Dirkie van der Spuy het die volgende vir sy kerkraad by Moreleta Park gemeente geskryf:

Broers en susters,
Hier is die besluit van vanmiddag.
Baie dankie vir julle gebede en ondersteuning.
Dit was ‘n geweldige stryd maar uiteindelik ‘n wonderlike oorwinning vir God en sy Woord.
Die Here het Moreletapark se besluit wat goedgekeur is deur die AS, gebruik om ‘n keerpunt in die besluite te bring en die hele koers van besluite in ‘n nuwe rigting te stuur.
2015 se ongelukkige besluite wat soveel stryd en ongelukkigheid veroorsaak het, is van die tafel af en met nuwe behoudende besluite vervang.
Dit was weereens vir my wonderlik om te sien hoe die Here self kom oorneem het en ‘n wonderwerk in Sy kerk kom doen het.

Bartlett het onmiddelik ‘n brief and Dr Gustav Claassen gestuur om te eis dat Ds van der Spuy uit sy pos as assessor onthef word. Sy rede: Ds van der Spuy is bevooroordeeld teenoor gays.

Van der Spuy het nie ‘n tugwaarde sonde volgens die kerkorde gepleeg nie. Hy het bloot verwoord wat Bartlett wéét die Bybel oor homoseks leer. (Mense wat beweer die Bybel leer nie dat homoseks sonde is nie lieg vir hulleself en almal om hulle)

Nou het Bartlett verder gegaan en ‘n petisie by Change.org begin om nog meer druk op die moderamen te plaas om Ds van der Spuy vir sy godsdienstige oortuigings te vervolg.

Die skakel is hier (kliek)

Die probleem is, daar is geen rede waarom nie-christene nie op Change.org die petisie kan onderteken nie.

Hier is ‘n voorbeeld van iemand wat die petisie onderteken het:

Ek is nie meer NG of ‘n Christen nie.  Maar ek teken hierdie petisie gedagtig aan die miljoene jongmense wat geterf het aan selfdood weens die leuens van die kerk.

Barend Van der Merwe, Christiana, South Africa15 hours ago

Om te eis dat ‘n ampsdraer van die NG Kerk, wat kerkordelik  geen tugwaardige sonde gepleeg het nie, uit sy amp onthef word op grond van die feit dat hy die Bybel glo en dit in die openbaar bely, is niks anders as godsdienstige vervolging nie.

Die feit dat Bartlett nie-christene werf om vir hom te veg is afstootlik.