Opebrief aan die NG Kerk Moderators,
2016-09-23
Opebrief aan die NG Kerk Moderators,
“Sê nou leiers is verkeerd, en homoseks is sonde, wat dan?” Was my vraag aan ’n baie bekende pro-gay terapeut in die NG Kerk geledere. Die antwoord op die vraag was: “as ek fouteer dan wil ek eerder fouteer aan die kant van liefde.”
Die antwoord het my diep laat nadink, en ek het tot die slotsom gekom dat daar baie van liefde en verdraagsaamheid gepraat word in ophemeling van die tweede, van die dubbele liefdesgebod, maar ten koste van die eerste gebod en in minagting van God. Dit bring mee dat die mens in sy sonde verheerlik word bokant gehoorsaamheid aan God. Die fundamentele waarheid het my getref dat die eerste gebod verklaar: “jy moet die Here jou God liefhê, met jou hele hart, siel en krag.” Dit vra dat ’n mens God met elke gedagte, sy wil, sy hele wese en al sy energie moet liefhê. Dit eis dat uit lojaliteit aan God, die mens aan God gehoorsaam sal wees. Hieruit vloei dan voort, liefde vir my naaste. “Dit is soos twee kante van dieselfde munt. Ons weet dat wanneer ons God liefhet en doen wat Hy ons vra, ons ook sy kinders met liefde en respek sal behandel. Om God lief te hê beteken om sy opdragte ernstig op te neem en uit te voer. Wat Hy van ons verwag, is nie moeilik om te doen nie” (1 Joh. 5:2-3, Die Boodskap).
Wanneer Jesus sê: “jy moet jou naaste liefhê soos jouself,” haal Hy Lev. 19:18 aan. In konteks sê die voorafgaande vers (v17) egter, “jy mag jou broer in jou hart nie haat nie. Jy moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laai nie.” Met ander woorde, om jou naaste te berispe wanneer jy hom iets sien doen wat nie God se wil is nie. In die geval van homoseks sou ek dus liefdeloos optree indien my naaste sulke dade doen en ek nie vir hom sê: “met ’n manspersoon mag jy geen gemeenskap hê soos ’n mens met ’n vrou het nie. Dit is ’n gruwel.” Paulus illustreer dié waarheid aan die hand van onsedelikheid (bloedskande) in 1 Kor. 5. Hy berispe die gemeente omdat hulle te midde van onsedelikheid in hulle midde hulle verbeel hulle is beter as ander. Hy vra, “moes julle nie liewer daaroor getreur het nie?” (v2). Hy gee die man aan Satan oor om sodoende sy sondige aard te vernietig sodat sy gees gered kan word wanneer die Here kom (vers 4-5). In vers 13 gee Paulus opdrag aan die gemeente om oor hulle eie mense te oordeel en die persoon wat in sonde leef uit hulle midde uit te verwyder. Vers 17 van Lev. 19 sê voorts dat indien daar liefdeloos opgetree word deur my naaste nie te berispe nie, daar in sy skuld gedeel word. Maxwell som dit treffend op: “we forget that we are first to love the Lord our God, before we love our neighbor. If we love our God, we shall then speak the truth to others; and in keeping with the second commandment, we shall speak to them in ‘love.’ Let us NOT offend our God for a supposed love of our neighbour.”
Dink jouself in, God wat heilig is, gee “Christus as Hoof bo alles aan die kerk, wat sy liggaam is” (Efes. 1:22-23). Maar in stede dat die liggaam ook heilig is soos God en die Hoof heilig is, bestaan die ledemate uit egbrekers, persone wat onsedelikheid, prostitusie, bestialiteit, homoseks, bloedskande en poligamie bedryf. Ondenkbaar? “Moet julle nie laat mislei nie – God laat Hom nie bespot nie! Wat die mens ook al saai, sal hy maai” (Gal 6:7). “Mense wat seks misbruik, of wat seks met persone van dieselfde geslag het, mense wat hulle nie steur aan die reëls van die huwelik nie … sal nooit die binnekant van God se nuwe wêreld sien nie” (1 Kor. 6:10, Die Boodskap).
Geestelik bevind ’n persoon in selfdegeslagverhoudings hom dus in ’n baie gevaarlike posisie. Met die dubbele liefdesgebod as norm, kan niemand ooit die breë gemeenskap met dié leuen indoktrineer dat ’n mens gay gebore word en sodoende die gay agenda dryf nie. Wetenskaplike navorsing dui daarop dat oriëntasie vloeibaar is en biologiese invloede nie deterministies van aard nie. Dit word bevestig deur duisende getuienisse van voormalige homoseksuele, waarvan ek self ’n lewende getuie is.
Liefde moedig so persoon aan om nie sy gevoelens sy identiteit te maak nie. Want deur sy aangetrokkenheid sy identiteit te maak vereenselwig hy homself met sy sondige natuur soos Rom 7:20 aantoon: “As ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon.” As hy homself met sy sondige natuur vereenselwig onderteken hy sy eie doodsvonnis; “want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie.” (Rom. 8:7-8). Vir die inwonende sonde is daar in Christus ’n oplossing (Rom.7:25). Die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus maak vry van die wet van die sonde en die dood (Rom. 8:2). “Daarom dan is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie; want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe” (Rom. 7:12-13). Jesus sê: “Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê” (Joh. 10:10).
In lyn met die dubbele liefdesgebod is daar ’n verantwoordelikheid op elke Christen, om ’n persoon met selfde-geslag aangetrokkenheid aan te moedig om “in te gaan deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.” Jesus se voorbeeld van radikale insluiting van mense wat gemarginaliseer word, het nooit ’n gemarginaliseerde aangemoedig om in sy sonde voort te leef nie, maar eerder om daarvan af te sien. Rakende diesulkes het Jesus gesê: “Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie” (Joh. 8:11). En ook: ”moenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie” (Joh. 5:14).
Daarom is dit net natuurlik om, onder dwang van die dubbele liefdesgebod, ’n persoon met selfdegeslag aangetrokkenheid daaraan te herinner dat daar in Korinte persone was wat homoseks beoefen het, maar van wie gesê word, “so was sommige van julle ook! Maar julle is gewas, julle is geheilig en julle is vrygespreek in die Naam van die Here Jesus” (1 Kor. 6:11). Die dokumentêr “Such were some of you,” (DVD bekombaar by CUM) wat ek aan elke moderator gestuur het, onderskryf hierdie onweerlegbare werklikheid. As ’n voormalige homoseksueel getuig ek uit ervaring, dat die Here mens uit daardie ongelukkige sondige toestand kan verlos.
In die lig van die voorafgaande, sal ’n persoon wat erns maak met die dubbele liefdesgebod, nooit die Skrif kan verdraai om sodoende die mens se sondige natuur te akkommodeer nie. Ware liefde sal nie leuens skep om voorsiening te maak vir die mens se onvermoë om sy sondige natuur in eie krag te verander nie. Ironies genoeg was dit lesbiese aktivis en skrywer, Dorothy Allison wat by geleentheid geskryf het, ‘Things come apart so easily when they have been held together with lies.’
Russel Jones maak die stelling: “When someone is engaged in demonstrably self-destructive behavior, it is not loving to encourage persistence.” Dit bevestig Paulus se uitspraak in Rom. 13:10, “die liefde doen die naaste geen kwaad nie.” Op fisiese en psigiese gebied draai die mediese wêreld nie doekies om oor hoe destruktief, in talle opsigte, die gay leefstyl is nie. Die Gay and Lesbian Medical Association: Top Ten Things Gay Men Should Discuss with their Health Care Provider wys op die volgende:
1. Dit is welbekend dat mans wat met mans seks het, ‘n groter risiko loop om HIV infeksie op te doen.
2. Gay mans gebruik meer dwelms as die algemene bevolking.
3. Meer gay mans ly aan depressie en angs as die algemene bevolking.
4. Mans wat homoseks beoefen, loop ‘n groter risiko om geïnfekteer te word met seksueeloordraagbare virusse – wat die potensieel-dodelike lewersiekte, “Hepatitis Immunisation”, veroorsaak.
5. Seksueel-oordraagbare siektes kom meer voor onder mans wat homoseks beoefen.
6. Gay mans loop ‘n hoër risiko om te sterf aan prostaat-, testikulêre en/of kolon-kanker.
7. Gay mans misbruik alkohol meer as heteroseksuele mans.
8. Gay mans gebruik baie meer tabak as heteroseksuele mans.
9. Dit kom meer algemeen by gay mans as heteroseksuele mans voor, om ‘n negatiewe beeld oor hulle eie liggaam te hê. Gay mans staan ‘n groter kans om een of ander eetprobleem te hê as heteroseksuele mans. Dit lei weer tot ander mediese probleme. 10. Gay mans loop die risiko om die virus Papilloma op te doen. Dit verhoog die risiko vir anale kanker.
Op sosiale gebied doen dr. Bartlett aan die hand: “indien die liefdesgebod as norm hanteer word, om menslike verhoudings te beoordeel, behoort die dubbele vraag gevra te word: Doen dit die medemens kwaad aan en staan dit in diens van lewe in oorvloed?” Die vrae kan aan die hand van dr. Nicolosi, se artikel, An Open Secret: The Truth About Gay Male Couples, getoets word, waarin hy onder andere sê:
“In one recent study of gay male couples, 41.3% had open sexual agreements with some conditions or restrictions, and 10% had open sexual agreements with no restrictions on sex with outside partners. One-fifth of participants (21.9%) reported breaking their agreement in the preceding 12 months, and 13.2% of the sample reported having unprotected anal intercourse in the preceding three months with an outside partner of unknown or discordant HIV-status.”
“When McWhirter and Mattison published The Male Couple in 1984, their study was undertaken to disprove the reputation that gay male relationships do not last. The authors themselves were a homosexual couple, one a psychiatrist, the other a psychologist. After much searching they were able to locate 156 male couples in relationships that had lasted from 1 to 37 years. Two-thirds of the respondents had entered the relationship with either the implicit or the explicit expectation of sexual fidelity.
The results of their study show that of those 156 couples, only seven had been able to maintain sexual fidelity. Furthermore, of those seven couples, none had been together more than 5 years. In other words, the researchers were unable to find a single male couple that was able to maintain sexual fidelity for more than five years. They reported:
‘The expectation for outside sexual activity was the rule for male couples and the exception for heterosexuals. Heterosexual couples lived with some expectation that their relationships were to last “until death do us part,” whereas gay couples wondered if their relationships could survive.’
McWhirter and Mattison admit that sexual activity outside the relationship often raises issues of trust, self-esteem, and dependency. However, they believe that:
‘the single most important factor that keeps couples together past the ten-year mark is the lack of possessiveness they feel. Many couples learn very early in their relationship that ownership of each other sexually can become the greatest internal threat to their staying together.’”
Selfdegeslagverhoudings slaag nie die toets nie en enigiemand wat erns met die dubbele liefdesgebod maak, kan verhoudings, wat promiskuïteit en ontrouheid bevorder, nie aanmoedig nie. In die lig hiervan laat Neels Jackson se opinie die wenkbroue lig, as hy sê: “’n Gay verhouding vind plaas tussen twee volwasse mense wat albei daartoe instem. As twee gay mense ‘n verhouding het waarin hulle mekaar respekteer, aan mekaar getrou is en mekaar liefhet, dan bou hulle mekaar op. Hulle vervul mekaar. Hulle help mekaar om vol en gelukkige lewens te lei. Dan leef hulle volgens die liefdesgebod.”
Gebruik ’n mens dieselfde argument, en vervang gay met bloedskande, sien ons die vêrreikende gevolge wat dit vir die kerk inhou. Die liefdelose daad om homoseks te wil ontsondig en as ’n normale variant van menslike seksualiteit voor te hou, verplig die kerk om ook nie “liefdeloos” en “diskriminerend” op te tree teen die “gemarginaliseerdes” wat bloedskande beoefen nie. Immers, volgens Neels se argument, “leef hulle volgens die liefdesgebod.” Sodoende word die dilemma vir die kerk net al hoe groter.
Hiermee moedig ek u aan om nie te kies om “te fouteer na die kant van liefde toe,” wat hoofsaaklik gefokus is op die tweede gebod van die dubbele liefdesgebod nie. So liefde dompel die gay gemeenskap, vir wie God liefhet en Sy Seun laat sterf het, in die verderf. Dit sal die kerk met bloed aan sy hande laat. Nee, kies liewer die pad van liefde wat God in alles eerste stel. Want net dan kan ons liefde aan ons naaste bewys.
Saam in Sy diens.
André Bekker
Jaco Steyn said:
Miskien moet die NG Kerkleierskap liewer verduidelik wat die eintlike rede is waarom die “Algemene Taakspan Regte” in die eerste plek die AS se besluit van Oktober 2015 opgeskort het, in plaas daarvan om nou hulle voete te sleep wat betref die registrasie van die kerk. Dis voor die hand liggend dat kerkleiers gedurig besig is om (veral meer “behoudende”) lidmate se reaksies op hul besluite te toets – vandaar die ATR se besluit in Novembermaand 2015 weens hul vrees vir ‘n moontlike kerkskeuring.
Die groot vraag is of die besluite van die AS en die ASM van die NG Kerk werklikwaar deur die Heilige Gees geïnspireer is en of dit eerder verband hou met hul vrese dat die meer “behoudende” lidmate die kerk in hul derduisende sal verlaat? Aan die een kant is hierdie instelling van misleiding se geloofsbelydenisse gebaseer op die geloof in die Bybel as Woord van God – dieselfde “heilige geskrif” wat slawerny en rassisme kondoneer en wat homoseksuele praktyke veroordeel. Aan die ander kant poog hierdie instelling om sover moontlik polities-korrek te wees met hulle onlangse besluite oor die status van gays en van die polities-geïnspireerde Belydenis van Belhar. Hulle (deurmekaar) besluite het dus boggerol uit te waai met die welsyn van die meeste kerklidmate of met die Heilige Gees se inspirasie!
hierstaanek said:
Jaco, sien die vidro onder die opskrif “Christen predikant sit vir gay pedikant ore aan.”
Jaco Steyn said:
hierstaanek. Dit mag miskien so wees dat ras en velkleur nie “dieselfde” is as seksuele oriëntasie nie omdat mense se seksuele voorkeure (na bewering!) altyd ‘n keuse is, maar dit is wel so dat rasseverhoudinge verband hou met mense se morele norme en waardes. Ek vind dit interessant dat die meer “behoudende” deelnemer aan die gesprek in die video aan die een kant verwys na God se Woord wat nié verander nie, terwyl hy aan die ander kant onnadenkend reageer met die stelling dat slawerny nié in die Bybel goedgekeur word nie. Hoe sal hy hierdie Bybelverse interpreteer waarin dit duidelik is dat beide slawerny én rassisme goedgekeur word:
Levitikus 25:44-46 “Julle moet die slawe en slavinne wat julle nodig het, by die nasies rondom julle koop [kondonering van slawerny]. Julle mag ook die kinders van bywoners koop wat tydelik tussen julle woon of van bywonerfamilies wat al geslagte in die land is. Sulke slawe is julle wettige eiendom wat deur julle aan julle kinders bemaak kan word as besittings en wat lewenslank hulle slawe sal wees. Julle mag egter nooit van julle mede-Israeliete [kondonering van rassisme] slawe maak nie.”
Hoe is dit dan moontlik dat miljoene Christene wat glo dat die Bybel die “onfeilbare Woord van God” is, al die jare so verdeeld was onder mekaar betreffende die belangrikste kwessie in hierdie land, nl. rasseverhoudinge? Hulle wissel vanaf diegene wat die Belydenis van Belhar aanvaar, tot lidmate van die APK wat glo dat Apartheid Bybels-regverdigbaar is, tot by Israelvisie-ondersteuners wat glo dat slegs Witmense hemel toe kan gaan! As die Bybel nie eers duidelikheid kan verskaf aangaande hierdie lewensbelangrike kwessie nie, wat is dan die eintlike nut daarvan??
hierstaanek said:
Jaco
1) Niemand het gesê seksuele orientasie is ‘n keuse nie. Almal weet seksuele gedrag is ‘n keuse. Ek is nou al tien jaar selibaat omdat God dit vereis, en dit was ‘n besluit. Niemand het my in die tyd gedwing om teen my wil seks te he nie.
2) Slawerny in die OU Testament was nie slawerny soos jy daaraan dink nie:
a) Alle slawe is besny die oomblik as hulle gekoop is. Dit het hulle Joodse burgers met volle burgerregte gemaak. Slawe is dus nie as vreemdelinge beskou nie maar as Jode en deel van die verbond.
b) As ‘n slaaf ongelukkig was het hy eenvoudig na ‘n asiel stad gegaan.
c) Slawe is tydens die jubeljaar vrygestel. Daar was dus nie so iets soos aanhoudende generasionele slawerny nie.
Slawerny was ‘n metode om, in die afwesigheid van maatskaplike programme, mense te beskerm teen absolute armoede. Met ander woorde, die hedensdaagse storie oor slawerny in die Ou Testament is ‘n lieg.
Ek dink enigiemand wat die nonsens oor Bybelse slawerny verkoop is of oneerlik of oningelig.
Jaco Steyn said:
1. Is jy ooit bewus van die alewige geskille oor “Nature versus Nurture” wat betref mense se seksuele oriëntasie? Erken jy dan met jou stelling dat seksuele oriëtasie nié ‘n keuse is nie en dat dit hoofsaaklik afhanklik is van hormone en oorgeërfde gene, terwyl seksuele gedrag wel ‘n keuse is?
2. (a) As enigiemand dus ‘n Jood kan “word” met besnydenis, maak die bogenoemde Bybelverse wat ek aangehaal het, hoegenaamd géén sin nie. Nie-Israeliete word gevange geneem en slawe gemaak. Volgens jou bewering word hulle net daarna “Joodse burgers met volle burgerregte”. Wat op dees aarde is dan die verskil tussen hierdie “nuwe Jode” en die Israeliete wat die Bybelverse na verwys wat nooit slawe gemaak kan word nie? Kan eersgenoemde maar eiendom en slawe (en kwansuis Joodse burgers!) wees omdat hulle nié “rasegte” Israeliete is nie?
(c) Maar weerspreek jy nie die bogenoemde Bybelverse in Levitikus se verwysing na “… lewenslank hulle [Israeliete se kinders se] slawe sal wees”, met jou stelling, “… nie so iets soos aanhoudende generasionele slawerny nie”, nie?? Is enige vorm van slawerny nie ook maar ‘n manier om mense te misbruik en dan die verskoning te gebruik dat jy hulle “beskerm teen armoede” nie? Wie verkoop die grootste nonsens oor Bybelse slawerny, ek of jy?
hierstaanek said:
Genesis 17:12-13 ESV
He who is eight days old among you shall be circumcised. Every male throughout your generations, whether born in your house or bought with your money from any foreigner who is not of your offspring, both he who is born in your house and he who is bought with your money, shall surely be circumcised. So shall my covenant be in your flesh an everlasting covenant.
Jaco Steyn said:
Hou asb. in gedagte dat hierdie “vreemdeling” slawe wat besny word, nog steeds as eiendom beskou word wat “gekoop” is. Ek weet egter nie waar kom jy daaraan dat hulle “volle burgerregte” geniet het nie.
hierstaanek said:
Jaco, vir iemand wat sulke sterk opinies oor die Bybel het is jy baie swak ingelig.
Exodus 12:48 ESV
If a stranger shall sojourn with you and would keep the Passover to the Lord , let all his males be circumcised. Then he may come near and keep it; he shall be as a native of the land. But no uncircumcised person shall eat of it.
Jaco Steyn said:
Dit is interessant dat beide vreemdelinge (nie-Israeliete) wat ná besnydenis “soos Israeliete” is én nie-Israelitiese slawe ná besnydenis aan die paasfeeste kan deelneem. Die slawe word egter nog steeds na besnydenis as eiendom beskou en dus as minderwaardig, selfs al is hulle wat besnydenis betref, “soos Israeliete.” Ook interessant dat daar geen verwysing is na enige Israelitiese of nie-Israelitiese vroue wat aan die paasfees mag deelneem nie. Die groot vraag is wat ‘n nie-Israelitiese vrou dan veronderstel is om te doen om “soos ‘n Israelitiese vrou” te wees…
En terloops, ek sien dat jy gerieflikheidshalwe verkies het om hierdie vroeëre vraag van my te ignoreer:
“Wat op dees aarde is dan die verskil tussen hierdie ‘nuwe Jode’ en die Israeliete wat die Bybelverse na verwys wat nooit slawe gemaak kan word nie? Kan eersgenoemde maar eiendom en slawe (en kwansuis Joodse burgers!) wees omdat hulle nié ‘rasegte’ Israeliete is nie?”
Iets anders wat nogal uitstaan is die ’53 vertaling se verwysing na “… hy sal soos ’n kind van die land wees”, in vergelyking met die ’83 vertaling se “…is hy soos ‘n gebore Israeliet”. Boonop onderskei ek tussen die betekenisse van “soos hy” en “gelykstaande, gelykwaardig of dieselfde as hy”.
hierstaanek said:
*sug*
Jou moet ophou on jou voorafopgestelde idees oor slawerny in die Bybel in te lees. Jy moet alles in konteks lees.
‘n Slaaf was iemand wat onder kontrak was om vir iemand te werk. As hy van ‘n ander nasie was het die kontrak hom onmiddelik volle Joodse burgerreg gegee. (Hy is besny)
As hy genoeg geld gemaak het kon hy homself loskoop. As hy homself nie kon loskoop nie kon hy na ‘n asielstad gegaan het. Die bestaan van asielstede het slawerny in beginsel VRYWILLIG gemaak. Tydens die Jubeljaar is alle slawe in elk geval vrygestel.
Wat is die verskil tussen slawerny en belasting?
1) Ek het nie ‘n keuse nie. Joodse slawe kon wegloop na asielstede
2) Ek betaal on en by 40% van my inkomste aan belasting. Dus neem die regering 40% van my werkstyd vir hulle self. Joodse slawe kon dikwels in hulle vrye tyd vir hulleself geld verdien. Die persentasie verskil dalk.
3) Ek kan myself nooit vrykoop van belasting nie. Joodse slawe kon hulleself vrykoop.
4) Daar is geen jubeljaar in Suid Afrika waar almal belasting vrygeskeld word nie.
Dit lyk dus vir my of Joodse slawerny ‘n beter deal was as my belasting.
Oor mans en vrouens. Jy is belaglik. Vrouens is wel nie besny nie, maar hulle is ingesluit in die verbond.
Jaco jou probleem is jy haat die Bybel en die God wat dit inspireer het, daarom sal jy ALTYD fout vind daarmee.
Jaco Steyn said:
Na hierdie lang relaas van jou wonder ek maar net watter soort “vrywillige” ooreenkoms daar was tussen die slaaf se vrou en kinders en hul eienaar:
Exodus 21:4 “As sy [die slaaf se] eienaar vir hom ‘n vrou gegee het, en sy vir hom seuns of dogters in die wêreld gebring het, behoort die vrou en haar kinders aan die eienaar, en dan hoef net die slaaf vrygelaat te word.”
Met jou beklemtoning van die beweerde “vrywillige” aard van slawerny, het jy blykbaar vergeet van die talle voorbeelde in die Bybel waarin verkragting en/of gedwonge arbeid goedgekeur word. Ek verwys hier na gedeeltes soos o.a. Rigters 21:10-24, Numeri 31:7-18 en Deuteronomium 20:10-14.
Ek sien ook dat jy (ongelukkig) opgehou het om oor die rassistiese gedeeltes in die Bybel te debatteer…
Liza said:
Jaco soos dit die geval is met elke Bybelvraag, moet ook die kwessie van slawerny in konteks gesien word. As jy die Bybel met aandag en met die regte gesindheid lees sal jy agterkom dat God die mishandeling van alle mense ten sterkste afkeur.
Jy sal ook agterkom dat die soort slawerny wat deur die Israeliete in die Bybel beoefen is, nie die wrede en onderdrukkende slawerny is wat die meeste mense hulle vandag voorstel nie. Dit was meer ‘n geval van sosiale status gewees. Mense het hulleself as slawe verkoop wanneer hulle nie hul skuld kon betaal of hulle families kon versorg nie.
In die Nuwe Testamentiese tye was selfs geneeshere, regsgeleerdes, en politici soms slawe van iemand anders gewees. Die rede hiervoor was dat die meesters dan in hul behoeftes sou voorsien. In sommige gevalle kon die slawe moontlik selfs genoeg verdien om hul vryheid terug te koop.( Lev 25:47-52)
Alhoewel slawe-eienaars toegelaat is om hulle slawe te dissiplineer, is wrede behandeling verbied. As ’n slaaf deur sy eienaar doodgemaak is, moes sy dood gewreek word (Eks 21:20). As die slaaf vermink is en byvoorbeeld ’n tand of ’n oog verloor het, is hy vrygelaat. (Eks 21:26, 27).
Dit was beslis nie die onderdrukkende soort slawerny wat deur die eeue heen in baie lande algemeen was nie.
Jaco Steyn said:
Lisa. Jy het na Exodus 21:20 verwys, maar jy het ongelukkig geriefliheidshalwe die daaropvolgende Bybelvers geïgnoreer. Hier is die ’53 vertaling daarvan: “Maar as hy ná een of twee dae nog lewe, moet dit nie gewreek word nie, want hy is sy eiendom.” En die ’83 vertaling: “As so ‘n slaaf dit vir ‘n dag of twee oorleef, is daar nie ‘n saak nie, want die slaaf is die man se eiendom.”
Jaco Steyn said:
Lees gerus hierdie drie gedeeltes deeglik en besluit dan of alle ondertouery met vreemde vroue hierdeur verbied word. Waarom word hier nié gestipuleer dat huwelike tussen Jode en nie-Jode wel toelaatbaar is indien die nie-Joodse eggenote die aanbidding van Jahwe sou aanvaar nie?
Esra 9:1-3 “EN toe dit klaar was, het die owerstes na my gekom en gesê: Die volk van Israel en die priesters en die Leviete het hulle nie afgesonder van die volke van die lande, wat hulle gruwels betref nie, naamlik van die Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Jebusiete, Ammoniete, Moabiete, Egiptenaars en Amoriete. Want hulle het van húlle dogters vir hulleself en vir hul seuns geneem, sodat die heilige geslag hom met die volke van die lande vermeng [!!] het; en die owerstes en die leiers het in hierdie ontrou eerste die hand gehad. En toe ek [Esra] dit hoor, het ek my kleed en my mantel geskeur en van die hare van my hoof en my baard uitgepluk en verslae neergesit.”
Esra 10:18-19 “En van die seuns van die priesters wat vreemde vroue getrou het, was daar van die seuns van Jésua, die seun van Jósadak, en sy broers: Maäséja en Eliëser en Jarib en Gedálja. Maar hulle het hulle hand daarop gegee dat hulle hul vroue sou wegstuur [!!] en dat hulle ’n ram skuldig sou wees vir hulle skuld.”
Nehemía 13:23-29 “In dié dae het ek ook Jode gesien wat Asdodiese, Ammonitiese, Moabitiese vroue getrou het. En van hulle kinders het die helfte Asdodies gepraat, of die taal van watter volk ook al; maar hulle kon geen Joods praat nie. Daarom het ek met hulle getwis en hulle gevloek, en sommige van hulle geslaan en die hare uitgepluk en hulle by God besweer: Julle mag julle dogters nie aan hulle seuns gee, en julle mag nie van hulle dogters vir julle seuns of vir julleself neem nie! Het Salomo, die koning van Israel, nie deur hulle gesondig nie? Alhoewel daar onder baie nasies nie ’n koning gewees het soos hy nie en hy ’n liefling van sy God was, sodat God hom as koning aangestel het oor die hele Israel, het die vreemde vroue hom tog sonde laat doen. [!!] Moet ons nou van julle hoor dat julle al hierdie groot kwaad doen, om ontrou te handel teen God deur vreemde vroue te trou? En een van die seuns van Jójada, die seun van die hoëpriester Éljasib, was ’n skoonseun van Sanbállat, die Horoniet; daarom het ek hom van my af weggeja. Dink aan hulle, my God, oor die bevlekking van die priesterskap en van die verbond met die priesterskap en met die Leviete.”
Was nie-Jode welkom om die Jode se godsdiens te aanvaar?
Deuteronómium 23:2-3 “Geen baster mag in die vergadering van die HERE kom nie; selfs sy tiende geslag mag in die vergadering van die HERE nie kom nie. Geen Ammoniet of Moabiet mag in die vergadering van die HERE kom nie; selfs hulle tiende geslag mag nooit in die vergadering van die HERE kom nie;”
Die woord “baster” verwys wel na die biologiese afkoms van iemand en nié na iets anders soos bv. ‘n buite-egtelike kind nie. Dieselfde woord wat as “baster” vertaal is, kom voor in Sagaría 9:5-6 “Áskelon sal dit sien en vrees; ook Gasa, wat sal sidder van angs; ook Ekron, omdat sy toeverlaat teleurgestel het; en uit Gasa verdwyn die koning, en Áskelon bly onbewoond; en die baster sal in Asdod woon — so sal Ek dan aan die trotsheid van die Filistyn ’n einde maak”
hierstaanek said:
Jaco, die beginsel was dat as n Israeliet met n heidense vrou wou trou (of anders om) haar hele familie se mans besny moes word. “Baster” verwys na geloofsvermenging nie rasvermenging nie. Die befinsel word in Genesis 36 en veral in die boek Rut uitgebeeld.
Jou probleem is, jy sien die Bybel deur jou vooroordeel en haat, en lê dit daatvolgens uit. Byvoorbeeld: Jy neem aan dat as ‘n Israeliet met ‘n slavin trou dit noodwendig verkragting moet wees, omdat jy sekere buite Bybelse idees van slawerny in die Bybel inlees.
Jy aanvaar ook nie Jesus se woorde dat “God, as gevolg van die hardheid van julle harte, sekere dinge toegelaat het” nie.
Jy gaan ook nie aanvaar wat ek vir jou sê nie, omdat jou presupposisies jou dit nie toelaat nie.
Maar weet dit: Die Bybel is die ge-asemde Woord van God. As sodanig het dit gesag oor jou, want jy is ‘n skepsel. Of jy dit wil aanvaar of nie maak geen verskil nie. Jy het eenvoudig nie die reg om jouself as regter oor God se Woord aan te stel nie, soos jy nou maak nie.
Totdat jy nie jou wese as skepsel aanvaar en jou onder die gesag van God se Woord plaas nie sal dit eenvoudig nie vir jou sin maak nie. Dit is eers wanneer jy die knie voor jou Skepper buig dat Sy Woord vir jou sal sin maak.
Jaco Steyn said:
hierstaanek. Doen bietjie navorsing oor die betekenis van die Hebreeuse woord “mamzer” wat as “baster” vertaal is. Daar is géén verband tussen hierdie betekenis en jou verkeerde aanname dat dit dui op ‘n “baster in die geloof” nie. Watter sin maak dit om te verwys na ‘n “baster in die geloof” se “tiende geslag”. Word ‘n spesifieke geloof ook oorgeërf soortgelyk aan gene?
Rigters 21:10-24, Numeri 31:7-18 en Deuteronomium 20:10-14, verwys na die neem van vroue sonder hul goedkeuring. Wat gebeur gewoonlik net na vroue geneem of “gegryp” word? Rigters 21:20-21 “Die leiers het vir die Benjaminiete gesê: ‘Gaan kruip weg in die wingerde en kyk mooi: wanneer die meisies van Silo uitkom om te dans, moet julle uit die wingerde opspring en elkeen moet vir hom ‘n vrou gryp [!!] onder die meisies van Silo. Dan moet julle na die gebied van Benjamin toe gaan.’”
Indien “al hierdie dinge” eers vir my gaan sin maak indien ek aanvaar dat die Bybel die Woord van God is, wonder ek nog steeds waarom gelowiges so ernstig van mekaar verskil wat betref rasseverhoudinge. Dit herinner aan my oorspronklike vraag in hierdie gesprek wat jy nog steeds nie beantwoord het nie…
hierstaanek said:
1) Deut 20 10-14 verwys na vroulike en minderjarige krygsgevangenes, wat as slawe geneem word.
2) Numeri 31: God gebruik Israel om die Midianiete se sonde te straf.
1And the Lord spoke to Moses, saying: 2“Take vengeance on the Midianites for the children of Israel.
Die jong meisies se lewens word gespaar, hulle word slawe.
3) Lees die gevolgtrekking van die Israeliete se sonde om vrouens teen hulle wil te gryp in Rigters
Judges 21:25In those days there was no king in Israel; everyone did what was right in his own eyes.
Hulle dade dra beslis nie die goedkeuring van die skrywer van Rigters weg nie!
Jaco, jou probleem is dat jy jou idees oor wat die term “slaaf” beteken in die Bybel inlees. Jy lees die Bybel deur jou kulturele bril, en nie in die konteks van daardie tye nie. Jy vergeet gerieflikheidshalwe dat Jesus gesê het “God het julle dit toegelaat weens die hardheid van julle harte, maar dit was nie altyd so nie.” Jy vergeet dat God die reg het om nasies te vernietig omdat almal indiwidueel en kollektief as nasie teen ‘n heilige God gesondig het en daarom onder sy regverdige toorn staan. Jy vergeet dat God die reg het om die middele waarmee Hy mense en nasies straf te kies. Net soos wat Hy Israel gebruik het om die nasies om hulle te straf, het hy ander nasies gebruik om Israel te straf. Die ballingskap van Juda is maar een voorbeeld.
Laastens moet ek dit vir jou sê: Jy verwerp die God van die Bybel op grond van moraliteit> Sonder die Bybel is daar GEEN gronde om te sê slawerny of verkragting is verkeerd nie. Jou hele argument waarom die Bybel verkeerd is, is gegrond op ‘n Bybelse wêreldbeel. As die Bybel verkeerd is is slawerny en verkragting OK.
Jou tirades teen die Bybel is dus absoluut self negerend. Sonder die Bybel bestaan die moraliteit waarvolgens jy die Bybel verwerp eenvoudig nie.
Jaco Steyn said:
hierstaanek. Wie is dit wat die Israeliete in Deuteronomium 10:14 hierdie opdrag gee: “…maar die vrouens en klein kindertjies, die vee en alles wat in die stad is, alles wat gebuit kan word, moet jy buitmaak sodat jy kan geniet [!!!] wat jy by jou vyand buitgemaak het, wat die Here jou God vir jou gegee het.”? Is dit die skrywer(s) van hierdie boek of hulle denkbeeldige stamgod Jahwe? Indien jy saamstem dat Jahwe (of Sy verteenwoordigers) hierdie opdragte gegee het en dat Hy/hulle ook in Numeri die Israeliete bevel het om die Midianiete te straf, laat hulle norme en waardes veel te wense oor. Ek sal dus niemand aanbeveel om die Jode of hul verbeelde stamgod se voorbeeld te volg nie. Ek weet nie of ek moet lag of huil oor hierdie bewering van jou nie: “Sonder die Bybel bestaan die moraliteit waarvolgens jy die Bybel verwerp eenvoudig nie.” Reken jy dat slegs Christene goeie mense kan wees wat verkragting en slawerny verwerp o.g.v. hul morele norme en waardes?? Lees gerus my nuutste artikel, “Inleiding tot ‘n waardestelsel”, waarin ek juis dit bespreek waarvan mense se uiteenlopende norme en waardes afhanklik is.
hierstaanek said:
So jy jy lees hierdie:
maar die vrouens en klein kindertjies, die vee en alles wat in die stad is, alles wat gebuit kan word, moet jy buitmaak sodat jy kan geniet [!!!] wat jy by jou vyand buitgemaak het, wat die Here jou God vir jou gegee het.”?
As seks. Pedofilie en bestialiteit?
Gaan was jou brein. Jy is siek.
Hano said:
Dis it vir my verbasend hoe die gespek draai na slawerny? Wat het dit te doen moet afskuwelike seksueele dade wat deur mense gedoen word. Ou “trick” van Satan om ons aandag van die saak af te trek want die saak kan nie betwis word nie. Dis voordiehandliggind “In You Face” blatant verkeerd en almal weet dit.
Mnr Steyn hoeveel van die volgende maak jy houself aan skuldig:
8 But the cowardly, unbelieving,[a] abominable, murderers, sexually immoral, sorcerers, idolaters, and all liars shall have their part in:
En hier is wat met jou gaan gebeur:
the lake which burns with fire and brimstone, which is the second death.”
Nou ek se dit nie omdat dit ‘n argument is nie. Baie van julle agnostikuste dink ons is dom en ons eindig met “jy gaan Hel toe” omdat ons nie kan argumenteer nie, maar dis nie ‘n argument nie dis ‘n waarskuwing en duidelike een ook. Soos iemand wat die lands wette oortree en gese word: “jy KAN tronk toe gaan” is dit nie ‘n argument nie maar ‘n waarskuwing, maar die een is anders, dis nie KAN nie, dis MOET, jy MOET dood gaan en dan….. Wat dan.
Sorry man maar daar is ‘n God en Hy is Heilig. Ek weet jy weet nie wat dit beteken nie maar dit moet BAIE “SCARY” wees vir jou…..
Die feit dat jy Hom haat of glo Hy bestaan nie maak jou net deel van die “unbelieving” groep hierbo. Die feit dat jy leuns, oor God noggals, versprei maak jou deel van die “liars” groep daarbo, die res kan jy maar self besluit waar jy inpas.
Mr Steyn ek is nou kla met jou dankie gaan pla ander mense. Maar hier is ‘n volgende waarskuwing : voordat ons liewe broer hierbo of iemand anders dit doen : “Hy gee die man aan Satan oor om sodoende sy sondige aard te vernietig sodat sy gees gered kan word wanneer die Here kom (vers 4-5). In vers 13 gee Paulus opdrag aan die gemeente om oor hulle eie mense te oordeel en die persoon wat in sonde leef uit hulle midde uit te verwyder.”
Moenie praat van dinge wat jy nie verstaan nie.
PS ek is onder die aanname jy is ‘n agnostikus want jy praat presies soos ander agnostikuste op die internet doen. As jy ‘n predikant in die NGK is is dit lagwekkend. Se ons tog wat is jou beroep?
PSPS Mr Bekker. Mag God jou bemagtig met Sy Gees, sy gesig op jou skyn, en jou Sy vrede gee. Wees sterk in die Gees broer, maak jou liggaam ‘n instrument vir sy regverdigheid. Maak jou mond beskikbaar vir sy Woord en die belangrikste maak jou voete beskikbaar sodat God jou kan plaas waar Hy jou wil he. En onthou as God vir ons is WIE kan teen ons wees!!!?? Be Blessed O beloved of God.
Jaco Steyn said:
Hano. Tot watter mate jy “dom” of “slim” is, kan maklik afgelei word uit jou kommentaar. In die eerste plek neem jy verkeerdelik aan dat die kanse groter is dat ek ‘n moordenaar, seksueel immoreel of ‘n towenaar kan wees omdat ek nié ‘n Christen-gelowige is nie. In die tweede plek neem jy verkeerdelik aan dat ek ‘n agnostikus is. In die derde plek ontken jy die feit dat dit juis júlle verbeelde god is wat afskuwelike seksuele dade dikwels aanmoedig! Lees gerus ook Deuteronomium 22:28-29 in verband hiermee. Anders as derduisende predikante en TV-evangeliste is ek nié iemand wat al ooit baie winste gemaak het met my skrywes nie – inteendeel, ek het al heelwat daardeur verloor wat my persoonlike lewe betref en daar is al selfs in werksomgewings teen my gediskrimineer a.g.v. my “nie-ortodokse” sienings. My amptelike beroep is heeltemal op ‘n ander terrein – die rekenaarwêreld. Moet jy nie eerder jou laaste kommentaar vervang met, “as die internasionale geldmagte en establishment met ons is, wie kan teen ons wees”, nie? Dis tog die belangrikste rede waarom godsdienstige onsin nog steeds deur miljoene onnadenkende mense geglo word. En terloops, het jy en “hierstaanek” al ooit gewonder of julle persoonlike aanmerkings my aanmoedig om julle dogmas te aanvaar en of dit my weereens laat besef dat die georganiseerde Christendom nog altyd ‘n vloek op die aarde was wat geweldige verdeeldheid, ellende en onderdrukking teweeggebring het!
Hano said:
Geagte Mr Steyn Ek is nie oortuig dat enige van ons aanmerkkings jou sal oortuig dat God bestaan nie, dit is tog jou ongloof wat jy hier verklaar en nie jou geloof nie.
Maar wat u wel nodig het is ‘n ervaring met God, en dit is ek bereid om vir u te gee. As u ‘n siek familie lid het of self siek is sal ek kom en vir u of ander persoon bid en God sal daai persoon of uself gesond maak.
Vra vir hierstaanek om my email aan u te gee dan kan ons dit reel. (Ek hou nie van spam nie so wil nie my email op publieke plekke sit nie niks persoonlik teenoor u nie).
Ek bly in Pretoria en ek sal dit doen vir R0.00 en dan spaar julle ook sommer baie mediese kostes , hoe klink daai?
As u ver bly soos die Kaap dan is ek seker ek kan iemand anders vra, of u kan opvlieg, want u spaar tog mediese kostes. 🙂
Groete Hano
Johann said:
Hano, die sg “God” waarna jy verwys bestaan net binne die grense van jou skedel. Dit is ‘n fiksie van jou verbeelding en verdien geen kommentaar nie.
Hano said:
A man with an experience is not at the mercy of a man with an arument.
As mens in Parys Frakryk bly is jy ‘n Parisieën, nou daar is mense wat se ouers in Parys gebly het maar nou verhuis het na Preroria, party van hulle het so baie gehoor van Parys dat hulle ook dink hulle is Parisieën maar eintlik is hulle Pretorianers. Dan is daar ander wat ‘n “Guide Book” van Parys gekry het. As jy ‘n Guide Book van ‘n stad volg maak dit nie sin nie totdat jy in die stad kom. Jy lees woorde soos Eifel Tower en meng dit met jou ondervinding en dan verstaan jy dit anders soos byvoorbeeld ‘n Cell Foon toring. Of lees The Louvre doen navorsing en kom agter dit gaan oor kuns en dan vorm ‘n pretjie van kuns op Margate se Beach. Nou word jy nog slimmer en sien kuns op Toti Beach ook, of herken ander Eifel Towers wat hulle vermom soos palm bome. Dan kom hy tot ‘n gevolgtekking: wat ‘n pot nonsense, ek stel nie belang nie, glad nie so oulik soos almal sê nie, eintlik sommer laime.
Maar as jy vir ‘n Parisieën sê: daar is nie ‘n Paris nie. Dan vrons ek, dink daaroor en sê: O Ok.
Mens wat nie wedergebore is nie kan nie eens die Koningkryk van God sien nie.
Joh 3:3 …“Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie SIEN nie.”
Pingback: Misleidende gonswoorde in die stryd om Bybelse seksualiteit | hier staan ek
Pieter said:
Andrè, jy ‘bluf’ jouself in alles wat jy geskryf het. Ek hoop regtig nie jy is in ‘n verhouding nie. En nog minder ‘n heteroseksuele verhouding. Want ek is seker dat jy aan mans dink jou jy hetero seks het. Jy lieg vir almal enerasmus jouself, as jy ‘nee’ antwoord. En wanneer jy ‘n aantreklike man sien, is jou gedagtes 150% suiwer? Ek twyfel. Maar sterkte met jou lewe. Daar is nie iets soos ‘n eks-gay nie…..
hierstaanek said:
Jammer boeta, jy verkies om die leuen te glo.
1) Op grond waarvan verklaar jy dat jy weet wat in André se gemoed aangaan. Kan jy gedagtes lees? Die wetenskap wys dat seksuele voorkeur glad nie in beton gegiet is nie, maar redelik vloeibaar is. Maar jy kan nie bekostig om dit te glo nie.
2) Alle mense is sondaars, en alle mense het vuil gedagtes. Christene is anders as ander omdat hulle hulle sonse bely en vergiffenis daarvoor ontvang. As Christene nie sondaars was nie sou hulle nie ‘n Verlosser nodig gehad het nie. Ek is heterseksueel en sondig in my gedagtes. Dit beteken nie ek voer alles wat ek dink prakties uit nie. En in die proses van heiligmaking word my gedagtes ook meer suiwer.
3) Heiligmaking is n proses, hoe nader ons aan Christus leef hoe meer word ons soos Hy. Maar ons sal eers volkome heilig wees met sy wederkoms.
4) Met alle respek: Jou nota is pure vooroordeel. Jy is n vieslike bigot. Eks-gays mag volgens jou wêreldbeeld nie bestaan nie daarom vervolg en verguis jy hulle. Jy gee voor om verdraagsaam te wees, die waarheid is jy is net verdraagsaam teenoor die wat met jou saamstem. Jy behoort jou te skaam.
Hano said:
Pieter waarna jy verwys noem mens Versoeking. (Temptation) nou veroeking self is nie verkeerd nie. Jesus self was versoek. Dis wanner jy begin die versoeking glo (in jou hart en nie jou kop nie) of nog verder…: daarop begin reageer en dt doen dat dit sonde is. Jy moet onthou versoeking kom van die Duiwel af en NIE VAN GOD NIE.
Dis hoekom Mat 2:28 Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ’n vrou kyk OM HAAR TE BEGEER, reeds in sy HART met haar egbreuk gepleeg het.
en
1 Kor 10 : 13
No temptation has overtaken you that is not COMMON TO MAN God is faithful, and he will not let you be tempted beyond your ability, but with the temptation he will also provide the way of escape, that you may be able to endure it.
Nou die uitkoms is gewoontlik om te weet wie jy is in Christus. Soos byvoorweeld in jou geval is dit nie suiwer gedagtes (Wat jy intteresant genoeg noggal nie suiwer noem nie) dan in plaas daarvan dat jy nou in jou hart se Ek is aangetrokke tot daai persoon en ek begeer (lust) na hom ./ haar se jy NEE !! Ek is ‘n Kind van die HERE, en IS REGVERDIG… Ek is Regverdig JA, en daar geen onregverdigheid in my nie (deur geloof)… Hy het my verlos van die drange. Ek verwerp dit. Meer as dit ek reken myself DOOD aan sulke begeertes en bekeer my nou na God sodat Hy my krag en uitkoms kan gee. Nou Heer ek sien myself dood aan die begeertes laat U opstandings krag in my werk sodat die begeertes ook sal sterf.
Al die dinge is geloof, gebaseer op sy Woord want Hy is getrou aan sy Woord.
Rom 1:16
..die evangelie van Christus .. dit is ’n krag van God tot redding vir elkeen wat glo ..
want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof …
Rom 6:1 Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?
:7As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe,
WANT : die regverdige sal uit die geloof lewe.
Nou wat moet mens doen as jy dan ingegee het tot die aanval van die Duiwel, Begin glo het wat hy van jou gese het eerder as wat God van jou se. Die uitkoms noem mens verslossing. Die Here se werk aan die Kruis. Mens moet net besef dat dit NIE is wat jy is NIE. dan kan mens bekeer. Meeste sonde veroorsaak dat mens verder van Hom af weg hardloop. STOP VANDAG. En hardloop na HOM toe soos die gelykenis van die verlore seun., Dan sal jy kan saam praat en se Sjoe die Here is getrou, sjoe Hy is vol liefde, Sjoe Hy is ‘n verlosser, Sjoe HY het vir MY sondes gesterf, Sjoe Hy het MY verander en verlos. Sjoe en weet nou wat dit beteken om sy opstandings werk in my te beleef. Sjoe ek is lief vir HOM. SJOE DAAR IS IETS SOOS EKS-(ENIGE SONDE).