Ds Jan Louw het ‘n streekbyeenkoms van die Sinode van die Vrystaat op 26 April 2016 bygewoon. Hy het ‘n dokument opgestel na aanleiding van ‘n voorlegging van prof Fanie Snyman by die geleentheid. Hy lig daarin sy waarnemings uit van die afvallige teologiese koers van die NG Kerk wat grondliggend is tot die besluite van die Algemene Sinode van 2015 oor selfdegeslag seksuele verhoudinge.

Ek ag dit so belangrik dat ek dit graag onder u aandag wil bring. Met ds Louw se toestemming heg ek die dokument hierby vir u aan. U kan met ds Louw hieroor in verbinding kom by janneman705@gmail.com

E-Kerkbode het ook berig oor die streeksbyeenkoms in Kroonstad . Die skakel na die artikel is hier:
http://kerkbode.christians.co.za/2016/05/23/verskil-die-ng-kerk-oor-die-bybel/?utm_source=wysija&utm_medium=email&utm_campaign=KB27Mei

Volgens die berig het prof Fanie Snyman gesê dat mense wat dink dat selfdegeslag verhoudings sonde is, die Bybel op ‘n spesifieke manier lees. Sulke mense “neig meer na ’n meganiese inspirasiebeskouing”, en van daar is dit ’n “klein tree na ’n a-historiese lees van die Bybel”.

Dit is jammer (en onverskoonbaar) dat Prof Snyman besluit het om so ‘n vals voorstelling te maak.

Mense wat glo dat selfdegeslag verhoudings sonde is val in ons kerk se Gereformeerde tradisie. Gereformeerdes sedert Calvyn het nog altyd meganiese inspirasie verwerp en ‘n organiese inspirasiemodel aangehang. Om die waarheid te sê, die verwerping van ‘n meganiese inspirasiemodel is sentraal in die leer van die foutloosheid van die Bybel soos uiteengesit in die Chicago verklaring oor die foutloosheid van die Skrif. Die Chicago verklaring word wêreldwyd wyd deur konserwatiewe Gereformeerdes onderskryf. (Volg asb die skakel en lees die hele verklaring!)

Article VII
WE AFFIRM that inspiration was the work in which God by His Spirit, through human writers, gave us His Word. The origin of Scripture is divine. The mode of divine inspiration remains largely a mystery to us.
WE DENY that inspiration can be reduced to human insight, or to heightened states of consciousness of any kind.

Article VIII.
WE AFFIRM that God in His work of inspiration utilized the distinctive personalities and literary styles of the writers whom He had chosen and prepared.
WE DENY that God, in causing these writers to use the very words that He chose, overrode their personalities.

http://www.bible-researcher.com/chicago1.html

Net so het Gereformeerdes nog altyd die Bybel volgens histories-grammatiese beginsels uitgelê. Calvyn skryf aan Simon Grynaeus in die voorwoord van sy komentaar oor die boek Romeine:

I Remember that when three years ago we had a friendly converse as to the best mode of expounding Scripture, the plan which especially pleased you, seemed also to me the most entitled to approbation: we both thought that the chief excellency of an expounder consists in lucid brevity. And, indeed, since it is almost his only work to lay open the mind of the writer whom he undertakes to explain, the degree in which he leads away his readers from it, in that degree he goes astray from his purpose, and in a manner wanders from his own boundaries.

Calvyn stel hier dat die eksegeet se enigste werk is om die oorspronklike bedoeling van die skrywer bloot te lê. Hierdie stelling is die basis van wat ons die “histories-grammatiese” metode van eksegese noem. “Histories” omdat die historiese konteks van die skrywer in aanmerking geneem word, en “Grammaties” omdat die genre en konteks van die teks in aanmerking geneem word, sodat mens die oorspronklike bedoeling van die skrywer kan verstaan. (Histories-grammatiese eksegese staan teenoor Histories-kritiese eksegese wat die Bybel soos enige ander teks uitlê en dus die Goddelike inspirasie van die Bybel ontken.)

Vir ‘n volledige uiteensetting van hoe konserwatiewe Gereformeerde Christene, ook ons in die NG Kerk, wat liberale teologie verwerp, die skrif beskou, volg hierdie skakel: https://hierstaanek.com/2016/05/18/dr-james-white-oor-die-onfeilbaarheid-van-die-skrif/

Prof Snyman se bewering dat konserwatiewe Christene in die NG Kerk meganiese inspirasie ondersteun en die Bybel a-histories lees is van alle waarheid ontbloot. Deur hierdie ooglopend vals voorstelling te maak van mense wat die Bybel se duidelike leer oor homoseksuele verhoudings aanvaar, skep hy die indruk dat diesulkes nie verantwoordbare eksegese doen nie.

Ons kan maar net hoop dat hierdie vals voorstellings nie die debat in die NG Kerk sal beïnvloed nie. As ons met mekaar in gesprek gaan moet ons ten minste die respek vir mekaar, en die integriteit hê om ons gespreksgenote se sienings akkuraat voor te stel.

Vir kommentaaar en terugvoer, kontak Ds Jan Louw asb by janneman705@gmail.com

Ds Louw se artikel is by hierdie skakel:

WAARNEMINGS OOR DIE TEOLOGIE VAN PROF FANIE SNYMAN EN DIE NG KERK IN DIE ALGEMEEN

Lees dit asseblief, en stuur verder aan!

Wynand Louw