Aardsbiskop Desmond Tutu het gesê “Die Dalai Lama is moontlik die heiligste mens op aarde.”  Die “Missionale kerk” sê dikwels dat ons die Evangelie slegs deur ons diens van barmhartigheid moet verkondig, en dat ons nie so arrogant moet wees om te beweer ons het al die waarheid nie.

Moet ons vir Moslems, Hindu’s en New Agers sê hulle gaan hel toe tensy hulle in Christus glo? Is die Dalai Lama heilig, of is hy ‘n sondaar in rebellie teen God en op pad hel toe? (Tensy hy hom bekeer tot Christus?)

James White spreek die liberale kerk van vandag skerp aan. Daar is net éen Weg na die Vader. Daar is net éen Waarheid. Indien jy nie glo dat Jesus is wie Hy sé Hy is nie, sal jy in jou sonde sterwe.

Dit is die boodskap wat ons aan die pluralistiese kultuur van vandag moet verkondig!

Hierdie is die 5e sessie van Dr James White by die konferensie oor die gesag van die Skrif in Kaapstad, 07/05/2016