone algemene sinode met rooi kaarte in die lug “nee” gesê het vir verlede jaar se versoenende kompromis oor gays, het die ¬moderator gesê kerkrade kan steeds self besluit of hulle gay huwelike seën of nie.

Hiermee verklaar hy die Algemene Sinode van die NG Kerk tot niet. (Die AS het dit immers self besluit tydens die sitting vroeër die week toe bepaal is dat hulle besluite nie bindend is op gemeentes nie. Hy herhaal dus net wat die vergadering reeds onder sy voorsitterskap besluit het.)

Ben du Toit, hoofteoloog van vorige Algemene Sinodes en jare lank op die moderamen, gaan verder en verklaar prontuit dat die kerk nou moet skeur:

“Daar is baie gemeentes wat sedert die sinode se besluit in 2015 hul deure en harte onvoorwaardelik oopgemaak het vir die gay gemeenskap,” sê Du Toit. “Dié gemeentes moet nou hul onafhanklikheid ten opsigte van hierdie besluit aankondig, ongeag die gevolge, en ter wille van Christelike integriteit.”

Hierstaanek se opinie:

  1. Nelis Janse van Rensburg was die leier van die hoogste vergadering in die NG Kerk wat daardie selfde vergadering as oorbodig verklaar het. Integriteit vereis dat hy bedank.
  2. Ek het nooit gedink ek sal met Ben du Toit (Die selfde een wat sê Jesus het ‘n ligte mistykie gemaak om te dink die duiwel is ‘n persoon. En die selfde een wat verklaar dat Jesus nié uit ‘n maagd gebore is nie. Maria het dus die kat in die donker geknyp.) saamstem nie, maar ek dink hier is hy reg: Dit is tyd dat die liberales uit die NG Kerk tree en hulle eie kerkverband stig. Dan kan hulle hulle eie belydenisskrifte opstel wat nie vir hulle ‘n ketting aan die voet sal wees soos die NG Kerk se belydenisskrifte nie.

Hierstaanek

Kerkrade ‘mág self kies’

Deur Elaine Swanepoel, Jaco Nel en Jean Oosthuizen 13 November 2016 00:00

Twee dae nadat die NG Kerk se buitengewone algemene sinode met rooi kaarte in die lug “nee” gesê het vir verlede jaar se versoenende kompromis oor gays, het die ¬moderator gesê kerkrade kan steeds self besluit of hulle gay huwelike seën of nie.

Dít te midde van oproepe deur progressiewe predikante en gemeentes dat die sinode se besluit summier verwerp moet word, ’n dreigende hofsaak en ’n rits bedankings uit protes.

Die sinode het Donderdag gestem teen 2015 se geskiedkundige besluit om gay lidmate en leraars vir die eerste keer net soos hul heteroseksuele eweknieë te behandel in wat die Kerkbode beskryf het as ’n “harde en duide¬like nee vir enige seksuele verhoudings tussen mense van ¬dieselfde geslag”.

Dit word onder meer weerspieël in die sinode se “herbevestiging” dat “die huwelik deur God ingestel is as ’n heilige en lewenslange verbintenis tussen een man en een vrou en dat enige seksuele gemeenskap buite so ’n vaste formele huweliksverbintenis nie aan Christelike riglyne voldoen nie”.

Maar nou sê die moderator van die NG Kerk, ds. Nelis Janse van Rensburg, dat die sinode se besluit nie op kerkrade afgedwing sal word nie.

“As ’n kerkraad dus sterk voel oor gay huwelike, sal ons dit nie binne die bepaalde gemeente verbied nie,” het Janse van Rensburg gister aan Rapport gesê.

Hy sê gay mans en vroue word ook steeds, wat hierdie week se sinodebesluite betref, toegelaat om leiersposisies binne die kerk te beklee.

AS DIE KERK ONS NIE HIEROOR WIL VERDRA NIE, IS DIT NOU MAAR SO. ONS KAN ONS NIE MET DIÉ ANTI-GAY BESLUITE ¬VEREENSELWIG NIE.

“Die kerk is nie staties nie, dis ’n plek waar verskillende standpunte en opinies oorweeg word.

“Ons as kerk bly soek na die waarheid.”

Die sinode se besluit dat gay lidmate nie meer in die eg verbind mag word nie, het egter ¬talle predikante genoop om vir ’n soort rebellie in die kerk te vra.

Dr. Ben du Toit, ’n teoloog en afgetrede predikant van Kuils¬rivier, het gister gesê die NG Kerk sal dit nie “waag” om progressiewe gemeentes te repudieer nie, soos wat ook uit Janse van Rensburg se opmerkings teenoor ¬Rapport blyk.

“Daar is baie gemeentes wat sedert die sinode se besluit in 2015 hul deure en harte onvoorwaardelik oopgemaak het vir die gay gemeenskap,” sê Du Toit. “Dié gemeentes moet nou hul onafhanklikheid ten opsigte van hierdie besluit aankondig, ongeag die gevolge, en ter wille van Christelike integriteit.”

Hy meen dié gemeentes sal voortgaan om volgens die 2015-besluit op te tree.
“Die kerk sal dit nie waag om hulle te verbied nie.”

DIE HERE SÊ AL RUIMTE WAARIN ’N SEKSUELE VERHOUDING KAN BESTAAN, IS IN ’N HUWELIK TUSSEN MAN EN VROU.

Sommige gay lidmate, soos die 37-jarige Ockert de Wet van die NG gemeente Fontainebleau in Johannesburg, sê gays moet ‘n “gay-vriendelike” gemeente vind waar hulle gemaklik is en veilig voel.

Dit was egter gister duidelik die twis in die kerkleierskorps is nog nie verby nie. Litigasie dreig (sien berig hiernaas) en dominees verlaat die kerk op ’n streep.

Ds. Johan Krige, voormalige hoof van die Johannesburgse NG Kerk-uitreikorganisasie MES, meen die omkeer van die besluit sal groot ongemaklikheid en ba¬kleiery onder kerkleiers veroorsaak. Hy heroorweeg sy lidmaatskap van die kerk.

“Dit lyk my die sake is te uiteenlopend om tot ’n vergelyk te kom. Die nuwe besluit akkommodeer nie verskillende standpunte soos 2015 se besluit nie.

Dr. André Bartlett, kampvegter vir gelyke regte in die kerk, sê hy probeer progressiewe lidmate juis oortuig om nie die kerk te verlaat nie sodat hulle “hul stem binne die kerk dik kan maak”.

Hy glo egter wel die kerk sal mag optree teen gemeentes wat aanhou om die 2015-besluit te -ondersteun.

Ds. Johan Conradie, ’n NG leraar van Johannesburg, het Vrydag ’n geheime blad genaamd Pro AS2015 op Facebook begin vir mense wat ten gunste van 2015 se besluit is. Die groep is gister openbaar gemaak.

“Ek wil nie vir die NG Kerk ’n middelvinger gooi nie,” sê Conradie. “Ek wil hê ons moet hand aan hand stap om dié probleem te probeer oplos. As die Kerk ons nie hieroor wil verdra nie, is dit nou maar so. Ons kan ons nie met dié anti-gay besluite vereenselwig nie.”

Vir predikante soos ds. Jan ¬Viljoen was die besluit Donderdag die laaste druppel in die emmer en sy besluit om uit die kerk te bedank “die moeilikste van my lewe”. “Ek is geensins ten gunste van promiskuïteit nie, maar jy kan nie gay mense omarm in liefde terwyl jy aan hulle voorwaardes stel nie,” sê hy.

Ook prof. Wannie Carstens, hoof van die Noordwes-Universiteit se skool vir tale, het sy “goed gevat en geloop”.

“Hierdie is vir my ’n onomkeerbare besluit, want ek kan nie meer met my gewete saamleef nie. ’n Liefdesgebod en diskriminasie is twee dinge wat nie onder dieselfde dak hoort nie.”
Daar is egter ook baie predikante vir wie Donderdag se besluit groot verligting gebring het.
Ds. Carel Smith van die NG gemeente Suider-Strand het aan Hanlie Retief gesê verlede jaar se sinode “het die Here se stem nie behoorlik gehoor” met die neem van die versoenende besluit nie.

Hy verwerp die idee dat die kerk verskillende interpretasies van die Bybel moet duld (sien bl. 3 van Weekliks). “Daar is mense wat sê ons moet ruimte maak vir mekaar se Skrif-interpretasie. As jy nie die reëls van goeie interpretasie volg nie, kan jou interpretasie ’n afwyking wees van die waarheid. Die Here sê al ruimte waarin ’n seksuele verhouding kan bestaan, is in ’n huwelik tussen man en vrou. Jy moet iewers ¬besluit: Gaan jy by die Bybel bly of nie.”

Hy het ook aan Rapport gesê hy ken meer as 50 gay mense wat “geskuif” het en nou heterosek¬sueel is.