LETTERS TO THE EDITOR
Dear Christianity Today:
In response to Paul D. Apostle’s article about the Galatian church in your January issue, I have to say how appalled I am by the unchristian tone of this hit piece. Why the negativity? Has he been to the Galatian church recently? I happen to know some of the people at that church, and they are the most loving, caring people I’ve ever met.
Phyllis Snodgrass; Ann Arbor, MI
Lees asb die volledige artikel by hierdie skakel:
Henrietta Klaasing said:
Kostelike stuk! Die Galasiërs het duidelik ook maar geworstel met die “werke van die vlees”. Ek kon nie help om te glimlag nie, by ene “Martha Bobbitt” se kommentaar. Sy verwys natuurlik na ‘n alternatiewe vertaling van Gal 5:12. Humor is ‘n slim manier om diep waarhede tuis te bring by mense wie se verstand toeklap so gou as wat hulle iets as ‘n “preek” beskou.
Die persoon wat mense waarsku teen hulle sondes is nooit gewild nie, soos Paulus blykbaar ook (soos jy! ) uitgevind het: “Het ek dan julle vyand geword deur julle die waarheid te vertel?” (Gal 4:16) Die Bybel wemel hiervan, soos onder andere Spreuke 27:5-6: “Openlike teregwysing is beter as verborge liefde. Die wonde deur een wat liefhet, is opreg bedoel, maar die soene deur ‘n vyand is oorvloedig.”
Dankie vir die plasing, jy het my Sondag geseënd gemaak!
Dawie de Wet said:
Wat ‘n skitterende satire. Jy moet die Amerikaanse kerklike toneel ken om dit regtig te waardeer, aangesien it vlymskerp teregwysing van verkeie standpunte en natuurlik baie duidelike kritiek op “Christianity Today” is. Dit kan net sowel in Afrikaans vewerk word as sou die Galasiërbrief in “Die Kerkbode” verskyn het. Die reaksie sou presis dieselfde wees.