Ons hoor mos vandag van vooraanstaande teoloë dat die Bybel nie ‘n geskiedenis boek is nie maar ‘n geloofsteks. Ons kan dus nie die geskiedskrywing in die Bybel vertrou nie.

Daar is onlangs ‘n klein stukkie gebakte klei, so groot soos my duimnael, in ‘n ou ashoop reg langs die tempelplatform in Jesuraslem gekry. Die inskrywing op die seël sê: “Koning Hiskia, seun van Agas”. Hierdie is een van die belangrikste argeologiese fondse in Jerusalem in ‘n lang tyd, dit is ‘n afdruk van die koning se persoonlike seëlring.

Basislyn: Ons KAN die Bybel vertrou.