André Bartlett eis saam met 171 ander mense dat Ds Dirkie van der Spuy van sy pos in die moderatuur onthef word.

Hy skryf aan dr Gustav Claassen:

Dit is vir ons moeilik om te dink dat hy (Dirkie van der Spuy) kan voortgaan om hierdie leiersrol in die moderatuur en in die moderamen te vervul sonder om die verdeeldheid wat daar reeds in die kerk is, verder te versterk.
Ons sal dit waardeer as daar dringend aan hierdie aangeleentheid aandag gegee kan word en hoop dat die optrede wat daaruit voorspruit, die vertroue in die leierskap van die Algemene Sinode sal herstel.

Die rede? Ds van der Spuy het dit durf waag om sy geloof in die integriteit van die Bybel in die openbaar uit te spreek. Hy het in ‘n brief aan sy gemeente (Moreleta Park) geskryf:

Dit was ‘n geweldige stryd maar uiteindelik ‘n wonderlike oorwinning vir God en sy Woord.
Die Here het Moreletapark se besluit wat goedgekeur is deur die AS, gebruik om ‘n keerpunt in die besluite te bring en die hele koers van besluite in ‘n nuwe rigting te stuur.
2015 se ongelukkige besluite wat soveel stryd en ongelukkigheid veroorsaak het, is van die tafel af en met nuwe behoudende besluite vervang.
Dit was weereens vir my wonderlik om te sien hoe die Here self kom oorneem het en ‘n wonderwerk in Sy kerk kom doen het.

Bartlett maak tereg die aanname dat van der Spuy sy teologie as dwaalleer beskou. En dit is dwaalleer. Kyk maar wie die 2e ondertekenaar van die brief is: Prof Julian Muller. Muller beskou homself as ‘n panenteis en verwerp dus die Christelike leer van die Drie Eenheid. Hy ontken ook die Goddelike openbaring van die Bybel:

Julian Muller: Die Bybel dra nie inherent gesag nie. Ons is nie Bybelaanbidders nie. Die gesag wat die Bybel dra, is gesag wat deur die tradisie van die geloofsgemeenskap waarvan ons deel is, daaraan toegeken is. Binne ons geloofstruktuur dra die Bybel groter gesag as ander geskrifte. Dit beteken egter nie dat die Bybel nie ook aan kritiese wetenskaplike ondersoek onderwerp moet word nie. Dit gaan meer oor die verstaan van en interpretasie van die Bybel as oor ’n soort pietistiese aanhang van en selfs aanbidding van die Bybel as boek.

Muller sê ook self dat hy die Christelike geloof agtergelaat het: :  “Aan die ander kant weet ek dat ek onherroeplik aanbeweeg het en nou gefassineer en geïnspireer word deur nuwe denkraamwerke oor God.”

Muller se teologie kan geensins as Christelik beskou word nie, in teendeel, dit is nader aan Abel Pienaar se afrikaner-buddhisme as aan die Bybel. Vir ‘n meer volledige evaluasie van Muller se verwerping van die Christelike geloof, lees hierdie artikel (kliek).

Dus wat hier gebeur is dit:

Dirkie van der Spuy skryf aan sy gemeente dat hy glo dat God homoseks verwerp as sonde. Die oorsprong van hierdie geloof is natuurlik die Bybel, en dat die Bybel dit leer is onbetwisbaar.

André Bartlett en die Julian Muller val hom daaroor aan, maar in plaas daarvan dat hulle hulleself uit die Bybel en belydenisskrifte regverdig en die besluit aan die lesers oorlaat, eis hulle dat hy sy pos in die moderamen verloor. Ds van der Spuy het geen tugwaardige sonde gepleeg nie.

Kerkorde van die NG Kerk 2013, Artikel 61 Tugwaardige sondes

  • 61.1 Sondes wat tot tug lei, is sondes wat indruis teen die Woord van God en die Belydenis van die Kerk.
  • 61.2 Sondes wat openbare aanstoot gee of wat na aanleiding van die voorskrifte van Matteus 18:15 – 17 onder die aandag van die Kerk kom, stel die oortreder(s) bloot aan ’n amptelike tugondersoek.
  • 61.3 Wangedrag deur werknemers van die kerk in terme van diensverhoudinge kan ook tugwaardige sondes wees.

Hulle vra dus nie dat daar ‘n tugondersoek teen hom gedoen word nie. Hulle eis bloot sy kop. Wat Bartlett en Muller pleeg is nie vryheid van spraak nie. Omdat hulle eis dat hy afgedank word, is dit ‘n direkte aanval op Ds van der Spuy se vryheid van spraak.

Dit is laakbaar. Veral in die lig dat Julian Muller self verklaar dat hy die Christelike geloof agter gelaat het.

Hierdie insident wys een feit hard en duidelik: Die verskille tussen ons is onoorbrugbaar.

Dit is tyd dat buddhiste soos Julian Muller en hulle meelopers soos Bartlett hulle goed vat en loop. Ons het die evangelie aan hulle verkondig. Ons het hulle gesmeek om tot bekering te kom. Ons het hulle onder die kerklike tug probeer plaas (sonder sukses).

Ons kan nie meer in dieselfde kerkgenootskap wees nie.

Moenie ‘n fout maak nie. Hierdie mense is nie Christene nie, en hulle het nie ‘n Christelike agenda nie. Julian Muller se naam op nommer twee is die bewys.

Hierstaanek

Ns. Hierstaanek het self al ‘n uiters kritiese artikel teenoor Ds van der Spuy publiseer. Ons het hom egter nie probeer stilmaak deur te eis dat hy afgedank word nie!

Dirkie van der Spuy se brief.

Broers en susters,
Hier is die besluit van vanmiddag.
Baie dankie vir julle gebede en ondersteuning.
Dit was ‘n geweldige stryd maar uiteindelik ‘n wonderlike oorwinning vir God en sy Woord.
Die Here het Moreletapark se besluit wat goedgekeur is deur die AS, gebruik om ‘n keerpunt in die besluite te bring en die hele koers van besluite in ‘n nuwe rigting te stuur.
2015 se ongelukkige besluite wat soveel stryd en ongelukkigheid veroorsaak het, is van die tafel af en met nuwe behoudende besluite vervang.
Dit was weereens vir my wonderlik om te sien hoe die Here self kom oorneem het en ‘n wonderwerk in Sy kerk kom doen het.
Sien ook: Die NG Kerk se buitengewone Algemene Sinode het hard en duidelik nee gesê vir enige seksuele verhoudings tussen mense van dieselfde geslag. Die sinode het herbevestig “dat die huwelik deur God ingestel is as ‘n heilige en lewenslange verbintenis tussen een man en een vrou en dat enige seksuele gemeenskap buite so ‘n vaste formele ▸▸▸ http://kerkbode.christians.co.za/2016/11/10/ng-kerk-se-nee-vir-gay-verhoudings/
Seënwense
Dirkie

Bartlett en Muller se brief

Beste dr Claassen
Ons het met onsteltenis kennis geneem van ‘n e-pos wat direk na afloop van die Buitengewone Algemene Sinode deur ds Dirkie van der Spuy aan onder andere gemeenteleiers van die NG Gemeente Moreletapark gestuur is. (Die e-pos word by hierdie skrywe aangeheg).
Ons wil ten sterkste beswaar maak teen sowel die inhoud as die triomfantelike toon van sy skrywe.
Uit sy verwysing na die “geweldige stryd” en die “wonderlike oorwinning vir God en sy Woord” is dit duidelik dat dit hier oor veel meer gaan as persoonlike instemming met die besluit wat deur die sinode geneem is.
Die duidelike implikasie van sy woordkeuse is dat die standpunt van die persone wat tydens die vergadering in die minderheid gestem het, in stryd is met God en met sy Woord. Dit word bevestig deur die feit dat die uitslag van die besluitneming deur hom beskryf word as ‘n bewys dat “die Here self kom oorneem het en ‘n wonderwerk in Sy kerk kom doen het.”
Behalwe dat ons op ‘n baie diep vlak aanstoot neem aan hierdie kwalik bedekte beskuldiging van kettery en/of leerdwaling, dink ons ook dat dit uiters onverantwoordelik van ‘n persoon in ‘n leiersposisie in die NG Kerk is om hom op so manier uit te spreek – veral in hierdie tyd van groot spanning en dreigende skeuring in die kerk waarvoor ons almal lief is.
Ons is ook besorgd oor die verwysing in ds Van der Spuy se skrywe na “Moreletapark se besluit wat goedgekeur is deur die AS.” Dit wek die indruk dat daar ‘n versteekte agenda agter die verloop van die vergadering was, en dat die vergadering dus op ‘n onaanvaarbare wyse gemanipuleer is.
Dit is vir ons moeilik om te dink dat hy kan voortgaan om hierdie leiersrol in die moderatuur en in die moderamen te vervul sonder om die verdeeldheid wat daar reeds in die kerk is, verder te versterk.
Ons sal dit waardeer as daar dringend aan hierdie aangeleentheid aandag gegee kan word en hoop dat die optrede wat daaruit voorspruit, die vertroue in die leierskap van die Algemene Sinode sal herstel.
Groete in Christus

André Bartlett
Julian Müller
Ronell Bezuidenhout
Cecile Cilliers
Annemie Bosch
Nico van Rensburg
Wentzel van Huyssteen
Carike Noeth
Jan Viljoen
Benjan Knoetze
Tielman Roux
Jacobie M. Helena Visser
Eduard Enslin
Delene van Dyk
Riaan de Villiers
Ghisnene Muller
Hennie Pienaar (jr)
Deon Kitching
Johann Enslin
Johan Janse van Rensburg
Corneil Oberholzer
Johan Stander
Johan van der Merwe
Carin van Schalkwyk
Anje Zeeman
Elzanne van der Westhuizen
Jan Coetzer
Michelle Nieuwoudt-Boonzaaier
Nina Müller van Velden
Leon Forsmann
Willie Badenhorst
Renier Lourens
Felix Smith
Hennie Pienaar (sr)
Emma Pienaar
Pieter Visser
Samuel Heine
Lyn van Rooyen
Gideon van der Watt
Andries Erwee
Stefan de Klerk
Helgard Pretorius
Phillip Potgieter
Luané Buys McLachlan
Coenie Nolte
Johan Conradie
Lulani Vermeulen
Wynand du Plessis
Martin Lazenby
Charon Buchner Marais
Sunelle Stander Lays
Marlene Schader
JP Ellis
Christi Thirion
Gerhard Bothma
Alphonso Groenewald
Johan Vorster Beyer
Judith Kotzé
Douw G Willemse
Pieter Dorey
Hein Kotzé
Fanus Hansen
Izak Muller
Johan Janse van Rensburg
Schalk van Wyk
Auke Compaan
Johan Botha
Elize Morkel
Marietjie van Loggerenberg
Frans Klopper
Ben du Toit
Jacob Meiring
Jaco Botha
Bianca Botha
Tiana Bosman
Liezel van der Westhuizen
Erna van der Westhuizen
Annelet Slazus
Lidia Theron
Barend Nel
Esmarie Mare
Danie Veldsman
Chris McLachlan
Louis van Niekerk
Evert Knoesen
Etienne van Zyl
Elretha Bartlett
Andreas van Rooyen
Amanda Strydom
Marna Nel-Steyn
Aletta Ellis
Sanel Roux
Marilize Kalis
André Kalis
James Kirkpatrick
Gerda-Marié van Rooyen
Retief Müller
Johann Meylahn
Irma Nel
Jan Nel
Lou-Maré Denton
George Rauch
Linette Retief
Freddie van der Westhuizen
Wouter de Wet
Sias Botha
Etienne Pheiffer
Louis Jonker
Neels du Plooy
Julie Claassens
Charlene van der Walt
Michiel Strauss
Cobus Bester
Llewellyn Jackson
Werner Venter
Han Janse van Rensburg
Francois Claassens
Eureka Oosthuizen
Anton Bester
André Agenbag
Daniel D de Kock
Schalk W Naudé
Sara Fouche
Eulogia Murray
Attie Botha
Adriaan van der Wart
André Smuts
Charles Naudé
Colleen Naudé
Terence Cooke
Jana Dickason
Johan van den Heever
Dawfré Theron
Arno Meiring
Lieze Meiring
Frans du Plessis
Dirk Cilliers
Brando Smit
Piet Meiring
Dawid de Villiers
Gerda de Villiers
Cas Wepener
Dieter de Bruin
Nadia Marais
Marié Britz
Eugene Malan
Murray Coetzee
Gys Loubser
Johan van der Merwe
Ida Brink
Almatine Leene
FD Hugo
Anton Pienaar
Willem Petrus du Plessis
Henco van der Westhuizen
Dewald Niemandt
André de Villiers
Antje du Plessis
Doret Niemandt
Charl Janse van Rensburg
Marius J Nel
Jeremy Punt
Laurie Gaum
Steyn Kleynhans
Braam le Roux
Robert Vosloo
Wiehahn Maritz
Charon Buchner Marais
Michelle Marais
Jeanine Hepburn
André de Villiers
Aneleh Fourie le Roux