Piet Naude is natuurlik ‘n groot kenner van Belhar. Hy het via die webmeester van die Algemene Sinode 2013 se blog Chris van Wyk ‘n voorstel vir die verandering van Artikel 1 van die Kerkorde gemaak.

Maar voor ek kom by sy nuwe voorstel, eers ‘n uittreksel uit ‘n toespraak wat hy vir die Reformed Church in America gemaak het op die vooraand van hulle aanvaarding van Belhar in 2007 (beklemtoning myne):

There are numerous references in your study documents to the fact that Belhar speaks the Word of God for our times. You have already recognized what many others have seen: Belhar is the truth, because it is in accordance with the gospel of Jesus Christ as revealed in the Holy Scriptures. (Reformers stand on the quia [“because”] view!).

https://www.rca.org/sslpage.aspx?pid=4072

Dit lyk volgens sy toespraak in 2007 of hy glo dat belydenisskrifte aanvaar moet word omdat dit ooreenstem met die Woord van God.

Kevin DeYoung sê oor hierdie toespraak in ‘n resensie van Naude se boek Neither Calendar Nor Clock: Perspective on the Belhar Confession (Eerdmans 2010). 

When the RCA voted to provisionally approve the Belhar Confession in 2007, the South African theologian and Belhar expert Piet Naude addressed Synod. I was there and heard him speak. If Naude said everything at that Synod that he said in this book, I don’t believe Belhar would have been approved. Naude is clearly a man of the left with harsh criticism for the United States and the policies of conservatives in particular (xviii, 184, 217). He seems uncomfortable with the traditional language of Father, Son, and Holy Spirit (6). He assumes hominid evolution (170). And most dramatically, he sees in Belhar a deep suspicion against the exclusion of women from church office (187). Naude comments: “When the Bible and theology are used against women in order to keep them, in the name of the gospel, from exercising their spiritual gifts of teaching or leadership, they show exactly the same structure as a racist theology” (188). Again on the next page, in another bit of harsh hyperbole, Naude asserts, “It was relatively easy to see apartheid theology as an ideology. It is a little more difficult to deconstruct a patriarchal and heterosexual culture, supported by a fundamentalist reading of Scripture, as an equally vicious ideology that has to be resisted today” (189). Given this comment, as well as Naude’s reference to “gay and straight Christians” (189), and his appreciation for the URCSA wrestling with the place for gay people in the church, it seems highly unlikely that Naude accepts a biblical understanding of marriage or sees any problem with using Belhar to further a revisionist agenda in this area.

http://thegospelcoalition.org/blogs/kevindeyoung/2012/09/27/book-briefs-dutch-reformed-edition/

Dus: In 2007 onderskryf Naudé in ‘n toespraak aan die RCA die quia beginsel. Nou in 2013? Chris van Wyk pos die volgende op die Algemene Sinode 2013 se blog: (Die beklemtoning is van Wyk s’n en verwys na dié deel van die voorgestelde verandering van Kerkorde se artikel 1 wat deur Naudé voorgestel word.)

In gesprek met Piet Naudé het die volgende aspekte rondom artikel 3 en 4 na vore gekom wat goeie oorweging verdien. Hy stel voor dat ons dit as volg aanvul:

3.3 in verbondenheid met die ekumeniese kerk, ons Gereformeerde erfenis, en die kerk in die Suider-Afrikaanse konteks, die Belydenis van Belhar.

4. Die Kerk aanvaar dat die onderskrywing van bykomende belydenisse naas die ekumeniese belydenissse en die drie Formuliere van Eenheid sonder dwang geskied. Die kerk aanvaar dat die onderskrywing van belydenisse sonder dwang geskied.

Die onbeklemtoonde deel van punt 4 is soos die voorstel nou staan. Die beklemtoonde deel is wat Naudé wil byvoeg. Kyk mooi wat hy sê: Alle belydenisse se onderskrywing moet opsioneel wees.  Dus nie OMDAT dit ooreenstem met die Woord van God nie maar IN SO VERRE dit ooreenstem met die woord van God.

Dit is in absolute weerspreking van sy vroom woorde aan die RCA in 2007.

Die gevolge van dit wat Naudé vir die NG Kerk wil hê is duiselingwekkend: As hy sy sin kry sal daar GEEN standaard wees vir prediking in die NG Kerk nie. Geen predikant sal verantwoordelik gehou kan word vir die verkondiging van die suiwer leer nie. Daar sal byvoorbeeld geen gronde wees om ‘n Moslem te verbied om Islam van die kansel te verkondig nie (Moslems kan wel groot gedeeltes van ons belydenis aanvaar “in soverre dit ooreenstem met die Woord van God”!)

Wat Piet Naudé vra is ‘n totale vernietiging van die belydenisgrondslag van die NG Kerk.

Mag God ons kerk genadig wees.