Wie ek is.

My naam is Wynand Louw.

Ek is ‘n sondaar wat die genade van Christus elke dag in my lyf ervaar.

Hy het vir my, die grootste van alle sondaars, gered.

Hy is besig om my, in wie die sonde nog steeds soos ‘n parasiet woon, al meer en meer te verander om soos hy te lyk. (Wees geduldig met my, die oorwinning kom stadig maar seker, geveg na geveg, veldslag na veldslag.)

En eendag, wanneer ek Hom van aangesig tot aangesig ontmoet, sal hy my totaal herskep om vir ewig, in ‘n verheerlikde liggaam soos syne, by hom te wees.

Terug

78 thoughts on “Wie ek is.”

  1. Slabbert said:

    Dankie broer vir hierdie getuienis, dit is elke ware gelowige (ook myne!) se getuienis (hoor ons broer Jesaja se Geestelike versugting en uitroep in Jes.6:5; Petrus se sonde stryd in Luk.5:8; Paulus wat deur die Gees getuig van die gelowige se pelgrims-stryd: Rom.7:19-26), ja, sonde maar dank God ook (en veral) genade wat oorwin het ! (sien Ps.51:5 in die lig van vers 3,4).

    Sterkte met jou roeping
    1 Tim.1:15 groete
    Slabbert

    • Ek glo in Jesus Christus as verlosser Ek was in die NG Kerk en is stigter van die APK. Getuig waar ek kan teen die dwaling in die NG Kerk. Hulle gaan van erger tot erger en my getuienis begin al meer klink teen die hulle dwaling as om vir Jesus te getuig Ek bid en stry hierteen want is bewus van die duiwel se werke.

      Ek vertrou ek kan maar hier deelneem

  2. Slabbert

    Ek ervaar die oorwinning daagliks. Dit is die grootste genade van alles.

  3. As predikant van die Ng Kerk verkondig ek die evangelie soos wat ek dit geleer het. Die debatte van die hedendaagse teoloe maak my moeg en ek vind dit regtig nie van waarde nie. Kom ons bly by die Evangelie van Jersus Christus, die seun van God, ons verlosser en verryk mekaar se denke met die “ou” waarhede. Dis nie omdat ek fundamentsalisties is nie, maar Jesuds Christus en die nuwe lewe in Hom beterken vir my so baie dat ek regtig jammer is vir my kollegas (teoloe) wat erens die pad byster geraak het. Jesus is HERE en in Hom is daar ware lewe!
    Dr Dawie Theron

    • Hallo Dawie

      Dit is inderdaad so dat die debatte nie van waarde is nie. Maar dit is ook inderdaad so dat ons teen ons wil in die debatte ingedwing word omdat die dwaling in ons kerk ‘n realiteit is, en dit is Christus se opdrag dat ons daarmee moet reken!

      Jy herinner my aan die ou Halleluja lied: Bring my die ou-ou tyding, die boodskap van God’s heil. Van Jesus sondaarliefde, die liefde sonder peil…

      Dankie!

    • Willie Esterhuizen said:

      Ek het per ongeluk op die webblad afgekom en besluit om my skrywe hier te plaas . Weet nie eers of iemand dit sal sien nie maar dit sterk my vermoede dat ek die spyker op die kop slaan . Predikante het totaal fokus verloor op die individuele lidmaat en hou hulle besig met slim debatte wat net mooi niks beteken nie . Intussen verloor mense hulle geloof in God en raak so weg . Doen iemand moeite om hulle weer terug te bring ?? Ek glo nie want ek dink 99% van die tyd weet Kerkrade nie eens iemand se sitplek is leeg nie.

      Mense raak Kerkloos , maar weet ons werklik waarom ?
      Ons het soveel sosiale medianetwerke dat ons kan kies en keur maar daar is nie n sentrale netwerk waar n mens n mening kan lig en dan hoop profesionele mense soos byvoorbeeld predikante sien dit raak nie . Nie om te reageer nie maar net om bewus te raak van iets wat dalk deur gewone mense ervaar word. Iets wat die gewone lidmaat dalk ervaar maar niemand het om mee te gesels nie . Die lidmaat wat n mens kan aanneem die oorlaslidmaat is.Die een wat almal wens eerder tog maar moet weggaan . Die Gay debat is tot vervelens toe gevoer en ek dink net daar is n ander stuk pyn wat ook n bietjie aandag geniet . Maar ek dink dit is seker maar te veel gevra.
      Die fokus van gemeentes , na my mening lê by instandhouding van geboue, basaars, administrasie , eredienste, inkomste, uitgawes maar ek dink die individuele lidmaat is nie meer n fokuspunt nie . My vraag is dus weet Kerkrade van mense in hulle gemeentes wat swaarkry? Ek verwys nie na finansiele swaarkry as sulks nie , ek verwys na die gevolge daarvan maar ook die gevolge van ander tipes swaarkry .Die tipe swaarkry wat vir ander mense , gesinne en familie ingesluit , n bron van irritasie is en wat versoorsaak dat die persoon wat dit ervaar , hom- of haarself al meer en meer van mense , kerk en God isoleer . Is Kerkrade bewus van sulke mense in hulle gemeentes of het die mense so stilletjies verdwyn dat niemand dit agtergekom het nie ? Gee kerkleiers om vir die mense of is hulle eintlik maar n oorlas? Is gesinslede bewus dat daar in gesinne of families iemand is wat in die grond ingedruk word met twyfel, neerslagtigheid , van God verlate voel en n regte “ruk jou reg” houding inneem?. Of die “ Hou net moed God dra jou” , “ Daar is net een ry spore , God dra jou “ , “ Hou aan bid” ,” Moenie moed opgee nie , uitkoms is naby” refreine wat so maklik ge-uiter word deur mense wat nie die vaagste benul het waarvan hulle praat nie en dink n paar mooi woordjies los die hel waardeer mense gaan sommer gou gou op. Ek dink ons moet eerlik wees dat daar nie tyd is vir dit ook nog in reeds oorvol programme nie en daar is in elkgeval genoeg mense met wie dit goed gaan , wie se lewens net een groot fees is , wat al die regte keuses gemaak het , wat nie hulp van enige aard nodig het nie en wat Sondag na Sondag glimlaggend in die kerk kan sit en die Here dank dat Hy so goed vir hulle is Hulle hou die gemeente aan die gang . Hulle is so geseend, die Here dra hulle en hulle kan nie genoeg dankie se dat Hy so goed is vir hulle nie teenoor die wat daar buite staan , deur die vensters loer en die volmaaktes daarbinne sien en so smag om, ook net n bietjie geluk te ervaar maar nie goed genoeg is nie , nie vir die glad ge-oliede masjien van die Kerk nie en ook nie vir God nie . Dus alles is sinloos, nutteloos en beteken niks vir enige iemand nie , n lewe wat eintlik maar nie moes gebeur het nie . Ek dink seker goed soos God se krag ( wat baie min mense werklik verstaan ) , die vrede waarna die Bybel verwys, hulp met bekommernisse en ander problem soos hier bo beskryf is net vir sekere mense bedoel , die wat God se guns reeds het, Dioe volmaaktes, die wat heilig lewe. Die res , nou ja , moet nie te veel verwag nie en ek dink ek praat uit ondervinding oor n tydperk van 60 jaar .

    • Deon vd Westhuizen said:

      Jy lieg steeds aangaande daai valse evangelie wat julle verkondig,en verwerp die onderdompeling van bekeerlinge.

  4. alreeds in die tye van die eerste kerk in die tyd van die apostle van jesus was daar die neiging tot verdraaiing van die ware evangelie , 2 petrus 2;1 bring dis aan’t ligt , En daar is ook valse profeten onder.t volk geweest .soos ook binne u valse leraars sy ,hully sal die verdelyke ketterye heimelyk invoer.en hully sal ook die Here ,die hully gekoop het verlooen , en,n haastige verderf oor hully self bring . deur al die euwe heen , het mense gestry . teen die verdraaiing van,t ware evangelie , die reformatie was,n voorbeeld van dat ..hartelyke groete .en sterkte

  5. Louis van Rooyen said:

    Baie dankie Wynand,ek is so dankbaar vir dapper gelowiges soos jy wat vir die waarheid uitstaan in n kritieke tyd van dwaling en misleiding deur sogenaamde kerkleiers.

    Seen

    Ds Louis van Rooyen

  6. Louis

    Dit is net so belangrik dat leraars die waarheid verkondig – en die dwaling uitwys – van die kansel! So dankie vir wat jy in jou gemeente doen!

    Wynand

  7. Elsa Telle said:

    Hallo Wynand. As vrou haal ek my hoed af vir manne wat in outoriteit, waagmoedigheid en ‘n UITVERKOOP AAN JESUS CHRISTUS, bereid is om die Waarheid van die Skrif te verdedig. Mag ek jul denke challenge met die skrifwaarhede rondom egskeiding. Ek het n bediening onder vroued dogters van Sara” gebaseer op 1 Petrus 3:6b. Ek kry met baie vroue te doen wat ek moet bedien en in die skrifwaarhede moet begelei. Terloops ek is Gawie Botha se suster Elsa

  8. Hou so aan Wynand en sterkte, ons het mekaar nodig in hierdie tye. Paulus het die valse predikers by die naam genoem en dis iets wat mense vandag probeer vermy. Tog is daar ‘n verskil om iemand uit te ken en iemand te verguis en wat mens op jou blog lees is werklik in goeie smaak. Die Here help jou…

  9. die duiwel said:

    “Hy is besig om my, in wie die sonde nog steeds soos ‘n parasiet woon, al meer en meer te verander om soos hy te lyk.”
    Wat ‘n siek ou moet “Hy” dan wees. Die ou in die Bybel tref my as iemand wat liefde openbaar, nie iemand wat heeldag kwaad stook sood Wynand nie.

    • Louis van Jaarsveld said:

      Ek het self ‘rooi’ Louws in my familie. Maar Wynand het na Jean se voorlopige skorsing van verlede Maandag, tog die goeie vir Jean toegewens!

      Paulus noem homself in een van sy laaste briewe nog ellendig. Maar Goddank, as ons aan Jesus Christus behoort, sal God ons nie veroordeel nie. Jesus self is ons heiligmaking (I Kor 1: 30). Hoekom? Omdat Sy absoluut onskuldige rooi lewensbloed vir ons gestort is!

      • Louis, ek moet sê ek voel nogal geëerd dat die duiwel self hier kom gal braak het. Daar is ‘n spreekwoord wat sê ‘n man se waarde kan gemeet word aan die kwaliteit van sy vyande… Alhoewel in die geval gaan dit nie oor kwaliteit nie maar gewildheid. Die duiwel is seker die gewildste ou op aarde, maar hy bly maar robbies. 🙂

  10. Louis van Jaarsveld said:

    Wynand, ja – dis duidelik dat duisternis nie met die lig van die Heilige Gees kan meng nie. Selfs Goethe se doktor Faustus moes aan die begin van die veronderstelde ‘verligting’ van twee eeue gelede agterkom dat sy kamma-liefdevolle pakt met die bose Mefistofeles, hom nie eintlik nie veel gebaat het nie. Sy naïewe meisie Margaretha moes dit onder sy skeermestong ontgeld.
    En dis nie dat jy die eer van hulle aanval gesoek het nie. Maar jy kan ‘n huppel in jou stap hê, ja, dans van blydskap, dat die eer jou te beurt geval het om ‘n valse aanklag van die aanklaer en sy trawante teen jou te kry.
    Dis nie dat mens jouself kan aanmatig nie; dis die Hére wat die duiwel sal straf. Van die begin af het die aartsbedrieër ons menslikheid vermoor; menigeen het hy met die slap riem van ‘n flou liefie-liefie benadering gevang – terwyl hy allie pad probeer slag en steel en vernietig onder ons. Hy wil menigeen oortuig om hul ou skoene agter hom aan te gooi, sodat hulle – op die groot dag van die bruid – saam met hom in die ondergrondse swembad van stinkbom-lawa gegooi kan word.
    Bangmaakstories? Die vrees van die Here bly die begin van wysheid. Die ou kalant se geslepe mikpunt is aan die ander kant om mense wat ontgogel is met verdoemende skrifgeleerdes en fariseërs, en eweneens ontnugter is met die gebrek aan vryheid by die geraasmate, de leste verantwoording te laat minag. Sy mikpunt is om hulle as asvaal halfbreeds onvergeeflik te laat laster.
    En dit teen die Heilige Gees wat Sy liefde verruklik in mense se harte uitgestort het? So verruklik dat ons as moderniste en post-moderniste die ware Jesus so nimmer as te nooit op ons breinskerm gefabriseer en geprojekteer sou kon kry nie?
    Ook wanneer ons ontrou is, bly Hy egter getrou, skryf Paulus aan mense wat nog nie klipsteenhard in hulle-se harte loop raak nie. Wie in Gees en waarheid na Hom soek, sal Hom vind.

  11. Theo van der Walt said:

    Wynand, Ek is redelik geskok deur die moderator van Wes en Ooskaap, Dr Braam Hanekom, se gelukwensing van die nuwe Pous en dat hy nogal se dat ‘hulle’ nou kan saamwerk om die ‘boodskap’ te versprei. Besef die NG Kerk nie wie die Katolieke Kerk is nie? Hy verwys na en ek ‘copy’ sommer vanaf hulle verklaring “Dit is inderdaad `n historiese geleentheid en betekenisvol nie net vir die Katolieke Kerk nie, maar ook vir die hele Christen-gemeenskap wêreldwyd. Dit bevestig nie net voortdurende bewegings wat in die wêreld-kerk aan die gang is nie, maar herbevestig ook `n beweging na eenvoud, die helder verkondiging van die Evangelie van Christus en die uitreik na armes.
    Word die mense doelbewus mislei of ken die NGK nie die waarheid oor die Katolieke kerk nie?
    Groete.
    Theo

    • Beste Theo/Wynand,

      Kan julle my help met ‘n bron vir hierdie aanhaling van Braam Hanekom, ek soek daardie koerant uitknipsel maar ek kry dit nie in die hande nie. Dankie

    • jlroodt said:

      My kommentaar sal dalk ongewild wees, maar die feit is dat Christene wat Jesus bely as hulle verlosser in die Katolieke kerk ons broers en susters is in Christus en dus ook ons tyd en, wanneer nodig, respek sal kry.

      Ek dink dis ‘n goeie gebaar om iemand geluk te wens vir sy verkiesing/aanstelling tot ‘n uitvoerende of leierskapsposisie. Ons word mos nie nou Katoliek deur ons mede-Christene goeie wense toe te wens nie.

      • Jou kommentaar is nie ongewild nie, ek stem net nie saam met jou nie. Jy is ongelukkig oningelig. Die Katolieke kerk is nie Christene nie, bloot omdat hulle die genoegsaamheid van God se genade in die Kruis van Jesus ontken. Hulle verwerp die 5 Sola’s met so ‘n passie dat hulle duisendes daarvoor uitgemoor het tydens die Reformasie. En hulle teologie het geensins verbeter nie, inteendeel! Verderflike kettery soos die onfeilbaarheid van die pous, en die sondeloosheid en hemelvaart van Maria is eers gekanoniseer by Vatikaan 2, ‘n paar dekades gelede. Al wat verander het is hulle werkwyse, hulle moor nie meer mense uit wat van hulle verskil nie.

      • Dit is waar.Daar is gelowiges in alle kerke ,ook in die Katolieke kerk.Dis God se uitverkiesende genade.So is daar ongelowiges in ons Protestantse kerke.Die klompie gelowiges in die Katolieke kerk maak nog nie van hom ‘n Protestantse kerk nie en dat ons hulle nou erken nie.

  12. Theo van der Walt said:

    Proregno, Dit was op RSG in n onderhoud met Hanekom uitgesaai en dit het op die NGK se webblad verskyn daarna.
    Hier is dit soos die pers verklaring gely het. Ek weet nie of dit in spesifieke koerante verskyn het nie.

    Hoop dit help

    CONGRATULATIONS TO THE CATHOLIC COMMUNITY ON THE ELECTION OF THE NEW POPE

    It is with great excitement that we want to congratulate the worldwide Catholic community on the election of the first South-American Pope, Jorge Bergoglio, or Francis 1.

    This is indeed a profound, historical moment and full of meaning, not only for the Catholic Church but for all Christians over the world. It confirms the continuous movements that are taking place in the church worldwide but also reconfirms the movement towards simplicity, the clear proclamation of the Gospel of Jesus Christ and the church’s solidarity with ordinary people and the poor.

    Together with the Catholic community, we are grateful and proud of his election as the new Pope and pray that God will bless him with love, good health and wisdom.

    Dr Braam Hanekom
    Moderator Dutch Reformed Synod of Western and Southern Cape

    GELUKWENSING AAN KATOLIEKE GEMEENSKAP MET DIE VERKIESING VAN NUWE POUS

    Graag wens ons die wêreldwye Katolieke gemeenskap geluk met die verkiesing van die eerste Suid-Amerikaanse pous , Jorge Mario Bergoglio, of te wel Franciscus I.

    Dit is inderdaad `n historiese geleentheid en betekenisvol nie net vir die Katolieke Kerk nie, maar ook vir die hele Christen-gemeenskap wêreldwyd. Dit bevestig nie net voortdurende bewegings wat in die wêreld-kerk aan die gang is nie, maar herbevestig ook `n beweging na eenvoud, die helder verkondiging van die Evangelie van Christus en die uitreik na armes.

    Ons is saam met die hele Katolieke gemeenskap dankbaar oor en trots op die verkiesing van die nuwe pous en bid hom Gods rykste seën, gesondheid en wysheid toe.

    Dr Braam Hanekom
    Moderator NG Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland
    2013-03-14

    braam@kaapkerk.co.za
    021 957 7202

  13. Derik said:

    Naand Wynand
    Ek het jou webwerf perongeluk ontdek terwyl ek op die internet was. ….. ek het ingetik “wie is ek?” …snaaks genoeg ek is ‘n predikant se seun …NG Kerk groot geword , jy het vannaand my lewe vernader….of soos die verlore seun terug gebring huis toe. Baie dankie vir die werk en pragtige web blad wat jy het. xxx
    Derik Jordaan

    • Daniël said:

      Ek wens die Dominee se kinders kon erens saamtrek wat in die Here glo en mekaar inspireer om die legacy wat vir ons gegee is te versterk onder mekaar deur die vervolgde kerk te bedien en uit te reik na ongelowiges

  14. PIET SUTTON said:

    PIET SUTTON
    September 26, 2013 at 04:49
    Dit is alleenlik moontlik om onder die leiding, beheer en in gehoorsaamheid aan die Heilige Gees, die Gees van die absolute Waarheid wat die Universele Kerk tot eenheid, eensgesindheid, gehoorsaamheid,verbondenheid en volheid in Jesus Christus lei geestelike dinge aan mense te verklaar wat die Gees van God het.1 Kor. 2 v 1-16.Waarom word sake soos deur Wynand na verwys en ander soos huwelik/saamwoon en homoseksualiteit aan die groot klok gehang as die Skrif klankhelder hieroor is?Diegene wat beswaar skrifte oor homoseksualiteit ingedien het se bedoeling is sekerlik nie om sodomie te probeer regverdig nie maar om selibaat as rein,skoon en onbevlek en as deel van ‘n heilige lewe vir alle ware gelowiges te aanvaar .Die Kerk se fokus moet in alles en geheel terug verskuif na die wil van Hoof van die Kerk vir Sy Kerk, Wie se verlossings werk reeds volbring is.Sonder Hom is dit onmoontlik is om Sy wil te doen of deel te wees van die Ware Kerk. Johannes 15.

  15. Wynand, ek neem nie voortdurend deel aan korrespondensie nie, maar ek het grootliks waardering vir jou … Kom drink koffie as jy in Kroonstad kom.

  16. Wynand, ek het ook per abuis op jou blog afgekom, en was verstom om te lees waaroor jy die NGK aanspreek! Ek het hierdie denominasie al baie jare gelede verlaat oor soortgelyke sake en aldus wil ek saamstem dat daar sekerlik die gevaar bestaan dat die kerk baie baie seer kan kry indien sekere uiters aktuele kwessies nie na behore reggestel/ in die reine gebring/ opgelos word nie. Dit is so helder soos daglig dat van die sg. “kerkleiers” wat jy gekonfronteer het en aangedring het op klinkklare antwoorde van hul kant, dit kliphard probeer pypkan het deur vae en algemene antwoorde. Dis juis deur hierdie vaaghede waaruit hul werklike oortuigings blyk.

    Uiteindelik, sou die kerkorganisasie dit nie met absolute oortuiging met wortel en tak uitroei nie, sal gelowiges niks meer word as blinde volgelinge van blinde leiers nie!

    Een van die grootste gevare hedendaags is die sg. intellektualisme – argumente, debatte, ens. word gevoer met gebruikmaking van vreeslik geleerdklinkende terminologie – vandaar dan ook die gemak waarmee die man op straat afgemaak word as leek wat nie die” kompleksiteit” van sake sal verstaan nie!!

    Bog!

    Laat ek dit sê: Jy hoef nie altoos “polities korrek ” te probeer wees nie! Inteendeel: dis nodig om misleiding, dwaallering, ens. te identifiseer vir wat dit is met weergalose onverskrokkenheid! Dit is hoegenaamd geen bewys van liefdeloosheid of onver-draagsaamheid, ens. nie. Gaan lees weer Martin Luther se stryd met die kerk en -leiers van sy tyd! Jesus self het nie gehuiwer om sodaniges “witgepleisterde grafte” te noem nie. Hul koppe is vol sg. geleerdheid maar hul harte is dolleeg! Ek kan baie van God af weet, maar Hom nog steeds nie ken nie.

    Stekte en seënwense in jou pogings – moenie ontsenu word nie!

  17. Sakkie said:

    Hallo Wynand. Ek het in 1998 die roeping gekry om die woord van God te verkondig. Ek was toe ‘n lid van die NGK. Ek kon egter nie as predikant studeer nie agv werksomstandighede. Ek het die NGK verlaat en is deur die Metodiste Kerk opgelei as ‘n leke-prediker. Ek het destyds my graad deur UNISA gedoen. Ek het ook sedert dien geleentheid gehad om in die NGK te preek en was dit ‘n ongelooflike voorreg om oor my Verlosser te preek in my Moedertaal. Ek het na baie gebed en worsteling onlangs besluit om terug te keer na die NGK omdat my kinders Sondagskool bywoon by die NGK terwyl Pa in ‘n ander kerk is. Ons gesin is nou weer saam, daar waar ons begin het. Ek voel dat God ‘n plan het met die NGK en dat mense wat preek, bedien, bemoedig, vermaan of welke rol hulle ookal speel, dit van binne die kerk moet doen sodat die dwaling wat jy uitwys en ander tradisionele gewoontes wat mense se groei in die kerk verhoed aangespreek kan word.

    Dankie vir jou interessante artikels en kommentaar.

  18. cariena1 said:

    ek het vanaand Kwêla gekyk om na die Griekwastad insetsel te kyk. toe praat hulle met Abel Pienaar en die hare op my nek staan regop en ek huil stil trane kliphard in my binneste vir die siele wat vanaand verlore gaan gaan na daardie insetsel omdat hulle sy gladde woorde gaan insluk en Christus gaan verloën vir die NOU wat hy, Abel, predik met sy voelgoed teologie wat Jesus se Kruisdood stukkie vir stukkie probeer ongeldig verklaar………….. Vader, vergewe hulle want hulle weet wraggies nie wat hulle doen nie…………dankie dat jy die woorde in jou hart neerskryf vir die wat soek om Hom te vind in kuberruim – wie is ek? sonder Jesus – verlore……..

  19. Wat staan ons te doen? As jongmens ervaar ek dat daar n bewuswording onder die jeug is, dat die kerk die grootste meevoerder van die “sisteem” en die duiwel se agterdeur geword het. En tog is daar n verlange na n gemeente waar ons Yahwe met oorgawe kan dien in die teenwoordigheid van die Heilige Gees en deel in die ware liggaam van Die Bruid.

    • Walde
      As die jy lid van die NG Kerk is en die Here roep jou daartoe, word ‘n aktivis vir die waarheid in jou plaaslike gemeente. Maar doen dit slegs onder baie gebed.
      As die Here jou nie daartoe roep nie, sorg dat jy ingeskakel is in ‘n klein groep in jou gemeente waar die Evangelies suiwer verkondig word. As dit nie moontlik is nie, vind ‘n kerk in jou omgewing waar jy veilig voel.

      Onthou nie alle NG gemeentes word deur wolwe gelei nie! Ek glo die meeste van die gemeentes word deur mense gelei wat gered is en die Here lief het. Ek dink egter die meeste weet nie regtig wat aangaan nie.

  20. Daar is net een antwoord :keer terug na die Woord van God.Onderhou Sy wet en het Hom lief met jou hele hart en siel en verstand en jou naaste soos jouself.Bestry die gedagte dat die kerk die agterdeur van die duiwel is.Dis ‘n leun uit die Hel..

    • Theo vander Walt said:

      Ek dink n mens moet ‘kerk’ net nouer definieer. Met kerk vanaf die middel eue word gewoonlik verwys na die Rooms Katolieke (RK) sisteem wat wel van die duiwel homself is en nie slegs die agterdeur nie maar wel die voordeur van satan is. Ons noem onself deel van die reformasie maar is deesdae besig om hande te vat met die RK kerk wat miljoene herformers uitgemoor en op brandstapels verbrand het. Die RK het slegs hulle taktiek verander maar hulle doel en miesie is steeds dieselfde, om soveel as moontlike mense hulleself te laat Christene noem en dan rustig op sondae in die kerk te laat sit en vir 30 minute na n preek te laat luister en dan is hulle gewete gesus. Die realiteit is egter dat al die traditionele (in ons oe) kerke steedss aan die misleiding van die RK vaskleef. ons neem steeds deel aan die Sondag erediens wat n heidense instelleing is en ingestel in deur die RK en om ons kinders klein te doop wat ook n misleiding is en n heidense gebruik wat deur die RK ingestel is. So ook het ons almal beelde in ons kerke wat duidelik verbied word in die gebooie wat met die Here se eie hand in klip geskryf is. Ja ek dink die kerk oor die algemeen is die agterdeur van die duiwel!

      • Kerk verstaan ek die ware Kerk .die Kerk waar aan elke gelowiges behoort.AS jy in Jesus Christus glo behoort jy aan Sy Kerk wat al ‘n deel van die Ewige Lewe is Ek praat nie van die mens gemaakte kerke van verskillende denominasies nie.As die kerk waaraan ek behoort die ware Evangelie verkondig en in Jesus glo,dan beehoort hy ook ‘n deel van die Ewige kerk,

        Die Nedelrandse Geloofsbelydenis se “Ons glo en beley ‘n enige katolieke of algemene kerk wat ‘n helige kudde of gemeente van alle ware gelowige Christene is.wat hul hele salihgheid in Jesus Christus verwag en gewas is deur sy bloed ,geheilig en verseel is deur die Heilige Gees.Hierdie Kerk was daar van die begin van die wereld af en sal daar wees tot aan die einde toe.

  21. Wynand,
    Ek het vir 14 jaar aan Openbaring gewerk in Afrikaans. Ek wil graag vir jou n kopie stuur maar kry nie jou epos adres nie. Dit is gereformeerd.
    Groete Nico

  22. Kobus Engelbrecht said:

    Ek het heel toevallig op hierdie webbladsye en bogemelde kommentaar afgekom, en was sprakeloos. Dis tyd dat julle so bietjie kennis neem wat in die ”werklike” w^ereld van bybelwetenskaplike (lees: intelligente) navorsing oor die ontstaan en ”groei” en plek van die Bybel in menslike nadenke, asook van wat in die ander wetenskappe (geestes- en natuurwetenskappe) aangaan … En so terloops, ons bevind ons in die 2ste eeu!

    • Dankie vir die opmerking, Kobus.

      Ons onintelligentes het nog maar altyd die Bybel geglo.

      1 KORINTIËRS 1:22-25 AFR83

      Die Jode vra wondertekens en die Grieke soek wysheid, maar ons verkondig Christus wat gekruisig is. Vir die Jode is dit ‘n aanstoot en vir die ander is dit onsin, maar vir dié wat deur God geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God. Wat vir die wêreld die onsin van God is, is groter wysheid as die wysheid van mense, en wat vir die wêreld die swakheid van God is, is groter krag as die krag van mense.

  23. Nick van Zyl said:

    Nou lees ek die “intelligente” opmerking wat Kobus Engelbrecht gemaak het en vind dit inderdaad tiperend van diegene waarvan die Skrif sê: “…My eer met hul lippe, terwyl hul hart ver van My hou, sodat hul vrees vir My ‘n aangeleerde mensegebod is” (Jes.29:13). Ons kan nie kwaad word vir hulle nie, maar die antwoorde vir die vraagstukke van die menslike gees lê onteenseglik nie opgesluit in die wetenskap (per se) of in sg. verhewe wetenskaplik gefundeerde (drog)redenasies nie, maar dit wat die Lewendmakende Gees van die Here in jou gees kom inspreek wanneer jy bereid is om jou slimmighede op te skort en te hoor wat die Here sê!! Voordat ons nie self by die kruis gekniel het nie, sal ons nooit verstaan of verander nie!

  24. Hanri Stander said:

    Baie dankie vir jou onbaatsugtige tyd en moeite om ander siele soos ek nog gelowig en standvastig hou.

  25. Andreas Nieuwoudt said:

    Haai Wynand. Ek is stem 100% saam met jou bewoording aan ds v/d Spuy. Ai……hoekom val al die grotes? Druk? Ek is besig om M.th te doen deur UNISA my M.th te doen maar het te doen gekom met die ‘wit olifant’ van teologiese instellings nl. die Bybel. Dus wil ek skuif na SATS. Het u kennis van hulle? Dink hulle soos ons?
    Christus groete
    Andreas

    • Hi Andreas
      Somerset Morkel het die brief aan Dirkie vd Spuy geskryf.
      Jammer ek weet niks van SATS nie
      :-/

      • Hello Wynand, Ek glo die hart van Koning Jesus huil aan die een kant oor wat die NG Kerk en by name die AS besig is om te doen en aan die anderkant jubel Jesus oor die geweldige reaksie vir Jesus en die behoud van die kerk. Help bietjie, hoe kry ons ons besluite as gemeente oor die AS op hierdie site sodat almal dit kan lees? Help bietjie. Dankie Johan Vosloo

  26. Hi Wynand
    Ons moet wegbeweeg van die teenwoordige tyd “Ek is ‘n Sondaar” maar na ‘n verlede tyd “Ek WAS ‘n sondaar”.
    Rom 5 : 8 : Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

    Weet jy dat nie een van die briewe die gemeente aanspreek as sondaars nie:

    I Kor 1:2 …aan die gemeente van God wat in Korinthe is, aan die geheiligdes in Christus Jesus, die geroepe heiliges, saam met almal wat die Naam van onse Here Jesus Christus in elke plek aanroep, hulle sowel as onse Here:

    Kyk maar almal. Verander wie jy is na:
    My naam is Wynand Louw. Ek WAS ‘n sondaar wat deur die genade van Christus gered was. Nou deel in I Pet 1:2 die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus:.

    Jy is Heilig. Lewe so!!!

    Hano de la Rouviere

    Meer hieroor en ander : http://www.stepstoforgive.com/ngk.php

    • Ek het n lang anywoord geskryf maar my selfoon het dit verloor. Ek het nie tyd om dit weer te skryf nie. Jammer.

      Jou teologie is gevaarlik verkeerd.

      1 JOHANNES 1:8-9 AFR83

      As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely — Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

      • Hano de la Rouviere said:

        Hi Wynand

        Ek het nie vir een oomblik gese ek het nie sonde nie, dis dan hoekom ek uit genade leef… Maar wat ek wel se ek leef nie in die sonde nie. Ek word verlos van die sonde….. Hy verbreek die weke van die Duiwel in my… Ek is ‘n heilige jy moet bietjie verder lees in

        1 Johannes 3:

        Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is.

        • Regso.

          Die probleem is dat “Holiness” Keswick en “second blessing” leerstellings baie gevaarlik is. Uit jou eerste pos moes ek aanvaar dit dit jou posisie is.

          Moenie regverdigmaking en heiligmaking verwar nie. Dit is twee verskillende goed, al kan dit nie sonder mekaar bestaan nie.

          Martin Luther het homself ‘ n “heilige sondaar” genoem, as ek reg onthou. Ons moet die hele Bybel altyd in die konteks van die hele Bybel lees.

          • Hano de la Rouviere said:

            Hi Wynand

            Ek verstaan nie nie “Gevaarlik” wat jy van praat nie, hoe kan dit Gevaarlik wees om jou as Heilig te sien en enige iets wat teen daai Heiligheid staam (Vlees en sy begeertes// sonde ens…) te bestry te beveg te repent daarvan ens. Ek dink die BAIE meer geveaarlik om jou as Sondaar te sien. Ek probeer maar kry dit nie reg nie, ek sukkel ens ens…

            Die punt is is ons identitied in Christus. Die Heiligmaking sal Hy doen dis mos nie iets wat ek in myself kan dien nie? en as jy probeer dink ek dis hoogmoed, ek sal dit fix teenoor ek kan nie Heer help my, of ek verwerp daai aaklige gedagtes as iets wat ek nie is nie ens ens. kom jy agter dat om te dink jy is ‘n sondige dan aanvaar jy daai sonde as iets wat jy is teenoor as jy aanvaar jy is ‘n Heilige veg jy teen dit wat jy nie is nie.

            Dis in Sy lig dat ons sondes tot die lig kom, as ons ver weg van God is dan dink ons ons sondig nie, hoe meer jy in sy Lig beeg hoe meer kom daai sondige natuur tot die Lig en ek het gevind HY VERADER DIT. VAT DAAI BEGEERTES WEG DAT EK DIT NIE MEER HET NIE: GONE, VERLOS!!!!

            Liefde Hano

  27. Ek dink Wynand se laaste opmerking stel dit goed: daar is beide ‘n ‘was’ en ‘is’.

    Ek ‘was’ sondaar in terme van regverdiging (Christus buite myself het my regverdig gemaak in sy bloed, regverdigverklaring my toegereken, sien NGB art.22,23) maar daar is nog oorblyfsel van sondaar in my in terme van heiligmaking in hierdie lewe, ‘n lewe wat hoe langer hoe meer aan Hom gelykvormig moet word, daarom nog die ‘is’ stryd van hierdie lewe in Christus.

    Anders dwaal Paulus, wat reeds geregverdig was as hy die volgende skryf (1 Tim.1:15):

    “Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is.”

    Die ‘is’ is praesens, indikatief, aktief = dus nou, nie iets van die verlede nie, en daardeur wil Paulus opnuut die genadige redding van homself in Christus beklemtoon (sien vers 14 en 16ev).

    Ons belydenis beklemtoon ook BEIDE hierdie aspekte, bv.

    Ons regverdiging dat sonde nie meer oor ons heers nie, dus die ‘was’: HK Sondag 23; NGB art.22,23

    Maar dan ook pragtig die besef van ons onvolkome gehoorsaamheid in hierdie lewe, daarom die ‘is’: HK Sondag 1; HK Sondag 44, veral v/a 114; NGB 24.

    • Hano de la Rouviere said:

      Hi proregso

      Net voor dit se Paulus : in vs 13 se hy: my wat –>>>vroeër<<<— ’n lasteraar en ’n vervolger en ’n geweldenaar was. Maar aan my is barmhartigheid bewys, omdat ek dit onwetend gedoen het in ongeloof.

      En dan is daar ook die res van die Bybel wat praat oor sonde en om nie ins sonde te leef nie…. Te veel verse om hier aan te haal maar gaan 2 kies Rom 6 bv: wat se DOOD vir die Sonde en Lewe vir Christus….

      en Col 2 wat ons identiteid in Christus is :

      Liefde Hano

      • Ja, Hano, dit is hoekom – soos ek geskryf het – ons altwee waarhede moet vashou, nie net die ‘was’ of net die ‘is’ nie, maar albei.

        Dit lyk vir my jy verwerp die ‘is’ gedeelte en wil net aan die ‘was’ vashou ?

        • Hano de la Rouviere said:

          Hi proregno

          ons identiteit is nie meer in onslef nie maar in Hom. Reg?

          Ons moet DOOD gaan aan onself sodat ons kom leef in Hom. Dit is wat ek IS. Die feit dat ek sondig onwillekeurig of begeertes het wat daarteen stry is irrelevant oor wat ek is. Dit wat nog so optree moet DOOD gaan….

          Ek wil graag eendag ‘n preek hoor oor die DOOD soek maar die woord DOOD op en kyk hoe baie dit voorkom. As jy jouself sien as ‘n sondige is jy nog nie dood vir die sonde nie.

          Rom 6:1 WAT sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?

          en Identiteit:

          Ek is : In Christus : Kol 2:6 Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom, Kol 2:9 Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; Kol 2:7 en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag;

          Ons het die volheid!!!

          Kol 2: 12 omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het.

          Dood aan sonde DAN sodat ons kan LEWE in Christus. Wat skei ons van God? Is dit nie die Sonde nie? Hoe kan ons nog daarin Lewe?

          Hy het vir ons ALLES gegee om die sonde te oorwin. Moet dit nie goed praat nie.

          Lees bietjie die: http://www.stepstoforgive.com/ngk.php

          • Hano, ek dink nie jy hoor mooi wat ek vir jou probeer sê nie.

            Ja, ek stem heeltemal saam ons het ‘n nuwe identiteit in Christus deur die geloof – dit wat Hy vir ons aan die kruis volbring het – dat ons heiliges is, sy kinders is, uitverkorenes, nuwe skepselse is, wedergebore, ens., ons verskil nie daaroor nie.

            Die vraag is eintlik: met hierdie nuwe identiteit wat ons het in hierdie lewe reeds nou, beteken dit dan nou volgens jou dat gelowiges nie meer kan sondig in hierdie lewe nie?

            Kyk mooi asb wat ek jou vra: ek hoop en glo ons stem volkome saam dat ons nie moet sondig nie (soos God se Woord beveel) of nie meer hoef te sondig nie (as ons gered is deur Jesus en nou vry is om Hom te dien). So niemand hier praat sonde goed of sê dit is reg dat ons nog sondig nie.

            Die vraag is: hoe verkeerd dit ookal is, kan jy as kind van God nog sondig in hierdie lewe ?

            As jy dit mooi verduidelik kan ons dalk mekaar beter verstaan in die punt wat jy probeer maak ?

            Dankie vir jou antwoord.

            • Dankie vir jou kommentaar Slabber. Ek kon dit nie beter stel nie.

              Oor Romeine 7:

              ROMEINE 7:21-23 AFR83

              So vind ek dan hierdie wet in my: ek wil die goeie doen, maar al wat ek doen, is die slegte. Diep in my wese vind ek vreugde in die wet van God, maar ek vind in my doen en late ‘n ander wet, wat stryd voer teen die wet van my gees. Dit maak my ‘n gevangene van die wet van die sonde wat in my doen en late aan die werk is.

              Paulus sê hy vind vreugde in die wet van God. Dit beteken hy praat van die wedergebore mens, omdat hy in Rom 3 duidelik stel dat die natuurlike mens God en sy wet haat.

              Holiness aanhangers is meestal semi-pelagiane wat die totale verdorwenheid as gevolg van die sondeval ontken. Vir hulle beteken Paulus se woorde “ek vind vreugde in die wet van God” dus nie dat Paulus van verlosde mense praat nie. Volgens hulle praat Paulus hier van iemand wat nog nie bekeer is nie. So ontken hulle die realiteit van inwonende sonde in verlosde mense. Hulle ontken dat hulle “bewusde sonde” doen (wat dit ook al beteken! Enigiemand wat met die Heilige Gees vervul is weet onmiddelik as hy sondig). Die probleem is, as jy jou sonde ontken bely jy dit nie. En eendag kan jy nie meer vir jouself lieg oor jou sonde nie en dan kry jy ‘n major geloofskrisis.

              Holiness is ‘n vrot vrug van Wesley se arminianisme. (Hy het dit “Christian perfection” genoem)

              • Skuus, ek moet net noem, die oplossing vir inwonende sonde is op die volgende blady in Rom 8. “Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie maar na die Gees.”

                Paulus praat hier van ons regverdigmaking: “Geen veroordeling” en ons heiligmaking “wandel na die Gees” wat onvermydelik daaruit voortvloei. En dan sien hy uit na ons verheerliking wat kom.

            • Hi proregno
              RE: Die vraag is: hoe verkeerd dit ookal is, kan jy as kind van God nog sondig in hierdie lewe ?

              Ek dink Johannes se dit die beste ; MY kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het ’n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige.

              Ons het ‘n regverdigheid wat deur geloof verkry word. Nie deur wets onderhoud. Nou moet mens leef in daai geloof. Dis wat ek bedoel met Ons met onsself sien as Regverdig. Want dis niks wat ek gedoen het nie, dis deur geloof wat ek dit kry en deur geloof wat ek dit moet aanvaar en deur geloof dat ek daarin moet lewe.

              Beste wat ek dit kan sien is soos ‘n fietsryer, in die begin sukkel ek om te ry maar later begin ek besef ek is ‘n fietsryer. Beteken dit dat ek noot sal val nie, beslis nie.

              Nou die Lewe in geloof is om te ry. As ek val is daar genade sodat ek weer kan opklim en ry. Maar ek sien my nie as iemand wat op genade ry nie (sondaar) maar as ‘n fietsryer (Regverdig and later ook Heilig), en dan later val ek minder en minder maar selfs Tour De France ryers val een of ander tyd.

              Hoe meer ek myself sien as ‘n fietsryer (Heilige / Saint / Verlosde / Kind van die Here ) hoe meer gaan ek daar in lewe (The Just shal live by Faith)

              Maak dit sin?

              Gal 3:6 So was dit ook met Abraham: “Hy het in God geglo, en God het hom vrygespreek.” 3:11 want die regverdige sal uit die geloof lewe.

              So kan Mens sondig Nee, As mens sondig wat nou? Daar is genade. Ons moet lewe in die regverdigheid en dis hoe ons die genade verkry.

              Ek weet is jare se teologie wat ek hier aanvat maar as ons se ons is almal sondig, hoe kan ons dan vir enige een se ons moet ophou sonde doen. Dis verwarrend. Dan kom mense en se. ek is ‘n drokaard of homoseksueel of wat ook al, maar ons is tog almal sondige mense. Hoekom moet ek ophou? Ons is tog deur genade gered?

              maar as ek se 1 Pet 2:9 ek is ‘n uitverkore, ‘n koninklike priester, ’n heilige , ’n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,

              Engels se dit beter : 1 Pet 2:9 But you are a chosen people, a royal priesthood, a holy nation, God’s special possession, that you may declare the praises of him who called you out of darkness into his wonderful light.

              Hoe kan daar dan sonde nog wees in my lewe?

              • Liewe Hano,

                Ek is nie seker van jou antwoord nie, aan die eenkant klink dit asof jy erken ‘n gelowige kan nog sondig, daarom jou aanhaling van 1 Joh.2:1. En dit is heeltemal waar, soos die konteks van 1:5-10 ook aandui, dit leer: ons hoef nie en moenie sondig as sy regverdiges nie, want ons is gered, maar as ons wel sondig (d.w.s. ons kan nog sondig), dan het ons die wonderlike troos: die veroordeling is weggeneem deur Christus (sien Wynand se goeie verduideliking hierbo).

                Maar later skryf jy weer: “So kan Mens sondig Nee, As mens sondig wat nou? Daar is genade. Ons moet lewe in die regverdigheid en dis hoe ons die genade verkry.”

                Ek verstaan nie mooi wat jy hier sê nie, dit klink asof die eerste deel van jou sin (So man Mens sondig Nee) heeltemal weerspreek wat jy daarna skryf (As mens sondig wat nou …)

                As jy bedoel dat ons kan nie weer verlore gaan as sy kinders nie, dan is ek dit met jou volkome eens, wat ‘n wonderlike troos, ja, sien Joh.10:28. Maar as jy sê gelowiges sondig nie meer nie, dan is dit totaal onbybels en verkeerd.

                Ons moet mooi onderskei dat ons in Christus totaal bevry en gered is van die vloek van die wet en die veroordeling van die sonde (Rom.8:1), niks kan ons ooit weer van sy liefde skei nie, niemand sal ons uit sy Hand ruk nie (Joh.10:28).

                Maar, in hierdie lewe is ons nog nie bevry van die teenwoordigheid, stryd en aanslag van die sonde in ons lewens nie. Kyk weer na Wynand se goeie verduideliking van Rom.7, ‘n baie belangrike gedeelte.

                Indien ons meen Rom.7 verwys nie na Paulus en elke gelowige wat gered is se stryd vir heiligmaking in en deur Christus nie, dan sê ons daarmee:

                1. dat ‘n mens wat nog nie gered is nie, die ‘goeie’ kan wil (v.19)
                2. dat iemand wat nog nie gered is nie, hom verlustig in God se wet (v.22), totaal in stryd wat hy skryf in Rom.8:7
                en ten einde beteken dit:
                3. dat as die mens wat ongelowig is die goeie kan wil en hom in die wet verlustig, hy nie daarom Christus se redding nodig het nie (v.25).

                Die heel ergste is, as ons nie wil erken dat ons nog geneig is tot die sonde nie, dat ons nie geneig is om God se gebooie te verbreek nie (dink aan Dawid se egbreek, Moses se moord, Petrus se verloëning, ens. terwyl hul kinders van God was!), dan beteken dit my vriend,

                dan kan ons nie bid soos Jesus ons geleer het nie:

                “Vergewe ons ons skulde, soos ons ons naaste vergewe”

                Die groot verskil tussen ongelowiges en gelowiges is nie dat eersgenoemde alleen sondig en gelowiges glad nie meer sondig nie.

                Nee die groot verskil is dat gelowiges nou erken dat hul gesondig het en kan sondig, en daarom hul vergifnis in Christus alleen vind, deur Hom bevry word, en dan hul hele lewe lank teen die sonde deur Gees en Woord die goeie stryd stry.

                Dalk druk jy jou net verkeerd uit, maar reg deur die Bybel, regdeur die kerkgeskiedenis erken die regverdiges deur Jesus se bloed, dat ons begenadigde sondaarmense is wat genade in Hom gevind het, elke dag van ons lewens. Ja, ons is gebroke oor ons sonde, ons haat dit, ons stry daarteen, en ons bely dit elke keer weer opnuut as ons geval het, gesondig het in woord, daad of gedagte.

                Kyk wat skryf Dawid, as kind van God in Ps.51 (lees weer daardie Psalm gerus):

                “Want ek ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my” (v.5)

                Dit is ‘n ongelowige of ‘n Godshater wat gaan sê ek kan aanhou volhardend sondig en dit is goed so, dit is die Fariseer wat so redeneer. Die ware gelowige, wat gebroke is van hart, roep saam met die tollenaar en elke sondaar uit:

                “o God, wees my sondaar genadig !” (Luk.18:9-14)

                Nie net eenkeer iewers in my verlede nie, maar elke dag, tot my laaste asemteug !

                En dan is die wonderlike troos elke keer weer opnuut:

                “Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees” (Rom.8:1)

  28. Sien ook hierdie artikel: http://www.ligonier.org/blog/simul-justus-et-peccator/

    Geregverdig en sondaar

  29. Hi ProRegNo

    Baie dankie vir so ‘n wel deurdenkte antwoord. Ek hou baie van Simul Justus et Peccator dit gese.

    ek stem met alles saam (ek kan maar ek het net een probleem met

    maar as ons wel sondig (d.w.s. ons kan nog sondig)

    maar as ons sonding beteken nie ons kan sondig nie.

    Dit kom alles terug na Rom 6:1
    WAT sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan
    word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog
    daarin lewe?

    MAW ons kan die ding omdraai as “a license to sin”. en wat hy hier se is
    dat jy dit nou heeltemal verkeerd verstaan.
    Dit gaan oor jou denke van die saak, sodra jy dink Ek mag maar sondig
    dan gaan jy sondig. Rom 13:13 Maar beklee julle met die Here Jesus
    Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te
    bevredig nie. die Engels se dit beter : But put on the Lord Jesus Christ, and make no provision for the flesh,

    Ek gaan alles oor GELOOF…..
    Ons verkry ons regverdigheid deur GELOOF. Ons glo in die Bloed van Jesus en dit word aan ons gegee as Regverdigheid. Nou GELOOF moet oorgaan in Dade (vgl Jakobus), so ek begin LEWE in daai geloof: Dat ek Regverdig IS nie deur iets wat Ek gedoen het nie Maar wat HY gedoen het is ek Regverdig., selfs as daar nog onegverdige dinne in my woed soos in Rom 7. Maar Deur GELOOF Heb 12:1
    ..laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die GELOOF….
    Nou LEWE ons in DIè GELOOF,

    Nou Einde Rom 7:24 se Hy Wie sal my VERLOS van die liggaam van hierdie dood?
    Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here!

    Nou gaan ons oor na Rom 8 Lees dit ALLES Sien die verlossing van die Gees en ons flip flop maklik weer terug na die vlees maar dit IS moonlik op permanent in die Gees te wees… ek wil net een stuk uitlig:

    ..Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. ..om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders;

    Dit is hoekom ons Christinne genoem word. Ons moet Gelykvormig word aan Jesus. Profound!!!
    ,
    Alles begin met GELOOF dat ek Regverdig is nie ‘n Sondaar nie. Ons hak vas tydins die pad, en gee op, maar Heb 12 se kyk weg daarvan en Kyk op na Jesus Hy sit da aan die Regterhand van God en Hy sal jou GELOOF volbring.

    (daar is ‘n vers van die goeie werk sal Hy volbring maar kan nie onthou waas dit nie…)

    Liefde Hano

    • Ek wil Iets duidelik maak, en ek gaan miskien bietjie van myself op die vorige skrywe verskil…

      as mens kyk wat onder sondaar staan in die Bybel en lees dit maar :

      https://www.biblegateway.com/quicksearch/?quicksearch=sinner&qs_version=NIV

      of Afrikaans
      http://www.bybel.co.za/search/index.php?keywordS=sondaars&section=0&type=2&version=0&search=Soek&rowstart=0&navstart=1

      dan kom mens agter dat sondaars die goddeloses is. Hoe kan mens Lig en Duisternis saam wees. Dit is mos onsin.

      Kyk PS 1 :1 bv
      WELGELUKSALIG is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars…

      Ek dink dit alles is op ‘n misinterpretasie van 1 Tim 1: 15
      Nou Paulus se in Rom 5:8 maar God bewys sy liefde aan ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars WAS. Duidekik sien hy nie meer homself as ‘n sondaar nie. Soos ek vantevore gese het in 1 Tim 1:13 se hy

      wat VROEëR ’n lasteraar en ’n vervolger en ’n geweldenaar was. Maar aan my is barmhartigheid bewys, omdat ek dit onwetend gedoen het in ongeloof.

      1 tim 1:15a Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red,
      Sondaars wat gered is:
      Pertus het Jesus Verloen
      Thomas was ongelowig ens ,

      As hy dan homself moet vergelyk met sy portuurgroep :
      dan se hy van homself
      van wie ek die vernaamste is. (Teenwoordige tyd ja want van die sondaar groep was hy die vernaamste in sy eie opinie)

      Ek dink Paulus sal verbaas staan met sy mond oop as iemand moet se hy is ‘n sondige/sondaar. Hy sal dink waar denkbaar moontlik sal iemand so idee kry.

      Hy se Gal 6:17 Verder moet niemand my moeite aandoen nie, want ek dra die littekens van die Here Jesus in my liggaam.

      Die leerstelling kan dalk verstaan word as :Terwyl my Identiteid in Christus Heilig is my optrede dit nie altyd so uitbeeld nie. Maar om te se Ek is ‘n sondaar is die verkeerde identiteit en dit is die kruks van die saak hoekom die Kerk op so ‘n dwaalspoor is.

      Kyk bv Gel 6:7
      Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai. 8 Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees VERDERF maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die EWIGE LEWE maai.

      Let wel dat hulle die Verdef met die Ewige Lewe opweeg!!!

      As ons almal tog sondaars is wat sonder ons af van die godeloses? Hoekom is ons in die Geloof?

      Broer vernader die asb. Hoe gaan mens dwaleer kan bestry as ons almal tog net sondaars is. Vir een of ander rede dink ons dis nederig om so van onself te dink maar dis verkeerd.

      Wynand you are loved by God and I hereby call you to be a saint. (Rom 1:7)

      • Hano mens moet onthou dat woorde in verskillende kontekste verskillende goed beteken. Om aan te dring dat n woord slegs een betekenis kan hê is n ernstige hermeneutiese fout.

        Ek dink Slabber het jou uitstekend geantwoord, met veel meer insig en deernis as wat ek sou kon doen. (Dit is hoekom hy predikant is en ek nie…)

      • Beste Hano,

        Elkeen wat gered is, se nuwe identiteit in Christus is dat ons kinders van die Here, uitverkorenes, gelowiges, regverdiges, heiliges, ens. is. En niks en niemand kan dit van ons wegvat nie, danksy God se genadige liefde in Christus alleen (Rom.8:28-39).

        Maar ons nuwe identiteit en status in Christus beteken nie ons is nou alreeds in ons heiligmaking perfek nie, kan nooit weer sondig nie, anders sou Paulus nie geskryf het:

        Filp.3:12-14 Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jesus gegryp is. 13 Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie. 14 Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.

        Ongelukkig sondig die Here se kinders nog, is baiemaal ongehoorsaam wees, maar ons regverdig nooit ons sonde nie, praat dit nooit goed nie maar bely en stryd daarteen. En daarom dank ons die Here dat sy vergifnis is nie net vir sy kinders oor die sondeval, en toe ons eens goddeloos was nie (Rom.5:8), maar OOK as ons nog sondig (1 Tim.1:15; 1 Joh.1:8-2:1).

        Dit is hoe groot sy genade is. Sy genade is nie net vir ons regverdiging nie, maar ook ons heiligmaking, dank die Here daarvoor ! Sien 1 Kor.1:30,31.

        So as Paulus (en Wynand en ek in navolging van die Skrif) sê: ons is begenadigde sondaars, dan erken ons daarmee dat ons nog kan sondig, maar dat ons dit haat en bely en deur die Gees daarteen stry. Ons sê nie daarmee dat ons nou ons nuwe identiteit/status verloor het nie, of nou weer goddeloos is nie, natuurlik nie ! Maar ons erken nederig voor die Here dat ons God se genade nodig het – nie net toe ons identiteit nog ‘goddeloos/sondaar’ was nie (Rom.5:8), maar dat ons ook sy genade nodig het in ons heiligmaking, groei, gehoorsaamheid, ens.,

        Ons begin nie net met die Gees nie (redding), maar lewe ook deur die Gees en die Here se vergifnis, alles van begin tot einde genade, Gal.3:3.

        Ja, die woord ‘sondaar’ word hoofsaaklik gebruik om te verwys na die goddeloses, die ongereddes wat Christus nog nie ken nie.

        Maar die woord ‘sondaars’ word ook gebruik wanneer die ‘perfeksioniste’ van die NT tye, die Fariseërs en Sadduseërs afgekyk het op ander mense (Luk.5:30; 15:2), en gemeen het a) hulleself het nie sonde nie, b) hulle hoef nie te stry teen hul eie sonde nie.

        En die woord ‘sondaars’ word ook gebruik om te verwys na mense wat erken dat hul gesondig het en Christus se redding nodig het, nie net die eenmalige redding nie, maar ook waar hul weer as sy kinders gesondig het.

        Daarom ook Jesus se belangrike woorde:

        “Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.”
        (Luk.5:32)

        (Nota: in hierdie vers is ‘n goeie voorbeeld van dat woorde verskillend in die Bybel gebruik word. Die woord ‘regverdige’ is hoofsaaklik ‘n goeie betekenis vir elkeen van die Here se kinders, maar hier in Luk.5:32 word dit negatief gebruik, om te wys op die fariseërs en sadduseërs wat nie hul sondes erken en verlossing soek nie. Die woord ‘sondaar’ het hoofsaaklik ‘n negatiewe betekenis vir ongelowiges, maar hier word dit positief gebruik om te wys op mense wat hul sondes besef en dat hul redding nodig het, dus gelowiges. Woorde moet dus elke keer in hul konteks reg verstaan word, daar is nie net een betekenis altyd vir ‘n woord nie, dit kan verskil van konteks tot konteks.)

        God se genade is nie net vir hulle wat eenmalig hul sonde/goddeloosheid geken het nie, maar ook dit elke dag ken en elke dag uit sy genadige vergifnis lewe en die goeie stryd stry teen die sonde, bv.

        Dawid, na Hy reeds vergewe is vir sy sondes oor Batseba, skryf hy nog steeds:

        Psalm 51:2-4 2 (51:4) Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde. 3 (51:5) Want ék ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my. 4 (51:6) Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou

        En in die konteks van Luk.5, hoor Petrus se woorde:

        Lukas 5:8 8 En toe Simon Petrus dit sien, val hy neer aan die knieë van Jesus en sê: Gaan weg van my, Here, want ek is ‘n sondige man!

        As hy dan Jesus begin volg, beteken dit hy het nooit weer gesondig nie ?

        Nee, gaan lees maar gerus hoe hy Jesus verloën het, en hom dus weer moes bekeer as sondige man in sy heiligmaking (Luk.22:31-34).

        Gaan lees gerus weer hoe Paulus hom moes vermaan as sondaar om te bekeer van sy sonde in sy heiligmaking (Gal.2)

        Saamgevat: ons nuwe identiteit/status in Christus is volmaak, dit is ‘n toegerekende plaasvervangende identiteit wat ons klaar ontvang het (Rom.6:11, Romans 6:11 So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.), maar dit beteken nog nie ons toestand in hierdie lewe is volmaak nie, ons moet nog deur die Gees en Woord groei in ons nuwe identiteit, hoe langer hoe meer (Filp.3:12), terwyl ons die troos het, dat ons in die lewe hierna die volkomenheid na toestand ook sal bereik, want Hy het belowe:

        “omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus” (Filp.1:6)

        Groete
        Slabbert

        • Dankie Slabbert

        • Hi Slabbert
          (Amper 2 Jaar Later LOL)

          Ek het ‘n vraag. WAAR PAS GELOOF IN DIE PRENTJIE?

          in aanlyding van die stelling : “God se genade is nie net vir hulle wat eenmalig hul sonde/goddeloosheid geken het nie, maar ook dit elke dag ken en elke dag uit sy genadige vergifnis lewe en die goeie stryd stry teen die sonde… “. Is ons geloof in die Genade van God… reg?

          HINT: Rom 5:1

          • Hallo Hano,

            Ja, geloof is die gawe van God, dus die vrug/gevolg van sy genade. Hy eis dit van ons, maar Hy kan dit alleen skenk, soos die Skrif leer:

            “8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. 10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.” – Efesiërs 2

            “29 omdat dit aan julle ter wille van Christus genadiglik gegee is om nie alleen in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly” – Filpp. 1

            Hier is ‘n kort verduideliking van die geloof deur dr. B. Duvenhage,

            1. DIE ONMISBAARHEID VAN DIE GELOOF
            Die Heilige Skrif leer ons dat alleen die wat in Christus glo, die ewige lewe het (Joh. 3:16). Alleen deur die geloof in Christus Jesus is daar versoening moontlik. Christus is die plekbekledende Borg alleen vir hulle wat in Hom glo. Sonder die geloof kan niemand die saligheid verkry nie (Dordtse Leerreëls, I, par. 4). Deur die geloof word die weldade van Christus aangeneem waardeur ons geregverdig word.

            2. DIE WESE VAN DIE GELOOF
            In die algemeen kan ons sê dat die geloof die lewensband is wat ons met God verbind. Die geloof lê beslag op die hele mens. Daarom kan ons die geloof onderskei in die volgende: [93]
            a. Geloofskennis. Die hoof van die gelowige word verlig, sodat hy die Woord van God waaragtig glo. Die gelowige is profeet.
            b. Geloofsvertroue. In die hart werk die Heilige Gees die vertroue dat Christus ook vir jou gesterf het en jy jou toevlug na God moet neem. Die gelowige is priester wat homself aan God offer.
            c. Geloofswerke. Ook die hand word deur God in die geloof opgeëis. Die geloof is ook ‘n daad (Joh. 2:17: “Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood”). Die gelowige is koning wat teen die sonde moet stry (I Tim. 6:12: “Stry die goeie stryd van die geloof”).

            3. DIE OORSPRONG VAN DIE GELOOF
            In die wedergeboorte plant die Heilige Gees die kiem van die ware geloof. ‘n Mens kan nie uit homself glo nie; dis ‘n gawe van God aan sy uitverkorenes (Ef. 2:8, 9). Deur die prediking van die Woord groei die geloof uit tot ‘n vaste oortuiging en vertroue.
            Dordtse Leerreëls, 111 en IV, par. 14: “So is die geloof dan ‘n gawe van God; nie omdat dit aan die vrye wil van die mens deur God aangebied word nie, maar omdat dit die mens inderdaad meegedeel, ingegee en ingestort word”.
            Ons onderskei tussen die geloofsvermoë of die geloof as hebbelikheid wat by die wedergeboorte ontvang word, en die geloofsakte of geloof as daad waartoe die kiem van die geloof uitgroei onder die voortgaande bearbeiding van Gods Woord en Gees. Die versterking van die geloof vind deur die bediening van die Woord en Sakramente plaas.

            [94] 4. DIE SEKERHEID VAN DIE GELOOF
            Die sekerheid hoort wesenlik tot die geloof. Die Heilige Gees gebruik juis die middels van Woord en Sakrament om ons die vaste sekerheid te gee. Hierdie sekerheid lê nie in die mens nie maar in die vastigheid van God se Woord en werke. Judas, vers 20: “Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid”. (Vgl. Dordtse Leerreëls, III en IV, par. 17).

            5. DIE VALS GELOOF
            Daar is veral drie soorte onegte of vals geloof:
            a. Die historiese geloof. Dis alleen die Verstandelike aanvaarding van die waarheid. Dit is sonder diepte en erns en lei tot koue verstardheid. (Vgl. die saad wat op die harde grond geval het, Matth. 13:19).
            b. Die tydgeloof. Hier tree die gevoel op die voorgrond. Die gevoelsopsweping duur ‘n tydlank, maar ook hier is geen diepte nie. (Vgl. die saad wat op die rotsagtige plekke geval het, Matth. 13:20, 21.) By die geringste teenstand word die geloof afgelê.
            c. Die wondergeloof. Hier tree die wil weer op die voorgrond. Die mens vestig die vertroue op ‘n bonatuurlike wonder van God. Dink aan die nege melaatse wat geglo het tot hulle genees was en toe weggegaan het (Luk. 17:11-19). Baie mense ken die geloof in dae van siekte en stryd. Dan bid hulle om genesing en beloof om God te dien, maar netnou is alles vergeet.
            Die ware geloof omvat verstand, gevoel en wil. ‘n Gelowige dink anders, voel anders en wil anders as die ongelowige.

            Bron: Geloofsleer, hier verkrygbaar,

            Click to access DuvenageB_Geloofsleer.pdf

            • Rom 5
              OMDAT ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus; deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God.

              So dis half duidelik dat ons toegang tot die genade omdat ons REGVERDIG IS. nie regverdig WORD nie soos dr. B. Duvenhage se.

              Verder praat hy niks van hoe ons regverdig is nie.

              Hoe IS mens regverdig deur geloof?

              • Om ‘uit’ die geloof regverdig te wees, Rom. 5:1, is om te weet dit is die ‘inhoud’ van daardie geloof wat ons regverdig (dat ons vrygespreek is voor God, daar is dus geen meer veroordeling nie, sien Rom. 8:1), dit is ogv wat Christus vir ons gedoen het (sien Rom.3:21-4:25 wat dit verduidelik).

                Dit is nie dus nie ons ‘handeling’ van die geloof wat ons red nie (dan is dit niks anders as weer redding deur werke nie), maar die INHOUD van die geloof wat ons alleen red, naamlik Jesus alleen.

                Die Nederlandse Geloofsbelydenis vat dit as volg saam in artikel 22 volgens die Skrif:

                ARTIKEL 22: ONS REGVERDIGING DEUR DIE GELOOF
                Ons glo dat die Heilige Gees ‘n opregte geloof in ons harte laat ontvlam1 om die ware kennis van hierdie groot geheimenis te verkry2.

                Daar is dus net twee moontlikhede: In Jesus Christus is nie alles wat vir ons saligheid nodig is nie, óf dit is alles wél in Hom en dan het hy wat Jesus Christus deur die geloof besit, sy volle saligheid3.

                Om nou te beweer dat Christus nie genoegsaam is nie maar dat daar buite Hom nog iets meer nodig is, sou gruwelike godslastering wees, want dit sou beteken dat Christus slegs ‘n halwe Verlosser is. Ons sê daarom tereg saam met Paulus dat ons deur die geloof alleen of deur die geloof sonder die werke geregverdig is4.

                Om presies te wees: Ons bedoel nie dat die geloof self ons regverdig maak nie5, want die geloof is slegs die middel waardeur ons Christus, ons Geregtigheid, omhels, maar wel dat Jesus Christus ons Geregtigheid is. Hý reken ons sy hele verdienste toe en ook al die heilige werke wat Hy vir ons en in ons plek gedoen het6, terwyl die geloof die middel is wat ons in die gemeenskap aan al sy weldade aan Hom verbind. En as die weldade ons eiendom geword het, is hulle meer as genoeg om vryspraak vir ons sondes te verkry.

                Skriffundering:

                Johannes 16:13-14; 1 Korintiërs 2:12; Efesiërs 1:17-18; Efesiërs 3:16-17
                Johannes 14:6; Handelinge 4:12; Galasiërs 2:21
                Psalm 32:1; Matteus 1:21; Lukas 1:77; Handelinge 13:38-39; Romeine 8:1
                Romeine 3:28; Romeine 8:1; Romeine 8:33; Romeine 10:4-11; Galasiërs 2:16; Filippense 3:9
                1 Korintiërs 4:7
                Jeremia 27:5; Matteus 20:28; Romeine 8:33; 1 Korintiërs 1:30-31; 2 Korintiërs 5:21; 1 Johannes 4:10; 1 Petrus 1:4-5

                Sien HK Sondag 23 oor die plek van geloof volgens die Skrif,

                Sondag: 23 – VRAAG EN ANTWOORD:61
                Vraag: Waarom sê jy dat jy slegs deur die geloof regverdig is?

                Antwoord: Nie dat ek op grond van die waarde van my geloof vir God aanneemlik is nie, maar omdat slegs die genoegdoening, geregtigheid en heiligheid van Christus my geregtigheid voor God is1. En dit kan ek nie anders as slegs deur die geloof aanneem en my eie maak nie2.

                Skriffundering

                1 Korintiërs 1:30; 1 Korintiërs 2:2
                1 Johannes 5:10

                Saamgevat: geloof is die middel, die band wat God skenk vir sy kinders, waardeur hul Christus en al sy weldade omhels.

                • Jy moet bietjie ‘n toets doen en algemene gemeente lede vra wat is Regvediging ( (Righteousness) en wat is Genade (Grace).
                  Jy sal verbaas wees hoe min weet wat regverdiging is. Maar regverdiging IS die Evangelie.
                  Rom 1:16 die evangelie van Christus … dit is ’n krag van God tot redding vir elkeen wat glo … want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.

                  en
                  Matt 6:33
                  Maar soek eers (1) die koninkryk van God
                  en (2) SY geregtigheid (God s’n), ….
                  ESV and HIS righteousness.

                  Ons gaan hemel toe nie omdat God genadiglik is nie maar omdat ons deur sy genade REGVERDIG is. As jy nie REGVERDIG is nie, is die enigste alternatief ONREGVERDIG

                  2 Pet 2:9 die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word;

                  Nou
                  OMDAT ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus; deur wie ons ook deur die geloof die TOEGANG verkry het tot hierdie genade waarin ons STAAN.

                  Ons moet eers REGVERDIG (Righteous) wees voordat jy kan TOEGANG kry tot die genade waarin ons staan

                  Nou waar pas genade in. Om ons uit die Duisternis in Sy wonderbare lig te kry en daar te hou.

                  1, Ons word gered deur genade’ nie uit ons eie nie
                  EF2 Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, ook toe ons DOOD was deur die MISDADE lewend gemaak saam met Christus — uit genade is julle gered….
                  en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,
                  sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus. Want uit genade is julle gered, DEUR die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.

                  Ons sit in die Hemele…. Hoe het ons daar gekom???….. Omdat ons regverdig is, Omdat hy ons Versoen het met Homself…. Nou is daar genade. Ons is uit die koningkryk van die duisternis in die Koningkryk van Lig.

                  Nou die genade is nie daar vir ons om te sondig nie, maar juis daar om ons te hou in die koningkryk van die lig.

                  Dis hoekom hy se 1 Jon 2 MY kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het ’n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige. (Genade)

                  So die genade is daar om ons te help om nie te sondig nie, om soos regverdiges, wat ons IS,te lewe.

                  Heb 3 En op wie was Hy veertig jaar lank vertoornd? Was dit nie op die wat gesondig het, wie se lyke in die woestyn geval het nie? En aan wie het Hy gesweer dat hulle in sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames? En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie.

                  Wie is die wat hy van praat. Dit wys na die in Num 14. Dis NIE die wat geglo het nie. Wat genade gekry het.
                  Num 14: Daarop het die HERE aan Moses gesê: Hoe lank sal hierdie volk My verag? En hoe lank sal hulle in My nie glo nie, ondanks al die tekens wat Ek onder hulle gedoen het? Ek sal hulle met die pes tref en hulle uitroei…..

                  Waatop Moses antwoord. Vergeef tog die ongeregtigheid van hierdie volk na die grootheid van u goedertierenheid, en soos U hierdie volk van Egipte af tot hiertoe vergewe het…..

                  Maar my kneg Kaleb, omdat ’n ander gees in hom was en hy volhard het om My te volg — hom sal Ek bring in die land waarin hy gekom het, en sy geslag sal dit in besit neem.

                  So wie het Genade ontvang? Wie se Lyke le in die woestyn? Die wat genade ontvang het. Wie het die beloofte land binne gegaan? Die wat glo.

                  Ter opsomming daar is 2 Koninkryke. Een van Duisternis. Een van Lig. Die Duisternis een is ‘n stelsel wat die Wet genoem word, Dit is die dood. Dis vir die Onregverdiges.

                  Dan is daar ‘n ander stelsel wat ons Genade noem. Om in die stelsel toegang te kry moet mens regverdig word. 1. Deur Verfignis te ontvang vir vorige sondes. Deur die bloed van Jesus)
                  2. Wedergebore te word, en sodoende te sterf aan jouself. (Rom 6) Sodat dit nie meer jy is wat lewe nie maar Jesus in jou.
                  2 Corinthians 5:15 and he died for all (Hier het genade aan almal verskyn sodat almal gered kan word), that those who live might no longer live for themselves but for him who for their sake died and was raised. Gal 2:20 It is no longer I who live, but Christ who lives in me
                  Hier moet mens die Heilige gees ontvang as seel vir ons verlossing en versoening.
                  3. Nou lewe jy in die koninkryk van God, regverdig. Hierdie stelsel noem ons die Genade.

                  Num 14:18 Die HERE is lankmoedig en groot van goedertierenheid, wat die ongeregtigheid en oortreding vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie,
                  So hoe kan Hy ons nou vergewe en ongestraf laat bly?
                  aangesien ons dood is, is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Jesus in my.

                  Meer op ‘n praktiese lyn as ek sondig /verkeerd optree sien ek dit is iets wat ek nie is nie, Ek verafsku dit onmiddelik (bekeer). Ek “probeer” nie. Ek gaan dood daaraan. En sien dat dit iets is wat teen my staan. Binnekort, omdat ek regverdig is, begin ek regverdig optree. Die word gedoen deur geloof, omdat ons die Woord glo dat ek verlos is van die sonde en skuld, Sonde verlos deur sy bloed agv vergifnis , skuld omdat ek regverdig is. (Rom 8) Nie meer lewe in die vlees nie maar die Gees.

                  Rev 12:11 And they have conquered him by the blood of the Lamb and by the word of their testimony, for they loved not their lives even unto death.

                  Nou laaste opmerking. Wat van vryheid? As mens in die regverdigheid lewe deur geloof, dan kan mens werklik VRY wees om te sondig en NOGSTEEDS Hemel toe gaan dis werklike vryheid. Vry om dit te doen. Net soos ek vandag vry is om ‘n spyker in my toon te slaan, maar gaan dit nie doen nie want ek is nie stupid nie. As mens eers sonde sien vir wat dit werklik is, dan doen mens dit nie meer nie.

  30. Stem aam met Slabbert

  31. Helena Olivier said:

    Goeiedag, Wynand

    Lank gelede was ek ook ‘n NG-kerker. Maar ek het dikwels beleef dat daar te veel klem geplaas word op dogma, instede van Skriftelike waarheid. Ek reik uit na jou, nadat ek ‘n kommentaar van jou gelees het op ‘n ander persoon se kommentaar op die AS 2016 se terugtrek van hul besluit om selfde-geslag huwelike in die kerk toe te laat. Ek het jou aanslag en woorde baie waardeer, aangesien ek lanklaas iemand teegekom het wat blote waarheid verkondig, en nie terugdeins vir populistiese verdraaiings nie.

    Ek het dalk nie baie goed opgelet in die sondagskoolklas nie, maar dit was nog altyd (van kleintyd af) vir my vreemd dat ons in die kerk ‘n klomp kategismus moes memoriseer, ipv Bybelverse; dat ons elke Sondag ‘n geloofbelydenis moes resiteer, wat nêrens in die Bybel vervat is nie; dat Kindertjies klein gedoop word, al word dit nie vir my duidelik in die Woord genoem nie.

    Ek wil nederig vra dat jy vir my verduidelik waar hierdie oortuigings vandaan kom, en hoe die NG Kerk homself as outoriteit beskou om dogma toe te pas wat nie spesifiek in die Bybel staan nie. Dalk ken ek nie my Bybel goed genoeg nie, en kan jy vir my dus die regte leiding gee om hierdie dinge te verstaan:

    1) Wat is die Bybelse outoriteit van die Heidelberge Kategismus en hoekom is dit so fundamenteel?

    2) Is die geloofsbelydenis bloot ‘n herinnering in wat ons in die Bybel lees? Is daar ‘n manier om dit anders aan die kerk oor te dra as ‘n rympie wat mens elke Sondag opsê? Ek dink die krag daarvan, indien daar krag daarin is, gaan baie verlore omdat dit soos ‘n resitasie voel.

    3) Kleindoop. Hoekom? Wat is die Bybelse konteks daaragter? Is die krag van die doop nie juis in dit wat die persoon wat gedoop word, beleef en getuig nie? Ek verstaan dit as ‘n getuienis van gehoorsaamheid (op Jesus se opdrag, na bekering) asook ‘n teken van herinnering dat ek nou bekeer is. Dit is my gevoel dat NG-kerk kinders nooit aangemoedig word om daai stap voor die gemeente te neem, anders as in ‘n groepie die dag van geloofsaflegging in Graad 11 nie. Daar moet tog vir elke Christen ‘n dag van “besef” en bekering kom, wat die individu God aanvaar as sy Redder en ‘n bewustelike besluit neem om weg te draai van die sonde. Hierdie oomblik word nie gevier in die NG kerk nie. En ek voel dis waar die doop veronderstel is om juis ‘n persoon se hereniging met God te moet vier. NG-kerk lidmate word dikwels beskou as “lou” Christene, juis om hierdie rede – dis maklik om net die dogma te volg en nooit op te staan nie. Want jy is mos as baba gedoop en hoef verder net elke Sondag kerk toe te gaan. Ek besef laasgenoemde is nie die veronderstelling nie, maar dit is egter die realiteit vir baie.

    Ek vra omversoning as ek oningelig, naief en dalk onsensitief voorkom in my skrywe. Maar ek is regtig net opsoek na Waarheid. Niks meer en niks minder….

    Liefdegroete,
    Helena

  32. Kobus Engelbrecht said:

    Wynand skryf: “En eendag, wanneer ek Hom van aangesig tot aangesig ontmoet, sal hy my totaal herskep om vir ewig, in ‘n verheerlikde liggaam soos syne, by hom te wees.”
    Slegte nuus vir jou, Wynand – jy glo dat ‘n mite ‘n feit is: dit waarna jy so reikhalsend uitsien, gaan nooit gebeur nie.
    Goeie nuus, vir my: Ek het hierdie (primitiewe) naiewe mitiese verhale ontgroei en fokus op die hier en nou om ‘n goeie lewe te lei ter voordeel van almal waarmee ek in aanraking kom.
    Dus: Feit soos dat die aarde rond is en om die son wentel: Ons het net een lewe, kom ons leef dit voluit om ons potensiaal te verwesenlik en van die wereld ‘n beter plek te maak.
    Ten slotte: Daar is te veel hardvogtige (ek-alleen-is-reg) godsdienstiges (Christen, Moslem, Hindoe, ens) en te min mense soos in die voorafgaande paragraaf beskryf.

Praat saam!